InVia Gemeente
InVia Gemeente
InVia is a contemplative community based in Stellenbosch and Cape Town in the Western Cape. We are passionate about the journey of transformation in wholeness.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe Liefde My Hart Oopsluit... deur Theo Geyser 04.09.2023 24:04
Hoe raak ‘n mens ontslae van vrees? Nie met dapperheid nie. Net met liefde: “Die volmaakte liefde dryf vrees na buite.” - 1 Johannes 4:18-20
Die Lewe is deur mekaar met Deon Meiring 28.08.2023 22:18
"In Galasiërs hoor ons van ’n groep mense wat stoei met die ou, bekende vraag: Wie is in en wie is uit? Hierdie vraag kan maklik lewenslank aan ons vreet. Pouses by die skool, by die werksplek, waar ons kuier, in die politiek. Die Galasiërs, wat blykbaar Christene is, sukkel vir een of ander rede om met mekaar saam te leef. Waar het jy nou al daarvan gehoor?"
Hoe Vrees My Hart Toesluit deur Theo Geyser 21.08.2023 13:25
"Vrees is ‘n emosie wat ons wil beskerm teen kwesbaarheid. Die woord kwesbaarheid of “vulnes” beteken wond. Ons verwonding aktiveer vrees......."
Die toekoms kan die verlede verander deur Frieda van den Heever 14.08.2023 20:48
Jy is nie ‘n gevangene van jou verlede nie; jy is die argitek van jou toekoms. - Harold Kushner.
Min of Meer... Gewaarwording deur Theo Geyser 06.08.2023 22:42
"Hoekom wil kinders hê dat dat ons na hulle moet kyk? As niemand kyk nie dan voel hulle nie belangrik nie. Dan dink ek ook dat daar seker ‘n behoefte is om van iemand groter as jy of 'n outoriteitsfiguur die erkenning kry dat dinge is soos wat dit werklik is."
Die Vry Wat Vry Is deur Frieda van den Heever 31.07.2023 18:02
"Ware vryheid is nie – die Engels sê dit in hierdie geval beter – freedom of choice nie; dis freedom from choice. "
god of God?... Gewaarwording deur Theo Geyser 25.07.2023 15:26
"Die ervaring van sien en word in die Bybel gaan nie soseer oor wilskrag of gedagte beheer nie, maar oor ‘n diep ontmoeting met God. Daarom is die woord 'kyk' prominent in enige ontmoeting met God."
Die Bly Wat Bly deur Frieda van den Heever 17.07.2023 24:39
"Blydskap is nie ligte musiek nie. Dis hoe God klink. Dis Jesus se legacy volgens Johannes 15:11. Dis ‘n ernstige besigheid."
Die Wysheid Om Goeie Keuses Te Maak deur Theo Geyser 10.07.2023 24:43
"Wysheid gaan nie oor intellektuele insigte of ‘n dieper verstaan van die lewe nie, dit gaan oor ‘n verstaan van hoe God teenwoordig is op hierdie aarde en hoe ek moet lewe."
Sin sonder 'n volpunt deur Deon Meiring 03.07.2023 21:37
“Beginning is difficult, and our procrastination is a fine, ever-present measure of our reluctance to take that first close-in, courageous step in reclaiming our happiness. Perhaps, because taking a new step always leads to a kind of radical internal simplification, where, suddenly, very large parts of us, parts of us we have kept gainfully employed for years, parts of us still rehearsing the old...
Wat Sy Kon, Toe Sy Kon deur Frieda van den Heever 26.06.2023 23:15
"Jesus se goedkeuring, of stempel van genoegdoening aan die vrou van Betanië, staan lynreg teenoor die mense se verontwaardiging. Die gebeurtenis staan ook net mooi tussen die owerpriesters se plan om Jesus gevange te neem en Judas se plan om Jesus te verraai. 'n Stukkie skoonheid tussen wraak en gierigheid. Behalwe dat Jesus se eie mense uitvaar teen haar en haar balsem... Wat mis hulle? Wat mis...
Afwesig Of Teenwoordig?: Gevaarlike Pa's deur Theo Geyser 19.06.2023 23:22
Toe sê die pa vir hom: ‘Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune.' - Lukas 15:31
Die Reuk Van Reën deur Frieda van den Heever 12.06.2023 20:02
"Die “reuk van reën” is nie net ‘n oerinstink wat in ons agtergebly het omdat dit dui op oor-lewing nie; dis die verlange in ons om werklik ‘n lewendige lewe te leef."
