Jacques Loots

InJesus Bybelstudie

Religion AF ↓ 228 episodes

n Bybelstudie reeks waarin die fokus op ons Here Jesus gerig is en Sy fantastiese volmaakte werk aan die kruis. Ons wil jou graag help om 'n ware dissipel te wees van Jesus, iemand wat Hom dupliseer, sodat jý Jesus kan wees vir 'n stukkende wêreld. Jy is welkom om ons dienste op 'n Sondag by te woon om 16:00 elke Sondag middag by 93 Parkland dr, Kempton Park

Author

Jacques Loots

Category

Religion

Podcast website

www.podomatic.com

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ep5 - Jesus, Here van my Lewe 18.09.2025

Jesus wil nie jou Here wees sodat Hy jou kan manipuleer en beheer nie. Een van Sy groot begeertes is juis dat ons sal vry wees.

Ep4 - Jesus, Here van my Lewe 17.09.2025

Ek het al baie mense gehoor wat sê hulle die God op hulle manier, en Hy sal verstaan. Maar is JOU manier, GOD se manier?

Ep3 - Finansies in God se Koninkryk 16.09.2025

Nie elke manier van gee gaan 'n oes oplewer nie. Gee, is eerstens 'n saak van liefde, en dan ook, moet dit gebeur sonder dwang en hartseer.

Ep3 - Jesus, Here van my Lewe 12.09.2025

In Matt 16:24 sê Jesus "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg." Om jouself te verloën betek nie om jou hele persoonlikheid te verloor nie. Dit beteken eenvoudig om alles in jou lewe, ook jou persoonlikheid, onder Jesus se heerskappy te stel. Dit sal jou lewe verander

Ep2 - Jesus, Here van my lewe 11.09.2025

In Johannes 3:30 maak Johannes die doper hierdie kragtige stelling: "Hy (Jesus) moet meer word, maar ek minder" As ons net volgens hierdie stelling kan leef, sal ons kragtige dinge sien gebeur deur ons. #meerJesusminderek

Ep1 - Jesus, Here van my Lewe 10.09.2025

In Matt 16:24 staan "Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg." Die rede hoekom ons sukkel om Jesus te dupliseer, is omdat Hy nog nie Here is oor ons denke, woorde, finansies, optrede ens ens. nie. Ons moet op 'n plek kom waar ons besluit, Hy is Here "LORD" van alles in my lewe

Ep3 - Om God te ervaar 05.09.2025

Paulus skryf in Fil 3:10 dat hy alles skade ag "...sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding..." Om God en Jesus te ken, moet sentraal wees in ons lewens. Een van die maniere wat God gebruik om ons te help om Hom te leer ken, is die ontmoeting met Sy heerlikheid deur geloof.

Ep2 - Om God te ervaar 04.09.2025

In Markus 9:23 sê Jesus vir die pa van die maansiek seun "...as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo." Geloof is God se uitnodiging aan ons om Sy krag, Sy liefde en Sy heerlikheid te ervaar

Ep1 - Om God te ervaar 03.09.2025

Geloof is God se uitnodiging aan jou en my om Sy goedheid en liefde en krag te ervaar, sodat ons Hom meer intiem en intens kan ken, en Jesus het 'n baie duur prys betaal sodat ons Hom en die Vader kan ken.

Ep2 - Finansies in God se Koninkryk 02.09.2025

Dit maak nie saak hoeveel jy het om te gee nie, maar wat vir God belangrik is, is jy gewillig? Het jy 'n gewilligheid om te gee? Dit maak nie saak of dit net R1 is nie. Is jy gewillig om Hom te vertrou met daardie R1?

Hoe lyk dit in my Beloofde land - Ep6 29.08.2025

God se plan is NOOIT OOIT om jou te breek, te ontbloot of om jou te beskaam nie. Geloof is 'n uitnodiging om te sien wat Hy sien. I Kor 13:5 sê dat liefde nie sy eie belang soek nie. God is liefde, dus, soek God nie Sy eie belang nie. Wie se belang soek Hy dan? Joune!!

Hoe lyk dit in my Beloofde Land - Ep5 28.08.2025

God dink nie soos ons dink nie, en Hy sien nie wat ons sien nie. Ons moet leer om soos Hy te dink en te sien wat Hy sien, want dan sal ons nie so maklik benoud raak en al die onnodige vrae vra wat ons soms vra nie.

