InVia Gemeente
InVia Gemeente
InVia is a contemplative community based in Stellenbosch and Cape Town in the Western Cape. We are passionate about the journey of transformation in wholeness.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
"Wanneer Ek Voel Ek Is Nie Goed Genoeg Nie"... Plekke Waarheen Ons Gaan deur Theo Geyser 23.03.2023 15:08
"Waarom waarsku Jesus ons oor angstigheid en vrees oor wat ons eet, drink en wat ons aantrek? Dit is alles dinge wat ons laat voel dat ons genoeg is en wat ons spesiaal en anders maak. Vir Jesus is die teenoorgestelde van geloof nie twyfel of ateïsme nie - maar angs en vrees. Die angs oor ons fisiese behoeftes en oor hoe mense na ons kyk en ons waarneem.”...
"Wanneer Ek Op Soek Is Na Konneksie"... Plekke Waarheen Ons Gaan deur Theo Geyser 13.03.2023 23:43
"In moeilike tye soek jy ‘n ware vriend. ‘n Konneksie dieper as kennis. Jesus vra sy dissipels om naby hom te wees aan die einde van sy lewe. Moeilike tye wys die Judasse in ons lewe uit, maar ook ware vriende wat ons lewe gee. In Moses se woestyntyd kom sy skoonpa tot sy redding. Die onmiddelike vraag is: Hoe is dit moontlik dat so 'n hartspasie tussen Moses en Jetro kan plaasvind?"
"Wanneer Ek Verliese Ly"... Plekke Waarheen Ons Gaan deur Theo Geyser 04.03.2023 15:34
"Wat doen jy wanneer jy 'n swaar verlies ly? Na watter plek kan jy gaan? Jesus gaan na Getsemane. Hy belewe die verlies en pyn van vriendskappe, verraad, leuens, agterbaksheid en die afwesigheid van ondersteuning in sy moeilikste tyd.”...
"Wie Is Ek?"... Plekke Waarheen Ons Gaan deur Deon Meiring 27.02.2023 19:33
"Wanneer dinge min of meer gaan soos wat ek gewoond is daaraan, is dit maklik vir my om te dink ek het nogal ’n greep op die lewe. Ek het darem ’n goeie idee van waar ek is, wie ek is en selfs wie God is. As alles in orde is kan ek maklik en gemaklik lewe. Eintlik word ek mak in my lewe. Hoekom sou ek dan wou wildernis toe gaan? Wat wil ek maak in die woestyn as ek eintlik ’n netjiese, gerieflike...
"Waar Was Jy...?" Belangrike vrae in die Bybel deur Frieda van den Heever 20.02.2023 17:25
"Die boek Job, wat bestaan uit prosa en meestal poësie, is een van die grootste boeke wat ooit geskryf is oor gebed. Dit breek ons aannames en stereotipes oor wat dit beteken om met God te kommunikeer. Eers as ons Job se storie sien as ‘n reis na ‘n dieperwordende ontmoeting met God, kan ons waarlik omgaan met die oeroue vraag: “Hoekom laat God toe dat (goeie) mense swaarkry?” Dis ‘n storie wat ee...
"Het Jy Die Reg Om Kwaad Te Wees?..." Belangrike vrae in die Bybel deur Theo Geyser 13.02.2023 23:01
"Baie van ons is nie net krities nie, maar ook kwaad. En dit vir ‘n baie goeie rede. Die bitter polarisasie in kerke en die regering, oneerlike selfsug, en afwesigheid van respek en deursigtigheid wakker die gode van wraak binne ons aan. Moet ons kwaad word?..."
"Wat Is In Jou Hand?..." Belangrike vrae in die Bybel deur Frieda van den Heever 06.02.2023 22:24
"Die Bybel word dikwels opgetel om antwoorde te kry. God se antwoorde. En dit is daar. Duidelike antwoorde en beloftes. Daar is egter ook baie vrae. Vrae wat God vra. En meeste daarvan is nie retories nie. As ons met die vrae worstel en daarop antwoord met ons lewens, kan dit ons nader bring aan wie ons werklik is en in dieper vennootskap met God."...
"Kan Jy Wakker Bly?..." Belangrike vrae in die Bybel deur Theo Geyser 30.01.2023 21:07
"Indien iemand nou vir my sê: “Word wakker tjom!”, beteken dit nie dat ek uit ‘n fisiese slaap moet wakker word nie. Dit beteken eerder dat daar iets is waarvan ek nie van bewus is nie of nie kan sien nie. Dit kan dalk intellektueel, emosioneel of geestelik wees. Een groot tema in Bybel is: Word wakker! Word inteendeel NOU wakker voordat die dood jou wakker maak!"
Die Here is my... deur Frieda van den Heever / 22 Januarie 2023 24.01.2023 23:04
Die Here is my... 22 Januarie 2023 Preek en liturgie deur Frieda van den Heever. Dankie vir julle deurlopende ondersteuning! Om hierdie week by te dra kliek hier: https://pos.snapscan.io/qr/t2Hkw9SK
"Wat soek jy?..." Belangrike vrae in die Bybel deur Theo Geyser 23.01.2023 17:30
"Alles wat soek is net ligte skadu, refleksie van die een wat ons regtig soek! Glo jy dat God meer aantreklik is as ‘n superhero? Slimmer as jou professor? Mooier as die mooiste skildery en meer eroties as die grootste sekssimbool op aarde?"