"Wees dan...opreg soos die duiwe" deur Theo Geyser 05.06.2023 25:25
Die Heilige Gees word soms as 'n duif voorgestel. Jesus beskryf ook die innerlike kwaliteit van hierdie simbool: "Wees opreg soos duiwe..." Matt. 10:16. Die woord opreg, "sincerus", beteken "without wax". Dit was 'n kunsterm waar gebreekte kuns vinnig met was reggemaak is en dan verkoop word. Indien jy sou wou koop, sal jy dan vra: "Is hierdie stuk sonder was of "genuine"?" Indien die stuk glad ni...
Wanneer jy VUUR steel... Pinkster deur Theo Geyser 29.05.2023 33:36
"God se wet of woorde kan die vuur in ons harte oopbreek. Handelinge 2 leer ons dat God daardie vuur gee en ons dit by niemand hoef te steel of namaaksel van die vuur te probeer leef nie"... Welkom by ons In Gemeen aanlyn program.
Verandering is nie 'n vakansie nie deur Frieda van den Heever 22.05.2023 18:14
"Dié van ons wat dit weet, wéét dit (soms op 7, soms op 70 eers): verandering is onvermydelik … niks hou vir ewig nie … this too shall pass … en ons wil dit glo vir die moeilike tye, maar nie vir die lekker tye wanneer alles glad en standvastig en “onder beheer” en plesierig is nie."
Soos ‘n krygsman…soos ‘n vrou in kraam deur Frieda van den Heever 15.05.2023 19:39
"Soos ‘n vrou wat in kraam is, is God besig om ‘n einde te maak aan sy volk se stilte en om ‘n kreatiewe krag te ontketen wat die wêreld gaan verander"...
Droom weer... met Nuwe Vlerke deur Theo Geyser 08.05.2023 16:17
''What you dream alone remains a dream, what you dream with others can become a reality.'' - Edward Schillebeeckx
Droom weer... Wat word van my drome as ek wakker word? deur Deon Meiring 02.05.2023 20:08
"The worst mistake that you can make is to think that you are alive when really you're asleep in life's waiting room." – Guy Forsyth, Waking Life
Droom weer... Wat jy kan beplan is te nou vir jou deur Frieda van den Heever 24.04.2023 18:32
"As God lankal klaar sy plannetjies gemaak het, hoekom sou ons dan nog na Hom moes soek, vra, bid. Hoekom sou Hy na ons luister? Want die God van Israel se meganisme was nog altyd Liefde..."
Droom weer oor onskuld... deur Theo Geyser 17.04.2023 14:03
"Die dissipels moes weer droom na die kruisiging. Hulle het van 'n ander koninkryk en Jesus gedroom as wat God aan hulle wou voorstel. Die goeie nuus na die opstanding was dat hulle weer begin droom het, en die keer is dit ongelooflik mooi en net soveel groter! Ons lewe is ook nie anders as die dissipels nie."
Liefde is die oog!... Opstandingsondag deur Frieda van den Heever 10.04.2023 16:00
"Jesus het nie gekies om te sterf nie. Jesus het gekies om aan te hou liefhê en dit het gelei tot sy dood. Liefde was die krag agter sy dood én sy opstanding. Die dood kan nie die liefde verteer nie. "...
Geskeur... Goeie Vrydag deur Theo Geyser 10.04.2023 19:03
"Ons kan nie praat van die dood van Jesus as ons nie praat oor sy lewe nie. Alles wat aan die kruis gebeur het, het reeds voor dit in sy lewe gebeur. Soms praat ons oor die kruis wat sy lewe voor die kruis heeltemal uitsluit. Dit hoor jy gereeld onder Christene. Dan is die boodskap van hierdie dag ‘n morele transaksie wat jou hemel toe neem en ongelukkig belowe hierdie dag vir ander mense wat nie...
Ontwapen... Palm Sondag deur Francois van der Merwe 03.04.2023 19:28
"No one needs a stallion for a journey with crucifixion at its end. For this purpose, a donkey is perfectly fine.” - Eleanor Trump
Hoe sê ek 'JA' wanneer my planne nie uitwerk nie?... met Frieda van den Heever 27.03.2023 17:31
"Hoe sê ek JA vir 'n lewe wat ek nie gekies het nie? Om JA te sê voel soms amper soos verraad teen die lewe wat ek geken het. Dis ‘n hartverskeurende keuse om elke dag opnuut te maak. En tog, om NEE te sê is erger. Om NEE te sê vir die lewe as die lewe nie uitwerk soos ek beplan het nie, is om JA te sê vir verwyt. Die woord “resentment” kom van die Frans: re (weer) en die Latynse sentire (om te vo...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.