GROOTfm 90.5

#JouMenseMyMense

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.

Author

GROOTfm 90.5

Category

Technology

Podcast website

www.grootfm.co.za

Latest episode

Oct 2, 2023

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Die Smit-gesin 20.10.2021

Die Smit-gesin het die afgelope paar jaar nog net siekte en swaarkry gesien, maar, dit verander nie hulle blymoedigheid, vreugde, vertroue, liefde vir mekaar, en veral geloof nie! Ma, Lida Smit, kon nie by die onderhoud wees nie, as gevolg van ‘n ander werksonderhoud wat op kort kennis gereël is. Ons bid en vertrou vir goeie nuus. Colin, haar man van die afgelope 28-jaar, was saam met sy broer in...

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Raadop 12.10.2021

Martin Pitout se suster, Ilze, het vir ons ‘n brief geskryf wat begin met: ‘Vandag skryf ek die brief met ‘n baie seer hart’. Dan gaan dit aan en vertel van ‘n hartseer storie. Haar broer en sy vrou kry baie swaar. Hulle het drie kinders, waarvan een ‘n 2-maande oue babatjie is. Daar is nie kos in die huis nie, maar, daar is geloof, hoop, en bo alles, liefde! As pappa en mamma van hulle gesin voel...

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Niks is onmoontlik nie! 06.10.2021

By die ingang van Ettiene Ludick se kamer hang daar ‘n bordjie wat sê: ‘Niks is onmoontlik nie’. Ons het die voorreg gehad om dit eerstehands te ervaar. Dryf en deursettingsvermoë is ingeprogrammeer in Ettiene se DNS, en daarom, is niks inderdaad vir hom onmoontlik nie. Ettiene Ludick is ‘n baie gemotiveerde en sagmoedige 20-jarige. Hy is op 28 weke gebore, en na ‘n suurstof-tekort en verskeie ope...

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Angel 28.09.2021

Martie Breedt het ‘n hulpkreet aan GROOTfm 90.5 gerig aangaande haar jongste dogter, Angel. Angel is gebore met ‘n waterhofie, en die jongste van vyf kinders (8). Hulle grootste behoefte? ‘n ‘Hoist’ vir Angel wat teen ‘n spoed groei, wat dit moeilik maak vir Ma Martie om haar 24/7 op te tel, te dra en te bad. Pa Koos is ook swak as gevolg van emfiseem, waarmee hy onlangs gediagnoseer is. Die gesin...

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Prinses Beandrie 23.09.2021

Beandrie Booysen, Mamma Bea en Marie Venter het gister by ons in die ateljee vir ‘n regstreekse JouMenseMyMense-insetsel. Beandrie, is tans die oudste Progeria-leier in Suid-Afrika. Progeria is ‘n sindroom wat veroorsaak dat kinders ongeveer sewe-maal vinniger verouder. Sy het net een behoefte end room…Om die oudste progeria-leier in Suid-Afrika te word (26 jaar oud). Marie Venter, vriendin van di...

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Romeine 8:37 14.09.2021

Petrus van Wyngaard en Naomi du Plooy het vir ons ‘n epos gestuur en vir ons gevra om hulle vriendin, Ansie van Wyk, te bederf. Ansie is deur ‘n baie uitdagende paar maande. Sy en haar verloofde is onlangs uitmekaar, en haar hart is gebreek. Ons het die voorreg gehad om haar te verras by Nuwe Hoop, met behulp van haar Departementshoof, Karen Venter. Ons het ook die voorreg gehad om haar te herinne...

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Wanneer die berge blou bly 07.09.2021

Chantelle het vir ons ‘n epos gestuur en vir ons gevra om haar sussie, Caroline en haar man, Henry te help. Hulle kry bitter swaar. Hulle woon aan die voetpunt van die Magaliesberg, en kyk gereeld op om te kyk waar hulle hulp vandaan kom. Hulle weet hierdie is nie die lewe wat die Here vir hulle wil hê nie. Henry is ‘n trok drywer en het sy werk ongeveer 6 maande terug verloor. Sy vrou, Caroline h...

