Jacques Loots

InJesus Bybelstudie

Religion AF ↓ 228 episodes

n Bybelstudie reeks waarin die fokus op ons Here Jesus gerig is en Sy fantastiese volmaakte werk aan die kruis. Ons wil jou graag help om 'n ware dissipel te wees van Jesus, iemand wat Hom dupliseer, sodat jý Jesus kan wees vir 'n stukkende wêreld. Jy is welkom om ons dienste op 'n Sondag by te woon om 16:00 elke Sondag middag by 93 Parkland dr, Kempton Park

Author

Jacques Loots

Category

Religion

Podcast website

www.podomatic.com

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ep8 - Finansies in God se Koninkryk - Sy hart is 'n oes vir jou 27.01.2026

God se hart is om vir jou 'n oes te gee, maar ek en jy moet die eerste stap neem om te saai. Daar kan nie 'n oes wees sonder saad nie.

Omdat ek weet wie Hy is - Ep8 23.01.2026

As jy weet wie God werklik is en hoe Sy hart lyk, sal jy weet dat daar net een moontlike uitkoms vir jou uitdagings kan wees. Jy WEN!!

Omdat ek weet wie Hy is... Ep.7 21.01.2026

Die uitnodiging is om Hom te aanbid vir WIE Hy is, en nie vir wat Hy vir ons kan doen nie... Maar ons vlees skreeu daarteen en sê dis skynheiligheid.

Omdat ek weet wie Hy is - Ep.6 20.01.2026

God is liefde... Het jy al ooit gewonder oor die volle impak en betekenis hiervan? Hy probeer nie lief hê nie, Hy IS liefde.

Omdat ek weet wie Hy is - Ep5 16.01.2026

Moenie agter vrees wegkruip en dit "wysheid" noem nie. God noem dit ongeloof. As jy Hom egter ken, kan dit nie gebeur nie.

Omdat ek weet wie Hy is - Ep4 13.01.2026

In Filippense 3 maak Paulus hierdie kragtige deklerasie wanneer hy in vers 8 sê (en ek lees uit die 2020 vertaling) “Inderdaad reken ek alles as verlies, ter wille van die uitnemendheid daarvan om Christus Jesus, my Here, te ken.”  En dan gaan Hyverder in vers 10 met “sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding...”

Omdat ek weet wie Hy is... Ep3 09.01.2026

II Kor 3:18 sê "En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is." Om soos Hy te word is om Hom te aanskou.

Omdat ek weet wie Hy is - Ep2 07.01.2026

God wil jou vandag uitnooi om Hom die geleentheid te gee om jou identiteit en waarde te bepaal

Omdat ek weet wie Hy is... Ep.1 06.01.2026

Josh Baldwin sing 'n lied wat begin met "I know who I am 'cause I know who He is", en hierdie woorde het my so so diep in my hart getref, dat ek graag 'n paar gedagtes met julle wil deel rondom dit. Ek heg vir julle 'n link by vir die liedjie. Ek het aanvanklik die liedjie na my boodskap bygesit, maar Spotify is huilerig oor die "copy rights". https://youtu.be/O...

Immanuel, God met ons 16.12.2025

In Matt 1:23 verskyn die engel aan Josef in 'n droom, en hy sê vir hom die volgende: "Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons." Maar wat het dit Hom gekos om met ons te wees?

Ep6 - Hoe bly ek in Jesus? - Werp al jou bekommernis op Hom 11.12.2025

I Petr 5:7 sê ons moet al ons bekommernisse op Hom werp, WANT Hy sorg vir ons. Om te worry, is hoogmoed, want daardeur sê jy vir God "Ek sal hierdie een uit sort"

Ep5 - Hoe bly ek in Jesus? 'n Paar praktiese maniere 10.12.2025

Hier is net 'n paar praktiese dinge wat ek en Ina doen om ons konneksie met Hom sterk te hou.

