GROOTfm 90.5

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.

Author

GROOTfm 90.5

Category

Technology

Podcast website

www.grootfm.co.za

Latest episode

Oct 2, 2023

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Na die soveelste ‘nee’… 07.06.2022

Francina van Zyl is nog ‘n moedelose mamma nadat haar man sy werk verloor het, en sy ‘n klein salaris verdien. Haar man in intussen deur iemand aangestel op ‘n probasietydperk. Hulle het vier dogtertjies – vanaf ouderdomme 3 tot 11. Francina sê hulle het op die oomblik geen geld nie, en probeer om elke aand ‘n plan te maak sodat hulle dogtertjies nie honger gaan slaap nie. Behalwe vir die behoefte...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Roney Stephens 30.05.2022

Cindy en Rodney Stephens het ‘n versoek aan ons gerig rakende hulle 2-jarige dogtertjie, Roney, se klompvoetjies. Sy was al vir behandeling by staatshospitale, maar ondervind die ervaring elke keer as geweldig traumaties. Cindy sê die volgende oor Roney: “Ons pragtige kindjie is van die Here af vir ons gestuur. Sy is n maand prematuur gebore met 2 ‘club’-voetjies en astrioposis, maar tog kry niks...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Op pad… 24.05.2022

Rudie Nel, sy verloofde, vier pragtige kinders en skoonouers woon tans in Wolmer, Pretoria Noord. Rudi het lank werk gesoek en uiteindelik was daar ‘n maatskappy in Brits wat hom ‘n kans gegee het. Rudi is so dankbaar vir hierdie geleentheid, dat hy tans elke oggend 03:00 opstaan, om 40 km werk toe te stap. Sy groot behoefte is ‘n voertuig, wat hy bereid is om af te betaal teen R1 000 per maand. A...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Genade vir Grace 17.05.2022

Louna Vermeulen het vir ons ‘n epos gestuur waarin sy sê: “Die Here lê dit al lank op my hart om vir jou ‘n e-pos te stuur en hulp te vra. Ek gaan my storie so kort moontlik hou. My broer se verloofde is ‘n invalide. Altwee haar bene is geamputeer as gevolg van “gangerine”. My broer moet haar fisies rond dra, toilet toe en haar bad toe dra om te bad. Hy is ook nie gesond nie en ly aan emfiseem. Gr...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Malome’s Movement 10.05.2022

Tebogo Maredi is 'n 32-jarige man wat sy werk as operasionele bestuurder verloor het as gevolg van afleggings en toe besluit het om ‘n verskil in die gemeenskap van Soshanguve te maak. Hy het begin om kinders op te voed oor hoe om diere te behandel – met liefde, respek en deernis. Met inisiatiewe soos die 'loop-die-hond-uitdaging' het hy hulle geleer dat 'n hond soveel meer kan wees as ‘n troeteld...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Wanneer hoop die eintlike pasaangeër is 03.05.2022

Thea Schroder is ‘n enkelmamma en het die rol as weduwee in 2009 begin speel nadat haar man aan kanker oorlede is. Haar dogter, Demi, was drie-jaar oud. Haar grootste uitdaging tans is finansieel, met die dat sy van twee na een inkomste per maand moet oorleef. Buiten die groot hartseer waarmee sy en haar dogter gekonfronteer is, het Demi op die ouderdom van 10 ‘n blaasprobleem ontwikkel. Haar blaa...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die ‘Country Queen van Durban’ gestroop van haar amp 28.04.2022

Liza en Carl van Niekerk woon tans in ‘n 25 m2-kamer – as dit so groot is. Daar is plek vir ‘n bed en ‘n kas. Die yskas en kruidenierskas – wat dolleeg staan – staan in die motorhuis wat voor die kamer geleë is. Alhoewel hulle baie dankbaar is vir die dak oor hulle koppe, wat goedgunstig deur ‘n gesin aan hulle beskikbaar gestel is, word hulle telkens herinner aan hoe hulle lewe voorheen was. As ‘...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Waar daar lewe is, is daar hoop 19.04.2022

Ernestus Pretorius is in Julie 2021 gediagnoseer met ALS/Motor Neuron Siekte. Sy prognose? Vyf jaar…Hy is maar 48 jaar oud. As gevolg van die funksionaliteit van sy regterhand en sy spraak wat drasties deur hierdie siekte geaffekteer is, is hy deur sy werkgewer laat gaan. Hy sukkel ook al hoe meer om te eet, en sy emosies ry vreeslik wipplank. Daar is niks fout met sy brein nie, en is inteendeel ‘...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Anthony se beskermengel 13.04.2022

