Jacques Loots

InJesus Bybelstudie

Religion AF ↓ 228 episodes

n Bybelstudie reeks waarin die fokus op ons Here Jesus gerig is en Sy fantastiese volmaakte werk aan die kruis. Ons wil jou graag help om 'n ware dissipel te wees van Jesus, iemand wat Hom dupliseer, sodat jý Jesus kan wees vir 'n stukkende wêreld. Jy is welkom om ons dienste op 'n Sondag by te woon om 16:00 elke Sondag middag by 93 Parkland dr, Kempton Park

Author

Jacques Loots

Category

Religion

Podcast website

www.podomatic.com

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ep9 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid 05.11.2025

Jesus en die Vader se begeerte is dat jy Hulle sal ken, intiem en persoonlik vir jouself. Hulle wil hê dat jy Hulle stem sal hoor, dat jy sal sien wat Hulle doen en sal sê wat Hulle sê, want jy is so ingesteld op Christus IN jou. Hy is die werklike hoop, en Hy wil hê dat jy Hom sal ken!

Ep8 - Christus IN ons, die hoop op die heerlikheid 04.11.2025

Jy is die huis van die Here, nie die kerkgebou nie.

Ep7 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid 31.10.2025

Met wie identifiseer jy wanneer jy deur die evangelies lees? Jairus, of dalk die vrou wat aan bloedvloeiing gely het of dal die melaatse? Maar hulle was almal op daardie stadium nog sondaars, en ons is nie meer sondaars nie. Ons is wedergebore seuns van God, en die enigste seun van God in die evangelies, is Jesus. Daarom is Hy die enigste Een met wie ons kan identifiseer.

Ep6 - Christus in ons, die hoop op heerlikheid 29.10.2025

Alhoewel Jesus ten volle God was, het Hy geleef as 'n mens, het Hy gedoen wat Hy gedoen het as 'n mens, maar ten volle afhanklik van God. Sodat ons 'n voorbeeld kan hê om na te streef.

Ep5 - Christus in my, die hoop op heerlikheid 28.10.2025

Ons is ten volle toegerus om te doen waarvoor Jesus ons stuur, om die werke te doen wat Hy gedoen het, en selfs nog groter.

Ep4 - Christus in ons, die hoop op die heerlikheid 24.10.2025

Kol 2:9 en 10 sê die volgende "Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag"

Ep3 - Christus IN ons, die Hoop op heerlikheid 23.10.2025

Is dit wat ons tot nou toe beleef het al wat daar is, of is daar meer?

Ep2 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid 22.10.2025

Kom kyk saam met ons na wat beteken Bybelse "hoop" en wat is God se "heerlikheid" . Wat word daardeur bedoel en hoe gee dit lewe aan Kol 1:27 se betekenis as ons dit reg verstaan.

Ep1 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid 21.10.2025

Kol 1:27 sê vir ons die volgende: "God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe ryk die heerlikheid van hierdie misterie vir alle nasies is: Christus is in julle, die hoop op die heerlikheid " Hierdie misterie en belofte is iets waarvan die Ou Testamentiese helde net gedroom het, maar vir ons is dit 'n elke dag werklikheid... Christus is IN ons!

Ep10 - Die Potensiaal vd Woord 16.10.2025

PS 103:2 en 3 sê: "Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees," As ons Hom dan kan vertrou om AL ons sondes te vergewe, hoekom sukkel ons om Hom te vertrou om AL ons siektes te genees? Dit staan tog hier, in dieselfde sin?

Ep9 - Die Potensiaal vd Woord 15.10.2025

Die evangelie is altyd goeie nuus, en vandag deel ek met julle die goeie nuus dat die wanneer ons daarop gesteld is om ons aandag en fokus en geloof in die Woord te sit, ons kan seker wees van 'n 30, 60 en 100voudige vrug op die Saad vd Woord.

Ep8 - Die Potensiaal vd Woord 14.10.2025

Jesus sê in Markus 4:19 dat die begeerlikheid na ander dinge, kom en die Woord verstik en dit onvrugbaar maak. Watter ander dinge? Enige iets wat ons hart en fokus steel en nie die krag van die Woord bevestig in ons lewens nie

Ep7 - Die Potensiaal vd Woord 10.10.2025

In Markus 4:19 verduidelik Jesus vir ons 3 baie belangrike redes hoekom mense nie die honderdvoudige potensiaal van die Woord in hulle lewens ervaar nie. En nee, nie een van die drie is sonde nie...

