Charl du Toit

Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste

Religion AB ↓ 144 episodes

Baie welkom! Hierdie is waar ons as Lewende Woord Hartenbos ons sondae dienste oplaai. As jy wil deel word van die familie, gaan besoek asseblief ons webtuiste

Author

Charl du Toit

Category

Religion

Latest episode

Jun 29, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kersoggend 25 Desember 2025 14.01.2026

Die Heiland is GEBORE Die klimaks van ons Desember Boodskappe is vanoggend en dit is waar ons sien dat Jesus het nie bonatuurlik verskyn nie, Hy is gebore soos 'n normale mens. Ons het ook gesien dat sonder die geboorte van Jesus het ons nie 'n Evangelie nie.

Sondagoggend 21 Desember 2025 14.01.2026

Die Heiland IS gebore Die boek Jona beskryf vir ons 'n verhaal van profeet wat 'n bekeringsboodskap bring en dan sien ons hoe Jesus dieselfde boodskap bring jare daarna. Dit moet beteken dat Jesus se koms profeties voorspel was, asook dat Hy die vervulling van die profesieë is

Sondagoggend 14 Desember 2025 14.01.2026

Die HEILAND is gebore Ons kyk vandag na wat dit beteken as ons Jesus die titel "Heiland" gee? Van wat red Hy ons? Wat gee Hy vir ons? Hierdie is die tipe antwoorde wat Charl gee in hierdie boodskap

Sondagoggend 7 Desember 2025.mp3 14.01.2026

DIE Heiland is gebore Vir die maand Desember kyk ons elke dag na die wonder van die geboorte en koms van Jesus. In vandag se boodskap fokus Charl op die feit dat Jesus die Messias is

Sondagoggend 23 November 2025 25.11.2025

Sondagoggend 23 November 2025: Die Krag van Familie Hierdie week het ons saam geluister na die krag wat familie vir ons in hou en dat deel van 'n familie wees juis dit is wat ons krag gee. Ons het ook gesien dat elkeen van ons 'n funksie het, maar die funksie bepaal nie ons waarde nie. Let asseblief op dat ons gaste van Amerika gehad het en Charl dus in engels moes preek

Sondagoggend 16 November 2025 17.11.2025

Sondagoggend 16 November 2025: Die Wonder van Familie Familie is nie altyd bloed nie, familie kan ook 'n groep mense wees wat jy kies om van deel te wees. Charl het hierdie week met ons gesels oor die belangrikheid van 'n familie wat jou beste belange op die hart het, asook dat elkeen van ons so familielid moet wees

Sondagoggend 9 November 2025 10.11.2025

Sondagoggend 9 November 2025: 'n Nuwe Familie Charl het met ons gesels oor die belangrikheid van identiteit en dat ons 'n nuwe identiteit in Christus het. Ons het ook gesien dat omdat ons opgewonde is oor die nuwe familie van ons wil ons soveel as moontlik mense deel maak van hierdie familie

Sondagoggend 2 November 2025 03.11.2025

Sondagoggend 2 November 2025 Ons maandtema vir November is "Ons is Familie" en hierdie week het Charl met ons gedeel dat ons nie net gered is uit sonde nie, maar ook dat ons gered is in 'n nuwe familie in. Christen wees is in beginsel familie wees

Sondagoggend 26 Oktober 2025 27.10.2025

Sondagoggend 26 Oktober 2025: Die reëls van ontferming Ons as Christene moet ons ontferm oor ander, maar soms doen ons nie wat ons voel hulle sonde is wat hulle laat struikel. Die woord van God leer ons dat sonde ons almal se probleem is, dus moet gesprekke met Christene eintlik vreeslik bevrydend wees. God se wet is eintlik bevrydend, nie verdoemend nie. Hierdie en meer is waaroor Charl hierdie w...

Sondagoggend 19 Oktober 2025 20.10.2025

Sondagoggend 19 Oktober 2025: Hoe ontferm ons dan? Ons het saam gekyk die week na Konings en toe die profeet Elia vlug vir Isebel en hoe God self Elia bedien het. Charl het met ons gesels oor wat ons met mense moet doen wat tans ontferming kort en ons het ook gesien dat ons depressie of nood vir ontferming is nie 'n teken van die afwesigheid van God nie

Sondagoggend 12 Oktober 2025 13.10.2025

Sondagoggend 12 Oktober 2025: Siestog! Ons tema vir die maand Oktober is "Ons is Ontfermers". Ons as Christene behoort nie net te praat of vir mense te sê "Siestog!" nie, ons woorde moet oorgaan na dade toe. As ons wil ontferm moet ons iets gee wat ons kos, ons moet offer.

Sondagoggend 5 Okotber 2025 06.10.2025

Sondagoggend 5 Oktober 2025 Willem van der Berg het met ons gesels oor "Jou Waarborg" en watse waarborg God vir ons het.

