Ligpunt Pretoria
Ligpunt Pretoria
'n Gemeenskap van gelowiges geroep om God se lig te laat skyn. As Christene word ons identiteit gevorm, nie deur ons kultuur of begeertes nie, maar deur God en wat Hy sê waar is van ons. Vir meer inligting 🌐 Ligpunt-webtuiste Kom kuier by ons📍 Willows Country Lodge
Author
Ligpunt Pretoria
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 6, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
350. Laat Daar Lig Wees (3): "Liefde as die Uiteindelike Toets" 03.02.2026 39:48
God is lig; daarom wandel dié wat werklik aan Hom behoort in die lig — en die duidelikste bewys van daardie ligvervulde lewe is liefde vir mekaar. Liefde is nie sentimenteel of opsioneel nie; dit is die onvermydelike uitwerking van 'om in die lig te wandel'. Teks: 1 Johannes 2:7-11 (AFR2020) Prediker: Johan van Aswegen Datum: 1 Februarie 2026
349. Laat Daar Lig Wees (2): "Lig en Geloof" 26.01.2026 44:50
Die gepaste reaksie vir die wat weens hul sonde in duisternis wandel, is om in geloof na Jesus as die Lydende Dienskneg te kom en in afhanklikheid op Hom te vertrou as God se lig vir die nasies. Teks: Jesaja 50 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 25 Januarie 2026
348. Laat Daar Lig Wees (1) 20.01.2026 45:38
Om ’n Christen te wees, beteken nie net dat ’n mens God se lig in die persoon en werk van Jesus raaksien en nuwe lewe daarin vind nie, dit beteken dat jy so ingrypend deur daardie lig verander word, dat jou ganse bestaan deel in Jesus se identiteit en sending om lig te wees in ’n donker wêreld. Teks: Matteus 4:12–5:16 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 18 Januarie 2026
347. Voorspoed - Psalm 2 (2): "Voorspoed by die Koning" 20.01.2026 29:24
Die voorspoedige lewe is in Christus se Heerskappy, daarom buig ons die knieg en vind skuiling in Hom. **Die laaste gedeelte van die preek is ongelukkig nie opgeneem nie. Teks: Psalm 2 (AFR2020) Prediker: Stephan Truter Datum: 11 Januarie 2026
346. Voorspoed - Psalm 1 (1): "Vreugde Bepaal Voorspoed of Vernietiging" 05.01.2026 33:22
Twee paaie word uitgelê in Psalm 1: die pad van die regverdiges wat vreugde vind in God se Woord en sal wees soos 'n boom geplant by watervore en die pad van die goddeloses wat lei tot vernietiging. Maar hoe lyk dit om vreugde in die Here te vind? Teks: Psalm 1 (AFR2020) Prediker: Ruben de Koning Datum: 4 Januarie 2026
345. Kersdagdiens 2025: "Die Laastes Hoor Eerste!" 26.12.2025 39:31
Jesus is die Verlosser vir alle mense — veral vir die nederiges en geringstes onder ons. God keer verwagtinge om: die grootste nuus kom eerste na dié wat as die minste belangrik beskou word. Teks: Lukas 2:1-21 (AFR2020) Prediker: Johan van Aswegen Datum: 25 Desember 2025
344. Kyk Terug en Bid (3): "Psalm 70 - Oorwin die Kwaad deur te Bid" 23.12.2025 46:53
Psalm 70 leer ons om ons pyn nie weg te druk of met wraak te hanteer nie, maar dit eerlik voor God uit te stort. In plaas daarvan dat seer en woede soos ’n kanker in ons binneste groei, roep ons die Here aan, vertrou ons die onreg aan Hom toe en hou ons vas aan Christus as bewys dat God Sy kinders nie vergeet nie. Teks: Psalm 70 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 21 Desember 2025
343. Kyk Terug en Bid (2): "Psalm 51 - Kyk Terug in Eerlikheid" 15.12.2025 36:50
God konfronteer ons sonde om ons te genees en nuut te maak — en deur eerlike skuldbelydenis bring Hy nuwe lewe in ons en eer aan Hom. God se aanspreek én ons skuldbelydenis is ’n uitnodiging om die waarheid in die lig te bring, sodat Hy sy reiniging en vernuwing in ons kan bewerk. Teks: Psalm 51 (AFR2020) Prediker: Dewald Wagner Datum: 14 Desember 2025
342. Kyk Terug en Bid (1): "Psalm 30 - Danksegging in 2025" 08.12.2025 37:21
God gebruik beide welvaart en pyn om ons blydskap in Hom te verdiep en Hy lei Sy mense altyd van trane na lofprysing. Teks: Psalm 30 (ESV) Prediker: Stephan Truter Datum: 7 Desember 2025
341. Kerssangdiens: "God in Vlees en Bloed" 01.12.2025 21:28
Kersfees herinner ons aan die verstommende nuus dat God MENS GEWORD HET. Dit is noodsaaklik dat ons die menslikheid van Jesus bely, want sonder 'n menslike Verlosser is daar geen verlossing vir mense moontlik nie. Teks: 1 Johannes 4:1-11 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 30 November 2025
