Charl du Toit
Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste
Baie welkom! Hierdie is waar ons as Lewende Woord Hartenbos ons sondae dienste oplaai. As jy wil deel word van die familie, gaan besoek asseblief ons webtuiste
Author
Charl du Toit
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 29, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sondagoggend 12 Januarie 2025 14.01.2025
Sondagoggend 12 Januarie 2025: Visie Sondag Ons het saam gesels oor die visie van ons kerk en hoe dit ons lewens affekteer. Ons het ook gesien dat om 'n verskil te maak in ons gemeenskap moet ons betrokke wees by 'n kerk. Kerk beteken 'n samekoms van christene, of dit in 'n huis of gebou is maak niue eintlik saak nie. Charl het dit duidelik gemaak dat kerk 'n voorreg is en nie 'n klug nie!
Sondagoggend 1 Desember 2024 02.12.2024
Sondagoggend 1 Desember 2024 In Johannes lees ons dat God deur Jesus geskep het en dat Jesus werklik God. Jesus was ook nog altyd by God. Maar daar het 'n oomblik gekom wat Jesus mens geword het en onder ons kom woon het.
Sondagoggend 24 November 2024 26.11.2024
Sondagoggend 24 November 2024: Krag en Liefde Watter krag het ons nodig om selfbeheersing te handhaaf? Het ons genoeg krag in onsself om selfbeheersing te kan handhaaf? Hierdie vrae en nog meer beantwoord Charl in die bookskap
Sondagoggend 17 November 2024 18.11.2024
Sondagoggend 17 November 2024: Ja-Nee Ons stap nogsteeds saam deur die vrug van die Gees en het verder saamgekyk na "Selfbeersing". Charl het temas aangeraak wat handel oor het die konsep selfbeheersing al verander oor tyd? En hoe leef ons beheersd?
Aandklas 10 November 2024 11.11.2024
Aandklas 10 November 2024 Ons gesprek vir die week se Aandklas het gehandel oor Bybelvertalings. Ons het gekyk na die vertalings metodes asook na watse grondtekste gebruik is vir die vertalings.
Sondagoggend 10 November 2024 11.11.2024
Sondagoggend 10 November 2024: Selfbeheersing Ons gasspreker Wouter van der Merwe het met ons kom deel oor die belangrikheid van selfbeheersing en dat selfbeheersing een van die beste vorme van liefde is.
Sondagoggend 27 Oktober 2024 29.10.2024
Sondag Oggend 27 Oktober 2024 Charl het die reeks oor die "Nederigheid" afgesluit met die tema "Sê net ja". Ons het gekyk na die besoek van Petrus aan Kornelius en hoe die Heilige Gees vir die eerste keer oor Nie-Jode uitgestort is.
Sondag Oggend 20 Oktober 2024 21.10.2024
Sondag 20 Oktober 2024 Ons is besig met die tema van "Nederigheid" en het gekyk na die lewe van Simson. Charl het vir ons geleer dat nie alles in die Bybel goeie voorbeelde is nie, maar wel kan dien as 'n voorbeeld. Simson was nie altyd 'n gehoorsame jood of Godsman nie, maar tog het God hom gebruik. Ons verhouding met God determineer of God ons gaan gebruik of nie, nie ons moraliteit nie.
Aandklas 13 Oktober 2024 14.10.2024
Aandklas 13 Oktober 2024 Wat is die Hemel? Waar is die Hemel? Wie gaan Hemel toe? Charl het hierdie vrae en nog bespreek uit Openbaring asook uit Jesaja
Sondagoggend 13 Oktober 2024 14.10.2024
Sondag Oggend 13 Oktober: Leer ons om te bid Ons het saam gekyk na die gedeelte in 2 Kronieke 7 om uit te vind hoe ons moet bid. Hoe bid ons as ons nederig bid? Hoe moet ons bid?
Sondagoggend 6 Oktober 2024 07.10.2024
Sondagoggend 6 Oktober: So nederig ek is trost daarop Charl het met ons gesels oor die gelykenis van die Fariseërs en die Tollenaar uit Lukas 18 oor wat dit behels om nederig te wees. Ons sukkel soms met die konsep van nederigheid want ons dink dit is 'n lae selfbeeld, maar nederigheid kom te vore juis eers wanneer ons presies weet wie ons is.
Sondagoggend 29 September 2024 30.09.2024
Sondagoggend 29 September 2024: Liefde wat Gee Charl het gesels oor die wonder van die Liefde van God wat nie net vergewe nie, maar ons ook deel van Sy gesin maak. Ons het ook saam gekyk na die Boekrol van die Lewe.
Sondagoggend 22 September 2024.mp3 30.09.2024
Sondag 22 September 2024: Die Volgorde van Liefde Charl het bedien uit 1 Konings 19 oor hoe God ons bedien, asook dat God eers na ons behoeftes kyk en dan ons gees aanspreek.
