Jan Smit
Laat ons Boekevat
'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Markus 3 18.07.2025 20:25
Send us Fan Mail Jesus genees die man met die gebreklike hand, en die Fariseërs en Herodiane smee 'n komplot om vir Jesus dood te maak. Die twaalf apostels word uitgekies en amptelik aangestel deur Jesus, sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek. Jesus se familie is bekommerd oor Hom en wil Hom kom haal terug huis toe, maar Jesus doen nou die werk van Sy hemelse Vader, en Hy kondig aan dat Sy...
Markus 2 12.07.2025 22:15
Send us Fan Mail Jesus leer vir die skrifgeleerdes, en vir Sy volgelinge, en vir my en jou vandag, belangrike lesse in hierdie hoofstuk. Hy leer vir ons dat vergifnis van sonde belangriker is as 'n gesonde liggaam. Ons leer dat Jesus nie net Seun van God is nie, maar dat Hy self ook God is wat sondes kan vergewe. Ons leer dat die Seun van die mens die Here is, ook oor die sabbat, en dat die s...
Markus 1 05.07.2025 24:15
Send us Fan Mail Terug by die evangelies, begin ons vandag met die evangelie volgens Markus. Die evangelie begin met die bediening van Johannes die Doper, en ook die doop van Jesus. Jesus roep Sy eerste dissipels, begin om te preek en om mense te genees. Markus skryf die evangelie op grond van die inligting wat hy by Petrus kry, en net soos Petrus, het Markus 'n unieke manier om ons te vertel...
Titus 3 25.06.2025 15:35
Send us Fan Mail Ons het aan die einde gekom van die brief aa Titus, en so ook aan die einde van die drie pastorale briewe van Paulus. Ons het baie geleer oor ons verpligtinge en verantwoordelikhede binne die gemeente, die noodsaaklikheid van gebed, ons diens aan die Here, en nog baie meer.
Titus 2 19.06.2025 14:04
Send us Fan Mail Paulus verduidelik aan Titus, en so ook aan die gemeente in Krete, en so ook aan ons vandag, die gesonde leer van Jesus Christus. Ons lewens moet 'n positiewe en opbouende invloed op ons gemeenskap hê. Die mense rondom ons moet die Woord van God in ons lewens kan raaksien, sodat hulle niks sal kan sê teen die goeie leer van Jesus nie.
Titus 1 13.06.2025 18:34
Send us Fan Mail Paulus begin sy pastorale brief aan Titus met die bekende manier waarop Paulus altyd sy leser groet: Hy stel homself voor as dienaar van God en apostel van Jesus Christus. Dan gee hy aan Titus die opdrag om ouderlinge aan te stel. en beskryf die eienskappe van 'n ouderling. Hy waarsku ook weereens teen bekeerlinge wat in opstand kom teen gesag, en wat mense verlei.
Pinkster Sondag 08.06.2025 13:49
Send us Fan Mail In Jerusalem is dit tyd vir Shavuot, die Fees van Weke, en die stad is in rep en roer. Duisende Jode het van regoor die wêreld gekom om die fees te vier. Die tyd het ook aangebreek vir die uitstorting van die Heilige Gees waarvoor Jesus se dissipels noun al tien dae wag. Dit is die tyd wat die kerk van Jesus op aarde tot stand gekom het, en dit gaan gepaard met tekens en wonderwer...
Pinkster Vrydag 06.06.2025 8:46
Send us Fan Mail Vandag lees ons van Salomo se gebed vir gehoorsaamheid en vir insig om die volk te regeer as koning. Sy gebed word verhoor, en in God se goedheid geen Hy ook vir Salomo rykdom en eer. Maar later het Salomo gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en die toorn van die Here het teen Salomo ontvlam!
Pinkster Donderdag 05.06.2025 9:07
Send us Fan Mail Die gebed van Elia vir reën in Israel. Elia leer ons om te glo wanneer ons bid. Elia leer ons om aan te hou bid. Elia leer ons om te vertrou op die beloftes van die Here. Ons leer dat God getrou en regverdig is, en dat God ons gebede sal verhoor.
Pinkster Woensdag 04.06.2025 8:01
Send us Fan Mail In 1 Samuel lees ons dat Hanna tot die Here gebid het in haar nood en hartseer, en dat die Here haar gebed verhoor het. Sy het 'n gelofte afgelê, en sy het getroue gebly aan haar gelofte. Dan lees ons Hanna se pragtige dankgebed in 1 Samuel hoofstuk 2.
Pinkster Dinsdag 03.06.2025 6:50
Send us Fan Mail Ons tema vir die week is Gebed. Vandag kyk ons na Jesus se intieme en persoonlike gebed in Getsemane. Ons kry ook die opdrag om nie te slaap nie, maar om te waak en te bid.
