GROOTfm 90.5

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.

Author

GROOTfm 90.5

Category

Technology

Podcast website

www.grootfm.co.za

Latest episode

Oct 2, 2023

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Jennifer het met Alida gesels oor haar nuwe vrystelling: Nog n kans 26.11.2020

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Power Towers Food Drive 23.11.2020

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Jennifer het met Megan Horak Du Preez gepraat oor die Power Towers Food Drive 20.11.2020

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

#JouMenseMyMense saam met SPAR – 18.11.2020

As daar ‘n beroep of selfs ‘n tema is wat uitgestaan het in 2020, is dit die rol van ons gesondheidswerkers. Hulle opoffering en hulle bydrae en soveel keer sonder dat ons ooit sal weet wat hulle by hulle eie huise moet hanteer. Verushka Weyers is al meer as 12 jaar lank ‘n verpleegster en het haar passie in die neonatale intensiewe eenheid ontdek waar sy met babas werk wat te vroeg gebore is asoo...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Kersfees 11.11.2020

Twee jarelange vriendinne en ‘n spesialis en mondchirurg se uiteenlopende wêrelde het bymekaar gekom om vandag as die Blissful Cleft Foundation vir ‘n babatjie ‘n glimlag vir Kersfees te gee! Andrea Dos Santos, Suzanne de Beer en Dr. Sharan Naidoo is die direkteure en stigters van hierdie niewinsgewende organisasie wat nie net fondse insamel vir operasies nie, maar ook waardevolle bewusmaking doen...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Baba Diandré 04.11.2020

Baba Diandré Labuschagne is op 4 April 2020 op 37 weke gebore. Twee weke tevore het ‘n sonar ‘n gewas van 7cm aan die linkerkant van sy brein opgetel. Almal was verbaas dat hy met geboorte self kon asem haal, maar sy kans op oorlewing was 24 uur en toe later 5 dae. Verskillende dokters en spesialiste het almal verskillende opinies gehad oor wat die beste behandeling sou wees. Op die ou end is klei...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Talitha dans op die ritme van hoop 28.10.2020

Talitha de Klerk moes op hoërskool ‘n opstel skryf oor iets wat haar bekommer. In daardie stadium het daar reg langs haar kerk se nuwe gebou ‘n plakkerskamp gevorm. Talitha het geskryf oor haar bekommernis dat hierdie mense ‘n wanpersepsie van Jesus se liefde sou hê as die kerk nie na hulle uitreik nie... Na skool het sy by ‘n uitvoerende kunste bedieningspan aangesluit en tydens ‘n uitreik na Mos...

Intiem 27 Oktober 27.10.2020

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Pieter Basson van Uitskoms se oogoperasie – 21 Oktober 2020 21.10.2020

Pieter Basson is ‘n baie gelukkige inwoner van Uitkoms – ‘n versorgingsentrum vir persone met verstandelik- en intellektuele gestremdhede. Pieter is 36 jaar oud en hy het downsindroom. Beide sy ouers is oorlede. Huismoeder, Lorraine Loots wie se seun self by Uitkoms woon, beskryf Pieter as ‘n vredeliewende teddiebeertjie, met die mooiste geaardheid en so liefdevol. Inteendeel wanneer sy die behoef...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Rupert van Vuuren se 1000 marathonne vir kinders 14.10.2020

Die afgelope 394 dae, sedert 17 September 2019, begin ‘n normale dag vir 46-jarige Rupert van Vuuren so 3 uur in die oggend om sy marathon vir die dag te kan hardloop. Vandag is sy 411de marathon op pad na sy duisend marathon doelwit en dit alles om bewusmaking te skep vir die BRAIN CHILD STIGTING en hulle werk om kinders met gestremdhede en hulle gesinne te help. Rupert is getroud en het self ‘n...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Jakaranda Kinderhuis se huisma, Cornelia 07.10.2020

Jakaranda Kinderhuis in Eastlynne bied sedert 1987 holistiese versorging vir kinders tussen 3 en 18 jaar oud wat deur die Kinderhof daar geplaas word. Ons gesels met Karin Berriman, die Bemarkingsbestuurder van Jakaranda Kinderhuis oor die impak van die grendeltyd en die toename in die hoeveelheid kinders en Cornelia du Plessis wat die afgelope 30 jaar al ‘n huisma van Jakaranda Kinderhuis is en h...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Anonieme tannie se kosskenking 30.09.2020

Vir die afgelope paar maande kom stop ‘n tannie en haar dogter gereeld by ons kantoor. Stil-stil en sonder om te sê wie hulle is, laai hulle kruideniersware af. Tannie Wilna by ons ontvangs sê sy weet nie wie dit is nie. Sy kan net sien die vrou loop self swaar, maar klokslag elke maand is hulle daar met ‘n skenking – genoeg om te kan deel, met meer as een gesin. Die gesinne se dankbaarheid en dan...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Paartjie met gestremdheid vier 50ste Huweliksherdenking 16.09.2020

Oom André en Tannie Louis Brand het op die 12de September hulle 50ste huweliksherdenking gevier, maar wat hierdie mylpaal ekstra spesiaal maak, is dat beide van hulle serebraal gestremd is. Behalwe vir hulle daaglikse uitdagings het hulle ook maar teenkanting gekry toe hulle destyds gesê het hulle gaan trou en selfs die medici het hulle gewaarsku toe hulle graag met ‘n gesin wou begin. Na nege jaa...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Karavaan-gesin se nuwe lewe – 9 September 2020 09.09.2020

Op 5 Augustus het ons vir Danie, Madelyn en Nella ontmoet - die gesin wat ‘n gemufde karavaan vir R100 ‘n dag gehuur het. Die reaksie op hulle verhaal was verstommend en Sanet en Russell Fagan van SA Cares for Life het betrokke geraak. Danksy die bydraes van ons luisteraars, kon hierdie gesin na ‘n nuwe huis trek – loopafstand van Nella se skool en skielik is haar gesondheid sommer stukke beter. M...

