Charl du Toit
Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste
Baie welkom! Hierdie is waar ons as Lewende Woord Hartenbos ons sondae dienste oplaai. As jy wil deel word van die familie, gaan besoek asseblief ons webtuiste
Author
Charl du Toit
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 29, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sondag 28 Junie 2026 29.06.2026
Sondag 28 Junie 2026: Die uiteinde van ons geloof In hierdie week se boodskap het Charl met ons gesels oor waarnatoe ons geloof ons lei. Charl het vanuit Hebreërs 11 ons geleer dat ons geloof altyd 'n gewillige aktiewe gehoorsaamheid aspek behels.
Sondag 21 Junie 2026 22.06.2026
Sondag 21 Junie: Die Bron van ons Geloof Ons geloof kan nie uit ons self uit kom nie, want ons is te veel feilbaar vir dit. Ons het 'n standvastige bron nodig en daai bron is Jesus.
Sondagoggend 14 Junie 2026 15.06.2026
14 Junie 2026: Gevorderde Geloof Charl gesels met ons die feit dat geloof soms vereis dat ons moeilike vrae moet vra sonder om die antwoord te kry. Ons het ook gesien dat ons geloof gebaseer is op Jesus meer as op ons emosies
Sondagoggend 7 Junie 2026 08.06.2026
Sondagoggend 7 Junie 2026 Ons is almal feitlik in 'n geloofskrisis. Ons weet ons moet glo, maar soms dink ons dat ons baie moet glo en vergeet dat geloof nie gemeet kan word nie. Geloof moet in iets wees, geloof moet in Jesus wees
Sondagoggend 2 Junie 2026 02.06.2026
Sondagoggend 31 Mei 2026: Ons het 'n boodskap deur Neville Goodchild ontvang van Lewende Woord Bloemfontein. Neville se boodskap het gehandel oor dat ons lewe gevul moet wees met die Heilige Gees, meer as wat ons net oomblikke van die Heilige Gees beleef
Sondagoggend 17 Mei 2026 25.05.2026
Sondagoggend 17 Mei 2026 Charl het ons bedien oor die toets van ons gawes. Die Here gee vir elkeen van ons vermoëns en gawes en die gebruik daarvan is nie aldag die uitdaging nie, die motivering vir die gebruik is. Ons hou daarvan om ons gawes uit te leef as ons weet dit gaan ons aansien gee en ons verhinder dit soms uit vrees dat ons verwerping gaan beleef
Sondagoggend 10 Mei 2026 25.05.2026
Sondagoggend 10 Mei 2026: Die Pottebakker Zuleika deel met ons die waarde van rustig wees in God se hande en die wete dat Hy alles van ons weet en ons nogsteeds lief het
Sondag 3 Mei 2026 04.05.2026
Sondag 3 Mei 2026: Die vyand van Heilig Ons as christene word nie geroep om goed te wees nie, ons word geroep deur God om heilig te wees. Inteendeel die vyand van heilig, is goed. Satan het vir lank die kerk oortuig dat solank ons goed is gaan ons gered word.
Sondag 26 April 2026 04.05.2026
Sondag 26 April 2026: Ek weet vir seker! Kan ons as christene seker wees oor die feit dat ons 'n kind van God is? Die bewysse van ons kindskap is die feit dat ons in 'n oorlog teen sonde is, nie net sonde orals om ons nie, maar ook die sonde binne in ons
Sondag 19 April 2026 20.04.2026
Sondag 19 April 2026: Ons het heerskappy Pierre Strydom van Lewende Woord Kuruman het ons bedien oor die feit dat ons as Christene die Heilige Gees het wat ons help om te heers oor sonde en terugslae
Sondagoggend 12 April 2026 13.04.2026
Sondagoggend 12 April 2026 As ons kyk na die waarheid kan die verwarrend wees in vandag se tye, omdat meeste mense glo elke persoon kan sy eie waarheid leef. Tog sien ons in die Bybel dat Jesus ons waarheid is en dat Hy alleen die waarheid is. Charl gesels met ons die week oor hoe ons die prakties in ons lewe kan maak
Opstanding Sondag 5 April 2026 13.04.2026
Opstanding Sondag 8 April 2026 Wat is die doel van die Opstanding van Jesus? Het dit eninge effek op ons vandag? Charl leer ons in hierdie boodskap dat sonder die opstanding is daar nie 'n Evangelie nie!