"Waar is jy?..." Belangrike vrae in die Bybel deur Theo Geyser 16.01.2023 17:23
"Hoe ons ons eie wêreld verstaan is hoe ons die storie van onsself en ander vertel..."
Nuwejaarsvoornemens... Wat's nuut? deur Deon Meiring 09.01.2023 17:54
"Nuwejaarsvoornemens kan ons help om beter te verstaan hoe ons die lewe benader..."
Nuwejaarsboodskap: Die Werk van Kersfees deur Frieda van den Heever 09.01.2023 19:40
"Daar’s gewoonlik twee maniere waarop mense die nuwe jaar inwag: óf met ’n dik kop en ’n broos lewer óf met ’n uitasemdraffie en ’n lang lys voornemens. ’n Nuwe blaadjie. ’n Nuwe ek. Nuwe hoop. En iets daarvan is mooi. Dat die mens oor die vermoë beskik om terug te bons. Om weer van voor af te kan hoop. Ten spyte van die oujaar se seer, die oujaar se ekonomie, die oujaar se terugslae, die oujaar s...
Kripnotas vir Kersfees deur Theo Geyser 28.12.2022 15:29
"Hoekom is Jesus in 'n krip gebore? Waarom sou die kerk deur die eeue geglo het dat dit een van die kragtigste beelde is wat ons kan help dat God ons kan ontmoet waar ons is in ons lewe. Dalk is daar versteekte notas in die krip wat ons kan help..."
Wanneer Kersfees 'n moeilike tyd is... deur Francois van der Merwe 28.12.2022 12:05
"Jesus se geboorte verhaal is gevul met paradokse. Dit wil vir ons hoop gee dat paradokse saam kan en ook moet bestaan. Dit wil ons help en vra om die paradokse in ons lewens raak te sien en te omhels."
Nog soveel Koninkryk om te kom deur Frieda van den Heever 12.12.2022 18:52
"As ons gereed maak vir Christus se koms is dit nie nie net vir die geboorte van die baba Jesus in doeke nie, maar vir die koms van die Koning wat nie doekies omdraai nie. Ons maak gereed vir dit waarvoor Jesus gekom het. Om die evangelie aan die armes te bring, om dié wat verbryseld van hart is te genees, om aan gevangenes vrylating te verkondig, aan blindes herstel van gesig, om dié wat gebroke...
Word jy eers wakker of gaan jou oë eers oop? deur Frieda van den Heever / 11 Des 2022 12.12.2022 28:53
Word jy eers wakker of gaan jou oë eers oop? 11 Desember 2022 Preek en liturgie deur Frieda van den Heever. Baie dankie vir almal se bydraes tot ons gemeenskap. Om hierdie week by te dra kliek hier: https://pos.snapscan.io/qr/t2Hkw9SK
Advent: Saligmaker deur Theo Geyser 05.12.2022 17:36
"Dit is eers wanneer jy baie naby aan die dood kom dat jy besef wat lewe beteken of om gered te word van die dood. Kersfees belowe ons redding en die woord wat daarvoor gebruik word is Saligmaker."
'Advent in die Woestyn' saam met Pierre 05.12.2022 9:26
'Advent in die Woestyn' saam met Pierre by InVia Gemeente
Wawyd Wakker: Vrede deur Pierre du Plessis / 4 Des 2022 05.12.2022 21:54
Wawyd Wakker: Vrede 4 Desember 2022 Preek deur Pierre du Plessis Baie dankie vir almal se bydraes tot ons gemeenskap. Om hierdie week by te dra kliek hier: https://pos.snapscan.io/qr/t2Hkw9SK
Meditasie: 'Ge - Lui - de' saam met Frieda 28.11.2022 8:40
Meditasie: 'Ge - Lui - de' saam met Frieda by InVia Gemeente
Wawyd Wakker: Hoop deur Pierre du Plessis / 27 Nov 2022 28.11.2022 21:56
Wawyd Wakker: Hoop 27 November 2022 Preek deur Pierre du Plessis Baie dankie vir almal se bydraes tot ons gemeenskap. Om hierdie week by te dra kliek hier: https://pos.snapscan.io/qr/t2Hkw9SK
Oordenking: 'Human + Being' saam met Frieda 21.11.2022 8:21
Oordenking: 'Human + Being' saam met Frieda by InVia Gemeente
Maak Jesus Vry... met Johan Geyser 14.11.2022 25:02
Johan gesels oor die moeilike gelykenis waar God aanbeveel dat bome wat nie vrug dra nie, moet uitgekap word (Lukas 13:6-9). Van watter vrug sou Jesus praat? Wanneer dra ek genoeg vrug om deur die byl gespaar te word? Is dit regtig God wat so ongenaakbaar moralisaties word? Of, lê daar iets verskuild in die gelykenis wat ons nooi na die liefde van God waar vrug dra eerder ‘n byproduk word van ons...
Oordenking: Krag In Die Chaos saam met Frieda 14.11.2022 7:12
Oordenking: Krag In Die Chaos saam met Frieda by InVia Gemeente
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.