Ernst J. van Zyl
In alle Ernst
Die In alle Ernst-podsending bespreek onderwerpe soos identiteit, kultuur, gemeenskap, Suid-Afrika en meer in Afrikaans.
Author
Ernst J. van Zyl
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 24, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Onderhoud 10: Carien Bloem | Belangrikheid van Moedertaalonderrig 06.10.2022 24:11
Ek gesels met Carien Bloem, bestuurder vir onderwyssake by AfriForum, oor hoekom moedertaalonderrig belagrik is, en wat tans gedoen word om dit te bevorder.
Ep. 13 - Die saak ten gunste van Kommunitarisme 06.10.2022 9:07
In hierdie episode bespreek ek die saak ten gunste van Kommunitarisme, 'n wêrelduitkyk met die gemeenskap as kern, eerder as die individu.
Onderhoud 9: Alana Bailey | Afrikaans sal bly! (Unisa) 06.10.2022 24:03
Ek gesels met Alana Bailey, historiese navorser en adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum en Kraal Uitgewers, oor AfriForum se oorwinning met die Hoogste Hof van Appèl saak vir die behoud van Afrikaans as volwaardige onderrigtaal by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).
Onderhoud 8: Hügo Krüger | Wat sê die COVID-19 kenners? 06.10.2022 26:08
Hügo verskyn weer op In alle Ernst om oor COVID-19 te gesels. Hügo is 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek wat in die tussentyd gebeur het sedert ons laas gesels het, die nuutste statistiek, teorieë, nuus, wat die kenners sê, en meer.
Onderhoud 7: Steve Hofmeyr | Die Smeltkroes van ’n krisis 06.10.2022 34:59
Ek gesels met Steve Hofmeyr oor die krisis waarin Suid-Afrika en Afrikaners hulself tans vind. Ons bespreek groepskuld, die verlede, hoekom protesliedere so kragtog is, en meer.
Onderhoud 6: Hügo Krüger | Wat het ons sover geleer oor COVID-19? 06.10.2022 24:35
Hügo keer terug as 'n gas op In alle Ernst. Hügo is 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek wat in die tussentyd gebeur het sedert ons laas gesels het, die nuutste statistiek, teorieë, nuus, wat die kenners sê, en meer.
Onderhoud 5: André (Onrehabiliteerbare Afrikaner) | Digters en Digkuns 06.10.2022 22:54
Ek gesels met André, anders bekend as Onrehabiliteerbare Afrikaner op Twitter, oor sy nuwe Afrikaanse digbundel, hoe skryf terapeuties kan wees, hoe die gewone persoon sy gemeenskap kan ondersteun en help gedurende die staat van inperking, en meer.
Onderhoud 4: Ruan Goosen | Die ekonomiese gevolge van die staat van inperking 06.10.2022 24:46
Ek gesels met Ruan Goosen, die aanbieder van die Goosenomics Podsending en Ekonomie Student (Meesters), oor wat die staat van inperking se invloed op die Suid-Afrkaanse ekonomie kan of gaan wees.
Onderhoud 3: Ernst Roets | Staat van inperking verleng 06.10.2022 22:40
Die staat van inperking en grendelstaat in Suid-Afrika is onlangs met 'n verdere 2 weke verleng. Ek gesels met AfrForum se Hoof van Beleid en Aksie, Ernst Roets, oor AfriForum se standpunt rakende die verlenging, asook wat hy reken die gewone persoon kan doen om by te dra tot sy gemeenskap in hierdie tyd.
Onderhoud 2: Dirk Hermann | Solidariteit Beweging Noodfonds 06.10.2022 25:21
Die Solidariteit Beweging het 'n noodfonds in die lewe geroep om die maatskaplike nood wat as gevolg van die Covid-19-krisis gaan ontstaan, te verlig. Die noodfonds word onder meer ondersteun deur AfriForum, die vakbond Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand en die FAK. Ek gesels met Dirk Hermann, bestuurshoof by Solidariteit, oor die noodfonds, gemeenskapswaardes, en Afrikaners se geskiedenis v...
Onderhoud 1: Hügo Krüger | Beste beleidsmedisyne vir Covid-19? 06.10.2022 27:14
In die eerste In alle Ernst onderhoud, gesels ek met Hügo Krüger, 'n Suid-Afrikaner wat tans bly in Frankryk en self COVID-19 gehad en oorwin het. Ons bespreek beleidsverskille tussen Frankryk en Suid-Afrika, asook wat Hügo reken die beste beleids- en persoonlike benadering tot die virus beveg is.
