RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 717 episodes

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

18 Mar 2012 18.03.2012

Wat veroorsaak die brand in ‘n rissie? Hoe hou ‘n vliegtuig se vlerke so ‘n swaar voorwerp in die lug? En hoe werk die kloningsproses?

11 Mar 2012 11.03.2012

Het jy al gehoor van visgrate in ‘n pou se boud? Wat veroorsaaak kleurblindheid? En is die aarde besig om al stadiger om sy eie as te roteer?

4 Mar 2012 04.03.2012

Hoekom kan ‘n mens jouself nie kielie nie? Is die sand van die Sandveld besig om sagter te word? Waarom dou dit saans op sekere voorwerpe, terwyl ander droog bly? En waarom kry sekere waterbronne, veral in die Wes-Kaap, in die somermaande ‘n vreemde reuk?

26 Feb 2012 26.02.2012

Kan ‘n mens werklik ondergrondse water met ‘n mikstok opspoor? Wat behels spesiasie in die diereryk? Hoekom lyk die son en die maan groter by opkoms as wat dit later in die dag of nag lyk?

19 Feb 2012 19.02.2012

Hoekom maak insekte gebruik van kamoeflering, advertensie en nabootsing? Hoeveel vlieë moet ‘n akkedis op een dag vang om te oorleef? En hoekom het Suid-Afrika nie olie nie?

12 Feb 2012 12.02.2012

Hoekom het mense nie van nature blou of groen hare nie? Hoekom tref ‘n mens duisendpote in die huis aan, en hoe kan ‘n mens van hulle ontslae raak? Is ‘n likkewaan ‘n akkedis?

5 Feb 2012 05.02.2012

Hoekom gaap ‘n mens as jy vaak of verveeld is? En is dit aansteeklik? Wat is die verskil tussen stabiele en onstabiele lug? En dan het ‘n luisteraar ‘n gesteente langs die Vaalrivier opgetel wat lyk soos ‘n versteende mond met tande.

29 Jan 2012 29.01.2012

Volgens ‘n ruimtefoto is daar ‘n meteorietkrater in Noordwes. Kan dit wees? Is daar enige verwantskap tussen dinosouriërs en voëls? En wat veroorsaak soms ‘n sirkel om die son?

22 Jan 2012 22.01.2012

Hoe werk swaartekrag? Waarom kan bye nie oor ‘n groot wateroppervlak vlieg nie? Wat veroorsaak dat Teflon aan ‘n pan vaskleef? En was die vulkaniese uitbarsting van Krakatoa dalk daarvoor verantwoordelik dat die Israeliete droogvoets deur die Rooi See kon trek?

15 Jan 2012 15.01.2012

Hoekom ruis ‘n ketel sodra die water begin warm word? Is gruisgroewe ‘n bedreiging vir fossiel-navorsing, of kan die twee mekaar aanvul? En hoekom bly aartappels en patats langer warm as ander kossoorte in dieselfde bak?

8 Jan 2012 08.01.2012

Watter paddaspesie se paddavissies is deurskynend? Kan 'n by aangeklam raak van sjerrie? En hoekom raak slange nie aggressief wanneer daar foto’s van hulle geneem word nie?

1 Jan 2012 01.01.2012

Hoe groot is ‘n voorstedelike mier-kolonie? Hoekom neem kat- en hondehare so lank om afgebreek te word? Loop ‘n skilpad gevaar om te veel water te verloor as ‘n mens hom knaend optel? En aan watter familie behoort ‘n metaalkleurige muskiet?

18 Dec 2011 18.12.2011

Kan dit reën sonder dat daar ‘n koue of ‘n warm front teenwoordig is? Wat veroorsaak ‘n onderstebo reënboog? En hoe het die kruis en dwars strepe in die veld ontstaan wat ‘n mens noord van Carnavon uit die lug sien? Die gaste is Bennie Schloms en Piet Eloff.

11 Dec 2011 11.12.2011

Wat veroorsaak die brul-geluid wat sandduine in die Noord-Kaap maak? En kom hierdie verskynsel slegs daar voor? Dan wil ‘n luisteraar ook weet hoe vertolk ‘n mens die lyne wat isobare op weerkaarte aandui? En hoe verskil dit van kontoerlyne op ‘n kaart?

4 Dec 2011 04.12.2011

Hoekom het dinosourusse sulke lang nekke gehad? En hoe het hulle harte dit reg gekry om die brein van bloed te voorsien? Dan wil ‘n luisteraar ook weet hoekom stink die blomme van sekere plante so erg?

27 Nov 2011 27.11.2011

Die diversiteit wat oor die eeue op die aarde voorgekom het, en vandag steeds voorkom, is die direkte uitvloeisel van aardverwarming hetsy natuurlik of mensgemaak. So sê professore LeFras Mouton en Henk Geertsema, asook die ekoloog, Dave Pepler.

2 Oct 2011 02.10.2011

Waar sit ‘n hoender se piep? Wat is ‘n huidjie-eenderm? En kan ‘n mens slange ruik?

Listen to the Hoe verklaar jy dit? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.