Hoe lyk dit in my Beloofde Land - Ep4 27.08.2025

Wanneer ons weerstand sien in ons lewens, moet ons leer om soos Jesus te dink. Ons moet leer om te sien wat Hy sien. En dis absoluut moontlik. Kom leer saam met ons.

Hoe lyk dit in my Beloofde Land - Ep3 22.08.2025

Moenie staat maak op wat jy sien en wat jy moontlik kan doen "om God so bietjie uit te help" nie! Wees sensitief genoeg om in geloof te beweeg wanneer Hy sê dis tyd om te beweeg, al lyk die omstandighede glad nie gunstig nie.

Hoe lyk dit in my Beloofde Land - Ep2 21.08.2025

Teenkanting en weerstand, moenie ons maatstaf wees of ons in die wil van God is, of nie. Die enigste maatstaf van Sy wil is Sy Woord en Sy beloftes.

Hoe lyk dit in die Beloofde Land? Ep1 20.08.2025

Gaan al die stêrre in 'n lyn wees en alles perfek lyk, sodat ek kan weet, dis nou die tyd om te begin beweeg? Heelwaarskeinlik nie. Die rivier mag dalk wal tot wal in vloed wees, maar is jy bereid om in geloof die eerste tree te gee? Want dit is wat geloof doen...

Ep1 - Finansies in God se Koninkryk 19.08.2025

Kol 1:13 sê dat ons oorgebring is uit die mag van die duisternis na die koninkryk van Jesus, dit beteken, as ons in 'n ander koninkryk is, moet ons sekerlik verstaan hoe werk finansies in hierdie koninkryk? Reis saam met ons en leer hoe kyk God na finansies.

Ep8 - Terwyl ek wag op my belofte - Roei ongeloof uit! 15.08.2025

Ongeloof het die Israeliete verhoed om die beloofde land in te neem. Maar waar kom geloof en ongeloof vandaan? Kom luister saam.

Ep7 - Terwyl ek wag op my belofte - Ongeloof verhinder Israel om in te gaan 14.08.2025

Israel was bang vir die reuse in die beloofde land, maar hulle skuil agter hulle vrees en noem dit wysheid. Maar God noem dit op die naam en hulle ongeloof verhoed 'n hele generasie om die beloofde land in te gaan. Ons moet ongeloof met hand-en-tand beveg in ons lewens!!

Ep6 - Terwyl ek wag op my belofte - Deel met Twyfel en Ongeloof 13.08.2025

Twyfel en Ongeloof kan en sal die beloftes van God neutraliseer in ons lewe en ons moet dit erken en ontwortel so gou as moontlik.

Ep5 - Terwyl ek wag op my belofte - Ons kry toegang tot genade deur geloof 12.08.2025

Genade is God se onverdiende voorsiening in alles wat ons mag nodig hê, maar genade is nie outomaties nie. Ons kry toegang tot God se genade deur geloof.

Ep4 - Terwyl ek wag op my belofte - God is met jou! 08.08.2025

Terwyl Josef alles behalwe sien wat hy in sy droom gesien het, behou hy onbeskryflike goeie karakter en inbors. En God is met hom, soveel so, dat sy Goddelose baas dit kan sien. Wat sou my en jou reaksie wees as ons die regte ding doen en ons word daarvoor in die tronk gegooi?

Ep3 - Terwyl ek wag op my beloftes - Moenie jou eie planne maak nie 07.08.2025

Koning Saul was baie ongeduldig, maar dit was nie sy ondergang nie. Hy kon nie verantwoordelikheid vat vir sy foute en om verskoning vra nie, maar het eerder ander blameer en verskonings probeer maak. Dit is nie God se hart nie.

Ep2 - Terwyl ek wag op my belofte - Wat is in my hart 06.08.2025

Toe Israel aan die voet van Sinai wag vir Moses wat op berg is, het hulle gevoel hy bly nou te lank weg na hulle sin, en iets kom uit hulle hart wat hulle moontlik nie eens geweet het is daar nie. Hulle vra Aaron om vir hulle 'n afgod te maak wat hulle kan aanbid. Wat kom uit ons harte te voorskyn wanneer ons voel ons beloftes realiseer nie?

Ep1 - Terwyl ek wag op my beloftes - God se Woord is Waarheid 05.08.2025

Terwyl jy wag op God se beloftes om te realiseer in jou lewe, onthou, moenie op jou gevoelens staatmaak nie. Jou gevoelens kan GLAD NIE vetrou word nie. Vertrou op God se Woord, want Sy Woord is waarheid, en waarheid kan nooit ooit verander nie!

Listen to the InJesus Bybelstudie podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.