Charl du Toit
Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste
Baie welkom! Hierdie is waar ons as Lewende Woord Hartenbos ons sondae dienste oplaai. As jy wil deel word van die familie, gaan besoek asseblief ons webtuiste
Author
Charl du Toit
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 29, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sondag Oggend 14 Julie 2024 15.07.2024
Sondag Oggend 14 Julie 2024: Die Moeilikheid van Goedheid Wat beteken dit om goed te wees? Moet ons kalm en teruggetrokke wees of moet ons braaf en uitgesproke wees? Gideon is een van die beste voorbeelde en helde in ons Bybel as dit by goedheid kom.
Sondag Oggend 16 Junie 2024 09.07.2024
Sondag Oggend 16 Junie: 'n Gesonde dosis waansinnigheid Op Jeugdag en Vadersdag het Charl met ons gedeel oor wat dit kos om 'n Pa te wees. Die uitdaging lê in die sin dat ons dink ons moet alleen wees, maar dit is glad nie die geval nie.
Sondag Oggend 23 Junie 2024 09.07.2024
Sondag 23 Junie: Rig julle gedagtes daarop Zak Scholtz het met ons gedeel oor hoe ons vriendelikheid kan uitleef en die belangrikheid van vriendelik wees. Vir ons om vriendelik te wees moet ons doel bewus kies om vriendelik te wees en aan dit te dink.
Sondag 7 Julie Oggend Diens 09.07.2024
Sondag 7 Julie: In die geheim Ons begin die week met 'n nuwe Vrug van die Gees genaamd "Goedheid". Wat beteken goedheid? Is goedheid iets wat ons soms doen of is goedheid iets wat jy heeltyd doen? Hierdie vrae en meer is wat Charl oor gesels in die week se boodskap
Aandklas 2 Junie 2024: Openbaring 1 Video 03.06.2024
Aandklas 2 Junie 2024: Openbaring 1 In ons Aandklas studie begin ons kyk na die boek Openbaring. Ons gaan deur die boek vers vir vers en hoofstuk vir hoofstuk. Mag dit jou net nader aan die Here trek
Sondag Oggend 2 Junie 2024 03.06.2024
Sondag Oggend 2 Junie 2024: Roekelose Vriendelikheid Ons kyk na 'n nuwe vrug van die Gees vir die maand Junie en die vrug is Vriendelikheid. Wat beteken vriendelikheid volgens God en Sy Woord? Charl verduidelik dit vir ons volgens die vriendskap van Dawid en Jonatan. Ons hoop hierdie boodskap stig jou!
Sondag Oggend 26 Mei 2024 28.05.2024
Sondag Oggend 26 Mei 2024 Die week het Zak Scholtz ons bedien oor "Tevrede met Vrede". Zak het met ons gedeel oor wat ware vrede is en hoe is dit verkrygbaar.
Aandklas 19 Mei 2024 22.05.2024
Aandklas 19 Mei: Die Eindtyd in Jesus se woorde Wat het Jesus gesê oor die Eindtyd? Wat het Sy dissipels gehoor toe Hy dit sê? Wat beteken dit vir ons? Hierdie vra en nog meer is deur Charl aangespreek in die episode van Aandklas.
Sondag 19 Mei 2024 22.05.2024
Sondag 19 Mei: Vrede in Stilte Ons is besig met die Vrug van die Gees en deur te kyk na Vrede. Ons het gesels oor Ester en die feit dat ons glad nie die naam van God sien nie, beteken dit dat Hy afwesig is? Hoe kan ons vrede hê as dit voel of God stil en vêr is?
Sondag Oggend 12 Mei 2024 16.05.2024
Sondag Oggend 12 Mei 2024: Ek is die Here se diennaar As ons gesels oor Vrede dan voel meeste van ons dit is die afwesigheid van konflik, maar wat ons by Maria leer is dat ons vrede beleef wanneer ons in die wil van die Here leef.
Aandklas 5 Mei 2024 06.05.2024
Aandklas 5 Mei: Die Vier Lense van Openbaring Openbaring het hoofsaaklik 4 maniere van interpretasie. Elke keer wat ons dus Openbaring lees sit ons een van die lense op en interpreteer Openbaring deur middel van die lens. Al vier die lense word deur Charl bespreek in hierdie episode van Aandklas deur Charl du Toit
Sondag Oggend 5 Mei 2024 06.05.2024
Sondag Oggend 5 Mei: God's Water Moet ons as Christene net alles om ons aanvaar? Moet ons stil sit en aanvaar dat God's water oor God's akker loop? Deur middel van die storie van Hanna kyk ons na hoe kan ons as Christene bid en hoe kan ons, ons hart uitstort voor God. Die geloof, gehoorsaamheid en aanbidding van Hanna moet ons stig
Sondag Oggend 28 April 2024 29.04.2024
Sondag Oggend 28 April 2024: As dit goed gaan... Hoekom soek ons God net in swaartye? Hoekom bid ons minder as dit goed gaan? Is goeie tye altyd 'n teken van God se seën? Hierdie is die vrae waarna Charl kyk in die boodskap deur te kyk na Dawid en Batseba.
