Ernst J. van Zyl

In alle Ernst

Society EN ↓ 98 episodes

Die In alle Ernst-podsending bespreek onderwerpe soos identiteit, kultuur, gemeenskap, Suid-Afrika en meer in Afrikaans.

Author

Ernst J. van Zyl

Category

Society

Podcast website

InAlleErnst.podbean.com

Latest episode

Jun 24, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ep. 72 - "Kill the Boer" is nie net 'n metafoor nie. Hier is die bewyse. 24.06.2026

Is die berugte "Kill the Boer"-dreunsang deur die leier van die Economic Freedom Fighters (EFF), Julius Malema, 'n letterlike oproep tot geweld, of "net 'n metafoor" soos sy verdedigers, insluitend president Cyril Ramaphosa, beweer? Ek het 'n groot hoeveelheid bewyse saamgestel om hierdie valse narratief te weerlê.   Verseker dat Julius Malema agter tralies beland. Besoek: https://www.artikels.afr...

Ep. 71 - Om te streef na “radikale normaliteit” 03.06.2026

Daar is onlangs 'n paar debatte rondom "die einde van normaal" vir Afrikaners. In hierdie episode tree ek egter in die bresse vir normaliteit in 'n abnormale land.

Ep. 70 - Die toekoms behoort aan die bouers, nie die hernoemers nie 05.05.2026

Die ANC-geleide regering se politieke foefie om vir Graaff-Reinet te hernoem na "Robert Sobukwe-dorp" het my weer herinner aan ’n ou gesegde: Diegene wat kan, doen. Ek reken ons kan dit gerus aanpas in ons tyd na: Diegene wat kan, bou, en diegene wat nie kan bou nie, hernoem.

Ep. 69 - Hoekom ontaard liberale demokrasieë in tirannieë? 15.04.2026

Ek bespreek Amerikaanse politieke analis en skrywer Auron MacIntyre se boek, The Total State (2024) se arguments oor hoekom soveel liberale demokrasieë ontaard in tirannieë.

Ep. 68 - In multikulturele politiek kraai identiteit steeds koning 18.02.2026

Ek bespreek hoe die vraag "Wie is ons?" gaan bepaal hoe die 21ste eeu gaan uitspeel in Suid-Afrika, vir die Afrikaners, asook in Amerika en Europa.

Ep. 67 - Is Amerika en Europa besig om te Suid-Afrikaniseer? 18.02.2026

Vele lande is besig om teken te toon van "Suid-Afrikanisasie". Hoe lyk Suid-Afrikanisasie egter as beleidsraamwerk in praktyk? Ek bespreek.

Ep. 66 - Hoe lyk die toekoms vir Afrikaners in Afrika? 29.01.2026

Regdeur die geskiedenis het vele al gedink die Boere se storie is verby: ná die Groot Trek, Bloedrivier, die Vryheidsoorloë, die Groot Depressie, en veral toe ons in 1994 beheer oor die staat verloor. Elke keer was dit “die einde”. Die doemprofete bly egter verkeerd. Ons is steeds hier. Hierdie episode se inhoud is ‘n aangepaste weergawe van my 2025 Geloftedag feesrede by die Bapsfontein Geloftefe...

Ep. 65 - Vir individue en volke is isolasie dikwels ’n keuse 26.01.2026

Een van die lotsbepalende faktore vir Afrikaners in die 21ste eeu gaan beslis wees hoe doeltreffend ons op groterwordende skaal organisasie- en gemeenskapsbouers gaan word. ’n Goeie voorbeeld van die vrugte wat gepluk kan word van organisasie- en gemeenskapsbou is die ontstaan en groei van AfriForum.

Ep. 64 - Die wêreld vind uit van polities ongerieflike feite oor Suid-Afrika 15.10.2025

Ek bespreek die groot deurbrake en vordering gemaak deur verskeie organiasies en individue in die aanhoudende stryd om die wêreld in te lig oor die waarheid rakende die Suid-Afrikaanse regering se korrupsie, mislukkings en menseregteskendings.

Ep. 63 - Ons is almal Charlie Kirk 23.09.2025

Ek bespreek die Amerikaanse kommentator en aktivis Charlie Kirk se nalatenskap, die implikasies van sy sluipmoord, asook hoe ons moet reageer op radikale linkse geweld.

Ep. 62 - Hoe Afrikaners organiseer in die 21ste eeu gaan ons toekoms bepaal 18.08.2025

Ek bespreek die gedagte dat hoe Afrikaners bymekaarkom, mekaar vind, en organiseer in die 21ste eeu gaan ons toekoms bepaal, die idee van die "Afrikaner gevaar," asook die feit dat hoe ‘n volk reageer op uitdagings hom definieer. Hierdie video is 'n verwerkte weergawe van my feesrede by die Bapsfontein Geloftefees in Garsfontein op Geloftedag 2024. 

Onderhoud 26: Koos Malan | Selfbeskikking, Transformatisme, en die staatsgodsdiens van Suid-Afrika 07.08.2025

Ek gesels met voormalige professor in Publieke Reg aan die Universiteit van Pretoria, konstitusionele juris, en skrywer Koos Malan oor selfbeskikking, Artikel 235 van die Suid-Afrikaanse grondwet, die"Kill the Boer"-uitspraak, en die vraag: Kan jy op die howe vertrou? Verder gesels ons oor Transformatisme, tirannie van die meerderheid, en die staatsgodsdiens van Suid-Afrika.

