Jan Smit
Laat ons Boekevat
'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.buzzsprout.com
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Matteus 14 02.12.2024 18:54
Send us Fan Mail Ons lees van die dood van Johannes die Doper, die vermeerdering van die brood, Jesus loop op die see en later genees Hy die mense in Gennesaret.
Matteus 13 24.11.2024 25:55
Send us Fan Mail Jesus leer ons met behulp van gelykenisse, en daarmee maak hy die koninkryk van die hemel aan ons bekend. Gelykenisse maak dit vir ons maklik om die geheimenisse van die Woord van God te verstaan, maar ons sal sien dat die mense wat Hom die beste ken, Sy vriende en familie, Hom nog steeds verwerp.
Matteus 12 11.11.2024 24:40
Send us Fan Mail "Die Seun van die mens is immers Here oor die sabbat." Jesus leer ons oor die sabbatsbeginsels terwyl Hy siekes gesond maak en die mense rondom Hom leer. Alhoewel die Farriseers rede soek om Jesus aan te kla en dood te maak, keer dit Hom nie om die koninkryk van die hemel te verkondig nie!
Matteus 11 29.10.2024 21:01
Send us Fan Mail Jesus antwoord die vraag van Johannes die Doper, naamlik: "Is U die een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?" Dan spreek Jesus 'n vloek uit oor die dorpe waaar hy gepreek het omdat hulle Sy boodskap verwerp het. Laastens rig Jesus 'n uitnodiging aan Sy volgelinge, en ook aan my en jou vandag.
Matteus 10 23.10.2024 24:31
Send us Fan Mail Jesus gee opdragte aan Sy dissipels voordat Hy hulle uitstuur om sendingwerk te gaan doen. Dit is opdragte wat vir ons ook geld, omdat ons Jesus se dissipels is in vandag se wereld.
Matteus 9 11.10.2024 23:23
Send us Fan Mail In hoofstuk 9 beskryf Matteus vir ons nog 'n aantal van Jesus se wonderwerke in die omgewing van Kapernaum. Hy beskryf ook vir ons die dag toe sy eie lewe onherroepelik verander is, die dag toe Jesus vir hom se: Volg My!
Matteus 8 02.10.2024 26:30
Send us Fan Mail Aan die einde van die bergrede gaan Jesus na Kapernaum en na Gadara. Op Sy pad maak Jesus mense gesond en dryf Hy bose geeste uit. Dit lok 'n verskeidenheid van reaksies uit by die mense rondom Jesus.
Matteus 7 26.09.2024 20:38
Send us Fan Mail Hierdie is die laaste van 3 hoofstukke waarmee Matteus die Bergrede van Jesus afsluit. Die episode bevat weereens 'n groot aantal bybelse beginsels en waarhede wat ons moet leer, verstaan en in ons lewens toepas.
Matteus 6 14.09.2024 21:16
Send us Fan Mail Hierdie is deel 2 van die bergrede van Jesus. Dit gaan oor hulp aan die armes, gebed en vas, skatte en Mammon, en oor die sorge van die lewe. Dit gaan oor belangrike lewenslesse wat elkeen van ons daagliks raak.
Matteus 5 09.09.2024 26:25
Send us Fan Mail Hierdie is die eerste van 3 hoodstukke waar Matteus die bergrede van Jesus vir ons weergee. In hoofstuk 5 beskryf Jesus vir ons hoe 'n christen, of dissipel van Jesus, se lewe behoort te lyk. Dit is 'n hoofstuk ryk aan kennis en waarheid. Dit beskryf 'n leefwyse wat elke christen moet nastreef.
Matteus 4 03.09.2024 15:54
Send us Fan Mail Jesus weerstaan die duiwel se versoeking in die woestyn, Hy roep die eerste disipels om hom te volg en dan begin Hy Sy openbare prediking in Galilea. Bring jou bybel en kom, laat ons boekevat.
Matteus 3 27.08.2024 17:33
Send us Fan Mail Johannes die Doper - 'n kontroversieele dog interessante figuur, die laaste profeet van die ou bedeling wat die pad vir Jesus kom gelyk maak sodat Jesus 'n nuwe verbond met die mensdom kan kom vestig. Jesus word gedoop met die bevestiging dat Hy die Seun van God is.
Matteus 2 20.08.2024 17:46
Send us Fan Mail In hierdie aflewering kyk ons na die besoek van die sterrekykers uit die ooste, die kindermoord deur koning Herodes, en Jossef wat met sy gesin vlug na Egipte.
Mattheus 1 14.08.2024 22:25
Send us Fan Mail In hierdie episode kyk ons na die geslagsregister van Jesus deur die voorgeslagte van Josef, asook na die gebeure rakende die geboorte van Jesus.
Inleiding tot die Evangelies 06.08.2024 12:52
Send us Fan Mail In hierdie episode praat ons vlugtig oor ons wereldbeskouing en doen ons 'n kort inleiding tot die vier Evangelies. Kontak my gerus op my email: jansmit54@icloud.com vir meer inligting of met kommentaar op die boodskap.
Uitnodiging 30.07.2024 6:01
Send us Fan Mail Welkom by: Laat ons Boekevat! Alle Afrikaanssprekendes is welkom om by ons aan te sluit vir hierdie bybelstudie reeks waar ons beplan om vers-vir-vers en boek-vir-boek deur die Bybel te werk. Vir meer inligting kontak my gerus per email by: jansmit54@icloud.com
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.