Aandklas 21 April 2024 22.04.2024
Aandklas 21 April: Inleiding tot Eskatologie
Sondag Oggend 21 April 2024 22.04.2024
Sondagoggend 21 April: Ten Spyte van... Noem my wat jy wil! Ek weet wie ek is en ek sal God bly dien. Getrouheid, Dawid se getrouheid teenoor God. Hy het bly bid en God bly bely as die enigste lewendige God, sal jy? Sal daar genoeg bewyse wees om jou skuldig te vind aan getrou wees aan God in elke situasie, in elke oomblik van elke dag? Mag jy uitgedaag word om jou week in meer getrouheid te stap...
Sondag Oggend 7 April 2024 08.04.2024
Sondag Oggend 7 April: Tot die einde toe Wat sal jy doen as God sê, "Neem jou seun, jou enigste seun, wat jy so lief het en offer hom". Sal jy instem? Sal jy wegdraai van só God of bly glo God is goed? In hierdie maand fokus ons op GETROUHEID, nie ons sin nie maar God sin. God is goed en God bly getrou. So wie kies jy? God óf jouself?
Sondag Oggend 31 Maart 2024 02.04.2024
Sondag Oggend 31 Maart: Die Graf is leeg Dit is nie net die Kruisdood van Jesus wat ons ganse lewe verander nie, dit is die feit dat Hy uit die dood opgestaan wat ons nuwe hoop gee. Charl gesels met ons oor die impak van die opstanding uit die dood en hoe dit ons lewens moet en kan verander
Goeie Vrydag 29 Maart 2024 02.04.2024
Goeie Vrydag 29 Maart 2024: Oorgeslaan Ons tema op Goeie Vrydag het gehandel oor die feit dat ons "Oorgeslaan" is met die uit deel van oordeel. Ons het oorgegaan in ons nuwe seisoen.
Sondag Oggend 17 Maart 2024 18.03.2024
Sondag Oggend 17 Maart: Wat as ek nie wil nie? Charl het verder gegaan oor ons reeks oor sagmoedigheid deur te kyk na die storie van Jona. Ons het saam gelees in Jona 4 en Charl het gedeel oor hoe ons soms voel dat ons verhouding met God ons laat voel dat God net na ons moet luister en nie ander nie. Baie dankie dat jy deel uitmaak van Lewende Woord Hartenbos se aanlyn gemeenskap.
Sondag Oggend 10 Desember 2023 12.03.2024
Een met Jesus Mag ons Kersfees vier? En hoe lyk dit vir ons as Christene? As ons een wil wees met Jesus, hoe lyk dit in alle fasette? Al hierdie vrae en nog meer beantwoord Charl in vanoggend se boodskap
Sondag Oggend 10 Maart 2024 12.03.2024
Sondag Oggend 10 Maart Volg die Vloei Die pyl skiet hemel toe, wat ons vandag ken as die reënboog. God het reeds in Noag se tyd, die straf op homself gevat. Ons is besig met sagmoedigheid uit die vrug van die gees (Gal.5:22) waar Charl bedien het uit die lewe van Noag (Gen.6:9-22) Mag dit jou seën met die wete dat God vandag nóg vir jou veg!
Sondag Oggend 3 Maart 2024 04.03.2024
Sondag Oggend 3 Maart 2024 Charl het die reeks oor Sagmoedigheid begin deur met ons te deel uit Numeri 12. Ons het geleer oor hoe sagmoedig Moses was en hoe lyk sagmoedigheid in ons lewe
Sondag Oggend 18 Februarie 2024 28.02.2024
Sondag Oggend 18 Februarie: Die Nare Waarheid Charl het Sondag oggend met ons gepraat uit die boek Job en hoe ons as christene moet reageer op slegte goed wat met ons kan gebeur.
Sondag Oggend 4 Februarie 2024 06.02.2024
Die Ongeloof van Ongeduld Charl gesels oor die belangrikheid van die geduld in ons geloof deur te kyk na die lewe van Sagaria en Elisabet.
Sondag Oggend 3 Desember 2023 18.01.2024
Nooit! God het belowe dat Hy ons nooit sal alleen los nie, maar hoekom voel dit soms so? Charl bespreek presies hierdie vir ons in hierdie boodskap
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.