Ernst J. van Zyl

In alle Ernst

Society EN ↓ 98 episodes

Die In alle Ernst-podsending bespreek onderwerpe soos identiteit, kultuur, gemeenskap, Suid-Afrika en meer in Afrikaans.

Author

Ernst J. van Zyl

Category

Society

Podcast website

InAlleErnst.podbean.com

Latest episode

Jun 24, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ep. 32 - Kultuur in Suid-Afrika – wat gaan onder die oppervlak aan? 06.10.2022

Ek bespreek van die lesse en insigte wat ek gekry het deur my Suid-Afrikaanse kultuurrreeks op my Conscious Caracal kanaal.

Ep. 31 - AfriForum hou wag, in ons dorpe en op die grense 06.10.2022

In hierdie episode bespreek ek AfriForum se grenswag inisiatiewe wat onlangs die hele land aan die praat gekry het.

Ep. 30 - Vryheid van uitdrukking: Die ou vlag is die eerste domino 06.10.2022

In hierdie episode bespreek ek waarom AfriForum se saak om die verbanning van die ou Suid-Afrikaanse vlag te appelleer noemenswaardig is, en waarom vryheid van uitdrukking so belangrik is.

Onderhoud 16: Reiner Duvenage | AfriForum keer R50 miljoen-skenking aan Kuba 06.10.2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum het hierdie week suksesvol ’n dringende interdik bekom om die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) te verhoed om R50 miljoen aan Kuba te skenk. AfriForum is verheug dat die hof te midde van ’n ernstige ekonomiese krisis in die organisasie se guns beslis het teen dié belaglike skenking. Hierdie interdik is deel van die eerste gedeelt...

Ep. 29 - Media se reaksie op AfriForum v Malema/EFF-hofsaak spreek boekdele 06.10.2022

In hierdie episode bespreek ek hoe die verwerplikste aspek van die AfriForum vs EFF “Kill the Boer”-saak sekerlik baie dele van Julius Malema se ontstellende getuienis onder eed was, die reaksies van die media en lede van die Suid-Afrikaanse rubriekskrywersgarde ’n verbasend sterk tweede plek ingeneem het.

Ep. 28 - Ramaforie en Zumafobie: Moenie geflous word deur ’n nuwe sondebok nie 06.10.2022

In hierdie episode bespreek Ernst die maak van nuwe sondebokke in die Ramaphosa-era, en evalueer President Ramaphosa se rekord sedert hy aan bewind gekom het.

Ep. 27 - ANC korrupsie: Moet nie val vir voortdurende vinger-wysery nie 06.10.2022

Ek bespreek krities en evalueer President Ramaphosa se onlangse bewering dat daar ‘n “persepsie” bestaan dat die ANC ‘n korrupte party is, maar dat dit nie waar is nie.

Ep. 26 - Die laer is nie ons permanente woning nie 06.10.2022

Ernst bespreek hoe dit ‘n natuurlike reaksie is om op die verdediging te gaan wanneer jou gesin of gemeenskap bedreig word, maar dat meeste verdedigingstrategieë nie permanente oplossings is nie.

Ep. 25 - Die noodsaaklikheid van beginselvastheid in stormagtige tye 06.10.2022

In hierdie episode bespreek ek die belangrikheid van om beginselvas te wees in stormagtige tye.

Ep. 24 - Herverdelende populisme óf versterking van eiendomsregte? Lesse uit die Suide 06.10.2022

Die beleid van onteiening sonder vergoeding, wat in 2018 aan die Suid-Afrikaanse parlement voorgelê is, het ’n vurige nasionale beleidsdebat ontketen wat in 2021 steeds in die middel van die nasie se politieke diskoers staan. In Suid-Afrika, en die Westerse wêreld in die algemeen, word die liberale demokratiese paradigma toenemend bevraagteken. Baie van hierdie uitdagings spruit uit ’n nuwe golf p...

Ep. 23 - Emigrasie en die Groot Bou 06.10.2022

In hierdie episode bespreek ek die onderwerp van emigreer uit Suid-Afrika, asook die planne vir die toekoms van diegene wat kies om te bly en te bou.

Ep. 22 - Suid-Afrika Onluste: Die ANC vermors nooit ’n krisis nie 06.10.2022

In hierdie episode gesels ek oor hoe ek reken die ANC die 2021 onluste en plundery gaan uitbuit om hul eie agenda te dien.

