Ligpunt Pretoria

Ligpunt Pretoria

Religion AF ↓ 374 episodes

'n Gemeenskap van gelowiges geroep om God se lig te laat skyn. As Christene word ons identiteit gevorm, nie deur ons kultuur of begeertes nie, maar deur God en wat Hy sê waar is van ons.  Vir meer inligting 🌐 Ligpunt-webtuiste Kom kuier by ons📍 Willows Country Lodge

Author

Ligpunt Pretoria

Category

Religion

Podcast website

ligpunt.podbean.com

Latest episode

Jul 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

375. Waarheid of Wolhaar? (1): "Alles Gebeur met 'n Rede? 'n Heroorweging van die Cliché" 06.07.2026

Selfs in die onbegryplikheid van lyding, is Christus ons versekering en ons troos. Teks: Romeine 8:26-30 (AFR2020) Prediker: Stephan Truter Datum: 5 Julie 2026

374. God Met Ons (9): "Die Voorsmaak van Verhouding" 29.06.2026

Gemeenskap met God vereis grense en gehoorsaamheid onder die ou verbond, maar vrymoedigheid in Christus onder die nuwe verbond. Teks: Eksodus 40 (AFR2020) Prediker: Ruben de Koning Datum: 28 Junie 2026

373. God Met Ons (6): "Wanneer ons Val: God se Padkaart na Genade" 09.06.2026

Sonde bring afstand tussen ons en ‘n heilige God, maar Sy genade los ons nie daar nie: Hy roep ons om ons sonde te treur, Hy ontmoet ons deur 'n Middelaar, Hy openbaar Sy barmhartige Naam, en rig ons voete op 'n nuwe pad van gehoorsaamheid. Teks: Eksodus 33 en 34 (ESV) Prediker: Johan van Aswegen Datum: 7 Junie 2026

372. God Met Ons (5): "Gode Met Ons" 02.06.2026

Afgodery steel God se heerlikheid en verwoes God se mense, maar Jesus is die Middelaar wat vir afgodaanbidders intree en versoening vir hulle sonde bewerk.   Teks: Eksodus 32 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 31 Mei 2026      

371. God Met Ons (4): "Deur ’n Middelaar, die Gees en Rus" 26.05.2026

’n Heilige God wat Homself toeganklik maak vir onheilige mense deur middelaars, deur vervul te wees met die Gees en deur rus. Teks: Eksodus 30-31 (ESV) Prediker: Johan van Aswegen Datum: 24 Mei 2026

370. God Met Ons (3): "Heilig vir die Here" 19.05.2026

’n Heilige God maak ’n weg vir sondige mense om deur ’n gewyde middelaar in Sy teenwoordigheid te leef—’n weg wat uiteindelik in Christus vervul word. Teks: Eksodus 28-29 (AFR2020) Prediker: Eloff van Niekerk Datum: 17 Mei 2026

369. God Met Ons (2): "Die Here se Herskeppingswerk" 11.05.2026

God bring Sy volk naby aan Hom in ’n nuwe “Eden-werklikheid” — maar Sy heiligheid bring skeiding en Sy genade voorsien bemiddeling, sodat Hy deur ’n gevormde volk die wêreld kan bereik. Teks: Eksodus 26 en 27 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 10 Mei 2026  

368. God Met Ons (1): "Die Pad na God se Teenwoordigheid" 07.05.2026

God nooi ons om Sy teenwoordigheid te geniet, deur 'n toegewyde plek, deur perfekte versoening, en deur 'n intieme verhouding. Teks: Eksodus 25 (NIV) Prediker: Johan van Aswegen Datum: 3 Mei 2026

367. Gebed vir Gestuurdes (3): "Jesus Bid vir die Kerk" 02.05.2026

Jesus bid dat gelowiges in 'n diepe eenheid met Hom en met mekaar sal leef, sodat die wêreld God se liefde in hulle sal sien en sal glo dat Hy die Seun gestuur het. Teks: Johannes 17:20-26 (AFR2020) Prediker: Eloff van Niekerk Datum: 26 April 2026    

366. Gebed vir Gestuurdes (2): "Apostoliese Geloof" 20.04.2026

Jesus bid vir sy oorspronklike dissipels as die manne wat gegee, gehou en gestuur word om Sy sending ná Sy vertrek só voort te dra dat ander deur hulle woord tot geloof sal kom. Teks: Johannes 17:6-19 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 19 April 2026

365. Gebed vir Gestuurdes (1): "Die Verheerlike Seun Gee Ewige Lewe" 20.04.2026

Die heerlikheid (glorie) van God word geopenbaar in Jesus se gehoorsame dood aan die kruis. Jesus se doel is beide gehoorsaamheid aan die Vader, maar ook om mense in 'n ewige verhouding met God in te bring (die Ewige Lewe). Teks: Johannes 17:1-5 (AFR2020) Prediker: Johan van Aswegen Datum: 12 April 2026

