Ernst J. van Zyl
In alle Ernst
Die In alle Ernst-podsending bespreek onderwerpe soos identiteit, kultuur, gemeenskap, Suid-Afrika en meer in Afrikaans.
Author
Ernst J. van Zyl
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 24, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Ep. 51 - Post-1994: Afrikaners word wéér organisasiebouers 24.04.2024 6:14
Ek bespreek hoe Afrikaners weer organisasiebouers in die 21ste eeu geword het (post-1994) , na 'n periode van staatsbouers wees onder apartheid. N.P. van Wyk Louw se skrywes oor Afrikaner kulltuurorganiasies word ook ontleed.
Ep. 50 - Weerstaan die verleidelike gemak van virtuele laers 17.04.2024 7:09
In hierdie episode is die onderwerp die aanlyn laers wat 'n groot gros Afrikaners na gevlug het om die gruwels and frustrasies van 21ste eeu Suid-Afrika te ontsnap.
Onderhoud 22: Professor Danie Goosen | Gemeenskap en plek, orde en chaos, Afrikaners se verlede en toekoms 10.04.2024 1:37:43
Ek gesels met Akademia se professor Danie Goosen oor onderwerpe soos gemeenskap, plek, kultuur, Afrikaners se verlede, hede en toekoms, en veel meer.
Ep. 49 - Dricus du Plessis: Die allemansheld 13.03.2024 5:52
Ek bespreek hoe Dricus du Plessis sy reputasie gevestig het as Jan Alleman se verteenwoordiger en held op die internasionale verhoog.
Onderhoud 21: Boermedia | Die noodsaaklikheid van ons eie alternatiewe media 12.03.2024 1:16:21
Ek gesels met Johan van der Merwe van Boermedia. Ons bespreek die noodsaaklikheid van alternatiewe media, Boermedia se visie en missie, die inligtingsera, saamstaan, saam bou, leierskap, eenheid onder Afrikaners, en meer.
Ep. 48 - Wat die hemelhoë TV-lisensiegeldontduikingskoers onthul oor die regering se blaf teenoor sy byt 05.03.2024 6:45
Ek bespreek die hemelhoë TV-lisensiegeldontduikingskoers wat net aanhou toeneem, en wat hierdie statistiek vir ons vertel van die regering se blad teenoor sy byt wat burgerlike nie-nakoming betref.
Ep. 47 - Die morele verval van plaasmoorde-ontkenning 19.12.2023 4:43
Hierdie week se onderwerp is die morele verval wat gepaard gaan met die ontkenning van plaasmoorde.
Ep. 46 - Afrikaners oorkom ook armoede: Die Helpmekaar-beweging 13.12.2023 10:54
Ek bespreek die geskiedenis van die Helpmekaar-beweging en hoe gemeenskapsinisiatiewe Afrikaners gehelp het om ekstreme armoede te ontsnap.
Onderhoud 20: Joost Strydom | Orania: Van dorp tot stad 06.12.2023 54:30
Ek gesels met Joost Strydom, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging en Oraniër, oor die belangrikheid van identiteit, Orania se beplande ontwikkeling van dorp na stad, Orania se verhouding met ons verlede, en meer.
Ep. 45 - ’n Boer in Boedapest 04.12.2023 8:11
Ek bespreek van die lesse wat Afrikaners kan leer by die Hongare gebaseer op my besoek aan Boedapest en wat ek daar gesien en ervaar het.
Ep. 44 - Saam kan ons veilige hawens teen die stormsee bou 17.08.2023 7:09
In hierdie episode bespreek ek hoe gemeenskappe prakties hulself kan beveilig teen wanorde en chaos.
Ep. 43 - Die ou orde vrees Afrikaners wat organiseer 19.07.2023 5:11
Ek bespreek die krag van saamstaan, ‘n gesonde kollektiewe selfbeeld, en hoekom die heersende orde van vandag hierdie vrees onder Afrikaners spesifiek.
Ep. 42 - Gerieflikheid is óók een van die duiwel se geliefde oorkussings 26.06.2023 5:56
Ek bespreek hoe baie mense hul vryhede prysgee vir gerieflikheid en gemak.