Ep. 21 - Die dag toe AfriForum met die Black Management Forum vergader het 06.10.2022

Ek bespreek AfriForum se deelname aan die Black Management Forum se paneelgesprek, hoekom Swart Ekonomiese Bemagtiging as beleid vernietigend en immoreel is, asook die lesse wat ek geleer het.

Onderhoud 15: Paul Maritz | Dis KapiTaal 06.10.2022

Ek gesels met my vriend Paul Maritz, die Bestuurder van Solidariteit Jeug en medeaanbieder van die Podlitiek podsending. Ons gesels oor hoe jou taal jou gemeenskap ryk maak en hoe taal kapitaal genereer.

Onderhoud 14: Alana Bailey | Moedertaalonderrig en Taalstryd 06.10.2022

Ek gesels met Alana Bailey, historiese navorser en adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum en Kraal Uitgewers, oor die belangrikheid van moedertaalonderrig, asook die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se appèl teen AfriForum se oorwinning met die saak vir die behoud van Afrikaans as volwaardige onderrigtaal by Unisa.

Ep. 20 - Mag: Hoe om die ANC te dekodeer, te beveg 06.10.2022

Soms kom mens nog mense teë wat sê hulle is in die war oor die ANC se beleidsvoorstelle. Hulle kan eenvoudig nie kop of stert uitmaak van hoekom die ANC so sterk aandring op beleide wat teen basiese ekonomiese beginsels, gesonde verstand en die werklikheid indruis. Ek het ’n eenvoudige praktiese reël gekry wat enigiemand sal help om sin te maak uit wat werklik die ANC se besluitneming rig en motiv...

Onderhoud 13: Hügo Krüger | Groen Propaganda 06.10.2022

Hügo keer terug as 'n gas op In alle Ernst. Hügo is 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek die propaganda en leuens rondom onderwerpe soos klimaatsverandering en groen energie, asook ware, volhoubare oplossings vir die toekoms.

Ep. 19 - Die lewe is ’n stryd, maar... 06.10.2022

Die lewe is vol gesukkel, maar dit beteken nie ons hoef sukkelaars te wees nie. Ons moet onsself veel eerder sien as stryders.

Onderhoud 12: Johan Nortje | AfriForum se Burgerregte-Indeks 06.10.2022

Ek gesels met Johan Nortje, 'n Navorser by AfriForum Navorsing oor hulle nuutste burgerregte-indeks se inhoud en bevindinge.

Ep. 18 - Gee vir Cyril wat hom toekom? 06.10.2022

Ek bespreek die ophoping van mislukkings vir die Ramaphosa administrasie, sprake vanaf die ANC van 'n belastingverhoging om entstowwe aan te koop, en die Nuwe Dagbrekers se groeiende verleentheid.

Onderhoud 11: Ruan Goosen | Wie is die Afrikaners? 06.10.2022

Ek bespreek die Afrikaner-kultuur met Ruan Goosen. Ons gesels oor die kultuur se hoof uitdagings in die 21ste eeu, asook Afrikanerkultuur se waardes, helde, geskiedenis, en simbole.

Ep. 17 - Moed is die entstof vir vrees en onsekerheid 06.10.2022

Moed is dus nie die afwesigheid van vrees nie maar eerder die houding dat iets anders meer werd is as dit. Bewaar en koester daardie brose vlammetjie van hoop in jou hart, want dit sal jou moed gee om staande te bly teen die storms wat woed daarbuite, sodat jy dapper kan leef vir die en vir dit waarvoor jy lief is. Hou moed, hou koers, behou jou geloof, dink vir jouself en dink vooruit.

Ep. 16 - Wag ons dalk tevergeefs vir die leier op ’n wit perd? 06.10.2022

Ek gesels oor leiers en leierskap in die Afrikaner gemeenskap in die 21ste Eeu.

Ep. 15 - Tweede Inperking: Die ANC Goederekultus (Deel 2) 06.10.2022

Ek bespreek hoe die ANC en sy goederekultusleier, president Cyril Ramaphosa, volhard met hulle goed gevestigde kontrolelys van rituele, en hoe die party in 2020 ’n tweede golf splinternuwe rituele aanvaar het.

Ep. 14 - #VoetsekANC en hoe om jou gemeenskap staatsbestand te maak 06.10.2022

Die aanpak van die uitdaging om jou gemeenskap staatsbestand te maak sal veel meer doen om die ANC se monopolie op mag af te water as 'n hutsmerk, aangesien staatsbestandheid beteken die regering se tentakels sukkel om jou gemeenskap binne te dring. So hoe bevorder jy staatsbestandheid in jou gemeenskap?

Listen to the In alle Ernst podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.