Goeie Vrydag 3 April 2026 13.04.2026
Goeie Vrydag 3 April 2026 Jesus het vir ons die Paaslam geword, Hy is letterlik vir ons geslag, maar hoekom? Is daar nie dalk 'n makliker manier wat God ons kan red nie? Hierdie is die vrae wat Charl vir ons beantwoord in die boodskap
Sondag 22 Maart 2026 23.03.2026
Sondagoggend 22 Maart 2026: En Toe? Ons lewens gaan oomblikke van uitdaging beleef en dit is vir seker, maar wat nie vir seker is nie is ons reaksie op ons uitdagings. Charl het die week met ons gesels oor die feit dat ons nie met ons oë moet kyk nie, maar deur ons oë. Wanneer ons dan later die storie oor vertel gaan die gehoor wat luister met opgewondenheid vra "en toe?"
Sondagoggend 8 Maart 2026 09.03.2026
Sondagoggend 8 Maart 2026: God se Plan B Ons is vir lank geleer om nie vrae te vra oor lering en die Bybel nie, maar in die boodskap gesels Charl met ons oor hoe waardevol dit is om te dink. Dink oor die Evangelie, dink oor Jesus en dink oor God. Ons leer ook dat hoe meer ons dink kom ons agter dat God werklik nie 'n Plan B het nie
Sondagoggend 1 Maart 2026 02.03.2026
Sondagoggend 1 Maart 2026: Verstaan jy dit? In Kolossense skryf Paulus vir die gemeente dat hy en Timoteus elke dag God dank vir hulle getrouheid aan die Evangelie. Hy noem dat hulle getrouheid sy oorsprong vind in die feit dat die Evangelie hulle toekoms vir seker. Ons moet ons lewe leef nie met die oog op wat ons nou het nie, maar met die oog op wat ons gaan kry.
Sondagoggend 22 Februarie 2026 23.02.2026
Sondagoggend 22 Februarie 2026 Paul het met ons gedeel oor ons CV en die impak wat dit op ons geestelike lewe het.
Sondagoggend 15 Februarie 2026 17.02.2026
Sondagoggend 15 Februarie 2026 Willem van der Berg het met ons gesels oor salwing en hoe ons moet en kan salf
Sondagoggend 8 Februarie 2026 09.02.2026
Sondagoggend 8 Februarie 2026 Ons is besig om te kyk hoe ons gemaksones moet skuif en hoe ons die Evangelie moet verkondig. Hierdie week het ons saam gekyk na Fillipus en Ethiopiër en wat gehoorsaamheid gedoen het. Ons moet gehoorsaam wees aan God, want ons het weet nie aldag met watter mense ons te doen kry nie.
Sondagoggend 1 Februarie 2026 02.02.2026
Sondagoggend 1 Februarie Ons het saam gesels oor die idee dat ons gereed moet wees om die Evangelie te verkondig en dat ons as Christene regtig goeie nuus het om te deel en dat ons van elke geleentheid.
Sondagoggend 25 Januarie 2026 26.01.2026
Sondagoggend 25 Januarie 2026: Waarnatoe? Ons het elkeen 'n persoonlike visie nodig, maar hoe determineer ons daai visie? Ons het ook nodig om te weet dat ons visie onderdadig moet wees aan God se Koninkryk.
Sondagoggend 18 Januarie 2026 19.01.2026
Jou rigtingwysers vir 2026 Hierdie jaar gaan vir seker twee goed vir ons in hou. Die eerste is tye wat 'n reaksie verlang, of dit goeie, slegte uitdagende tye is, dit vereis dat ons reageer. Die tweede is dat ons in hierdie jaar voor keuses gaan staan. Charl gesels met ons in hierdie boodskap hoe ons moet reageer op daai tye asook hoe ons moet keuses uitoefen
Sondagoggend 11 Januarie 2026 14.01.2026
Verander, vir ander Ons tema vir die jaar 2026 is "Verander, vir ander" en Charl het in hierdie boodskap met ons begin gesels oor waar ons moet verander en die nood vir ons om die Evangelie te verkondig. As ons die Evangelie wil verkondig gaan ons sekere veranderinge moet maak, sodat die wêreld ons boodskap glo
Sondagoggend 4 Januarie 2026 14.01.2026
Wat is Kerk? Baie mense besluit in Januarie om meer betrokke te raak by 'n gemeente, maar wat is 'n gesonde gemeente? Charl het met ons gesels oor wat is die model vir kerk volgens Handelinge 2. Ons het ook gesien wat die plan van Lewende Woord Hartenbos is vir 2026
Sondagoggend 28 Desember 2025 14.01.2026
Nou wat Nou? As Kerfees verby is beleef ons soms 'n depressie. Dit kan wees omdat ons besef die vakansie is verby, maar Charl glo dit is omdat Jesus gevier het en nou minder tyd het om oor Hom te gesels. Maar die opgewondenheid kan en moet blywend wees, want ons weet daar kom nog 'n dag wat Jesus gaan kom! En dan gaan Hy ons nooit weer los nie
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.