Jacques Loots

InJesus Bybelstudie

Religion AF ↓ 228 episodes

n Bybelstudie reeks waarin die fokus op ons Here Jesus gerig is en Sy fantastiese volmaakte werk aan die kruis. Ons wil jou graag help om 'n ware dissipel te wees van Jesus, iemand wat Hom dupliseer, sodat jý Jesus kan wees vir 'n stukkende wêreld. Jy is welkom om ons dienste op 'n Sondag by te woon om 16:00 elke Sondag middag by 93 Parkland dr, Kempton Park

Author

Jacques Loots

Category

Religion

Podcast website

www.podomatic.com

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ep12 - Intimiteit met Jesus - Laat die Lam jou losmaak van Egipte 01.08.2025

Israel in Egipte is 'n pragtige beeld van God se verlossingsplan deur die Lam en die bloed van die Lam. Het jy geweet dat Israel was groter en magtiger as Egipte, maar tog was Israel hul slawe. Hoe is dit moontlik?

Ep11 - Intimiteit met Jesus 31.07.2025

Hoe vergewe God ons EN bly ter selfde tyd regverdig? Hy kan tog nie ons sondes onder die mat in vee en maak asof dit nooit gebeur het nie, en dit dan net "genade" noem nie. Hy sou 'n onregverdige regter wees as Hy dit sou doen.

Ep10 - Intimiteit met Jesus 30.07.2025

Hoe maak ek as sonde my probeer verhinder om na God te gaan? Ek kry skaam oor wat ek gedoen het en ek dink God is teleurgesteld. Kom luister wat sê God se Woord en hoe jy jou intimiteit met God kan beskerm .

Ep9 - Intimiteit met Jesus - Dis meer as net 'n boksie om af te tiek 29.07.2025

Ek kan nie God vir jou ken nie. Net jy kan dit doen. En dis soveel meer as net 'n boksie in ons gewete om af te tiek, dis absoluut awesome om met die Skepper en Almagtige God 'n intieme gesprek te hê waarin jy Hom kan vrae vra en Hy vir jou en jy Sy hart kan ervaar en leer ken. Dit is baie persoonlik en dis baie intens.

Ep8 - Intimiteit met Jesus 25.07.2025

II Kor 2:14 & 15 sê "MAAR God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. Want ons is 'n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan" Ons versprei 'n aangename geur van Jesus as gevolg van ons kennis van Hom, ons intimiteit met Hom.

Ep7 - Intimiteit met Jesus - Groei tot Sy volle grootte 24.07.2025

Ef 4:13 sê dit is moontlik om te groei tot die mate van die volle grootte van Christus. Wat 'n vooruitsig. Wat 'n doel! Dit klink vir my baie beter as om net rond te sit en te wag om eendag hemel toe te gaan.

Ep6 - Intimiteit met Jesus - "Volg My" 23.07.2025

In Matt 16:24 sê Jesus “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” Wat beteken dit?

Ep5 - Intimiteit met Jesus - Jou Genesis bloudruk 22.07.2025

As ons nie weet wat die doel en funksie van 'm spesifieke ding is nie, gaan ons daardie ding misbruik en heelwaarskynlik op 'n stadium breuk. So vandag kyk ons na ons Genesis bloudruk, waarvoor is ons geskep en waarvoor het Jesus vir ons gesterf, en hierdie twee dinge het baie meer met mekaar te doen as wat ons besef.

Ep4 - Intimiteit met Jesus - Wees intensioneel 18.07.2025

Om God te ken is intimiteit met Hom van kardinale belang.

Ep3 - Intimiteit met Jesus - Intimiteit is deel van die Nuwe Verbond 17.07.2025

In Hebreërs 8 vind ons die bewoording van die Nuwe Verbond, en in vers 11 sê God "En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle." Kom kyk saam met ons wat dit beteken.

Ep2 - Intimiteit met Jesus - Om Hom te ken 16.07.2025

Johannes 3:16 sê dat Jesus gekom het om vir ons ewige lewe te gee, en in Johannes 17:3 sê Jesus dat ewige lewe in die koninkryk is om Hom en God te ken. Maar wat beteken hierdie ken? Dit is glad nie blote intellektuele, kop kennis nie. Kom kyk saam met ons wat Jesus hier bedoel het.

