Jan Smit
Laat ons Boekevat
'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
1 Petrus 4 en 5 03.02.2026 21:53
Send us Fan Mail Petrus sluit sy brief af met die bemoediging aan die Christene wat vervolg word, en met die opdrag aan die ouderlinge wat die gemeentes moet bedien. Hy sluit die brief af met die versekering dat die beginsels wat hy in die brief oorgedra het, die ware genade van God is.
1 Petrus Hoofstuk 3 26.01.2026 19:57
Send us Fan Mail Ons leer vandag meer oor die gesagstrukture van die Here, met verwysing na die verhouding tussen man en vrou in die huwelik. Ons leer ook hoe elkeen homself moet gedra in die samelewing. Verder leer ons dat dit 'n voorreg is om te ly ter wille van ons geloof in Jesus Christus, en ons getuienis vir Hom.
1 Petrus Hoofstuk 2 18.01.2026 14:35
Send us Fan Mail Jesus, die steen wat deur die bouers verwerp is, die Verlosser wat deur die mense gekruisig is, het die Hoeksteen van ons geloof geword. As kinders van God is ons burgers van die koninkryk van Jesus, en daarom is ons vreemdelinge en bywoners hier op aarde. Ons leef met die vooruitsig van ons ewige tuiste by ons Hemelse Vader.
1 Petrus Hoofstuk 1 10.01.2026 19:06
Send us Fan Mail Petrus begin deur ons verlossing te beskryf op grond van ons egte geloof: Geloof wat getoets is deur vervolging en beproewing, soos wat goud gesuiwer word deur vuur. Hy beskryf ons verlossing op grond van die kosbare bloed van Jesus Christus, 'n heilige lewe, en die lewende en ewige woord van God.
Nuwejaar 2026 31.12.2025 22:01
Send us Fan Mail Nou is Kersfees verby. Dit was die eerste koms van Jesus Christus. Nou sien ons uit na Sy tweede koms, Sy wederkoms. Ons leef in die eindtyd, en ons sien al die tekens waarvan Jesus ons vertel het, daarom kan ons ons hoop vestig op Sy belofte dat Hy weer sal kom om Sy Bruid te kom haal.
Kersfees 2025 24.12.2025 13:44
Send us Fan Mail Dit is Kersfees tyd, en vandag lees ons die Kersboodskap soos dit vir ons in die Bybel opgeteken is. Ons gaan lees van die voorspellings van die profete van ouds, en ook die Kersverhaal in die evangelies van Lukas en Johannes. Mag dit vir almal wat saam met ons lees en luister, 'n geseënde Kerstyd wees!
Jakobus 5 19.12.2025 21:03
Send us Fan Mail Jakobus sluit sy brief af met 'n paar belangrike boodskappe. Eerstens rig hy 'n waarskuwing aan die rykes in die gemeentes, om eerder vir hulle skatte bymekaar te maak in die hemel. Dan spoor hy die broers aan om te volhard in die geloof. Om te volhard totdat die Here weer kom. Hy waarsku ook teen die aflê van 'n eed. Laastens beklemtoon hy die krag van 'n gelo...
Jakobus 4 13.12.2025 17:28
Send us Fan Mail In hierdie episode leer ons oor die stryd wat ons voer teen hoogmoed en selfsugtige begeertes, en ons leer ook weer om ons tong te beheer, en nie kwaad te praat van ander nie, en ook om mekaar nie te oordeel nie. Daar is net een Wetgewer en net een Regter, en dit is die Here. Ons leer ook van ons afhanklikheid van God, en dat ons Sy wil in ag moet neem in al ons besluite en toekom...
Jakobus 3 08.12.2025 20:24
Send us Fan Mail "So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag." Die tong is soos 'n vuur. As dit buite beheer is, kan dit ons hele lewe aan die brand steek. Die bybel waarsku ons daarteen, maar die bybel gee ook vir ons raad oor hoe ons die probleem kan oorkom. Jakobus leer ons ook in hierdie hoofstuk, dat daar twee soorte wysheid is. Kom lees en...
Jakobus 2 29.11.2025 19:30
Send us Fan Mail Jakobus leer ons om nie ons medemens te oordeel volgens die uiterlike nie. Ons leer ook van die beginsel van 'n mens se koninkrykswaarde. Dan leer ons van die beginsel ban "geloof in aksie." Geloof wat dood is as dit nie aanleiding gee tot goeie werke nie. Kom lees en luister saam met ons om meer te leer uit hierdie praktiese brief van Jakobus.
Jacobus 1:9-27 19.11.2025 23:09
Send us Fan Mail Hoe bepaal ek die waarde van myself en van my medemens? Armoede, rykdom, beroemdheid? Kom ons lees wat sê Jakobus daarvan. En wat is die kenmerke van 'n egte en suiwer godsdiens? Ons leer dit ook uit hierdie gedeelte.
Jakobus 1:1-8 07.11.2025 19:28
Send us Fan Mail Die brief van Jakobus, aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Jakobus vertel ons dat die Here ons toets en beproef, en hy leer ons hoe om te reageer daarop, en wat om te doen daarmee.
