Jan Smit

Laat ons Boekevat

Religion AF ↓ 102 episodes

'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.

Author

Jan Smit

Category

Religion

Podcast website

www.buzzsprout.com

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Lukas 14 10.07.2026

Send us Fan Mail Jesus maak nog mense gesond en vertel nog gelykenisse. Jesus leer ons lesse van nederigheid en van vrygewigheid, en dat ons die sout van die aarde moet wees.

Lukas 13 01.07.2026

Send us Fan Mail Jesus is nog steeds op reis na Jerusalem, en op die pad gaan Hy deur 'n aantal dorpe en stede. Hy leer die mense met gelykenisse, en Hy maak die siekes gesond. Hy vertel ons van die smal deur wat lei tot die lewe, en Hy dring by die mense aan om tot bekering te kom.

Lukas 12 21.06.2026

Send us Fan Mail In hierdie hoofstuk leer Jesus die dissipels 'n hele aantal belangrike lesse, en vertel Hy ook 'n aantal gelykenisse vir die skare. Jesus waarsku teen die soeke na rykdom, en gee die volgende waarskuwing: "Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees." Jesus waarsku ons ook om te alle tye gereed te wees vir Sy wederkoms.

Lukas 11 15.06.2026

Send us Fan Mail Op die versoek van die dissipels, leer Jesus hulle om te bid. Jesus beklemtoon ook weer die belangrikheid van die Woord van God. Dan beland Jesus in 'n onderonsie met die Fariseërs en die skrifgeleerdes. Hy wys hulle op hul sonde en skynheiligheid, en dit maak hulle baie opstandig. Jesus bestraf hulle, en spreek selfs 'n vloek oor hulle uit.

Lukas 10 08.06.2026

Send us Fan Mail In Lukas hoofstuk 10 lees ons van die 72 dissipels wat Jesus uitgestuur het op 'n sending in Samaria, en ons hoor ook die gelykenis van die barmhartige Samaritaan. ons leer ook 'n baie belangrike les as Jesus die huis van Marta en Maria besoek.

Lukas 9b 28.05.2026

Send us Fan Mail Jesus is nou op pad vanaf die berg Hermon, terug na Galilea. Op die pad, dryf Hy 'n bose gees uit 'n seun uit, kondig die tweede keer Sy eie dood aan, en leer die dissipels dat die mens se eie ego en status, nie belangrik is in die koninkryk van God nie. Jesus vertrek na Jerusalem, en besluit om deur Samaria te reis, maar die mense in 'n Samaritaanse dorp wou Hom ni...

Pinkster 2026 Bid in die Heilige Gees 22.05.2026

Send us Fan Mail Sover het ons Pinkster reeks vir hierdie jaar ingesluit: "Christelike gebed", "Bid tot die Vader", en "Bid deur Jesus Christus." Vandag sluit ons die reeks af met "Bid in die Heilige Gees." Ons wens julle almal 'n geseënde Pinkster Sondag toe.

Pinkster 2026 Bid deur Jesus 18.05.2026

Send us Fan Mail Die bloed van Jesus gee ons toegang tot die Vader, en Jesus is ons Voorspraak en Advokaat by God. Jesus leer ons om te bid, en Hy is vir ons 'n voorbeeld van gereelde en opregte gebed. En die grootste voorreg wat ons het, is om in die Naam van Jesus tot ons Vader te bid.

Pinkster 2026 Christelike gebed. 17.05.2026

Send us Fan Mail In ons Pinkster biduur en Bybelstudie reeks gaan ons hierdie jaar meer leer oor gebed. Ons wil graag leer wat gebed id en hoe om effektief te bid. En ons wil ons in die tyd toelê op gebed om te vra dat die Heilige Gees ons weer opnuut sal vul, en besit sal neem van ons lewens. 

Pinkster 2026 Bid tot die Vader 17.05.2026

Send us Fan Mail Verlede keer het ons geleer oor Christelike gebed. Vandag kyk ons na gebed tot ons hemelse Vader, en gebed in geloof.

Lukas 9a 17.05.2026

Send us Fan Mail Jesus doen nog wonderwerke, en hy leer die dissipels en al die mense wat Hom volg. Dan lees ons van Petrus se belydenis, en van Jesus se verheerliking op die berg. Net daarna begin Jesus om vir die dissipels te vertel van Sy komende lyding en kruisiging.

Hemelvaart 2026 14.05.2026

Send us Fan Mail Vandag herdenk ons die Hemelvaart van Jesus Christus, ons Verlosser. Ons kyk na die lewe van Jesus, van voor die grondlegging van die aarde af, tot na Sy opstanding uit die dood.

Lukas 8 09.05.2026

Send us Fan Mail In hierdie hoofstuk van Lukas leer Jesus die mense deur gelykenisse, en doen Jesus 'n aantal wonderwerke. In hierdie gedeelte is daar weereens 'n hele aantal lewenslesse vir ons om te leer.