Ep1 - Intimiteit met Jesus - Laat Hy jou waarde bepaal 15.07.2025

In Johannes 3:16 sê Jesus Hy het gekom om vir ons ewige lewe te gee. Wat is ewige lewe? In Johannes 17:3 sê Jesus dat ewige lewe is om God en Jesus te ken. Wow!

Ep8 - Bruid van Jesus - Een vlees met Hom 11.07.2025

Die kerk is uit Jesus gebou, soos wat Eva uit Adam gebou is, daarom is ons een vlees met Hom, want ons is vlees van Sy vlees, en been van Sy been. Wow!

Ep7 - Bruid van Jesus - Die kerk was nog altyd in Jesus 10.07.2025

Ef 5:32 "Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente." As Adam en Eva 'n tipe is van Christus en die gemeente, en Eva is eers binne in Adam geskep en toe uit hom uitgehaal, dan was die kerk nog altyd in Christus en toe uit Hom uitgehaal.

Ep6 - Bruid van Jesus - Een vlees in die huwelik 09.07.2025

Die Woord sê dat die vrou binne in Adam was en uit hom uit geneem is, en dan sê Adam, as hy vir Eva die eerste keer sien, sy is been van my gebeente en vlees van my vlees, en ons sal as een vlees leef. Baie min mense het vandag nog respek daarvoor dat ons, in 'n huwelik een vlees is, en nie maar net twee apparte mense in dieselfde huis nie.

Ep5 - Bruid van Jesus - Die vrou was in die man 08.07.2025

Ons is besig om te kyk na Ef 5:32 wat sê "Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente." Die verborgenheid wat hier na verwys word is dat die huwelik 'n tipe is van Jesus en die kerk. Maar waar het hierdie begin? Kom kyk saam met ons na wat die Woord sê.

Ep4 - Bruid van Jesus 04.07.2025

Moenie die tipe of voorbeeld van Jesus as jou Bruidegom mis of gering ag nie. Dis eintlik so beautiful.

Ep3 - Bruid van Jesus 03.07.2025

Jesus onderneem om jou te koester, te voed en te versorg soos wat Hy dit vir Homself doen.

Ep2 - Bruid van Jesus 02.07.2025

Ons is nie net die man en vrou in ons huwelike nie, ons as mans is 'n tipe van Jesus en vroue is 'n tipe van die gemeente. Dit verander alles!

Bruid van Jesus 01.07.2025

Deel van ons as wedergebore Christene se identiteit, is ons identiteit as bruid van Jesus. Kom reis saam met ons deur hierdie reeks en ontdek jou ware identiteit as bruid van Jesus. Dit gaan jou verhouding met Hom vir altyd verander!

Ep5 - God is GOED, en Hy wil vir jou GOED wees 26.06.2025

Ons moet seker maak dat ons weet wat is God se karakter. Ons moet leer om te onderskei wat is van God en wat is van die dief. Want die dief kan weerstaan word.

Ep1 - God is Goed, en Hy wil vir jou goed wees 25.06.2025

Ons gaan "Launch" vanaf ons nuwe perseel op 22 Junie. Kom geniet God se goedheid saam met ons.

Ep3 - God is Goed, en Hy wil vir JOU goed wees 25.06.2025

In Mattheus 7, hier van vers 9 af vra Jesus of daar 'n pa is wat vir sy kind 'n klip sal gee as hy vir hom 'n brood vra. Ons mag dalk dink dis effens van 'n snaakse vraag, wie sal tog so iets doen? Maar tog is dit hoe ons oor God dink.

Ep4 - God is GOED, en Hy wil vir jou GOED wees! 25.06.2025

Skande, is die skuldgevoel dat daar iets fundamenteel verkeerd is met jou, en dit is die rede hoekom baie mense sukkel om van God te ontvang. Adam en Eva het vyeblare geweef om hul skande weg te steek.

Ep2 - God is Goed, en Hy wil vir Jou Goed wees 20.06.2025

Meeste Christene sukkel met 2 fondamentele vrae: Is God REGTIG so goed? Sal Hy vir my goed wees? Kom reis saam met ons deur die hierdie reeks en kry jou vrae op hierdie antwoorde.

Listen to the InJesus Bybelstudie podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.