GROOTfm 90.5

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.

Author

GROOTfm 90.5

Category

Technology

Podcast website

www.grootfm.co.za

Latest episode

Oct 2, 2023

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

JouMenseMyMense saam met SPAR – Juan Nel, 1 Julie 2020 01.07.2020

Juan Nel het voorheen as ‘n kelner by ‘n restaurant gewerk wat intussen as gevolg van die impak van lockdown hulle deure moes sluit. Al die personeel het hulle werk verloor. Juan het besef hy gaan ‘n plan moet maak en het begin vetkoeke bak. Sy ouma, wat self koekies en beskuit bak om haar inkomste aan te vul, het vir Juan ‘n braaipan gegee en sy eerste bestanddele gekoop en binne 2 weke het hy ge...

JouMenseMyMense saam met SPAR – LS Westerlig, 24 Junie 2020 23.06.2020

Laerskool Westerlig is in die hartjie van Danville met ‘n gevestigde voedingskema wat na 150 behoeftige gesinne omsien. Terwyl ons in die kombuis by Santie, Alice en Amanda kuier, vertel die skoolhoof, Mnr. Erich Cloete dat hy daar was toe die kaste in 1997 ingebou is, wat beteken die “tender loving care” van hierdie omgee-kombuis dien al 23 jaar lank die kinders van Westerlig. Ons het by die skoo...

JouMenseMyMense saam met SPAR – Paramedikus, Ruan Heyns, 24 Junie 2020 23.06.2020

Ruan Heyns is ‘n ILS paramedikus wat nog regdeur die pandemie sy tyd en reddingsdienste gratis lewer aan die gemeenskappe van onder andere Centurion, Pretoria-Oos, Diepsloot, Mamelodi en Erasmia. Hy betaal self sy voertuig, die diesel, en toerusting - sonder enige vergoeding - terwyl hy elke dag jaag na huisbrande, skietvoorvalle, rooftogte, aanrandings en motorongelukke wat sy eie lewe in gevaar...

Laerskool Tygerpoort se “Baadjie vir ‘n maatjie” insameling – 22 Junie 2020. 22.06.2020

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dog...

JouMenseMyMense saam met SPAR – LIG Kinderbediening, 17 Junie 2020 17.06.2020

LIG Kinderbediening is ‘n interkerklike nie-winsgewende organisaise wat in 2008 ontstaan het toe hulle bewus geraak het van die geestelike nood onder veral die Afrikaansprekende gemeenskap van Pretoria-Wes. Tydens die aanbieding van hulle Bybelklub wat spoedig tot 9 klubs gegroei het en ook by die kampe wat deur honderde kinders bygewoon is, het hulle mettertyd besef hoeveel van hulle kinders ook...

Afsluiting en terugvoer oor GROOTfm 90.5 se GROOTvennoot 10.06.2020

GROOTfm 90.5 — Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

JouMenseMyMense saam met SPAR – PEN, 10 Junie 2020 10.06.2020

PEN is ‘n geloofsgebaseerde niewinsgewende gemeenskaporganisasie wat sedert 1992 jong voorskoolse kinders, die jeug en weerlose volwassenes van die middestad van Pretoria dien Die visie is om in verhouding en in vennootskap met iemand in nood ‘n permanente verandering in hulle lewe te laat vlam vat, om mense te help besef wie die Here hulle gemaak het om te wees sodat hulle met waardigheid, geborg...

#JouMenseMyMense – Laerskool Kameeldrift, 3 Junie 2020 03.06.2020

Laerskool Kameeldrift is aan die weste kant van Pretoria tussen die plotte geleë, omring deur 5 informele nedersettings. Onder die nederige en diensbare leierskap van skoolhoof, Marina van Niekerk, het leerdergetalle van 82 in 2007 tot 705 gegroei en sien sy en haar span wonderwerk op wonderwerk soos God vir haar kinders voorsien in elke behoefte – van klere en toiletware tot kos en skryfbehoeftes...

#JouMenseMyMense – Louis se 1ste verjaarsdag, 27 Mei 2020 27.05.2020

Oupa Stephan en Ouma Karien Greyvenstein van Witrivier in Mpumalanga se enigste kleinseun word vandag een jaar oud hier in Pretoria. Dis vir hulle baie sleg om as gevolg van die inperking nie hier te kan wees om die groot mylpaal te vier nie... Verder is Lize ‘n onafhanklike reisagent en die laaste 3 maande sonder enige inkomste en haar man, Louis is ‘n MS leier wat fisies nie in staat is om te we...

#JouMenseMyMense - 20 Mei 2020 – Eleos 20.05.2020

In ‘n gemeenskap waar soveel mense in ‘n siklus van armoede, gesinsgeweld, mishandeling, alkohol- en dwelmverslawing, tiener swangerskappe en die gebrek aan basiese lewensvaardighede vasgevang is, kom genade-in-aksie… Dit is wat ELEOS se naam beteken – ‘n liefdadigheidsorganisasie wat 20 jaar gelede gebore is met ‘n begeerte om ‘n tasbare verskil te maak in die lewens van minderbevoorregte kinders...