Ep6 - Die Potensiaal vd Woord 09.10.2025

Hoekom lyk dit of God se Woord soms werk, en soms nie? Is Hy 'n aannemer van 'n persoon? Trek Hy soms mense voor, of kan ons nie altyd weet wat Sy wil is nie? In Markus 4:19 sê Jesus "maar die bekommernisse van hierdie lewe en die lokstem van die rykdom en die hunkering na allerhande goed verstik gou die woord, en dit bly sonder vrug." Kan die fout by ons wees?

Ep5 - Die Potensiaal vd Woord 08.10.2025

Ons is besig om in hierdie reeks te kyk na die gelykenis vd saaier, en vandag kyk ons na die rotsagtige grond. Of te wel, die hart wat die Woord met blydskap aanneem, maar wanneer verdrukking en vervolging kom as gevolg van die Woord, dan struikel hulle.

Ep5 - Finansies in God se Koninkryk 07.10.2025

Hy gee aan ons elkeen brood en saad. Brood om te eet en saad om te saai. Maar soms eet one ons saad ook.

Ep4 - Die Potensiaal vd Woord 03.10.2025

Wanneer Jesus begin om die gelykenis van die saaier te verduidelik, dan begin Hy daarmee dat die saad in die gelykenis, is die Woord van God. En dan sê Hy iets interessant, dat dit die bose was wat die saad kom steel het uit die eerste tipe hart, want daardie hart het nie die Woord verstaan nie.

Ep3 - Die Potensiaal vd Woord 02.10.2025

Jesus vergelyk Sy woorde met saad, en die saad van die Woord dra ALTYD die potensiaal vir 'n honderdvoudige opbrengs. In vandag se episode kyk ons na Mark 4:9 waar Jesus sê: "Wie ore het om te hoor, laat hom hoor" Wat bedoel Hy daarby?

Ep2 - Die Potensiaal vd Woord 01.10.2025

Wat beteken bekering vir 'n wedergebore seun of dogter van God. Want 'n wedergebore kind van God kan nie weer wedergebore word nie?

Ep1 - Die Potensiaal vd Woord 30.09.2025

In hierdie reeks begin ons hoofsaaklik kyk na Jesus se gelykenis vd saaier in Markus 4. En die vraag wat ons graag wil antwoord is "Hoekom ervaar ek iets anders as wat die Woord belowe?"

Ep9 - Jesus, Here van my Lewe 26.09.2025

Om 'n selfgesentreerde lewe te leef, is nie God se wil vir ons nie. Jesus sê ons moet ons self verloën, ons kruis opneem en Hom volg. Die dinge wat mense aanvang vandag om die fokus op hulle self te plaas, is skrikwekkend.

Ep8 - Jesus, Here van my Lewe 25.09.2025

Dis 'n daaglikse besluit om Jesus Here te maak. Nie Verlosser nie, maar my en jou Here, die Een wat ons lei en die Een wat ons volg, sodat ons werklike dissipels kan wees, seuns en dogters van God wat Jesus dupliseer.

Ep7 - Jesus, Here van my Lewe 24.09.2025

"...volg My" As Jesus Here van my en jou lewe is, dan moet ons Hom volg, ORAL waar Hy lei.

Ep4 - Finansies in God se Koninkryk 23.09.2025

II Kor 9:7 sê "Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem..." Ons moet self in ons eie gedagtes en hart besluit hoeveel ons wil gee. God het reeds die beginsel van saai en oes vasgestel, ook in ons finansies, MAAR, Hy los die besluit by my en jou oor hoeveel ons wil gee. Ons moet self voorneem in ons hart wat ons wil gee.

Ep6 - Jesus, Here van my Lewe 19.09.2025

In Matt 16:24 sê Jesus: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg" In vandag se episode kyk ons daarna wat dit beteken om jou kruis op te neem

Listen to the InJesus Bybelstudie podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.