September is selfdood bewusmaking maand. Jennifer het my Dr Hanlie Meyer, Lynette Beer, Hui-mari Meyer en Leandie Bräsle 08.09.2020

GROOTfm 90.5 — Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Stap ‘n stukkie saam met Jaco (10) – 2 September 2020 02.09.2020

September is Internasionale Spierdistrofie Bewusmakingsmaand en ons het met die Viljoen gesin gesels oor hulle 10-jarige seuntjie, Jaco, wat in 2017 met Duchenne Spierdistrofie gediagnoseer is. Wêreldwyd word daar ongeveer 3500 seuns elke jaar gediagnoseer - in Suid-Afrika weet ons maar van 10 gesinne wat hierdeur geraak word. En ja, ons sien met Pa Jaco, Ma Albi, ousus, Leané en selfs Ouma Marina...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dorinda se yskasherstelbesigheid - 26 Augustus 2020 26.08.2020

Dorinda en haar seuntjie het met net ‘n tas uitgestap toe haar huwelik verbrokkel en sy moes as karwag werk om doeke en kos te kon koop. Later het sy weer werk gekry tot sy een oggend siek geword het en haarself hospitaal toe moes jaag. Sy is met harversaking gediagnoseer en einde Oktober retrench. Ons het Dorinda Desember ontmoet waar sy by ‘n verkeerslig in Silverton muffins verkoop het. Sy het...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Nkosnathi se rolstoel - 19 Augustus 2020 19.08.2020

Thuli (33) se man is in 2010 oorlede toe hy op pad werk toe deur ‘n rubber koeël getref is tydens ‘n oproer op die Molottopad. Haar seun, Nkosnathi (14) is in 2006 gebore met skoliose, voete wat binnekant en afwaarts gedraai is en ‘n gesplete verhemelte. Nkosnathi het gesukkel om te eet en om vloeistowwe te sluk. Hy het ‘n nasale stemtoon ontwikkel en die kroniese oorinfeksies het uiteindelik tot...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Marco se Koeksisters - 11 Augustus 2020 12.08.2020

Marco Swanepoel het vir 10 jaar lank as voorman in konstruksie gewerk voor hy 3 jaar gelede afgelê is. Hulle het alles verloor en moes van vooraf begin... Hy het hierdie jaar op ‘n tydelike basis vir sy sussie begin werk, maar nou trek haar besigheid swaar as gevolg van die inperking en boonop werk Marco se vrou, Cindy by ‘n kleuterskool en kry ook net ‘n UIF bydrae in hierdie stadium. En so beslu...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Gesin in karavaan en tent - 4 Augustus 2020 05.08.2020

Op die erf waar hierdie gesin bly, is daar vyf karavane, ‘n wendyhuis en een bad en stort wat almal moet deel. Die karavaan is stukkend, dit reën in en muf. Alg en iets wat soos boomwortels lyk groei teen die badkamer en stort se muur. Madelyn het voorheen as barlady gewerk, maar toe verloor sy haar werk as gevolg van haar gesondheid. Die gesin het alles verloor. Hulle bly die afgelope jaar in hie...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Rust gesin se kosaflewerings - 29 Julie 2020 29.07.2020

In ‘n woonstelletjie wat hulle huur by die kerk bly die Rust gesin – Pa Johan (52), Ma Yolande, 18-jarige Franco en kleinsus Bianca. Johan het ‘n paar jaar gelede sy werk verloor en na 2 jaar se CV’s uitstuur en vir onderhoude gaan net om elke keer te hoor hy is te oud, het hy begin om kosaflewerings te doen. Die verskil is net dat hierdie gesin van 4 die aflewerings saam doen, sodra ma Yolande by...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Brand in Plastic View - 22 Julie 2020 22.07.2020

Met tot 11 mense wat saambly in ‘n huisie van plastiek en karton, kan mens verstaan hoe ‘n kers per ongeluk omval en 79 shacks binne oomblikke tot op die grond afbrand om meer as 400 bitter behoeftige mense sonder ‘n heenkome of enige beskutting teen die winterkoue te laat. Dis presies wat Saterdagoggend vroeg in die informele nedersetting in Pretoria-Oos, Plastic View, gebeur het. Soos Sanet Faga...

JouMenseMyMense - Woensdag 15 Julie, Donderdag 16 Julie 2020 15.07.2020

Anneline (20) dink nie dis enige hulp of aandag werd wanneer jy doodeenvoudig baie hard werk om jou droom waar te maak nie, maar ons sien ‘n besonderse gesindheid van iemand wat nie dink die wêreld skuld haar iets nie, maar werk vir dit wat sy vir die wêreld kan bied! Met elke terugslag, ook wanneer die impak van die inperking haar haar werk kos, laat sy niks haar onderkry nie, want sy glo “only y...

JouMenseMyMense saam met SPAR – Huis Gracia, 8 Julie 2020 08.07.2020

Huis Gracia is ‘n plek van veiligheid vir mindebevoorregte kinders uit gebroke families en bied tans vir 82 kinders ‘n tuiste waar hulle goed versorg, geborge en geliefd gesond en heel kan word na hulle in haglike omstandighede mishandel of verwaarloos is.

Jungle beat onderhoud 02.07.2020

GROOTfm 90.5 — Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Listen to the #JouMenseMyMense podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.