Pinkster Maandag 02.06.2025 9:24
Send us Fan Mail Ons herdenk Pinkster hierdie week deur 'n reeks bybelstudies met die tema: Gebed. Vandag kyk ons na Jesus se model gebed, die Onse Vader.
Hemelvaart 30.05.2025 11:00
Send us Fan Mail Wanneer Jesus opvaar na die hemel, belowe Hy om altyd by ons te wees, Hy belowe dat ons met die Heilige Ges gedoop sal word, Hy belowe dat ons krag sal ontvang om Sy getuies te wees. As ons eensgesind volhard in die gebed, sal hierdie beloftes vir ons waar word gedurende hierdie Pinkstertyd.
2 Timoteus 4 22.05.2025 19:08
Send us Fan Mail Paulus gee sy laaste en belangrike opdrag aan Timoteus: "Verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig;" Al sal die mense die gesonde leer nie meer verdra nie, al sal hulle vir hulle leermeesters bymekaar maak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor, moet ons ons werk doen as verkondigers van die evangelie. Paulus lewer 'n treffende persoonlike getuienis, e...
2 Timoteus 3 14.05.2025 16:34
Send us Fan Mail Paulus leer ons van die swaar tye wat sal kom in die laaste dae, en dan gee hy sy laaste opdragte aan Timoteus. "Die kennis van die heilige Skrif lei tot verlossing deur die geloof in Jesus Christus." Dit is die boodskap aan my en jou vandag.
2 Timoteus 2 10.05.2025 20:08
Send us Fan Mail 'n Christen is 'n goeie soldaat vir Christus, 'n atleet wat volgens die reëls deelneem, en 'n boer wat hard werk om die oes in te bring. Dan sal die kennis vermenigvuldig en die evangelie aan almal verkondig word. Dan sal ons bruikbaar wees in die huis van die Here, voorberei vir enige goeie diens.
2 Timoteus 1 03.05.2025 16:58
Send us Fan Mail Paulus skryf sy tweede brief aan Timoteus terwyl hy 'n gevangene is in die tronk in Rome. Dit is 'n baie emosionele brief omdat Paulus verlang om weer vir Timoteus te sien, maar omdat hy weet dat hy aan die einde van sy lewe gekom het en nie weer lewendig uit die tronk sou kom nie.
1 Timoteus 6 25.04.2025 21:55
Send us Fan Mail In hierdie hoofstuk leer ons van die Christelike plig van alle werknemers, en ook weer meer oor die vals leerstellings binne die kerk van Jesus. Paulus lê klem op die gevare van geldgierigheid, en spoor ons aan om ryk te wees in goeie dade.
1 Timoteus 5 18.04.2025 20:38
Send us Fan Mail Vandag lees ons verder oor die herderlike vermaning van Paulus aan Timoteus. Byvoorbeeld, hoe om ouer mense sowel as jonger mense te behandel, naamlik met respek en eerbied. Ons leer ook van die taak van die weduwees in die gemeente, sowel as die gemeente se plig om hulle te versorg.
1 Tim. 4 10.04.2025 18:49
Send us Fan Mail Paulus waarsku teen die dwaalleraars en teen die afvalligheid wat in die eindtyd sal vermeerder. Hy gee ook vir Timoteus riglyne om 'n goeie dienaar van Christus Jesus te wees, riglyne waarop ons ons ook vandag moet toelê.
1 Timoteus 2 en 3 03.04.2025 19:15
Send us Fan Mail Ons leer oor voorbidding vir ons medemens, en veral vir die regering en mense wat gesag uitoefen. Ons leer ook van die pligte van mans en vroue en ouderlinge en diakens in die christelike gemeente.
1 Timoteus 1 26.03.2025 19:21
Send us Fan Mail Paulus skryf 'n pastorale brief aan die jong Timoteus, om hom te onderrig en te ondersteun as leraar in die gemeente in Efese.
Matteus 28 19.03.2025 14:27
Send us Fan Mail Vandag lees ons die laaste hoofstuk van die evangelie van Matteus. Ons lees van Jesus se opstanding uit die dood, Sy verskyning aan Sy volgelinge, en die laaste en belangrike opdrag aan die dissipels. Maar ons leer ook 'n les oor die mag van 'n leuen.
Mattheus 27 13.03.2025 24:57
Send us Fan Mail Die mense moes kies: Jesus Barabbas of Jesus Christus. Pilatus laat Jesus gesel, en dan word Jesus gekruisig en begrawe.
Matteus 26 06.03.2025 27:06
Send us Fan Mail In hierdie gedeelte word die nagmaal ingestel deur Jesus. Dieselfde nagmaal wat ons vandag nog vier. Maar terselfdertyd word Jesus se dood beplan deur die priesterhoofde en familiehoofde van die kerk. Dan word Jesus verraai, gevange geneem en verskyn voor die Joodse Raad. Die hoofstuk eindig met Petrus wat vir Jesus drie maal verloën voordat die haan kraai.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.