GROOTfm 90.5

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.

Author

GROOTfm 90.5

Category

Technology

Podcast website

www.grootfm.co.za

Latest episode

Oct 2, 2023

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

JMMM 21 SEP 02.10.2023

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dog...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie… 22.11.2022

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met sirkulasie en amputasie gehad het, was sy dood ‘n groot en skielike verrassing. Wanda se hart is nog baie...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude” 16.11.2022

Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword… Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil... baie. Saans as niemand my hoor nie, want ek ontstel hul net. Dis meestal van pyn. Na die trane wat my siel sko...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Moedeloos, maar nie hoop(e)loos nie! 09.11.2022

Terwyl ons gesels met ‘n mamma en vrou wat tans baie swaar dra, omsien na vyf familie-lede en opofferings ten koste van haarself maak, sit ‘n pappa en huil, ‘n skoonma wat ondersteun, haar eie ma wat bedlêend is as gevolg van dementia en diabetes, en ‘n 12-jarige wat vir sy eksamen leer…Ashleigh van Dyk het ‘n hulpkreet aan ons gerig nadat haar man, Etienne, nie net sy werk tydens Covid verloor he...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Morelife 01.11.2022

Hoeveel van ons het nie al immigreer of dit oorweeg nie? Vir die vooruitsig van ‘n ‘beter lewe’ nie? Dis presies wat Morelife gedoen het toe hy vroeër vanjaar sy vrou en dogter in Zimbabwe agtergelaat het vir ‘n beter toekoms, nie vir hom nie, maar vir sy vrou en dogter. Morelife het op die jong ouderdom van 22 ‘n groot besluit gemaak, ten koste van homself, en ter wille van sy vrou en kind, en ho...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘The happiest place on earth’ 26.10.2022

TLC, ‘The Love of Christ’, is ‘n kinderhuis wat 30-jaar terug deur ‘n familie gestig is, en het al vir 900 kinders families gevind. Hulle uitgangspunt is ‘we love, to let go’, en probeer so gou as moontlik om ‘n baba by ‘n familie geplaas te kry. Een van hulle groot wense is om ‘n bord buitekant die hek op te sit wat lees: ‘The happiest place on earth’. En, dis presies wat ons ervaring was met ons...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Zavian Ainslie 19.10.2022

Wat ‘n voorreg om julle voor te stel aan besonderse mense. Mamma Lisa, Pappa Kobus, Sussie Zaskia en Boetie Zavian! Daar is soveel vreugde en liefde in hierdie huis en tussen hierdie huisgesin, maar, hiermee saam is daar ook bekommernisse. Die groot bekommernis oor wanneer dit hulle seuntjie, Zavian, net meer as een-jaar oud, se laaste dag saam met hulle is. Alhoewel hierdie bekommernis nie gesag...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Nie wat jy soek nie, wat jy nodig het…’ 12.10.2022

Tannie Charmaine le Roux sien tans om na vyf bejaardes wat met kanker gediagnoseer is, wat op hulle sterfbed lê. Dis nie net wat sy doen nie, dis haar hart! Mens sal dink daar is nie meer plek in die huis of onder haar versorging nie. Maar, met Tannie Charmaine is daar is altyd plek vir nog iemand. Hierdie iemand is Sharon Victor en haar drie kinders – Caitlyn, Luane en Kyle. GROOTfm 90.5 het ‘n e...

#JouMenseMyMense saam met SPAR - ‘Geen geld, net ‘n enjin…’ 05.10.2022

Katrien en GROOTfm 90.5 gesels reeds van verlede jaar af…Katrien se hulpkreet se titel was: ‘Geen geld net ‘n ENGIN vir ons Bakkie’. Katrien en Rudi is in ‘n diep gat. Verlede jaar, met ‘n kuier by Rudi se ma in Vanderbijlpark, het ‘n groot deel van hulle inkomste weggeval toe die enjin van hulle voertuig breek. Rudi het nie net vullisverwydering gedoen vir hulle eie brood en botter nie, maar ook...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – As jy niks behalwe HOOP het nie… 28.09.2022

Dit gaan bitter swaar met Mari en Drikus van der Merwe. Dis asof hulle omstandighede net te veel en te groot geraak het. Hulle wil opgee, maar ons weet, soos in Romeine 5:3 - 5 staan, “dat swaarkry volharding kweek, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie.” Want, dis presies wat hulle het. Hoop. Madeleen se epos lees as volg: “Ek rig die ve...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Seeley-tweeling 21.09.2022