340. Liefde in Lewende Lywe (4): "Liefde vir ons Vennote" 24.11.2025 47:44
Die opstanding van Jesus verkondig en antisipeer God se finale oorwinning oor die kwaad en die vernuwing van die skepping. In plaas daarvan om ons passief te maak, motiveer dit ons om hande te vat met ander gelowiges en saam te arbei sodat meer mense in die heerlike toekoms met Christus kan deel. Teks: 1 Korintiërs 15:50–16:24 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 23 November 2025
339. Liefde in Lewende Lywe (3): "Liefde wat Dien" 17.11.2025 47:25
Jesus (Rabbie & Heer) daal neer om ons te dien (te was) in liefde, sodat ons ander met dieselfde radikale liefde en nederigheid kan dien. Teks: Johannes 13:1-20 (ESV) Prediker: Johan van Aswegen Datum: 16 November 2025
338. Liefde in Lewende Lywe (2): "Liefde vir die Vaderloses" 10.11.2025 47:39
God wil hê dat Sy kinders praktiese barmhartigheid vir die vaderloses sal wys — dit weerspieël wie Hy is en wat Hy vir ons gedoen het. Teks: Miga 6:1-8 (ESV) Prediker: Johan Verster Datum: 9 November 2025
337. Liefde in Lewende Lywe (1): "Liefde vir die Onbereiktes" 04.11.2025 40:55
Kom beleef hoe die genadige God weglopers soos ek en jy opsoek en nuutmaak en opgewonde uitstuur met sy genadeboodskap! Teks: Jona 1:1-17; 3:1-5; 3:10-4:4; 4:10-11 (AFR2020) Gasprediker: Thomas Dreyer Datum: 2 November 2025
336. BeMANning: "Lessons Learned Through Leukemia" 04.11.2025 48:24
Tim deel sy getuienis oor wat die Here hom die afgelope twee jaar, sedert sy diagnose met leukemie, kom leer het. Spreker: Tim van Stormbroek Datum: 1 November 2025
335. Geloofsgetuies (5): "Bly Volhard Soos Atlete" 27.10.2025 43:41
Omdat Jesus die wedloop van ons geloof gebaan en volbring het, word ons geroep om met volharding die geloofswedloop te hardloop, terwyl ons die geloofsgetuies, asook Jesus, voor-oë hou. Teks: Heb. 12:1-3 (AFR2020 en ESV) Prediker: Johan Verster Datum: 26 Oktober 2025
334. Geloofsgetuies (4): "Die Geloofsresies se Refrein" 21.10.2025 39:59
Ons word geroep om te volhard in die geloof, omdat God getrou bly — hetsy dit is deur Hom wat ons red uit die vuur uit, of soos wat Hy ons deur die vuur neem. Teks: Heb. 11:32-40 (AFR2020) Prediker: Stephan Truter Datum: 19 Oktober 2025
333. Geloofsgetuies (3): "Geloof en God" 13.10.2025 45:28
Geloof kies moed bo vrees, God bo die wêreld en vertrou in God se verlossing. Teks: Heb. 11:23-31 Prediker: Eloff van Niekerk Datum: 12 Oktober 2025
332. Geloofsgetuies (2): "Egte Geloof" 06.10.2025 50:11
Egte geloof leef, te midde van behoeftige onsekerheid, in die lig van God se getroue beloftes. Teks: Heb. 11:8-22 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 5 Oktober 2025
331. Geloofsgetuies (1): "Geloof Gedefinieer en Gedemonstreer" 29.09.2025 40:17
Geloof is volhardende vertroue in die onsigbare beloftes en werklikhede van God. Dit word gewys in: Abel se verlies, Henog se groei/wandel en Noag se volharding. Teks: Heb. 11:1-7 (ESV) Prediker: Johan van Aswegen Datum: 28 September 2025
330. Dieper (3): "Die Kerk - Vir God, Mekaar en die Wêreld" 23.09.2025 51:51
Die Kerk is die Evangelie-gesentreerde mense van God wat bestaan vir Hom, vir mekaar, en vir die wêreld. Teks: Ef. 1:3-23; 4:15-16 en 5:22-32 (AFR2020) Prediker: De Wet Swanepoel Datum: 21 September 2025
329. Dieper (2): "Die Heilige Gees" 16.09.2025 45:02
Die Heilige Gees is God se beloofde hernude teenwoordigheid by Sy mense. In die lig hiervan moet ons leef met die Gees – in aktiewe afhanklikheid van God, met die geloof dat die Heilige Gees ons bemagtig om vir God te leef, en met ‘n afwagting dat die Heilige Gees in ons wil werk om die verlossingswerk van Jesus, soos bewerkstellig op die kruis, meer en meer te laat realiseer in ons lewens soos Hy...
328. Dieper (1): "Verlossing en Vryspraak" 09.09.2025 45:59
Só heilig dat Hy die sonde moes straf, só liefhebbend dat Hy dit self gedra het. Teks: 1 Joh. 4:7-11 en Joh. 17:20-26 Prediker: Gert van der Walt Datum: 7 September 2025
327. Heilige Nasie (11): "God se Verbond: Bloed, Wette en 'n Maaltyd" 01.09.2025 45:09
Teks: Eks. 24:1-18 (AFR2020) Prediker: Dewald Wagner Datum: 31 Augustus 2025
326. Heilige Nasie (10): "Lojale Liefde" 26.08.2025 48:17
Teks: Eks. 23:20-33 (AFR2020) Prediker: Johan Verster Datum: 24 Augustus 2025
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.