Luke 7 03.05.2026

Send us Fan Mail In hoofstuk 7 gaan Jesus voort om mense gesond te maak en om dooies op te wek.  Jesus antwoord ook 'n vraag van 'n ongeduldige Johannes die Doper, en Hy gaan eet aan die huis van Simon die Fariseër, waar Hy 'n sondige vrou se sondes vergewe.

Lukas 6 23.04.2026

Send us Fan Mail Jesus genees die man met die gebreklike hand, en dan kies Hy sy twaalf apostels nadat Hy die hele nag lank tot Sy Vader gebid het. Dan lees ons weer die bergrede van Jesus, waar Hy vir ons 'n groot klomp kosbare lesse leer.

Lukas 5 16.04.2026

Send us Fan Mail Jesus roep sy eerste dissipels om Hom te volg, naamlik Simon Petrus, Jakobus en Johannes. Jesus genees ook 'n melaatse man en 'n verlamde man. Dan roep Jesus die tollenaar Levi, oftewel Matteus, om Hom te volg.

Lukas 4 08.04.2026

Send us Fan Mail Na Sy doop word Jesus deur die duiwel versoek in die woestyn. Drie maal probeer die duiwel om vir Jesus sover te kry dat Jesus hom moet aanbid en gehoorsaam, maar telkens gebruik Jesus skrifgedeeltes om die versoeking van die duiwel te weerstaan. Daarna begin Jesus om die mense te leer in die sinagoges. Eers in Nasaret, sy tuisdorp, waar die mense Hom verwerp, Hom uit die dorp uit...

Paasdiens 2026 03.04.2026

Send us Fan Mail Tydens ons Paas diens hierdie Vrydag, gaan ek en ses ander persone elkeen 'n 7-minute boodskap lewer oor een van Jesus se sewe kruiswoorde. My opdrag is om te praat oor Johannes 19 vers 28 waar Jesus sê: Ek is dors. Ek deel graag my kort Paas boodskap met julle, en dit dien dan ook sommer as ons Boekevat Paas boodskap.

Lukas 3 29.03.2026

Send us Fan Mail Johannes die Doper kry die opdrag van die Here om te begin met sy bediening, en hy doop ook vir Jesus. Jesus bid tot God, en ontvang die Heilige Gees, en die goedkeuring van Sy Vader in die hemel. Ons leer ook meer uit die geslagsregister van Jesus.

Lukas 2 22.03.2026

Send us Fan Mail Vandag lees ons van die geboorte en besnydenis van Jesus, en ons lees van die herders in die veld en die engelekoor wat Jesus se koms aangekondig het. Ons lees van Simeon en Anna in die tempel, en dat hulle gevul was met die Heilige Gees.  Ons lees ook die besondere verhaal van Jesus op 12-jarige ouderdom in die tempel. 'n Verhaal wat slegs in Lukas se evangelie vir ons opget...

Lukas 1b 15.03.2026

Send us Fan Mail Hoofstuk 1 sluit af met Maria se besoek aan Elisabet, en haar loflied aan die Here. Dit vertel ons ook van die geboorte van Johannes die Doper, en van Sagaria se loflied aan die Here. In hierdie gedeelte kom ons onder die indruk van die kragtige teenwoordigheid van die Heilige Gees in die lewens van die kinders van die Here.

Lukas 1a 07.03.2026

Send us Fan Mail Ons begin vandag met die evangelie volgens Lukas, en ons gaan lees van die aankondigings van twee geboortes, naamlik die van Johannes die Doper, en die van Jesus Christus.

2 Petrus Hoofstuk 3 01.03.2026

Send us Fan Mail Vandag gee Petrus ons weer die versekering van Jesus se wederkoms, en waarsku hy ons om gereed te wees daarvoor. Hy waarsku weer teen die vals leraars en beginsellose mense wat 'n verkeerde uitleg van die skrif gee. Hy sluit sy brief af deur ons aan te spoor om toe te neem in die genade en die kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.

2 Petrus Hoofstuk 2 21.02.2026

Send us Fan Mail Petrus waarsku die gemeentes, en vir ons vandag, teen die vals leraars en die dwaalleer wat hulle verkondig. Ons word aangemoedig om te volhard in die geloof, en om getrou te bly aan die Weg van die waarheid.

2 Petrus Hoofstuk 1 12.02.2026

Send us Fan Mail Ons begin vandag met die tweede brief van die apostel Petrus aan die uitverkorenes in Klein-Asië. Die hoofstuk handel meestal oor die Christene se geloof en hulle kennis van God en van Jesus Christus, en hulle word aangespoor tot liefde vir alle mense.

Listen to the Laat ons Boekevat podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.