Helga van Zyl en Tabitha Janse van Rensburg het ‘n epos aan GROOTfm 90.5 gestuur en ‘n storie vertel van ‘n gesin van vyf. Mamma Deolien, Pappa Kevin, boetie Keegan en sy tweeling sussies, Kaylea en Kaylyn. Hulle het ‘n groot storie, wat binnekort ‘n nog groter getuienis gaan wees. Onsekerheid heers, maar hulle geloof oorheers. Op 1 Desember 2021 het die Seeley-gesin se lewe drasties verander. Kay...

#JouMenseMyMense saam met SPAR - Esegiël 37:5 (dorre doodsbeendere kry lewe) 14.09.2022

Ons het ‘n epos ontvang van Ronel Booysen, names haar en haar man, Jan. Hierdie epos is belaai met bekommernisse en uitgemergelde ‘honger om hulp’ – letterlik en figuurlik. Ronel en haar man is beide werkloos, vir die afgelope jaar, nadat beide hulle hul werke gedurende die Covid-pandemie verloor het. Ronel noem dat sy fisies en psigies wegkwyn, en vertel hoe haar man elke aand vir haar bid terwyl...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – “Julle is meer werd as baie mossies.” 06.09.2022

Monita Venter het aan ons ‘n hulpkreet gerig. Hulle koskaste, so ook hulle motor se tenk is dolleeg. Ma Monita en Pa FJ het albei hulle werke verloor, en is tans in ‘n donker gat. Hulle moet huur betaal, en na hulle twee pragtige dogters omsien. Haar 9-jarige dogter woon tans by haar Ouma – die omstandighede daar is effens beter en kan hulle vir haar gee wat Monita en FJ nie kan nie. Monita en FJ...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Psalm 37:5 31.08.2022

Chantelle Theunissen het ‘n ruk gelede ‘n epos aan ons gestuur en gevra vir hulp om uit die gat te kom. Haar man is die enigste broodwinner, met ‘n salaris van R5 800 per maand. Net hulle huur is R3 500 per maand. Chantelle het haar werk verloor tydens die pandemie, en na vele probeerslae en die uitstuur van haar CV, het sy ‘n week gelede ‘n werk in ‘n kroeg gekry – waarvoor sy R22 per uur betaal...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – HO is huis toe! 23.08.2022

Janie Denyssen het vir ons ‘n epos gestuur om haar vriendin en kollega, Marietjie van Wyk, met agterstallige skuld te help. Sy het haar oorlede broer se seun, HO, aangeneem en is hy vir die afgelope 10 jaar in haar en die Oord PV3 se sorg. By die Oord, saam met ander mense wat soos HO, met Down’s Sindroom gediagnoseer is, kan hy homself wees. Die oord, waarvoor Marietjie ontsaglik dankbaar is, kos...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Sagmoedige Ann 15.08.2022

Ons het ‘n epos ontvang wat lees: “Ek het net weereens die naweek besef hoe bevoorreg ons is. My seuntjie se maatjie, Llewelyn, het die naweek by hom kom speel. Dit was die maatjie se eerste keer wat hy genooi was om by iemand te kom speel en die seuntjie en sy gesin het in my hart in geklim. Mamma noem dat maatjies hom nie nooi nie omrede hy 'n spraak agterstand het en die maatjies hom nie versta...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Waar weeskinders net kan wees! 10.08.2022

Na afloop van Vrouedag en -maand-vierings het die vrywillige veldwagters by Dinokeng besluit om dié rondte ‘n groep skoolverlater-dogters van die Jakaranda en Louis Botha Kinderhuise met ‘n naweek-wegbreek te bederf. Jakaranda en Louis Botha Kinderhuise het tans 167 dogters in totaal wat in hul sorg geplaas is deur die kinderhof – as gevolg van verwaarlosing, seksuele - en fisiese mishandeling. Vo...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Bak jouself uit die moeilikheid uit 02.08.2022