#JouMenseMyMense – 13 Mei 2020 – Die sinergie, saamspan en samewerking van kerke, besighede, NPO’s en skole 13.05.2020

Oral oor ons stad is kerke, besighede, niewinsgewende organisasies en skole besig om as een groot gemeenskap kragte saam te span en sien ons prakties die beginsel van sinergie: waar die geheel en die totale impak groter is as die som van die aparte dele – van elkeen wat op sy eie ietsie probeer doen. Ons gesels met kerkleier, Willem Badenhorst en die voorsitter van die Pretoria-Wes Gemeenskapsforu...

Lynette Beer 09.05.2020

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie

#JouMenseMyMense – Versorg die versorgers, 29 April 2020 29.04.2020

GROOTfm 90.5 het ‘n hart vir ons stad en land, maar ons mandaat as ‘n radiostasie lyk bietjie anders as dié van ‘n welsyn- of maatskaplike organisasie. Ons hulpverlening kan ‘n bydrae maak, maar ons glo verhouding verander lewens. Die liefde en ondersteuning van ‘n omgee-gemeenskap waarvan jy deel is en waar jy kan behoort – die pad wat iemand elke dag saam met jou stap - is wat die ware langtermy...

Lynette Beer 25.04.2020

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie

#JouMenseMyMense – SPAR en SA Cares for Life – 22 April 2020 22.04.2020

Retha Ingenbleek van SPAR Northrand vertel ons van die SPAR Get Real COVID CHALLENGE wat die grillerige sluk-‘n-eier-uitdaging omskep in ‘n positiewe en steeds prettige uitdaging waar die eiers saam met ander niebederfbare produkte geskenk word aan behoeftige gesinne. SA Cares for Life is die begunstigde en Sanet Fagan het vir ons die proses verduidelik wat hulle in plek het om gesinne te identifi...

#JouMenseMyMense – Melanie se ma, 22 April 2020 22.04.2020

Ons deel die storie van die suster wat in die neonatale intensiewe eenheid van die hospitaal werk met die klein babatjies wat so vroeg gebore word en dan in die aande huis toe gaan om na haar eie ma om te sien wat al 10 jaar gelede met onder andere Alzheimers, Dementia en Lupus gediagnoseer is. Ons essensiële werkers soos verpleegsters, susters, dokters – dien ons na die beste van hulle vermoë ter...

Lynette Beer 18.04.2020

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie

#JouMenseMyMense Lindie Strydom 16 April 2020 16.04.2020

Jou mense my mense met Lindie Strydom 16 April 2020

#JouMenseMyMense – Bejaardes van Ons Tuis, 15 April 2020 15.04.2020

Bejaardes en die versorgingsfasiliteite wat na hulle omsien, is veral kwesbaar tydens die COVID-19 uitbreking. Die Ons Tuis Groep met bejaardesorgfasiliteite in Pretoria, Parys en Mokopane het reeds verskeie maatreëls in plek gestel vir die bekamping van die virus, maar die Besturende Direkteur, Jaco Bothma, is uiters bekommerd oor die impak van die virus op hulle onderskeie tehuise se voorrade en...

-DELETED- jmm2 15.04.2020

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dog...

-DELETED- #JouMenseMyMense – Bejaardes van Ons Tuis, 15 April 2020 15.04.2020

Bejaardes en die versorgingsfasiliteite wat na hulle omsien, is veral kwesbaar tydens die COVID-19 uitbreking. Die Ons Tuis Groep met bejaardesorgfasiliteite in Pretoria, Parys en Mokopane het reeds verskeie maatreëls in plek gestel vir die bekamping van die virus, maar die Besturende Direkteur, Jaco Bothma, is uiters bekommerd oor die impak van die virus op hulle onderskeie tehuise se voorrade en...

Lynette Beer 11.04.2020

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie

#JouMenseMyMense – LIG Kinderbediening – 8 April 2020 08.04.2020

Ons het met die uitvoerende hoof van LIG Kinderbediening, Louise Rossouw gesels om te hoor hoe die gesinne waarby hulle betrokke is in Pretoria-Wes se behoeftes verander het in hierdie tyd, maar ook hoe ek en jy steeds ‘n verskil kan maak. Die toename van die gesinsgeweld wat Louise beskryf het terwyl ‘n gesin van ses en ag in ‘n wendyhuisie, een-vertrek woonstel of piepklein RDP huisie ingehok is...

#JouMenseMyMense – Inkleurboeke en kryte vir kinders in Steve Biko Hospitaal – 8 April 2020 08.04.2020

Op Wêreldgesondheidsdag het ons gesondsheidswerkers se onselfsugtige en opofferende bydraes gevier as vegters in die voorste linie teen die covid-19 virus. Een so ‘n werker, 24-jarige dokter Wilmé Steyn, het nog iets in ons hart geïnspireer. Sy dien tans in Pediatrie by Baragwanath Hospitaal in Soweto. Sy het ‘n aangrypende brief geskryf wat op Netwerk24 gepubliseer is, maar toe ook op haar Facebo...

Lynette Beer 04.04.2020

GROOTfm 90.5 — Lynette Beer Inspirasie

Listen to the #JouMenseMyMense podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.