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Moedverloor se vlakte het ‘n adres 01.09.2021

As jy ooit gewonder het waar presies moedverloor se vlakte lê, het ons vir jou die adres. Desire de Beer, haar vier kinders en haar Ma, Tannie Henda, en haar Pa is deur diep waters. Behalwe vir die dorre omstandighede waarin hulle hulself bevind, het hulle op 31 Julie vanjaar, hul broer en seun aan die dood verloor. Desire verdien tans R2 000 ‘n maand, waarmee sy haar vier kinders (waarvan twee jo...

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Die DRIE Musketeers kan weer heers 25.08.2021

Hendry Botha woon saam met sy 77-jarige pa en 14-jarige seun. Beide Hendry en sy pa het ‘n werk, waarvoor hulle baie dankbaar is, maar, as gevolg van die inperking was albei in ‘n gat gedompel wat al dieper geraak het. Hulle het geweet dat die woonstel waarin hulle bly in Queenswood in die mark is, en wou begin huis soek. Hulle proses was ongelukkig vertraag met die dat hulle al drie vir ongeveer...

Luisteraars Terugvoer- Maryke 18.08.2021

Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dog...

Versorg die Versorger, Reeks DRIE 18.08.2021

Die vlae en vrae oor die Covid 19-pandemie hou aan om Suid-Afrikaners se gemoedere soos ‘n tsunami te bekruip en bedreig. Dis toe wat Schalk Mulder van Immunadue, en Riëtte Oosthuizen van Riëtte Oosthuizen Prokereurs einde Julie met GROOTfm 90.5 kontakmaak. Hulle sê beide die gesondheids- en voorste linie werkers het ons nodig. ‘Kan ons nie iets doen nie?’, het hulle ons gevra. Ons het hulle vlees...

JMMM 11 AUG - Francois Retief, Hemelkind 11.08.2021

Sonja en Francois Retief se lewens het op 21 September 1996 onherroeplik verander. Francois is as 11-jarige sportster die aand omstreeks 18:00 deur ‘n man met sy voetuig raakgery. Die dokters het na Francois se ongeluk gesê sy lewensverwagting is slegs vier maande. Hulle het hom huis toe gestuur "om in sy eie kamer dood te gaan". Volgens hulle sou hy nie uit die koma wakker word nie en sou hy tota...

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Michelle Nel 04.08.2021

‘n Vriendin van Michelle Nel, Ronel Strydom, het ‘n hulpkreet aan ons gerig oor haar vriendin wat in ‘n diep gat het. Sy is vir die afgelope 13 jaar enkelma, met drie kinders waarvoor sy ENIGIETS sal doen! Haar oudste dogter studeer tans by ‘n hotelskool, en dan het sy ‘n tweeling seun en dogter wat beide nog op skool is. Sy het haar werk verloor tydens die inperking, en net nog nie weer ‘n kans g...

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Martin Matthee 27.07.2021

Martin Matthee is ‘n GROOT luisteraar wat vir 23ure van sy dag na GROOTfm 90.5 luister. Hoekom nie 24ure nie? Dis ‘n uur waarin hy en sy geliefde, Christine Botha, na hul sepies kyk. Christine het vir ons ‘n boodskap gestuur en gevra of ons nie kan help met herstelwerk aan Martin se leen-rolstoel nie. Ons het iets anders in gedagte gehad. Martin het 8 jaar gelede vir ‘n operasie gegaan om obstruks...

JMMM 21 JULIE 21.07.2021

Na die afgelope week se vlamme en afbreek is ons daaraan herinner dat ons lewens en ons besittings hiermee saam so verganklik is. Daar was gebreek en gebrand, maar, daar was ook gebou! GROOTfm 90.5 het besoek afgelê by twee gemeenskap-radiostasies wat ook slagoffers van die onluste was – Alex FM 89.1 (geleë in Alexandra) en Mams Radio 92.9 (geleë in Mamelodi). Die twee radiostasies het geweldige s...