Markus 16 29.10.2025 15:37
Send us Fan Mail Ons lees vandag die laaste hoofstuk van die evangelie volgens Markus. Die boek sluit af met Jesus se opstanding en Hemelvaart. Ons lees ook ban Jesus se sending opdrag. Kom lees en leer gerus saam met ons.
Markus 15 17.10.2025 18:01
Send us Fan Mail Jesus word deur Pilatus verhoor, Hy word ge-gesel en gespot, Hy word gekruisig en begrawe. Dit is 'n hartseer dag vir Jesus se volgelinge, maar hulle moet onthou dat Sondag naby is, en dan sal Jesus weer by hulle wees!
Markus 14 12.10.2025 25:40
Send us Fan Mail In Markus 14 word Jesus se dood beplan, Hy word gesalf, vier die Paasfees en stel die nagmaal in. Daarna gaan Jesus en Sy dissipels na Getsemane waar Hy verraai word en gevange geneem word.
Markus 13 04.10.2025 22:01
Send us Fan Mail Markus 13 is Jesus se profetiese rede, waar Hy ons leer van die wegraping, die groot verdrukking en van Sy wederkoms. Jesus leer ons van al die tekens waarop ons moet let om te weet dat Sy koms baie naby is.
Markus 12 24.09.2025 26:50
Send us Fan Mail Eers vertel Jesus die gelykenis van die landbouers en die wingerd, en daarna antwoord hy die kerkleiers se vrae. Vrae oor belasting, oor die grootste gebod, en oor die ewige lewe. Jesus bewonder ook die arm weduwee wat so'n groot offergawe in die skatkis gegooi het.
Markus 11 17.09.2025 19:24
Send us Fan Mail Vandag lees ons van Jesus se intog in Jerusalem. Na 3 jaar se bediening in Galilea en die noordelike streke van Israel, is Jesus nou hier in Jerusalem om Sy aardse bediening af te sluit. Wanneer Hy Jerusalem binnekom is daar 'n groot skare wat Hom eer en prys en uitroep "Hosanna!" Maar in die tempel is die priesterhoofde en skrifgeleerdes nog steeds besig om Sy dood...
Markus 10 06.09.2025 22:13
Send us Fan Mail Vandag leer Jesus ons oor egskeiding, oor aardse besittings en rykdom, en weer oor die belangrikheid om mekaar te dien. Kom lees en leer gerus saam met ons uit Markus hoofstuk 10.
Markus 9 31.08.2025 28:43
Send us Fan Mail Ons lees vandag van Jesus se verheerliking op die berg en die genesing van 'n seun. Ons leer ook 'n paar belangrike lesse, soos: "As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees." En ook: "Wie nie teen ons is nie, is vir ons," Kom lees saam met ons en vind uit waaroor hierdie wyshede gaan.
Markus 8 21.08.2025 22:17
Send us Fan Mail Jesus bereik 'n draaipunt in Sy bediening hier in hoofstuk 8 en 9. Na ongeveer twee en 'n half jaar se prediking en wonderwerke in die omgewing van die see van Galilea, reis Jesus noord na Sesarea-Filippi aan die voet van die berg Hermon. Daar, vir die eerste keer, erken Petrus en die dissipels vir Jesus as die Christus, die Seun van die lewende God. Jesus het ook weer 4...
Markus 7 17.08.2025 22:45
Send us Fan Mail Jesus leer ons oor die krag, maar ook die gevaar, van tradisies en gewoontes in die lewe van Christene en van Christen gemeentes. Jesus leer ons dat dit nie kos is wat ons onrein maak nie, maar dat onreinheid kom deur die optrede wat spruit uit 'n onrein hart. Dan gaan Jesus voort om ons nog lesse te leer deurdat Hy nog mense gesond gemaak het.
Markus 6 08.08.2025 26:53
Send us Fan Mail “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring en sy gesin.” Dit is ook die ervaring van Jesus in Sy tuisdorp, Nasaret. Jesus stuur die twaalf apostels uit op hul eerste sending reis, en ons lees ook die geskiedenis van die dood van Johannes die Doper. Verder doen Jesus nog wonderwerke en maak Hy nog mense gesond, en in al hierd...
Markus 5 01.08.2025 20:28
Send us Fan Mail Vandag lees ons van 3 van Jesus se bekende wonderwerke. Drie mense, elkeen met hul eie verhaal van siekte en hartseer. Drie mense wie se geloof in Jesus so groot was dat dit hulle uit hul ellende gered het, maar meer nog, dat dit gelei het tot hul bekering. Drie wonderwerke wat ons leer van Jesus se almag, Sy deernis en Sy genade.
Markus 4 26.07.2025 29:17
Send us Fan Mail Jesus begin om die mense te leer met gelykenisse: Die gelykenis van die saaier en die gelykenis van die mosterdsaad. Jesus beveel ons ook om te luister na die boodskap wat Hy verkondig, en om te verstaan wat dit beteken. daarna bevind Jesus en Sy dissipels hulle in 'n skuit op die see van Galilea, in die middel van 'n hewige storm. Jesus maak die storm stil en roep Sy di...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.