Life Christian Foundation

LCF Inspirasie Stasie

Religion EN ↓ 169 episodes

Inspiration From Life Christian Foundation

Author

Life Christian Foundation

Category

Religion

Podcast website

www.lifecf.org

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

In Watter Tye Leef Ons: Die Donker Drie Eenheid 30.11.2022

Ons kyk bietjie in die onsienlike realm die week, en verken verder Johnathan Cahn se boek; "The Return of the gods." Ons leer veral meer oor die Donker-drie-eenheid waarvan hy in sy boek praat, en hoe dit persoonlik op ons van toepassing kan wees.

In watter tye leef ons? 23.11.2022

In watter tye leef ons? Anna-Lize gesels vandag oor die drome en visioene in Daniël, van Johnathan Cahn en sy interpretasie, en hoe ons waaksaam moet wees in hierdie tye, dat ons nie met leuens meegesleur word nie.

Ons leer meer oor die Catherine Robson Kinderhuis in Vereeniging 16.11.2022

Ons leer hierdie week meer van die Catherine Robson Kinderhuis in Vereeniging, en leer wat een van die maniere is wat ons almal kan betrokke raak. Daar is nog maniere om betrokke te raak indien jy belangstel skakel die kinderhuis.

Wat die duiwel gaan aan? 09.11.2022

Anna-Lize en Zelda gesels oor hoe die duiwel mens om die bos lei, en wat die Bybel wil hê ons moet weet van satan.

Uit depressie na lig en lewe: Elsa deel haar getuienis 02.11.2022

Elsa Enslin deel haar getuienis van hoekom sy depressief begin word het as 'n tiener, en later in haar lewe God se hand gevat het, en saam met Hom begin stap het.

Kan Christene Halloween vier? 27.10.2022

Ek gesels vandag oor Halloween, en of ons as Christene dit kan vier.

Keer weer terug na die Bybel vir onsself en ons kinders se onthalwe 19.10.2022

Chantelle Matthews en Anna-Lize gesels oor om weer terug te keer na die Bybel as volwassenes, en die voorbeeld te wees vir ons kinders, van wat ons graag in hulle wil sien. Bring die Bybel en Bybelse beginsels weer terug in die huis.

Leer meer oor die Bybelse feeste in hierdie week van die Fees van Tabernakels 12.10.2022

Anna-Lize deel hoe God 'n plan met die feeste gehad het in die verlede, hoe die Jode die feeste vandag nog hou en dit waarna ons op van die feeste kan uitsien, wat nog in vervulling moet kom.

Is jy bewus van die verwoestende effek van aanstoot op jou en ander se lewe? 05.10.2022

Is jy bewus van die kere wat jy aanstoot neem, weet jy wat dit is, en die verwoestende effek daarvan op jou en die rondom jou se lewe? Dannha en Anna-Lize gesels bietjie oor aanstoot, en waar dit vandaan kom.

Die Stemme Waarna Ons Luiter 28.09.2022

Anton en Anna-Lize gesels oor die stemme waarna hulle tans luister, wat hulle toelaat om hulle lewe te beïnvloed. Daar is baie stemme daarbuite, en dit is belangrik om steeds te luister met onderskeiding, onderleiding van Heilige Gees, en alles te toets aan die Woord.

Zelda deel met ons die tye in haar lewe wat sy God soms tasbaar, of visueel ervaar het 21.09.2022

Zelda velrtel ons van die kere in haar lewe, van jongs af, wat sy God tasbaar en visueel in haar lewe ervaar het. Dalk het jy sulke oomblikke al gehad? Luister gerus saam.

Chris Olivier Deel Sy Getuienis Oor Fisiese Genesing 14.09.2022

Chris Olivier deel sy getuienis van 'n passiewe Christen tot aktiewe Christen, en fisiese genesing na hy 100% in sy geloof begin inkoop het.

Van Droom tot Werklikheid saam met Annelize de Swardt 07.09.2022

Ons gesels saam met Annelize de Swardt oor hoe sy aanhou stap het, tot sy uitgestap het in die "meer" wat God vir haar lewe het. Annelize het gevoel sy het iets om te sê, en het ander begin nooi om saam met haar te praat, en saam te luister. Geniet Annelize se "Kom Uit" getuienis.

