Invloed Kerk

Invloed Kerk | Preke

Religion AF ↓ 240 episodes

Versterk jou geloof, verbreed jou hoop en verdiep jou verhouding met God. Hier kan jy God beleef, voel jy behoort en leer hoe om jou wêreld te beïnvloed. Dit alles in jou taal.

Author

Invloed Kerk

Category

Religion

Podcast website

invloedkerk.org.za

Latest episode

Jun 28, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Klim uit my kop uit | Episode 1 23.06.2024

Het jy al ooit ‘n iriterende liedjie uit jou kop uit kry? Dis so te sê onmoontlik. Baie keer voel ons so wanneer vrees, angs, depressie, hopeloosheid of eensaamheid ons denke iriteer. Daar is wel hoop. Danksy God Ons kan hierdie gedagtes vernuwe en uit ons koppe uit kry.

Wanneer God opdaag | Geluk 16.06.2024

Mans is prentjie gedrewe. As manne eers iets gesien het waarvan hul hou, sal hulle alles in hul vermoë doen om die visie te vervul. Die vraag is wat sien jy as man oor jou verhouding met God? Boodskap deur Morné Steenekamp

Wanneer God opdaag | Groter 09.06.2024

Hoe groter jou ja aan God, hoe gesonder jou verhouding met Hom. Wanneer jy God volg, verloor jy jou regte. Wat vir God reg is, doen ons. Wat vir Hom verkeerd is, vermy ons. Ons moet Hom werklik dien.

Wanneer God opdaag | Geloof & Geseën 02.06.2024

Die Heilige Gees bemagtig ons om ‘n geseënde lewe te leef. Wat doen jy wanneer jou prentjie van ‘n geseënde lewe nie realiseer nie? Is jy nog geseën deur die Here of hoe kan jy God se seën beleef. Boodskap deur Morné Steenekamp.

Wanneer God opdaag | Gesondheid 26.05.2024

Wanneer meeste mense dink aan God se opdragte kom onderwerpe soos slaap, eet en oefen nie ter sprake nie. Die Heilige Gees woon in ons en jou liggaam is Sy instrument. Kom ons gesels oor God se opdrag van gesondheid. Boodskap deur Morné Steenekamp

Wanneer God opdaag | Groei 19.05.2024

Pinkster // Wat gebeur wanneer God opdaag? In die Bybel lees ons dat Jesus deur die Heilige Gees verskeie dinge gedoen het, soms het Hy wonderwerke gedoen, soms net mense geleer, soms net ;n vreugdevolle tyd saam mense spandeer en ander kere selfs rusie veroorsaak. Een ding is wel seker; Wanneer God opdaag gee Hy ‘n opdrag. Om meer van die Heilige Gees te beleef moet ons daardie opdrag gehoorsaam....

Bid weer | Met hart 12.05.2024

Hoeveel van ons dink ons harte is goed, want ons doen goed vir ander.  Jou hart is bedrieglik, pasop.  Jou hart impakteer God. Jou hart was dalk op die regte pad eens op ‘n tyd, maar nou hardloop jy in die verkeerde rigting.  Moenie dat jou teleurstellings ‘n einde bring aan jou soeke na Hom nie. Boodskap deur Nadja Cilliers.

Bid weer | Soos die kerk 05.05.2024

Gebed is op sy beste wanneer ons bid vir ander. Jou gebed vir ander is kragtiger as jou gebed vir jouself. Leer om weer die krag van gebed te ontdek deur onselfsigtigheid. 

Bid weer | Met sleutel en swaard 28.04.2024

Gebed gee aardse toestemming vir hemelse inmenging. Ons mag nie hierdie sleutel wat God aan ons toevertrou het, mors nie. Hierdie sleutel werk wel net as ons vanuit die Gees bid. Vind uit wat dit beteken en hoe om dit te doen.

Bid weer | Soos 'n kind 21.04.2024

Stoei jy met jou gebedslewe en het hierdie stoeie jou opgewondenheid vir God kom demp.  Is jy nog opgewonde oor God, is Hy nog jou Hero?  Pyl weer op Hom af, soos ‘n klein kind op sy pa afpyl, na ‘n lang dag sonder hom, en gaan sit op Sy skoot, trek weg en gesels oor alles, waar niks off-limits is nie. - Boodskap deur Nadja Cilliers

Bid weer | As die leier 14.04.2024

God roep ons om as ‘n leier te bid. Om ‘n leier te wees beteken nie noodwendig dat jy duisende mense het wat jou volg nie, maar dat jy die een is wat die meeste omgee. Boodskap deur Pastoor Morné Steenekamp

Bid weer | Al wil jy nie 07.04.2024

Ons almal het al op ‘n soektog gegaan opsoek na ons verlore beursie, sleutels of selfoon. Op die ou einde het jy dit heel waarskynlik gekry waar jy al reeds gekyk het, jy moes net weer gaan kyk. Baie van ons het al gebid, maar nie God gevind in ons gebede nie. Miskien is dit tyd om net weer te gaan kyk. Boodskap deur Pastoor Morné Steenekamp

Paasfees | Jesus die slang 31.03.2024

Paasfees; Die naweek wat die wêreld verander het. Jesus het gekom as ‘n kind, Hy het gesterf as ‘n slang. Leer wat Sy dood vir jou beteken.