Ep4 - Hoe bly ek in Jesus? - Begin so reken... 05.12.2025

Rom 6:11 sê "So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here." Die sleutel tot ons konneksie met ons nuwe wedergebore lewe is, "so moet julle ook reken" of te wel, so moet julle ook dink

Ep3 - Hoe bly ek in Jesus? - In Sy Woord is voorspoed 04.12.2025

Psalm 1 gee vir ons sulke awesome raad oor hoe om suksesvol te wees en wat sal gebeur as ons in Sy Woord, in Jesus sou bly.

Ep2 - Hoe bly ek in Jesus? - Behou jou konneksie met Sy Woord 03.12.2025

Ons het 'n verantwoordelikheid om ons konneksie met Jesus te behou. In Joh 15:5 sê Jesus self "Wie IN My bly, en Ek IN hom, hy sal veel vrug dra" Ons het 'n verantwoordelikheid om IN Hom te bly. Maar hoe lyk dit? Dit begin alles by Sy Woord. Ons moet ons konneksie met Sy Woord behou!

Ep1 - Hoe bly ek in Jesus? 27.11.2025

In Johannes 15:5 sê Jesus "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug..." Hoe lyk dit egter in die praktyk om in Jesus te bly? Of hoe lyk dit nie?

Ep7 - Finansies in God se Koninkryk - Toets God met jou tiende 26.11.2025

Mal 3:10 sê die Woord "Bring die volle tiende na die voorraadkamer sodat daar voedsel in my huis kan wees. Toets My hierin ,” sê die Here, Heerser oor alle magte, “of Ek nie vir julle die vensters van die hemel sal oopmaak en oorvloedige seën oor julle sal uitstort nie." God daag ons amper uit om Sy hart te toets, of dit GOED is of nie.

Ep6 - Finansies in God se Koninkryk - Tiende, Gee ek of betaal ek? En waar gee ek? 25.11.2025

Fianansies in God se Koninkryk bly maar 'n sensitiewe onderwerk. Kom ons kyk wat sê Mal 3:10 hieroor.

Ep16 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid 20.11.2025

“Jesus, met die volheid van die Godheid in Hom, is nou ook IN ons met daardie volheid, en Hierdie volheid van die Godheid IN ons, bring vir ons hoop, Hy bring vir ons die vaste versekering dat ons kan weet dat ons weet, dat ons die goedheid vanGod sal sien en beleef, in hierdie lewe.”

Ep15 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid 19.11.2025

Kol 2:9 & 10 in die 2020 vertaling maak hierdie merkwaardige stelling "Want in Hom woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik.  En in Hom, wat Hoof oor elke heerskappy en mag is, is julle met hierdie volheid vervul." Ons is vervul met die volheid van die Godheid!! Ek en jy het ALLES wat ons nodig het. Ons wag nie vir God om iets in ons lewens te doen nie, Hy wag vir ons. Hy het...

Ep14 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid 18.11.2025

Het jy al ooit gewonder wat het dit Hom gekos sodat Hy IN jou kan woon? II Kor 5:21 spel vir ons iets hiervan uit "Want Hy (Vader) het Hom (Jesus) wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom"

Ep13 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid 13.11.2025

Het jy al ooit daaroor nagedink... Hoe is dit moontlik dat 'n heilige God IN 'n mens kan leef, want dis tog wat Kol 1:27 sê "...Christus in ons, die hoop op die heerlikheid" Kom kyk saam met ons wat het Jesus vir ons beryk aan daai kruis...

Ep12 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid 12.11.2025

Jesus bid daai laaste aand voor Sy kruisiging in Joh 17:24 hierdie merkwaardige versoek "Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees..."

Ep11 - Christus IN ons, die hoop op die heerlikheid 11.11.2025

In Joh 17:21 bid Jesus hierdie merkwaardige woorde "dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het."

Ep10 - Christus IN ons, die hoop op heerlikheid 06.11.2025

Dis deur die liefde en eenheid tussen ons en Jesus, dat ons die moontlikheid het om Hom te kan ken. Wat in Hom is, vloei deur ons. Hy het ons lief, soos wat die Vader Hom lief het!!

Listen to the InJesus Bybelstudie podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.