Sondagoggend 28 September 2025 30.09.2025

Sondagoggend 28 September 2025: Los my Uit Ons kyk na die verhoudings wat ons as mense moet hê om God se beeld uit te leef

Sondagoggend 21 September 2025 22.09.2025

Sondagoggend 21 September 2025: Onder Nuwe Bestuur Ons is besig om saam te kyk na wat dit beteken om God se beeld te dra en die week het Charl met ons gesels oor hoe ons God se beeld in moraliteit uitbeeld. Ons het saam gesels uit die boek Daniël en gesien hoe Daniël moes verplig was om 'n nuwe moraliteit aan te neem in Babilonië maar dat hy getrou gebly het aan Sy God.

Sondagoggend 14 September 2025 15.09.2025

Sondagoggend 14 September 2025: Gesels met God Vir ons om die beeld van God uit te beeld moet ons gereeld tyd saam met God spandeer om Sy hart te hoor en beleef. Dit is presies waaroor Paul met ons gesels het in hierdie boodskap

Sondagoggend 7 September 2025 08.09.2025

Sondagoggend 7 September: In Ons Beeld Die Bybel is duidelik dat ons in die beeld van God geskep is, maar vir ons as mens is dit nie heeltemal so duidelik wat dit beteken as ons in die beeld van God geskep is nie. Lyk ons dan soos God? Moet ons soos God voel? Moet ons soos God leef? Charl gesels met ons die week oor dat ons soos God lyk as ons Sy heerskappy uit oefen asook dat ons soos Hy moet ske...

Sondagoggend 31 Augustus 2025 01.09.2025

Sondagoggend 31 Augustus 2025: Vrede met God Die lewe werk baie keer nie hoe ons beplan nie, maar kan ons vrede hê met God en ons toekoms as ons planne nie uitwerk nie? Hierdie is die tema waaroor Charl met ons gesels het hierdie week vanuit die geboorte van Samuel.

Sondagoggend 24 Augustus 2025 25.08.2025

Sondagoggend 24 Augustus 2025: Bewaar net die Vrede Charl het met ons gesels oor dat ons soms vrede wil bewaar, maar deur dit te doen vermy ons konflik ek kry ons net werklike vrede nie. Hoe moet ons as christene dan met mekaar stry? Waaroor mag ons stry?

Sondagoggend 17 Augustus 2025 18.08.2025

Sondagoggend 17 Augustus 2025: Hoekom al die konflik? Ons voel gereeld ons uitlanders in die wêreld. Ons voel ook soos mense wat sukkel om die Bybel en die wêreld met maar te versoen, maar hoekom? Ons sukkel want ons verstaan nie hoe diep sonde alles kom breek het nie. Ons vergeet soms dat sonde ons verhouding met God, met mekaar en met die aarde kom breek het. Hierdie is waaroor Charl met ons ges...

Sondagoggend 10 Augustus 2025 11.08.2025

Sondagoggend 10 Augustus 2025: Vrede is 'n werkwoord In ons reis na verstaan wat 'n vredemaker is het Charl met ons gedeel uit die vrede wat Abigajil gemaak het tussen Dawid en Nabal. Charl het aan ons verduidelik wat konflik is, asook wat vrede is na aanleiding van die storie.

Sondagoggend 3 Augustus 2025.mp3 04.08.2025

Sondagoggend 3 Augustus 2025: Vredemakers In Matteus 5 sien ons dat Jesus belowe ons is geseënd as ons vredemakers is, maar wat is dit om geseënd te wees? Nie net het Charl met ons gedeel oor wat geseënd is nie, maar Charl het ook die konsep van Vredemakers en kinders van God met ons gedeel.

Sondagoggend 27 Julie 2025 28.07.2025

Sondagoggend 27 Julie 2025: Rus en Vrede Ons almal smag na rus en vrede, maar is dit wat ons verstaan as rus en vrede werklik wat die Bybel ons beloof gaan rus en vrede wees? Hebreërs 4 is duidelik oor dat ons deur Christus 'n plek van rus kan binnegaan, maar is dit eendag of is dit nou al? Hierdie is die vrae wat Charl beantwoord in hierdie week se boodskap.

Sondagoggend 13 Julie 2025 14.07.2025

Sondagoggend 13 Julie 2025: Rus is 'n Bevel In die Tien Gebooie beveel God Sy volk om te rus, dit beteken vir God is dit so belangrik om te rus soos dit is om nie moord te pleeg nie. Maar die vraag bestaan dan oor hoe ons moet rus? Wat is gesonde rus dan? Hierdie is die vrae wat Charl in hierdie week se boodskap antwoord.

Sondagoggend 6 Julie 2025 07.07.2025

Sondagoggend 6 Julie 2025: Wat is werk dan Ons begin kyk na die volgende waarde van die gemeente en dit is rus, maar voor ons kan verstaan wat rus is moet ons weet wat werk is. Charl het met ons gesels oor dat werk nie die vloek van God is nie en dat ons werk vir voorsiening en vergifnis wat ons beide net by Jesus kan kry

Sondagoggend 29 Junie 2025 30.06.2025

Sondagoggend 29 Junie 2025: Die Groter Prentjie Ons moet integriteit handhaaf nie omdat dit die regte ding is om te doen nie, maar omdat God die groter prentjie sien en meer kan doen as ons. God sien verder en langer as wat ons ooit kan dink of droom, daarom bring hy gedrag vandag in lyn sodat dit nie môre 'n probleem kan wees nie.

Listen to the Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.