GROOTfm 90.5
#JouMenseMyMense
Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie. GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”! Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem. GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Author
GROOTfm 90.5
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 2, 2023
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Jou Mense My Mense saam met SPAR – ‘n Glimlag vir Rochelle Lotter 13.05.2021 19:15
Petro Lotter is ‘n enkelmamma van twee pragtige dogters – Gizelle, 9-jaar, en Rochelle, 13 maande oud. Rochelle is op 7 April 2020 gebore in Petro se suster, Ronel, se kar – tydens vlak 5 van die inperking. Klein Rochelle is gebore met PP-sindroom (Popliteal Pterygium Sydrome), wat veroorsaak dat sy ‘n haaslippie het. Hierdie sindroom het ook die ontwikkeling van haar bene affekteer, en kan sy dit...
Jou Mense My Mense Saam Met SPAR – Jakes en Anna de Vos 06.05.2021 21:18
As jy ‘n ‘scooter’ op die N4 stoot met jou CV agterop, en jou kinders en vrou weet nie daarvan nie… Dit was ‘n baie emosionele oomblik toe Jakes de Vos met ons meedeel dat hy hierdie vanaf verlede jaar doen net nadat hy sy werk by ‘n suksesvolle kontrakteursmaatskappy verloor het – as gevolg van die inperking. Jakes de Vos en sy vrou, Anna, woon al vir die afgelope agt jaar in Jopie Fourie straat...
INTIEM ONDERHOUD 20 APR 2021 30.04.2021 19:50
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
INTIEM ONDERHOUD 18 APR 2021 30.04.2021 9:35
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
#JouMenseMyMense saam met SPAR – Beenaf, maar nie oor die lewe nie… 28.04.2021 8:43
Ons het ‘n epos ontvang van Tresa Peo, waar sy om hulp vra vir haar vriendin Anne wie se been in 2020 geamputeer is. Tresa het laatweet dat sy baie met haar krukke en loopraam sukkel. Ons het vir Tannie Anne en haar man, Pieter gaan kuier. Tannie Anne en Oom Pieter Botha is al 53 jaar getroud. Die geheime woorde vir hierdie huwelik? Tannie Anne sê; ‘Dankie, Here’, en Oom Pieter; ‘Dankie’ en ‘ja’!...
INTIEM ONDERHOUD 19 MRT 2021 22.04.2021 16:25
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
INTIEM ONDERHOUD 25 MRT 2021 22.04.2021 15:31
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
INTIEM ONDERHOUD 13 APR 2021 22.04.2021 18:24
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
INTIEM ONDERHOUD 18 FEB 2021 22.04.2021 32:52
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
INTIEM ONDERHOUD 11 FEB 2021 22.04.2021 26:21
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Jou Mense, My Mense saam met SPAR – Eleos sopkombuis bring Hoop, Woord en Waarheid 21.04.2021 8:12
Ek dink aan Mattheus 4:4 wat sê: “'n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom’. Dit is presies wat by Eleos se sopkombuis gebeur. Daar is soveel meer as ‘n kospakkie en glasie koeldrank. Ons gesels met Tannie Susan Cornellius wat die sopkombuis as ‘n hawelose bygewoon het. En nou? Nou werk sy as vrywilliger daar. Sy spreek ‘n skare mismoed toe, en haar hoof...
#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Hulpkreet uit Hermanstad…Vervolg! 14.04.2021 10:23
Vir die wat op die 7de April 2021 tydens #SlatDiePad ingeskakel het, het gehoor hoe ons vertel van Hannelie van Deventer en haar dogter, Larochelle, wat in ‘n gat vasgevang is. Hulle het, voor ons besoek geen kos in hulle kaste gehad nie, ook nie genoeg elektrisiteit om in warm water te kan stort nie. Hannelie het haar hart met ons gedeel…haar verlede, en, haar hede. Dit wat haar die meeste pla, i...
#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Hulpkreet uit Hermanstad 07.04.2021 8:32
Hannelie van Deventer het ons met ‘n hulpkreet genader. Sy en haar 10-jarige dogter woon in Hermanstad. Op die ouderdom van 52, werk Hannelie tans 4 ure per dag en 7 dae ‘n week as ‘n tuisversorger, maar smag na iets meer permanent. Sy verdien slegs R1 000 per maand. Met hierdie inkomste moet sy haar dogter se skoolfonds, hulle kos en elektrisiteit betaal. Sy moet ook haar vervoer werk toe en teru...