Anthony Melville het die ‘wewenaar’-etiket op die 18de Februarie gekry, toe die liefde van sy lewe, na ‘n baie gelukkige huwelik van 29 jaar (vanjaar sou dit 30 wees), die wenstreep behaal. Sy is een maand en 18 dae na haar diagnose oorlede aan kanker. Leatitia Melville, Anthony se skoonsuster, het ‘n hulpkreet aan ons gerig toe sy uitvind van Mirinda se Vlak 4 kanker, en deel toe met ons dat die...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tyd om teëspoed te verpant 06.04.2022

Christina Loots het al in 2021 vir ons ‘n epos gestuur. ‘n Epos gevul met moedeloosheid soos sy teen muur op muur vasloop. As enkelmamma van twee pragtige dogters, en ‘n dogter wat sy in haar huis ingeneem het, probeer sy alles rek – die skamele nou-en-dan-geldjie wat sy inkry, ook haar geduld, hoop en uithouvermoë. Met haar soeke na die lig aan die einde van die donker, lang tonnel, het ons vir h...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Brandon kan weer beweeg 23.03.2022

Careson Angel, ‘n liefdadigheidsorganisasie, het vir ons ‘n epos gestuur na aanleiding van ‘n hulpkreet van Mamma Rina, namens haar seun Brandon. Brandon het op 15 sy stykie gebreek toe hy van ‘n stel trappe afgeval het. Hierdie besering het gelei tot kroniese pyn, dat sy bene misvormd ontwikkel het as gevolg oor-kompensasie, en hy sal ook spontaan sy balans verloor en val. Hy is nou 33 jaar oud,...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Juander se nuwe glimlag 15.03.2022

Toe GROOTfm 90.5 in Daspoort by Juanita en Alex Stander se huis opdaag, was Juanita se oë groot en haar woorde min. Sy was uit die veld geslaan om die JouMenseMyMense-span, saam met Suzanne de Beer van Blissful Cleft Foundation by die buitehek te ontvang. Haar man, Alex, het wel geweet van die verrassing. Juanita se werkskollega, Nicole Bowels het vir ons ‘n epos gestuur waarin sy vertel van Mamma...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Jy het nie twee arms nodig om te lewe nie...’ 08.03.2022

Elzanda Haasbroek, ‘n onderwyser by Laerskool Simon Bekker, vir die afgelope 11 jaar, het vir GROOTfm 90.5 gestuur. “Ons het 'n gesin by ons skool met wie dit ongelooflik swaar gaan en hulle is die laaste ruk behoorlik raakgery deur teëspoed. Indien julle sal kan help met kos, sal dit baie waardeer word. Honger en die ongelooflike trauma wat hulle tans beleef, is beslis niemand se speelmaat nie.”...

#JouMenseMyMense saam met SPAR - ‘n Geleen-TYD vir Ben en Donné 02.03.2022

Ben is ‘n gekwalifiseerde pastoor, rekenmeester en horlosie-maker en -restoureerder. Hy het ‘n groot liefde en passie, om nie net horlosies te restoureer nie, maar, mense – met sy geloof in Woord en Waarheid. Ben, en die liefde van sy lewe, Donne, het soos elke oggend wakker geword, maar, voor die ‘normaliteit’ van hulle daaglikse roetine een Vrydagoggend kon voortgaan, het Ben skielik ‘n beroerte...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – As die musiek begin speel… 23.02.2022

…hoor en beleef Portia niks anders nie. Haar soms uitdagende omstandighede word stil. Mignonne de Jager, van Dox Deo Gemeente, Parkview, het ‘n versoek aan ons gerig namens Rhythm of Hope, ‘n nie-winsgewende organisasie wat talentvolle dansers befonds – om ten einde dié jongmense uit hulle huidige omstandighede te verwyder en nuwe ambisie en hoop te gee vir ‘n toekoms en platform waarop en waarin...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dankie, CHOC! 16.02.2022

Ons fokus op kinderkanker-dag, en GROOTfm 90.5 het gaan inloer by die CHOC-huis. ‘n Veilige vesting vir kinders en hul ouers wat behandeling ondergaan, en nie die finansies of ondersteuning het terwyl hulle hierdie oorwinningspad loop nie. Ons het gesels met Shanil Mangaroo van die Vodacom Bulls, Belinda Austin, ‘n verpleegster in ‘n onkologie-saal met ‘n besonderse storie, Rosanna Strydom, ‘n mam...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Om vir bloed te baklei 09.02.2022

Justine van Vollenstee (12) is in 2020 gediagnoseer met ‘Severe Aplastic Anemia’ – ‘n baie skaars bloedsiekte wat veroorsaak dat haar liggaam nie genoeg rooibloedselle vervaardig nie. Hierdie diagnose het die volgende tot gevolg: Sy moet weekliks bloedplaatjie-oortappings ontvang sodat sy genoeg rooibloedselle vir die week kan produseer. ‘Severe Aplastic Anemea’ is ‘n resultaat van beskadigde been...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Met soveel seer, kies Lerato nogtans om te inspireer 02.02.2022

By Lerato Mawela kan ons almal leer. Sy is ‘n lewende en sprekende voorbeeld van die skrifgedeelte in Romeine 8:37 tot 39 – ‘Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet’. Zelda Jonker het ‘n epos gestuur met die volgende versoek: “Ons tandarts assistent, Lerato Mawela, het haar enigste seun, Lwazi aan die dood afgestaan op die 2de Desember 2021. Hy was ‘n eerst...