Eugene en Adriana Muller vertel ons hoe God hulle twee saam gebruik om die "Klankland" droom te bewaarheid. 31.08.2022

Eugene en Adriana deel met ons waar die "Klankland" droom begin het, hoe hulle saam werk, en die uitdagings van saamwerk in die huwelik. Hulle moedig elkeen aan, om hulle God-droom na te jaag.

Die LCF Vrouebediening Nooi Elke Vroue Uit! 24.08.2022

Die LCF Vrouebediening nooi elke en alle vroue uit om ons vrouebediening by te woon, wat die 7de September begin. Ons sal almal graag al hierdie Saterdag, op die 27ste September, by ons vroue bymekaarkoms wil ontmoet en sien! Luister gerus wat is die LCF Vrouebediening se hart.

'n Bietjie meer oor die Godsdienstige Gees 17.08.2022

Friedel deel meer oor sy tema van Sondagoggend waar hy gesels het oor 'n godsdienstige gees wat mens kan hê, en die hart van die Vader heeltemal mis in die proses. Diegene met 'n godsdienstige gees, is ook dikwels die wat dit nie raaksien in hulleself nie.

Ons gesels oor die mooi en die uidagings van ouerskap, gesels saam! 10.08.2022

Ons gesels vandag oor die uitdagings en die mooi van ouerskap. Ons begin by uitdagings van wanneer die kinders babas is, tot tieners, en deel watter lesse ons uit ouerskap geleer het.

Henrie Degenaar Inspireer Ons Met "Life Christian Adventure" 03.08.2022

Henrie Degenaar vertel ons van LIFE CHRISTIAN ADVENTURE en hoe God 'n pad met hom, en sy seuns gestap het. Luister saam oor hoe Life Christian Adventure vandag saam met God werk, om die harte van kinders na hulle ouers te draai, en die harte van ouers na hulle kinders.

Kim Grant Deel Haar Getuienis! 27.07.2022

Kim Grant deel hoe haar pad geloop het van 'n rebelse tiener, tot waar sy vandag in 'n goeie en mooi persoonlike verhouding met Jesus staan.

Mark en Nadia Getuig Oor Hoe "Smart Step Family" Hulle Gemengde Gesin Gehelp Het. 20.07.2022

Mark en Nadia deel hulle getuienis, en hoe hulle steeds leer om 'n gesonde gemengde familie te wees. Ontmoet vir Mark en Nadia by die Smart Step Family kursus wat binnekort by LCF begin.

"Conquer" - Die Nuwe LCF Mannebediening Kursus 13.07.2022

Anton, Dannha en Willem gesels saam oor die nuwe "Conquer" kursus wat volgende week by LCF gaan begin. As jy meer wil weet oor die kursus voor jy inskryf, gaan luister gerus na hierdie potgooi. Willem praat van 'n skakel in die potgooi, die skakel is, https://manne.lifecf.org/sast

Wat is nuut by die LCF Tienerbediening? 06.07.2022

Hierdie week gesels ons met Juhan, Nelmari en Kim oor hulle nuwe planne vir die Tienerbediening die res van die jaar. Hulle nooi ouers uit om hulle tieners aan te spoor om deel te wees van die tienerbediening familie.

Salvation Works 29.06.2022

Conroy deel met ons sy reis om Salvation Works op die been te bring, en sodoende baie manne weer die hoof broodwinners van hulle huise te maak. As jy wil betrokke raak by enige van hulle bedieninge kontak Conroy by 0726620202

New Found Generation 22.06.2022

Pierre Ronquest van New Found Generation kom gesels oor hoe sy Nie-Winsgewende Organisasie besig is om tieners en ouers se harte weer by mekaar uit te kry. Hy deel ook met ons wat die slaggate is waarin tieners en ouers trap, wat lei tot verhoudingsbreuk. www.newfoundgeneration.org of skakel Pierre by 0718988851

Beloftes? 15.06.2022

Anton en Anna-lize gesels verder oor die beloftes van God, en die teleurstelling van as mens op 'n belofte gestaan het, en dit lyk of God nie Sy beloftes nakom nie.

Listen to the LCF Inspirasie Stasie podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.