Ep. 12 - Wit skuld en erfsonde 06.10.2022 8:47
Vir my as ’n jong Afrikaner in Suid-Afrika steek dit dwars in die krop om ’n sondebok vir ander te wees, wat gewillig geoffer mag word op die altaar van sosiale geregtigheid, met historiese groepskuld as verskoning.
Ep. 11 - Koronavirus: Wat jy moet weet 06.10.2022 6:15
Die wêreld is tans in rep en roer oor die Korona virus, of COVID-19, wat vinnig besig is om oral te versprei. Wêreldgesondheidsorganisasie het reeds die virus ‘n globale pandemie verklaar en toilet papier word min soos mense paniekerig hulle spense volmaak en regmaak vir die ergste. Maar hoe ernstig is die virus rêrig? Watse gevare is werklik, en watter is slegs in ons verbeelding?
Ep. 10 - Wat is die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR)? 06.10.2022 5:37
Die ANC definieer sy agenda amptelik as die Nasionale Demokratiese Revolusie of NDR. Maar wat is die Nasionale Demokratiese Revolusie? En hoekom is hierdie konsep vandag meer relevant en insiggewend as ooit?
Ep. 9 - Is Suid-Afrika die volgende Zimbabwe? 06.10.2022 11:32
Baie mense glo dat Suid-Afrika op ‘n glybaan na ‘n Zimbabwe scenerio is. Daar bestaan beslis ooreenkomste tussen die twee lande en hul regerende partye. Maar hoe akkuraat is hierdie vergelyking? In hierdie episode bespreek ek die 30 verskille tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, wat in Flip Buys se 2019 boek, Die Pad na Selfbestuur, uiteengesit word.
Ep. 8 - Vryheid van spraak 06.10.2022 6:06
In hierdie episode bespreek ek hoekom vryheid van spraak jou belangrikste reg is, asook hoe dit vandag bedreig word. Hoë profiel figure wat die ontneming van 'n platform en sensorskap van diegene wat hulle nie meer saamstem nie ondersteun en toejuig word ook bespreek.
Ep. 7 - Die ANC goederekultus 06.10.2022 6:38
In die eerste episode van 2020 gesels ek oor wat 'n goederekultus is en die ooreenkomste tussen die ANC regering en sulke goederekultusse.
Ep. 6 - Andrew Breitbart se 13 reëls 06.10.2022 9:35
Ek het hierdie jaar Andrew Breitbart se boek, Righteous Indignation, gelees en dit baie insiggewend en vermaaklik gevind. In hierdie episode word Breitbart se 13 reëls bespreek vir enige persoon wat die stryd betree teen die hoofstroom media en teen die heersende zeitgeist wat ver na links geruk het. “Ek hou van baklei vir dit waarin ek glo. En ek hou daarvan om pret te hê terwyl ek dit doen.”
Ep. 5 - Suid-Afrika benodig patriotte 06.10.2022 7:20
In episode 5 van In alle Ernst word die idees van leierskap, patriotisme en beginselvastheid ondersoek en bespreek. Suid-Afrika kort patriotte, maar wat beteken dit om een te wees?
Ep. 4 - Wat beteken Links en Regs op die politieke spektrum? 06.10.2022 6:28
In hierdie episode gesels Ernst van Zyl oor die politieke terme "Links" en "Regs". Daar word dieper gedelf in wat hierdie terme beteken, die geskiedenis daarvan, asook voorbeelde van elk.
Ep. 3 - Wat is Alternatiewe Media? 06.10.2022 6:10
In hierdie episode gesels ek oor wat “alternatiewe media” is, asook die impak van die internet in die informasie era.
Ep. 2 - Wat is die NGV en hoekom moet jy omgee? 06.10.2022 6:18
In hierdie episode bespreek ek wat die NGV (Nasionale Gesondheidsversekering) behels, asook die ANC se deurlopende omgekeerde Midas-aanraking wat die bestuur van staatsbeheerde ondernemings betref.
Ep. 1 - Die wêreld is mal 06.10.2022 6:03
In die inleidings episode van die In alle Ernst podsending kyk ek na die wêreld rondom ons en verduidelik hoekom dit dalk nie so mal en chaoties is soos dit partykeer voorkom nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.