Aandklas 15 September 2024 30.09.2024
Aandklas 15 September 2024: Die Millenium Vanaand in Aandklas het Charl met ons gesels oor die Millenium in Openbaring. Vrae soos wanneer gaan dit gebeur, wie gaan deur dit leef ensovoort word deur Charl beantwoord.
Sondagoggend 8 September 2024 09.09.2024
Sondag 8 September: Hoor jy God se stem? Ons gassprekers hierdie week was Geo en Chiemene Hauptfleisch wat met ons bedien oor die noodsaaklikheid om God te stem in ons eie lewens te hoor. Soms praat God met ons deur ander mense, maar dit moet eintlik slegs dien as bevestiging van iets wat God reeds met ons gedeel het
Aandklas 1 September 2024 02.09.2024
Aandklas 1 September 2024: Die Satan, die antichris en die valse profeet Hoe moet ons in ons era Openbaring 12 en 13 verstaan? Kan ons dit ooit verstaan en hoe moet ons dit prakties in ons lewe maak? Charl poog om hierdie vrae te beantwoord in hierdie episode van Aandklas
Sondag Oggend 1 September 2024 02.09.2024
Sondag 1 September: Jou storm, jou vis en jou God Ons het nie 'n vis nodig nie, ons het Jesus. Jesus het in die oog van die storm ingegaan toe Hy die kruis kies sodat ons kan lewe. Jona 1:4-17 In Jona gryp God in 4 hoofstukke 8 keer in. 1) God stuur 'n storm: Probeer My ontken, probeer van My vlug, maar Ek sal jou nooit los nie. 2) God stuur 'n vis: Ek sien jou waarde en Ek soek verhouding met jou...
Sondag Oggend 25 Augustus 2024 26.08.2024
Sondag Oggend 25 Augustus: 'n Rede vir Vreugde Maak ons as Christene nuwe wette vir ons? Voel ons of ons God faal wanneer ons nie Sy vrug dra nie? Miskien het jy nodig om te onthou dat jy nie eintlik God gekies het nie, Hy het jou gekies!
Sondag Oggend 18 Augustus 2024 19.08.2024
Sondag Oggend 18 Augustus: Vreugde in die Storm Hoe lyk vreugde in jou storm? Gaan jy tans deur 'n storm? Waar is God wanneer jy deur jou storm gaan? Zuleika het gesels oor hoe dit lyk wanneer ons God aanhou vetrou reg deur die storm
Sondag Oggend 11 Augustus 2024 12.08.2024
Sondagoggend 11 Augustus 2024 Is daar 'n manier wat ons God verheerlik deur ons vreugde? Weet jy dat God se naam verheerlik word deur Hy wat jou gebede verhoor? Is dit nodig dat die wêreld sien Christene is nie heeltyd nors nie? Ons kry antwoorde vir hierdie vrae deur saam Charl deur Johannes 15 te werk.
Aandklas 4 Augustus 2024 Openbaring deel 4 07.08.2024
Openbaring Deel 4: Seëls, Trompette en Bakke In Openbaring 6-18 sien ons dat die oordeel van God op verskillende maniere op die aarde gaan neerkom. Wanneer gaan dit gebeur? Gaan dit werklik gebeur? Gaan ons as Christene deel van dit wees? Al hierdie vrae word deur Charl beantwoord in die episode van Aandklas
Sondag Oggend 4 Augustus 2024 07.08.2024
Sondag Oggend 4 Augustus: Voluit Vreugde Die Bybel beskryf vir ons dat ons vreugdevol moet lewe, maar in die Bybel sien ons ook dat manne soos Paulus baie lyding moes deurmaak. Hierdie en nog punte is waaroor Charl met ons gesels het in die week. As jy kans sien, laat weet ons vanwaar in die land jy na ons potgooie luister by hartenbos@lewendewoord.co.za
Sondag Oggend 28 Julie 2024 29.07.2024
Sondag Oggend 28 Julie 2024: Sodat dit goed kan gaan Wat kan ons leer by Deborah oor goedheid? Wat kan ons uit die boek van Rigters leer oor die Liefde van God? Charl gesels hierdie week met ons oor hoe ons goed kan wees, asook wat ons kan doen sodat dit met ons goed kan gaan.
Aandklas 21 Julie 2024 22.07.2024
Aandklas 21 Junie 2024: Openbaring 4 en 5 In die week se Aandklas het Charl saam met ons gestap deur Openbaring 4 en 5. Ons het saam gesien wat is die invloed op ons lewe. Ons het weer gesien dat Openbaring nie vrees moet bring nie, maar eerder hoop vir ons toekoms. Die antwoord bly eenvouding net dat Jesus wen!
Sondag Oggend 21 Julie 2024 22.07.2024
Sondag Oggend 21 Julie 2024: Goed vir Niks Die storie van Job word gereeld gesien as 'n bittere hartseer storie, maar in der waarheid is dit 'n storie gevul met hoop en waarhede wat ons as moderne mense moet hoor. In Job sien ons dat ons lewe nie formules en patrone het nie en dat dit die lewe is onregverdig. Maar ons sien ook dat ons God nie apaties een kant staan nie.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.