Invloed Kerk

Invloed Kerk | Preke

Religion AF ↓ 240 episodes

Versterk jou geloof, verbreed jou hoop en verdiep jou verhouding met God. Hier kan jy God beleef, voel jy behoort en leer hoe om jou wêreld te beïnvloed. Dit alles in jou taal.

Author

Invloed Kerk

Category

Religion

Podcast website

invloedkerk.org.za

Latest episode

Jun 28, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kriptiese Geskenke | Vreugde 15.12.2024

Die Kersverhaal word ingekleur met groot vreugde en diep seer. Die geskenk van vreugde kom in die geleentheid van verwarring. Leer hoe om die geskenk van vreugde te geniet ten spyte van jou omstandighede. Boodskap deur Morné Steenekamp

Kriptiese Geskenke | Mense soos julle 10.12.2024

Ons almal het al ‘n geskenk ontvang wat ons wenkbroue laat lig het, nie omdat dit ‘n gepaste geskenk was nie maar eerder ‘n ongewone geskenk. Kerstyd handel baie oor die tema van gee. Die geskenke wat Hy vir ons gee, is baie keer ongewoon, maar broodnodig. Boodskap deur Morné Steenekamp

Laer Lyn 01.12.2024

Ons almal het ideale standaarde. As ons iets koop en dit voldoen nie aan daardie standaard nie, dan kan ons dit nie geniet nie. As ons iets eet end it voldoen nie aan ons verwagting nie, dan eet ons lang tand daaraan. Het jy dalk ‘n ongesonde standaard in jou lewe gebou as dit kom by jou verhouding met God wat jou keer om Hom te geniet? Boodskap deur Morné Steenekamp

Tekens | Vervulling met die Heilige Gees 24.11.2024

Die vervulling met die Heilige Gees is die grootste teken wat ons na opsoek moet wees in ons lewe. Sonder hierdie vervulling met die Gees gaan ons nie hemel toe nie, sal ons nie sekerheid hê in ons verhouding met God nie en ook nie ander mense nader aan God kan bring nie. So wat is die teken van die vervulling van die Heilige Gees? Boodskap deur Morné Steenekamp.

Tekens | in die Skepping 17.11.2024

Die onsienbare God word sienbaar deur Sy skepping. Soms moet ons die tekens in die natuur sien om te besef God is meer in beheer as wat ons besef. Boodskap deur Morné Steenekamp.

Tekens | Die teken wat jy nodig het 10.11.2024

God praat en werk deur tekens! Het jy al ooit gewonder of God nie miskien wag vir jou teken nie? Ons teken van beskikbaarheid sal lei na baie nuwe avonture saam God. Boodskap deur Jonathan Müller.

Tekens | Die Eindtyd is naby 03.11.2024

Die Bybel het baie te sê oor die tyd wat Jesus terug kom. Daarom is die tekens rakende eindtyd belangrik vir elke gelowige. Boodskap deur Morné Steenekamp

Tekens | Here, hoe weet ek dis U? 27.10.2024

Daar is niks daarmee verkeerd om sekerheid te hê oor God se wil vir jou lewe nie. Tussen ons wat vra vir tekens, God wat tekens gee en die Bybel kan ons uitvind wat God se wil is. Boodskap deur Morné Steenekamp

Tekens | Die grootste teken wat God gee 20.10.2024

Is God lief vir my? Is dit nou die regte tyd? Here het ek reg gehoor? Hierdie vrae kan lei dat ons God vra om vir ons tekens te wys. Leer ken God se tekens wanneer Hy jou lei. Boodskap deur Morné Steenekamp.

Sterker | Gesin | Omgee begin by die huis 13.10.2024

God het gesinne geskep en aan ons gegee. Die maklikste manier om iets te verwoes is om dit te los. Ons moet ons gesinne bestuur om mekaar tenvolle te kan geniet. Boodskap deur Morné Steenekamp

Sterker | Nederigheid | Bly Laag, waai Jou Vlag 06.10.2024

Nederigheid was Jesus se geheim om sterk te wees in God. Nederigheid is die habitat van God, dis waar Hy woon en kragtig werk. Boodskap deur Morné Steenekamp

Sterker | Vergifnis | Hoe doen ons dit? 29.09.2024

Wat is die besitting wat jy die meeste beskerm op Aarde? Bo alles beskerm jou hart is die Bybel se instruksie. Die vraag is hoe? Die eerste stap is vergifnis. Boodskap deur Morné Steenekamp

Sterker | Herinneringe | Skep Oomblikke Wat Tel saam God 22.09.2024

Goeie verhoudings word verkry deur herinneringe saam te deel. As ons ‘n beter verhouding met God wil hê, moet ons leer hoe om herinneringe saam Hom te bou. Boodskap deur Morné Steenekamp

Sterker | Toekoms | Sambreel van Vertroue 15.09.2024

‘n Klein sambreel bokant jou kop kan jou beskerm teen reën en son. So kan vertroue in God jou beskut teen dinge wat jou lewe gaan belemmer en weghou van God. Met ons sambreel van vertroue in ons hand, kan ons ‘n blink toekoms verwag.