364. Vreemde Verlosser (6): "Die Goeie Herder" 14.04.2026

Jesus se gesag as die Goeie Herder lei Hom om Sy lewe neer te lê en dit weer op te neem. Teks: Johannes 10:1-21 (AFR2020) Prediker: Stephan Truter Datum: 5 April 2026 (Goeie Vrydag)

363. Vreemde Verlosser (5): "Eet en Lewe" 08.04.2026

Jesus se kruisiging is nie bloot iets wat ons van ‘n afstand af kan waarneem nie - soos kos moet ons heeltemal afhanklik wees daarvan. Teks: Johannes 6:25-58 Prediker: Johan van Aswegen Datum: 3 April 2026 (Goeie Vrydag)

362. Vreemde Verlosser (3): "Nag en Dag" 23.03.2026

Ons kan nie deur ons eie pogings deel word van God se koninkryk nie. Ons moet van bo af gebore word en hierdie nuwe lewe kom wanneer ons in geloof na die verhoogde Seun kyk. Dit bevry ons om in die lig van die evangelie te leef. Teks: Johannes 3:1-21 (AFR2020) Prediker: Eloff van Niekerk Datum: 22 Maart 2026

361. Vreemde Verlosser (2): "Jesus die Ware Tempel" 16.03.2026

Jesus is die Ware Tempel waar God se teenwoordigheid volkome woon; deur Sy dood en opstanding gee Hy Sy Gees, sodat dit nou moontlik is vir Sy mense - die kerk - om die aarde met God se teenwoordigheid te vul. Teks: Johannes 2:13-22 (AFR2020) Prediker: Ruben de Koning Datum: 15 Maart 2026

360. Vreemde Verlosser (1): "Hemel op Aarde" 10.03.2026

Jesus is die plek waar hemel en aarde met mekaar verbind word. Hy is die Seun van die Mens deur wie God en mense versoen en verenig kan word. In Jesus het God na óns toe gekom, omdat ons nie by Hóm kan uitkom nie. Teks: Johannes 1:29-51 Prediker: Johan Verster Datum: 8 Maart 2026

359. Union Talk met Bob Thune: "Ecclesiastes - Ministry Under the Sun" 09.03.2026

Bob Thune deel tydens 'n samekoms met die Union-netwerk van kerke oor bediening "onder die son".  Dis egter van toepassing op elke Christen se lewe en hoe ons met die waarheid omgaan dat "life under the sun isn’t everything we wish it was and yet God is faithful, so fear God and keep His commands." Teks: Prediker 1 (ESV) Prediker: Bob Thune Datum: 25 Februarie 2026

358. Voorwaarts 2026 met Bob Thune (3): "A Gospel-Shaped Community - Love" 04.03.2026

Teks: 1 Petrus 1 (ESV) Prediker: Bob Thune Datum: 1 Maart 2026

357. Voorwaarts 2026 met Bob Thune (2): "A Gospel-Shaped Community - Holiness" 03.03.2026

Teks: 1 Petrus 1 (ESV) Prediker: Bob Thune Datum: 28 Februarie 2026

356. Voorwaarts 2026 met Bob Thune (1): "A Gospel-Shaped Community - Hope" 03.03.2026

Teks: 1 Petrus 1 (ESV) Prediker: Bob Thune Datum: 28 Februarie 2026

355. Voorwaarts 2026: "Getuienis - Johannes Dünser" 03.03.2026

Johannes Dünser deel sy getuienis oor sy ervaring November verlede jaar toe sy bakkie gekaap is en wat die Here Hom daardeur geleer het.  Datum: 1 Maart 2026

354. Bob Thune: "A Gospel Paradigm for Suffering and Hardship" 26.02.2026

Bob Thune is die hoofpredikant en stigter van Coram Deo Church in Omaha, Nebraska. Hy dien ook op die Keller Center for Cultural Apologetics en die Raad van The Gospel Coalition.  Teks: 1 Petrus 4 (ESV) Datum: 25 Februarie 2026

353. Laat Daar Lig Wees (6): "Medegelowiges - Saam is die Weg" 23.02.2026

Die Geloofsgemeenskap (medegelowiges) is nie bloot ’n ekstra hulpbron nie; dit is God se vasgestelde manier om ons staande te hou tot die Dag van die Here aanbreek. Teks: 1 Tessalonisense 5:1-28 (ESV) Prediker: Johan van Aswegen Datum: 22 Februarie 2026

352. Laat Daar Lig Wees (5): "Afhanklik van die Gees" 16.02.2026

Om te wandel op ’n wyse wat ons roeping waardig is - in liefde, as kinders van die lig, en met wysheid - vereis aanhoudende afhanklikheid van God se Gees. Teks: Efesiërs 5:1-20 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 15 Februarie 2026

351. Laat Daar Lig Wees (4): "Hoop" 09.02.2026

Gelowiges se hoop spruit uit die ken van God en uitsien na 'n wonderlike erfenis, en word gedra deur die opstandingskrag van Jesus. Teks: Efesiërs 1:15-23 (AFR2020) Prediker: Eloff van Niekerk Datum: 8 Februarie 2026

Listen to the Ligpunt Pretoria podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.