Ep. 61 - Trump-tariewe: Ramaphosa en ANC-geleide regering het droewig misluk 11.07.2025

President Donald Trump se tariefbom het hierdie week behoorlik gebars en hoewel die implementering daarvan vroeër met 90 dae opgeskort is om ruimte te laat vir onderhandelinge, het die ANC-geleide regering ’n kop-in-die-sand-benadering gevolg. Die implementering van ’n 30%-tarief op invoere na die VSA uit Suid-Afrika tree op 1 Augustus in werking en dit is duidelik dat Suid-Afrikaners nou die wran...

Ep. 60 - Afrikanervlugtelinge vlug vir meer as bloot wetgewing wat hulle teiken 11.07.2025

Onlangs het 49 Afrikanervlugtelinge se vertrek na die VSA ’n groot debat en bohaai ontketen. Naas simpatie en hartseer was daar ook ’n hewige porsie snedige grappies en opmerkings wat ten koste van hulle gemaak is. Ek wil sommige van hierdie opmerkings onder die loep neem, veral dié wat op moedswillige trant vra: “Waarvan wil julle dan nou eintlik vlug?” Hierdie doodgewone Afrikaners vlug waarskyn...

Ep. 59 - Die ANC se stryd teen Trump én realiteit 27.05.2025

Die ANC bestempel president Donald Trump se uitvoerende bevele, kritiek teen die Suid-Afrikaanse regering en die instelling van wederkerige tariewe as “martelend”. Dit dui daarop dat dié party geen immuniteit het teen skeptiese en ondersoekende internasionale aandag nie. ANC-kaders het gewoond geraak aan die rooi tapyt wat vir hulle uitgerol word, selfs al betrap hulle dit gereeld met modder.

Ep. 58 - Politici en die media se leuens oor Suid-Afrika 20.05.2025

In hierdie episode bespreek ek al die onderduimse taktieke en skaamtelose propaganda wat die Suid-Afrikaanse regering en hul aanvalshonde in die media gebruik het sedert president Donald Trump in Februarie 2025 hierdie rasmal regime in sy visier geplaas het.

Ep. 57 - Boodskap aan diegene wat steeds plaasmoorde ontken 09.05.2025

Hoekom is plaasmoorde die enigste geweldsmisdaad waar die slagoffers doodeenvoudig as leuenaars afgemaak word? Hoekom is plaasmoorde die enigste geweldsmisdaad waaroor joernaliste op sosiale media grappies maak? Ek opper hierdie en ander vrae.

Onderhoud 25: Paul Maritz | Die Christen, sy eiendom en identiteit 22.11.2024

Ek en Paul Maritz het onlangs gesels op die Begrond Instituut se podsending genaamd Vryspraak oor Christenskap en eiendom, identiteit, grond, kultuur, en meer.

Ep. 56 - Die doemprofete was verkeerd oor Afrikaans en Afrikaners 13.11.2024

Ek bespreek hoe Afrikaners in die 21ste eeu al die post-1994 doemprofete, wat die einde van Afrikaner kultuur en Afrikaans voorspel het, verkeerd bewys het.

Ep. 55 - “ʼn Boer maak ʼn plan” word internasionaal bekend 30.09.2024

Ek bespreek AfriForum se onlangse steunwerwingstoer in die VSA, hoe die buiteland begin kennis neem van Suid-Afrika se krisisse, asook die herontdekking van die Afrikaners deur die Weste. 

Ep. 54 - Afrikaners se nuwe internasionale reputasie 05.09.2024

Ek bespreek die nuwe, positiewe internasionale reputasie wat Afrikaners duidelik aan die verkry is oorsee. “’n Boer maak ’n plan” het internasionaal gegaan.

Ep. 53 - Afrikaners: Wie is ons? Waar kom ons vandaan? Waarheen is ons op pad? 21.06.2024

Ek bespreek die kernvrae van kulturele voortbestaan wat antwoorde vereis. Wie is ons? Waar kom ons vandaan? Waarheen is ons op pad?   Hierdie is ‘n verkorte weergawe van my 2023 feesrede by die Wilgefontein Geloftefees op die Greylingstad-Villierspad feesterrein.

Onderhoud 24: Professor Koos Malan | Die uithoeke van die Westerse beskawing 20.05.2024

Ek het 'n gesprek met professor Koos Malan oor sy meningstuk wat uiteensit hoe die Weste op alle fronte, veral aan sy periferie, onder beleg is.

Onderhoud 23: Werner Human | Die Afrikaner Verklaring 10.05.2024

Ek gesels met Werner Human, die Operasionele Hoof van die Solidariteit Beweging, oor die inhoud, storie, visie en missie van die Afrikaner Verklaring.

Ep 52 - Diversifiseer jou oplossingsportefeulje 07.05.2024

In hierdie episode verken ek die redes vir hoekom mense meer veelsydig oor oplossings moet dink en hoekom mens eenvoudige oplossings met 'n knippie sout moet neem.

Listen to the In alle Ernst podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.