Charl du Toit
Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste
Baie welkom! Hierdie is waar ons as Lewende Woord Hartenbos ons sondae dienste oplaai. As jy wil deel word van die familie, gaan besoek asseblief ons webtuiste
Author
Charl du Toit
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 29, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sondagoggend 22 Junie 2025 23.06.2025 32:06
Sondagoggend 22 Junie 2025: Die Wet van Integriteit As ons lees dat ons mense van integriteit moet wees, dan wil ons onmiddelik riglyne of wette kry om ons te help bepaal wat integriteit is. Die storie van Job leer ons dat mens integriteit kan hê lank voor die wet van God bestaan het.
Sondagoggend 15 Junie 2025 17.06.2025
Sondagoggend 15 Junie: Spreek Integriteit As integriteit beteken ons moet eerlik wees, beteken dit dan dat ons deel oor hoe ons voel? Beteken dit dat ons depressie kan beleef. Hoe moet ons integriteit en depressie met mekaar versoen? Hierdie en nog vrae is deur Charl beantwoord in hierdie week se boodskap.
Sondagoggend 8 Junie 2025 09.06.2025
Sondagoggend 8 Junie 2025: IN-tegriteit Ons kyk verder na integriteit deur hierdie week saam te lees uit Job 29. Charl het met ons gedeel oor hoe die Here vir ons integriteit gee in ons binnestewese en dat dit dan lei na buite.
Sondagoggend 1 Junie 2025 02.06.2025
Sondagoggend 1 Junie 2025 Ons begin met ons nuwe maandtema met die titel "Ons is Integriteit". Charl het met ons gedeel oor integriteit uit die boek van Job. Wat is aanvalle op die integriteit? Hoe gaan die satan ons teiken om ons lam te lê?
Sondagoggend 25 Mei 2025 26.05.2025
Sondagoggend 25 Mei 2025 Paul Alers het ons bedien oor "Hoor God my?" uit die Onse Vader gebed van Matteus.
Sondagoggend 18 Mei 2025 19.05.2025
Sondagoggend 18 Mei: Wanneer aanbid ons? Ons is geneig om die Here se naam te loof wanneer dit goed gaan of wanneer iets moois gebeur het. Maar dit is nie eintlik die voorbeeld wat ons sien in die Bybel nie. Paulus en Silas aanbid in die tronk... Charl bedien hierdie week oor die feit dat aanbidding is nie sak en as gaan sit nie, dit is weet wie jy is en wie jou geskape het.
Sondagoggend 11 Mei 2025.mp3 11.05.2025
Sondagoggend 11 Mei 2025: Hoekom aanbid ons? Charl het met ons gesels oor die noodsaaklikheid van aanbidding, maar dit is makliker om iets te doen as ons weet hoekom ons dit doen.
Sondagoggend 4 Mei 2025 05.05.2025
Sondagoggend 4 Mei 2025 Ons is Aanbidders is die tema van Mei. Maar vir ons om te weet hoe ons moet aanbid, moet ons eers weet wat is "Aanbidding". Charl het met ons gedeel oor wat dit beteken om in gees en in waarheid te aanbid uit Johannes 4.
Sondagoggend 27 April 2025 29.04.2025
Sondagoggend 27 April 2025: Die Listigheid van Heiligheid Ons moet almal poog om heilig te wees, want Jesus verwag dit van ons, maar die gevaar lê in die feit dat ons heiligheid alleen probeer aandurf en dat ons heiligheid vir ons 'n afgod word. Om dit te voorkom is waaroor Charl bedien het.
Sondagoggend 20 April 2025 22.04.2025
Sondagoggend 20 April 2025: Die Mag van Gewoonte Na Jesus se opstanding het die dissipels weer gaan visvang waar Jesus weer verskyn aan hulle. Maar hierdie verskyning moet 'n impak op ons lewe maak, want hier wys Jesus aan Sy dissipels dat Hy werklik opgestaan het en dat Hy werklik lewe. Die waarheid wat dit vir ons in hou is dat ons kan weet dat alles op die einde gaan wees soos Jesus belowe, wan...
Goeie Vrydag 18 April 2025 22.04.2025
Goeie Vrydag 18 April 2025: Temu en die Kruis In ons lewens vandag is dit maklik om items op Temu en Shein te koop teen 'n baie goedkoper prys as in die winkels, maar het dit moontlik gemaak dat ons mense ook as goedkoop beskou en hulle graag wil vervang. Ons lewens word vervul met 'n vebruikers ingesteldheid, daarom soek ons heeltyd die eie-ek waar ons gaan. Charl het met ons gesels oor die waard...
Sondagoggend 13 April 2025 14.04.2025
Sondagoggend 13 April 2025 Ons gaan verder deur te kyk na Heiligheid en die tema van Charl was "Heiligheid is veiligheid". Die konsep van die Wet was dat wanneer ons die wet onderhou sal ons veilig wees en God sal saam met ons wees. Die uitdaging kom immers dat ons God gehoorsaam om veilig te wees, maar dit is nie Heiligheid nie. Heiligheid is om te God te volg ongeag van die voordeel wat God ons...