Arend Moll en die liefde van sy lewe, Sonja, het die harte van die Oosters gewen met hulle koeksister-advertensies op die Facebook-gemeenskapgroep, “Ek is van die Ooste”. Arend was vir ’n ruk werkloos en hulle het toe begin koeksisters bak. Elke keer wanneer hulle ’n behoefte aan iets het, het hulle baie spesifiek gevra vir hulp vir daardie uitdaging. Hulle het nooit gevra vir geld nie. Arend en S...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – As die ‘groener gras’ verdor 27.07.2022

Mario Britz het vir 26-jaar by ‘n firma in Port Elizabeth gewerk. Die firma het toegemaak, en kon nie eers die werknemers se pensioenfondse uitbetaal nie. Na 2-jaar se soeke na werk, het Mario in Pretoria werk gekry. Hy, sy pragtige vrou Landi en 4-jarige seun, Zion, het alles gepak wat in hul Renault Kwid kon pas, en gegaan waar hulle vooruitsig was. ‘n Vooruitsig van beter omstandighede, en bo a...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Van oorleef tot oorwin! 19.07.2022

Hesta en Waldo Swanepoel het ‘n storie en ‘n half om te deel. Die afgelope 19 jaar was nie maklik nie, en smag hulle na ‘n ‘Sjoe!’ en sorgvrye volgende 19! Tans bly hulle staande soos hulle kinderlik afhanklik van die Here is, styf vashou aan Sy soom, ondanks baie vrae en ‘n behoefte om asem te skep. Mamma Hesta is al ‘n klompie jare enkelmamma, en is Waldo se pa ‘n paar jaar terug oorlede. ‘n Wee...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Onblusbaar! 12.07.2022

Hierdie was sonder twyfel een van die mees uitsonderlike kuiers met die onvergeetlike, alom inspirerende Annetjie de Kock! Sy het haar nek gebreek op 7 en ‘n half maande tydens ‘n ongeluk by die dagsorg. Van die dag af is sy verlam. Sy het deur die jare verskeie operasies aan haar arms gehad wat haar eintlik net “vermink” gelaat het. Sy is so positief, en noem tydens die onderhoud sy kan so gelukk...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Lucy’s Den 05.07.2022

‘n Rukkie gelede het GROOTfm 90.5 twee versoeke uit verskillende oorde ontvang wat vra of ons nie kon help met die verligting van omstandighede by Lucy’s Den nie. Van Marco Viljoen, en van Adelei Geldenhuys, ‘n verpleegster by Zuid-Afrikaanse Hospitaal. Lucy Hammond het Lucy’s Den / Plek van Geloof begin omdat sy gesien het daar is ‘n geweldige behoefte vir veral ouer mense wat nie ‘n heenkome het...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Geen stut kan haar stuit! 29.06.2022

Daar is seker ‘n rede hoekom Dané Steyn met rooi hare gebore is…want aan hierdie vlam en VUUR is daar geen keer nie! Dane Steyn is slegs ‘n paar weke na haar 13de verjaarsdag gediagnoseer met Adolescent Idiopathic Scoliosis (ICD10 Code: M41.20). Haar ‘kurwe’ van haar T8 tot haar L3-werwel is tans by 55° en die rotasie op haar T11-werwel is by at 32°. In ‘luimens’-terme, grens hierdie graad van sko...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die 'den' in Dinokeng 21.06.2022

Die definisie van ‘n ‘den’ is onder andere ‘n plek van veiligheid, ‘n skuiling…en dit is presies wat Dinokeng se ‘den’ – vir gebruik deur die vrywillige veldwagters – vir 12 leerders van Skoliwe, geleë in die informele nedersetting, Plastic View, die afgelope naweek was. ‘n Plek van veiligheid, waar vreugde en verwagting ‘n baie groter spasie as waaraan hulle gewoond is, gevul het. Vir die groep v...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Maryna, ‘n mamma wat WIL 14.06.2022

Maryna Botha het GROOTfm 90.5 reeds in 2021 genader met ‘n dringende versoek. ‘….As ‘n mamma wil ek vandag kom vra…ek weet dit gaan moeilik oral, maar ons het so gehoop dat die jaar anders sou wees. Ons kar het gebreek en ek het my werk verloor. Daar is net nie finansies nie. Ek wil groot asb vra…ons het so hard geval dat ons tans op n plek bly vir minderbevoorregtes …en wil vandag op my knieë vra...

Listen to the #JouMenseMyMense podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.