Palm Sondag: Die lig van die wêreld | Jonathan Müller 24.03.2024

Het jy al ooit gewonder wat om te doen as jy nie meer weet wat om te doen nie? Die Skrif leer ons dat ons net die lig moet volg wat lei tot lewe. Boodskap deur Jonathan Müller.

Bly Wakker | Darius van der Schyf 17.03.2024

Het jy dalk jou eerste liefde in Jesus verloor? Dalk is daar dinge wat jy toegelaat het in jou lewe wat jou aan die slaap sus. Kom luister saam hoe Jesus ons aanmoedig om waaksaam te bly.

Die TOV van God of mens | Invloed word 4 10.03.2024

Die gedruis en gemaal van die wêreld is so hard, dat ons die TOV van God so maklik mis. Ons het verleer om stil te kan wees voor die Here. Nooi God in. Nooi Hom in jou gesprekke, in jou dag en in jou besluite. Is jy bereid om oor te gee aan God, en jou kamp skoon te maak van sonde sodat jy weer God se goedheid kan ervaar?

Die begin van TOV | Invloed word 4 03.03.2024

God is goed, maar is jy? Hoe kry ons dit reg om God se goedheid te weerkaats na almal om ons? Vandag praat ons oor die fondasie van goedheid

Dualisme van TOV | Invloed word 4 25.02.2024

Ons moet nie ‘n verkeerde prentjie van God se goedheid glo nie. God se goedheid word geken in die eenheid van genade en waarheid. Daar is dualisme in God se goedheid. Jesus was vol genade en waarheid en verwag dat ons Hom so verteenwoordig.

TOV wat Vloei | Invloed word 4 19.02.2024

God is die God van goedheid. Die merkwaardige aspek van God se goedheid is dat dit nooit ophou nie. Ten spyte van Sy eie lyding, van ander se vyandigheid en ander wat Sy goedheid misbruik, kies God om nog steeds goed te bly. Dit is Sy begeerte dat ons meer soos Hy word.

God van TOV | Invloed word 4 11.02.2024

Invloed Kerk se storie van die afgelope 4 jaar is een van TOV. Die God van TOV is met ons. TOV verwys na goedheid, prag en uitnemendheid. Glo jy nog in God se goedheid. Glo jy nog in die God van TOV?

Jo Black Eksklusief | Invloed word 4 04.02.2024

Invloed is 4 jaar oud. Om ‘n kerk te begin vat harde werk, maar om God se wonderwerke te beleef vir 4 jaar vat baie genade. Dankie Here vir al die stories. Jo Black skop saam ons die veesvieringe af. Luister hoe God Jo ontmoet het en hoe Hy ook jou kan ontmoet.

Jy moet dit voel | 1 van 3 Wense 28.01.2024

Niemand wil getroud wees sonder om geliefd te voel nie. Niemand wil werk toe gaan sonder om opgewonde te wees oor iets nie. Niemand wil ‘n vriendskap hê met iemand waaroor jy geen waardering het nie. Ons soek nie ‘n geskenk wat ons nie gaan geniet nie. Ons wil dit voel. Dit is vir God belangrik dat jy Hom nie gevoelloos dien nie. So wat moet ons voel?

Afsterwe deur Afleiding | 1 van 3 wense 25.01.2024

Dis interessant hoe ‘n mens iets nuuts kan aanpak met fokus en ywer. Na ‘n ruk raak ander take belangriker en lekkerder, dan verloor ons effektiwiteit. Hierdie gebeur in ouerskap, persoonlike doelwitte en selfs in ons verhouding met God. Hou jou aandag op God anders gaan jou verhouding met Hom sterf deur afleiding.

Krag is in die Heuning | 1 van 3 wense 22.01.2024

As jy 2024 ‘n sukses wil maak, het jy God se krag nodig. Leer om die heuning te eet wat Hy op jou pad stuur in die middle van ‘n geveg. Dit sal jou Sy krag gee.

Vir Altyd | Verlore Geskenke 25.12.2023

Die grootste geskenk wat God ons kan gee is lewe, ewige lewe! Leer hoe jy die geskenk van ewige lewe nou kan benut en nie hoef te wag tot jou afsterwe voor jy dit kan geniet nie.

Listen to the Invloed Kerk | Preke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.