Sondagoggend 6 April 2025 07.04.2025
Sondagoggend 6 Maart 2025: Wat wat beteken? Ons sien gereeld die term "Heilig" of "Heiligheid", maar wat beteken dit eintlik? Wat beteken die woord "Heilig" en wat beteken dit as God "Heilig" is. Hierdie punte en meer word bespreek in Charl se boodskap
Sondagoggend 30 Maart 2025 31.03.2025
Sondagoggend 30 Maart 2025: Wie's met my? Voor Josua Kanaän kon binnegaan het 'n die Here ontmoet wat regstaan met 'n swaard. Josua vind toe uit dat ons nie die Here moet vra aan wie se kant Hy is nie, maar eerder of ons aan die Here se kant is. Het jy al die keuse gemaak om aan God se kant te staan? Hoe lyk dit as ons aan God se kant staan?
Sondagoggend 23 Maart 2025 24.03.2025
My beker loop oor! Ons gebruik gereel die uitdrukking ons beker loop oor, wat sou beteken dit gaan goed, maar het ons werklik rede om te dink ons beker loop oor? Kan ons uit die lewe van Noag leer wat werklike vreugde is en hoe ons Godgerrig kan leef? Hierdie is presies waaroor Charl gedeel het hierdie week.
Sondagoggend 16 Februarie 2025 17.02.2025
Sondagoggend 16 Februarie 2025: Die Hart van Dissipelskap Ons kyk verder na die waardes van ons gemeente deur te kyk hoe herderskap en dissipelskap dieselfde volgens die Bybel is.
Sondagoggend 9 Februarie 2025 11.02.2025
9 Februarie 2025: Leef Saam! Vir ons om dissipels te wees en te maak moet ons voorbeelde hê. Die voorbeeld wat Charl die week gebruik het is waar Paulus met sy vakleerling Timoteus deel oor hoe Christene moet werk, moet lei en hoe ons moet familie wees.
Sondagoggend 2 Februarie 2025 03.02.2025
Sondagoggend 2 Februarie 2025: Ons is dissipels Charl het vanuit die roep van Elisa as profeet met ons gedeel oor die noodsaaklikheid van dissipelskap. Elkeen van ons moet 'n disspel wees asook 'n dissipel maak.
Sondagoggend 26 Januarie 2025 27.01.2025
Sondagoggend 26 Januarie 2025 Charl het met ons gedeel oor die noodsaaklikheid van "Waardes" uit die lewe van Josef. Ons het saam gesels oor wat waardes is en wat die waardes van ons gemeente is.
Sondagoggend 19 Januarie 2024 21.01.2025
Sondagoggend 19 Januarie 2025 Ons is besig om onsself voor te berei vir die jaar wat voorlê en om dit te doen moet ons seker maak van ons identiteit. Charl het ons laat fokus op "Wie is jy? Wie is God?" en hoe leef ons die kennis uit. Die fokus was om die kennis te kry vanuit die storie van Dawid en Goliat.
Sondagoggend 5 Januarie 2025 14.01.2025
Sondagoggend 5 Januarie 2025: Voorspoed vir die jaar Voorspoed vir die jaar 2025! Mag God aan al jou behoeftrd vol doen! Die boodskap van Charl handel oor wat voorspoed is volgens die Bybel, asook hoe ons dit kan verkry.
Sondagoggend 29 Desember 2024 14.01.2025
Sondagoggend 29 Desember 2024:God met die Kerk Charl het gedeel oor wat moed die Kerk doen na Kersfees. Ons het nou die koms van Jesus gevier, maar wat beteken dit vir die res van die jaar?
Sondagoggend 22 Desember 2024 14.01.2025
Sondagoggend 22 Desember 2024: God met ons Keuses Ons kyk verder na hoe God Homself aan ons openbaar in die Kerfees verhaal. Hierdie week het ons gekyk na wat dit is wat ons kies as ons besluit om Jesus te kies. Ons het Maria as voorbeeld gebruik en uit dit gesien dat dit nie altyd maklik gaan wees om die Here te dien nie.
Sondagoggend 15 Desember 2024 14.01.2025
Sondagoggend 15 Desember 2024: God met Ma's en Pa's Charl het verder met ons gesels oor hoe die Kersfees boodskap hoop bring in alle omstandighede asook dat daar hoop is vir almal.
Sondagoggend 8 Desember 2024 14.01.2025
Sondagoggend 8 Desember 2024 Ons vra omverskoning vir die gehalte van hierdie potgooi. Ons het 'n krag onderbreking gehad, dus is die potgooi korter as gewoonlik. Charl het met ons saam gesels oor die Wysemanne en Skaapherders wat by die geboorte van Jesus was. Wat beteken dit vandag vir ons as die groepe mense by die geboorte van Jesus was?
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.