Sterker | Liefde | Dit verander alles 08.09.2024

Het jy al ooit iets of iemand se krag onderskat? Soms onderskat ons as Christene die krag van Liefde. Ons weet dis belangrik, ons weet God verwag dit, maar besef jy die krag van liefde? Ware liefde is sterker as wat enige persoon kan dink. Dis hoekom die Almagtige God van die heelal ons die opdrag gee om ander liefde te hê…dit kan alles verander.

Sterker | Geloof | Jou Krag is Oppad 01.09.2024

Ons almal kom ‘n plek waar ons besef ons moet sterker word. Dalk besef jy dit weens ouderdom, dalk weens herstel na ‘n besering of miskien is dit nodig om ‘n droom te kan realiseer. God se prentjie is dat ons ook sterk sal wees in Sy oë. Sterk in ons geloof, sterk in ons ouerskap, sterk in ons huwelike en so in elke area. Gaan saam ons op die reis om sterker te word in Sy oë en vir Sy eer.

Here, hoe lank nog? 25.08.2024

Ons almal lewe met hierdie verwagting dat God ons gebede onmiddelik moet beantwoord, maar wat as Hy sê wag? Vertrou jy dat Hy 'n beter plan het of raak jy ongeduldig? Boodskap deur Marius Schnettler

Wag net 'n bietjie 18.08.2024

Het jy al gevoel dat minute soos ure voel wanneer jy in die wagkamer sit by 'n dokter se spreekkamer? Om te wag is moeilik, veral wanneer die lewe jou in ‘n wagkamer plaas waaroor jy geen beheer het nie... Vertrou jy nog op God en is geduldig genoeg as jy in 'n "wag-seisoen" is? Boodskap deur Johan Pieterse

Môre hang nie van Gister af nie 11.08.2024

Hoeveel maal het jou gister-storie jou nie al probeer inhaal om jou storie van môre te kom steel nie. God gebruik jou gebreekte gister in Sy storie van jou geroepte môre. Die Seun van die mens roep jou vir môre – is jy gereed? Boodskap deur Nadja Cilliers

Die leer 04.08.2024

Ons almal ken die gesegde ‘niemand is perfek nie’. Dit troos ons gemoed, maar wat dink God daarvan? Verwag Hy dat mense op Sy morele standard moet wees of dat Hy begrip het vir ons foute? Boodskap deur Morné Steenekamp

Bye & Vlieë 28.07.2024

Het jy al ooit gesien dat ‘n by probeer ‘n vlieg oortuig dat heuning beter is as mis? Ons moet pasop vir vlieë in ons lewens. Daar is baie valse profete wat ons hart, ty den waardes wil steel. Leer hoe Jesus met die vlieë om gegaan het en die karakter van ‘n behou het. Boodskap deur Morné Steenekamp

Klim uit my kop uit | Episode 5 | Vol passie 21.07.2024

Jesus het ons die opdrag gegee om God lief te hê met ons hele hart. Deel daarvan is om passievol te wees vir Hom. God kies eerder iemand met hart vir Hom as iemand met kennis oor Hom. Hoe kry en behou jy hierdie passie? Boodskap deur Morné Steenekamp

Klim uit my kop uit | Episode 4 | Perspektief 14.07.2024

Die liefde vir goed kan jou liefde vir God steel. Jou perspektief oor ‘n saak bepaal waar jou liefde lê, of vir God of vir die wêreld. As jy God wil sien in jou lewe, moet jy met Sy perspektief leef. Boodskap deur Morné Steenekamp

Klim uit my kop uit | Episode 3 | Angs 07.07.2024

Die angstige lewe word gekenmerk deur een woord DOM. Luister waarvoor staan hierdie afkorting en begin angs uit jou kop uit kry. Boodskap deur Morné Steenekamp

Klim uit my kop uit | Episode 2 | Oorwin Negatiwiteit 30.06.2024

Jy kan nie ‘n positiewe leef met negatiewe denke nie. God gee ons die genade om positief te dink soos Hy. Boodskap deur Morné Steenekamp

Listen to the Invloed Kerk | Preke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.