#JMMM met SPAR: Skholiwe – ‘Believe in the unseen’ 31.03.2021 8:42
In Augustus 2018 het Lindie Strydom en die span van GROOTfm 90.5, SPAR en Big Box containers – in samewerking met SA Cares for Life – ses Big Box Containers geverf met die hoop om vir ongeveer 170 kinders van die gemeenskap van Plastic View/City ‘n klaskamer te gee. Vandag, na drie jaar, vier ons die deursettingsvermoe, dryf, Dawidshart en liefde van Sanet Fagan en SA Cares for Life! Ons vier Sy w...
#JOUMENSEMYMENSE 24 MAART 25.03.2021 9:39
Juan Fourie is normaal gebore op 19 Maart 1992. Op die ouderdom van 2, het sy ma hom na ‘n kinderarts toe geneem wat hulle toe verwys het na ‘n spesialis dokter by die Universiteit van Pretoria. Hulle het verskeie toetse gedoen, omrede Jaun heelwat later as die ander kinders begin gesit het. Hy het ook nie gekruip nie, maar eerder gerol na waar hy wou wees. Hy het ook baie later eers begin loop. M...
#JouMenseMyMense saam met SPAR – Rus in vrede in MOOI 17.03.2021 11:04
Die egpaar, Eben en Zelda Havenga, wat saam met hul twee seuns, op ‘n kleinhoewe in die omgewing van Andeon, Pretoria Wes woon, was verlede jaar in ‘n finansiële uitdaging gedompel nadat Eben sy werk as ‘n kontrakwerker in optiese vesel verloor het. Die gesin, moes hulle trots sluk en noodgedwonge vir donasies vra van vriende en familie, net om te kon oorleef. In Januarie 2021, toe die ondersteuni...
JMMM - Woensdag 10 Maart 10.03.2021 10:34
Wikus, Adel en Jonathan Dean Rossouw woon aan die voet van die Magalies-berge, in ‘n een-vertrek hout huisie. Toe Adel swanger was met Jonathan, het sy urienweg-infeksie opgedoen, wat veroorsaak het dat Jonathan serebraal gestrem is. Hy is ‘n sterk seun met onwillekeurige bewegings, wat dit moeilik maak vir Pa Wikus om te werk. Hy moet sy vrou, Adel met Jonathan help. Hierdie gesin is gelukkig. Hu...
JMMM - Woensdag 3 Maart 01.03.2021 10:50
Op Woensdag, 24 Februarie 2021, het GROOTfm 90.5 saam met die span van B Loved Foundation en PEN, Alpha Pharm en Pharma Valu in die middestad gaan kuier. Die jong vroue wat ons by ‘n aangewese gebou ontmoet het, is slagoffers van mensehandel. Mishandel. Misbruik. B loved foundation het vir hulle maaltye geneem. En, Alpha Pharm en Pharma Valu geskenkpakkies vol sanitere produkte wat insluit seep en...
#JouMenseMyMense saam met SPAR – Verligting vir die Rautenbach-gesin 22.02.2021 5:57
So tydjie terug ontvang ons ‘n epos wat lui: ‘My naam is Abbi en ek wil graag julle hulp vra. Ek het ‘n vriendin met ‘n 1-jarige baba dogtertjie. Sy werk, maar haar man is tans werkloos. Sy was al die week telkemale keer in trane, want sy kan nie vir haar dogtertjie doeke, melk, boudsalf of klere koop nie. My hart is stukkend om dit te hoor, want ons kan self nie help nie. Sy is ‘n pragtige klein...
Jou Mense My Mense- Spar Trolley Dash 17.02.2021 7:46
Die GROOTfm 90.5 span het Vrydag, 12 Februarie, ‘n ander tipe liefde vir Valentynsdag gevier! Ons het, met behulp van die onbaatsugtige ondersteuning van SPAR, ‘n ‘Trolley Dash’ gehou ten bate van drie behoeftige kleuterskole – Abba House / Plastic View, ondersteun deur SA Cares for life, Kleintreetjies kleuterskool, en Pikanini kleuterskole, ondersteun deur Hannah Charity. Ons het by die drie yst...
#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n GEE-hart ontvang soms moeilik 03.02.2021 7:24
Norma Breytenbach (of Tannie Norma) is ‘n besonderse mens met buitengewone gee- en omgee-hart. Sy is ‘n steunpilaar in die gemeenskap, wat soms ten koste van haarself aan ander sal voorsien – dier EN mens. Haar rykdom lê nie in weelde nie, maar in liefde en diensbaarheid. In die aanneem en versorging van weggooi-honde, en in haar familie, waar sy ook tans, sonder ‘n inkomste, na haar suster omsien...
Street Shower onderhoud 2 06.12.2020 10:54
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Street Shower onderhoud 01.12.2020 18:32
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Lientjie en Willie van der Merwe het hulle getuienis kom deel oor hulle drieling wat op 26 weke gebore is. 29.11.2020 25:22
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Jennifer gesels met Carli J Myers 26.11.2020 9:59
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.