Jou Mense My Mense -Big Box, GROOT harte! 09.12.2021

BigBox Containers se Direkteure, Willie Ward en Willie Mouton, het ‘n rukkie gelede met GROOTfm 90.5 kontak gemaak met ‘n GROOT idee. Hulle wil 10 splinternuwe, blink rolstoele weggee! Die span van GROOTfm 90.5 het voorgestel ons help Uncle Ben’s Den – ‘n tehuis in Daspoort, Pretoria. Uncle Ben’s Den sien tans om na 143 mense – van bejaardes tot gestremdes (psigies en fisies). Alhoewel sommige inw...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Haal net asem 24.11.2021

Salome Brits, het ‘n epos gestuur en ons vertel van haar vriendin Gerda Oosthuizen. Van haar positiewe uitkyk op die lewe, haar lewensvreugde, haar omgee-hart, en haar seldsame longsiekte. Sy het ons vertel dat Gerda tans minder as 30% longfunksie het en in haar woorde, ‘moet betaal vir iets wat die Here eintlik gratis vir ons gee’. Gerda en haar man, Gerhard, probeer tans kop bo water hou deur ‘f...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Nie wie jy is nie, maar aan Wie jy behoort 17.11.2021

Carla is ‘n enkelmamma van twee pragtige kinders – 4 en 9 onderskeidelik. Sy voel tans soos ‘n mislukking en vernedering en het ons met ‘n hulpkreet genader omdat sy so bang is haar dogter se opvoeding word benadeel as gevolg van agterstallige skoolfonds. Sy probeer alles in haar vermoë om bo uit te kan kom saam met haar ‘twee lyfies’, soos sy na hulle verwys. ‘Dis bitter moeilik, maar ons is wel...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey 2 11.11.2021

Mamma Mariska het vir ons ‘n epos gestuur wat lees: ‘Ek tik die epos omdat ek nooit geloof en hoop in my Hemelse God en Vader sal verloor nie, al word ‘n moederhart soms moedeloos. Avorey is verlede jaar op 9 Maart gebore met ‘n regter klompvoetjie. (Engels: ‘Club’ voetjie) Sy het behandeling en ‘n operasie ondergaan by ‘n staatshospitaal waar sy in die teater as gevolg van die ‘n negatiewe reaksi...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Jesus se stapsoldaatjie, Avorey 11.11.2021

Mamma Mariska het vir ons ‘n epos gestuur wat lees: ‘Ek tik die epos omdat ek nooit geloof en hoop in my Hemelse God en Vader sal verloor nie, al word ‘n moederhart soms moedeloos. Avorey is verlede jaar op 9 Maart gebore met ‘n regter klompvoetjie. (Engels: ‘Club’ voetjie) Sy het behandeling en ‘n operasie ondergaan by ‘n staatshospitaal waar sy in die teater as gevolg van die ‘n negatiewe reaksi...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Diakonale pleegsorg gaan Dinokeng toe! 03.11.2021

Die vrywillige veldwagters / ‘voluntary rangers’ van Dinokeng het saam met GROOTfm 90.5 en Superspar Moreletta 12 seuns van Diakonale pleegsorg bederf met ‘n naweek in die bos! Seuns van ouderdomme 6 tot 18 het Vrydag met GROOT opwinding by Dinokeng arriveer en Sondag teruggekeer na Pretoria na hul onderskeie huise van veiligheid. Hierdie seuns kom uit haglike en baie traumatiese omstandighede. ‘M...

JouMenseMyMense saam met SPAR – In die kake van omstandighede 27.10.2021

Antoniete Louw het data gewen vir ‘n dag, waarmee sy vir ons ‘n epos gestuur het net om te sê hoe opgewonde sy is vir ons kuier! Sy het ‘n hele rukkie terug met ons kontak gemaak, maar, ons het gereeld ingeloer, met die hoop dat ons nog kan help. In haar laaste epos het sy gesê: ‘Nog geen verandering. Die nood is groot vir kos en prepaid krag.’ Haar aanvanklike epos aan ons het in die onderwerp di...

Listen to the #JouMenseMyMense podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.