Jan Smit

Laat ons Boekevat

Religion AF ↓ 102 episodes

'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.

Author

Jan Smit

Category

Religion

Podcast website

www.buzzsprout.com

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Matteus 25 28.02.2025

Send us Fan Mail Hierdie is die tweede deel van die profetiese rede waar Jesus gelykenisse vertel om te verduidelik hoe dit in die koninkryk van die hemel sal wees aan die einde van die tyd. Die gelykenis van die tien meisies met hul olielampe, en die gelykenis van die muntstukke. Jesus sluit Sy rede af met die belangrike profesie oor die laaste oordeel.

Matteus 24 20.02.2025

Send us Fan Mail Vandag begin ons met 'n gedeelte wat algemeen bekend staan as die "Profetiese Rede" van Jesus. Hy is op die Olyfberg saam met Sy dissipels, en Hy antwoord hulle vrae oor die toekoms, en oor die tekens van die eindtyd. Hierdie profetiese preek van Jesus is vir ons vandag net so belangrik as wat dit was vir Sy dissipels.

Matteus 23 13.02.2025

Send us Fan Mail As gevolg van hul ontrouheid, hoogmoed en selfsug, spreek Jesus 'n reeks vervloekings uit oor die Fariseërs en skrifgeleerdes. Hy waarsku ook Sy volgelinge en dissipels teen die vals leer van die kerkleiers. Jesus is hartseer oor die komende vernietiging van Jerusalem, wat gaan gebeur as gevolg van Sy volk se ontrou en ongeloof.

Matteus 22 05.02.2025

Send us Fan Mail Jesus is op Sy lydensweg en maak gereed om gekruisig te word. Vir oulaas leer Hy nog Sy dissipels en volgelinge met 'n profetiese gelykenis. Maar steeds probeer die skrifgeleerdes en Fariseërs om Hom vas te trek met strikvrae.

Matteus 21 29.01.2025

Send us Fan Mail In vandag se bybelstudie kyk ons na 'n baie belangrike gebeurtenis, naamlik Jesus se intog in Jerusalem, of wat die kerk van vandag vier as Palm Sondag. Ons lees ook van Jesus wat die tempel reinig en die vyeboom vervloek. Intussen probeer die priesterhoofde en skrifgeleerdes nog steeds om Jesus van te trek met allerhande vrae. In Sy gesprek met die kerkleiers vertel Hy vir h...

Matteus 20 23.01.2025

Send us Fan Mail Vandag vertel Jesus ons die gelykenis van die arbeiders in die wingerd: "So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste." Jesus kondig weer Sy dood en opstanding aan, maar die dissipels stry nog steeds oor wie van hulle die belangrikste gaan wees in die koninkryk van die hemel. Dan genees Jesus weer twee blinde mans, nie net van hul fisiese blindheid nie, maar ook...

Matteus 19 14.01.2025

Send us Fan Mail In hierdie gedeelte voer Jesus 'n gesprek met die Fariseërs en met Sy dissipels oor egskeiding. Dan seën Jesus die kindertjies, en antwoord die vraag van die ryk jongman: "Watter goeie daad moet ek doen om die ewige lewe te verkry?"

Matteus 18 09.01.2025

Send us Fan Mail "Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?" Dit is die vraag wat Jesus breedvoerig vir ons antwoord in hierdie hoofstuk. Ook die vraag van die verhouding tussen Christene en ons plig om te vergewe. Jesus leer ons presies wat Hy van ons as Sy kinders verwag.

Matteus 17 01.01.2025

Send us Fan Mail Vandag leer ons die volgende: Jesus word verheerlik op die berg in die teenwoordigheid van Petrus en Jacobus en Johannes, asook Moses en Elia! Jesus genees 'n geestelik versteurde seun, dan kondig Hy weereens sy eie dood en opstanding aan. En dan die interessante vraag oor die tempelbelasting, en Jesus se eienaardige manier om voorsiening te maak daarvoor.

Matteus 16 18.12.2024

Send us Fan Mail Terwyl die skrifgeleerdes nog steeds besig is met hul streke, word Jesus aan Sy dissipels geopenbaar as die Christus, die Messias waarop hulle gewag het. Maar Jesus skok hulle as Hy vir die eerste keer verduidelik dat Hy doodgemaak gaan word. En wat moet ons doen as ons vir Jesus wil volg?

Matteus 15 10.12.2024

Send us Fan Mail Die gevaar van gebruike en tradisies van die verlede, asook die sosiale veranderinge in vandag se tyd: Is dit belangriker as die woord van God? Wat gaan ons glo en waaraan gaan ons getrou wees?