Jou Mense My Mense - Baba Nico 13.07.2021

Op 9 Februarie 2021 is Nico van der Walt, die jongste van drie, gebore. Nadat sy ouers Leanie en NW getrou hul doktersafsprake nagekom het, het hulle verwag dat Nico se geboorte sonder enige komplikasies sal geskied. Natuurlik, dat Nico ook die gesonde baba sal wees soos voorspel deur die vooraf-bepalende toetse. Terwyl Leani alleen in haar hospitaalkamer lê nadat sy geboorte gegee het (na aanleid...

Jou Mense My Mense 7 Julie 06.07.2021

Kilner Park Sekuriteit het ‘n nuwe spanlid! ‘n Belgium Malinois genaamd Zena! Ja, ‘n hond! Ons het ‘n navraag gekry oor ‘n ‘training kit’ van Genesis K9 Group ter waarde van R3 000, vir Zena, om haar volledige toe te rus vir die groot verantwoordelikheid wat haar te wagte is as deel van ‘n groep mense wat wondere verrig ter wille van die veiligheid van ons gemeenskap. GROOTfm 90.5 kon met behulp v...

INTIEM ONDERHOUD 7 JUNIE 22.06.2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

INTIEM ONDERHOUD 3 JUNIE 22.06.2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

INTIEM ONDERHOUD 12 MEI 22.06.2021

Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Verwag die onverwagse 22.06.2021

Sommige van ons omhels hulle, ander nie soveel nie. Min wetend hoe ernstig hulle hul werk en verantwoordelikheid as karwag ag nie. Die verantwoordelikheid om jou kar en besittings daarin te beskerm, en trots waarmee hulle oorweldig word wanneer jy na jou beskermde voertuig en besittings daarin, toe terugkeer. Die GROOTfm 90.5-span, saam met die Cosmo Group het die geleentheid aangegryp om 150 karw...

#JouMenseMyMense 9 Junie 2021 07.06.2021

Centurion Hospice het op Werkersdag vir die 36-jarige Larami Meyer van Pretoria, wat met ‘n rare maag-karnisoom kanker gediagnoseer is, ‘n droomtroue gehou. Otto Meyer, (38) en Larami het as tieners aan die Kwaggasrand Skool in Pretoria-Wes op mekaar verlief geraak. “Ek was dertien jaar oud toe Otto my gesoen het. Dit was ook my heel eerste soen – en nou moontlik ook my laaste soen,” het Larami ge...

Jou Mense My Mense- Ouma Maggie 02.06.2021

Ouma Maggie Joubert is op die 19de Mei 1920 in Pietersburg gebore. Sy woon al vir meer as 50 jaar in Pretoria. Haar gunsteling mens nog ooit is haar oorle man! Toe ons haar vra wat sy naam was, toe se sy, sy het hom nooit op sy naam genoem nie, want hy’s haar liefling! Ouma Maggie se seun is ‘n hele klompie jare gelede oorlede, en tans vertolk Tannie Rina Smit die rol as haar versorger. Haar klein...

Jou Mense My Mense saam met SPAR – Wanneer staal buig 25.05.2021

Alfreda Le Roux het staal in haar bloed, maar hierdie staal het gebuig. Voor die grendelstaat het Alfreda Le Roux ‘n suksesvolle besigheid gehad waarin sy ou klimrame koop, dit regmaak en weer vir ‘n kompeterende prys verkoop. Soos baie, het sy nie verwag die inperking gaan so groot invloed op nie net haar besigheid, maar ook op haar gemoed hê nie. Waar sy gewoonlik haar winste gebruik om nuwe voo...

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Petri en sy ‘Rolls-Royce’ 18.05.2021

Ria Smit het aan ons ‘n epos gestuur waarin sy ‘n hulpkreet rig namens haar 57-jarige broer, Petri Nortje. Petri is n Tipe 1 diabeet en het in Oktober 2017 sy regterbeen verloor as gevolg van gangreen. Hy was ‘n nagskof veiligheidswag toe hy in ‘n geroeste staal-spyker getrap het. Eers was net die voet geamputeer, twee weke later het hy weer ‘n amputasie onder die knie ondergaan, en kort daarna we...

Listen to the #JouMenseMyMense podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.