Ep. 41 - Gemeenskapsfederalisme as antwoord op staatsentralisme 08.06.2023 6:36
Ek bespreek die konsep van gemeenskapsfederalisme en hoe dit ’n werkbare toekomsplan op die tafel plaas vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika.
Ep. 40 - Om meer betrokke te raak in jou gemeenskap 25.05.2023 5:21
In hierdie episode bespreek ek groter gemeenskapsbetrokkenheid as ’n goeie en bereikbare Nuwejaarsvoorneme.
Ep. 39 - Moenie saam met die verafgoders van die Daad kniel nie 02.05.2023 4:54
In hierdie episode delf ek in N.P. van Wyk Louw se idee van die verafgoders van die Daad en verduidelik hoe dit relevant is tot vandag.
Ep. 38 - Ongeregtighede en verantwoordelikhede 10.03.2023 5:19
Ek bespreek hoe om ’n nugter perspektief te hê oor die onregverdighede van ons tyd in die konteks van ons geskiedenis.
Onderhoud 19: René van der Vyver | Die lewe van ’n jong Afrikaner in Afrika 01.03.2023 48:59
Ek gesels met René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug en trotse Afrikaner. Ons bespreek die sleuteluitdagings wat jong Afrikaners vandag in die gesig staar, wat AfriForum Jeug doen, die belangrikheid van moedertaalonderrig, Afrikaanse studente wat geteiken en uitgesluit word by die Universiteit Stellenbosch (US), Noordwes Universiteit (NWU) / Pukke se onlangse rasse-uitsluitingskandaal...
Ep. 37 - Instandhouding en bewaring as deugde 23.02.2023 4:49
Ek bespreek hoe instandhouding en bewaring as deugde beskou moet word.
Ep. 36 - Bou, plant en skep self 07.02.2023 6:15
Deur jou Godgegewe talente en behoefte om te skep, te plant en te bou ten volle uit te leef en te gebruik, lewe jy tot eer van God en tot voordeel van jou geliefdes en gemeenskap.
Ep. 35 - Wat is Suid-Afrikanisering? 15.11.2022 8:52
Suid-Afrikanisering is ’n koers wat ’n land inslaan, wat ’n skadelike gevolg is van ’n bepaalde kombinasie van faktore eerder as van enige van hierdie faktore op sigself. Hierdie kwaal raak nie net Suid-Afrika nie maar het reeds, soos ’n vernietigende virus, ook na talle ontwikkelde lande versprei, veral in die Weste. Watter kombinasie van faktore is nodig om hierdie infeksie te diagnoseer? Ek ver...
Onderhoud 18: Professor Koos Malan | Grondwetlike wanorde 06.10.2022 48:56
Ek gesels met Professor Koos Malan, Professor in Publiekreg by die Universiteit van Pretoria en die skrywer van There Is No Supreme Constitution. On gesels oor die huidige politieke en grondwetlike orde in Suid-Afrika en waarnatoe dit op pad is.
Ep. 34 - Die geheim van lewe onder en ná die ANC 06.10.2022 7:19
Ek verduidelik hoe AfriForum en die Solidariteit Beweging die geheim ontdek het tot lewe onder en ná die ANC.
Ep. 33 - Diskriminasie teen minderhede in Suid-Afrika 06.10.2022 7:38
Ek bespreek die inhoud van die nuutste Die Wêreld Moet Weet verslag wat ek vir AfriForum geskryf het. Die 2022-verslag poog om nuwe wetgewing, gevalle en beleide te dokumenteer wat met die vervolging van minderhede in Suid-Afrika verband hou en wat in werking gestel of voorgestel is, of plaasgevind het sedert die verskyning van die eerste verslag in 2020.
Onderhoud 17: Flip Buys | Die pad na selfbestuur 06.10.2022 37:49
Ek gesels met Flip Buys, Voorsitter van die Solidariteit Beweging, oor die inhoud van sy boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur. Ons bespreek ook die pad vorentoe vir Afrikaners, hoe om oor oplossings te dink, federalisme en hoe om staatsbestand te wees.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.