Matteus 14 02.12.2024

Send us Fan Mail Ons lees van die dood van Johannes die Doper, die vermeerdering van die brood, Jesus loop op die see en later genees Hy die mense in Gennesaret.

Matteus 13 24.11.2024

Send us Fan Mail Jesus leer ons met behulp van gelykenisse, en daarmee maak hy die koninkryk van die hemel aan ons bekend. Gelykenisse maak dit vir ons maklik om die geheimenisse van die Woord van God te verstaan, maar ons sal sien dat die mense wat Hom die beste ken, Sy vriende en familie, Hom nog steeds verwerp. 

Matteus 12 11.11.2024

Send us Fan Mail "Die Seun van die mens is immers Here oor die sabbat." Jesus leer ons oor die sabbatsbeginsels terwyl Hy siekes gesond maak en die mense rondom Hom leer. Alhoewel die Farriseers rede soek om Jesus aan te kla en dood te maak, keer dit Hom nie om die koninkryk van die hemel te verkondig nie!

Matteus 11 29.10.2024

Send us Fan Mail Jesus antwoord die vraag van Johannes die Doper, naamlik: "Is U die een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?" Dan spreek Jesus 'n vloek uit oor die dorpe waaar hy gepreek het omdat hulle Sy boodskap verwerp het. Laastens rig Jesus 'n uitnodiging aan Sy volgelinge, en ook aan my en jou vandag.

Matteus 10 23.10.2024

Send us Fan Mail Jesus gee opdragte aan Sy dissipels voordat Hy hulle uitstuur om sendingwerk te gaan doen. Dit is opdragte wat vir ons ook geld, omdat ons Jesus se dissipels is in vandag se wereld.

Matteus 9 11.10.2024

Send us Fan Mail In hoofstuk 9 beskryf Matteus vir ons nog 'n aantal van Jesus se wonderwerke in die omgewing van Kapernaum. Hy beskryf ook vir ons die dag toe sy eie lewe onherroepelik verander is, die dag toe Jesus vir hom se: Volg My!

Matteus 8 02.10.2024

Send us Fan Mail Aan die einde van die bergrede gaan Jesus na Kapernaum en na Gadara. Op Sy pad maak Jesus mense gesond en dryf Hy bose geeste uit. Dit lok 'n verskeidenheid van reaksies uit by die mense rondom Jesus.

Matteus 7 26.09.2024

Send us Fan Mail Hierdie is die laaste van 3 hoofstukke waarmee Matteus die Bergrede van Jesus afsluit. Die episode bevat weereens 'n groot aantal bybelse beginsels en waarhede wat ons moet leer, verstaan en in ons lewens toepas.

Matteus 6 14.09.2024

Send us Fan Mail Hierdie is deel 2 van die bergrede van Jesus. Dit gaan oor hulp aan die armes, gebed en vas, skatte en Mammon, en oor die sorge van die lewe. Dit gaan oor belangrike lewenslesse wat elkeen van ons daagliks raak.

Matteus 5 09.09.2024

Send us Fan Mail Hierdie is die eerste van 3 hoodstukke waar Matteus die bergrede van Jesus vir ons weergee. In hoofstuk 5 beskryf Jesus vir ons hoe 'n christen, of dissipel van Jesus, se lewe behoort te lyk. Dit is 'n hoofstuk ryk aan kennis en waarheid. Dit beskryf 'n leefwyse wat elke christen moet nastreef.

Matteus 4 03.09.2024

Send us Fan Mail Jesus weerstaan die duiwel se versoeking in die woestyn, Hy roep die eerste disipels om hom te volg en dan begin Hy Sy openbare prediking in Galilea. Bring jou bybel en kom, laat ons boekevat.

Matteus 3 27.08.2024

Send us Fan Mail Johannes die Doper - 'n kontroversieele dog interessante figuur, die laaste profeet van die ou bedeling wat die pad vir Jesus kom gelyk maak sodat Jesus 'n nuwe verbond met die mensdom kan kom vestig. Jesus word gedoop met die bevestiging dat Hy die Seun van God is.

Matteus 2 20.08.2024

Send us Fan Mail In hierdie aflewering kyk ons na die besoek van die sterrekykers uit die ooste, die kindermoord deur koning Herodes, en Jossef wat met sy gesin vlug na Egipte.

Mattheus 1 14.08.2024

Send us Fan Mail In hierdie episode kyk ons na die geslagsregister van Jesus deur die voorgeslagte van Josef, asook na die gebeure rakende die geboorte van Jesus.

Listen to the Laat ons Boekevat podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.