RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 717 episodes

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

2 Jun 2013 02.06.2013

Hoekom sien ‘n mens deesdae so baie kwikstertjies met een misvormde pootjie? Hoe kry reënpaddas langs die dorre Kaapse en Namibiese Weskus dit reg om te oorleef sonder water? En hoe kry miere dit reg om iets soos ‘n koringkriek of ‘n skerpioen by die klein gaatjie van hulle nes in te dra?

26 May 2013 26.05.2013

Kan die kole van wingerdstokke wat met onkruid- en insekdoder behandel is, skadelik wees as ‘n mens daarmee vleis braai? Hoe akkuraat is die meting van afstande in die ruimte met behulp van teleskope? En hoekom word daar gesê die Wes-Kaap het ‘n Meditereense klimaat as dit so ver van die Middelandse see geleë is?

19 May 2013 19.05.2013

Waaruit bestaan kameelperde se horings en hoekom is daar klossies hare aan sommige se horings? Wat sou die oorsaak wees van ‘n kring om die son en twee ronde kolle weerskante daarvan, wat ‘n luisteraar in Thailand waargeneem het? En wat is die verband tussen tyd en ruimte?

12 May 2013 12.05.2013

Hoekom word die aarde nie groter as die vastelande uitmekaar beweeg nie? Hoe ver beweeg ons per dag deur die ruimte as die aarde om sy eie as beweeg? En op grond waarvan is die Suid-Afrikaanse geoloog, Alexander du Toit, vroeg in die vorige eeu internasionaal vereer?

5 May 2013 05.05.2013

Hoekom is daar ‘n afname in die voëlbevolking in stedelike gebiede? Wat veroorsaak die kleurverskil tussen nat en droë grond? En wat is die verskil tussen weerverskynsels soos tropiese siklone, tifone, tornado’s en orkane?

21 Apr 2013 21.04.2013

Hoekom dolwe olyflysters potplante se grond so om? As die mens die meeste van sy hare deur evolusie verloor het, wat is dan die funksie van die oorblywende hare? En is dit normaal om seemeeue kilometers van die see aan te tref?

14 Apr 2013 14.04.2013

Watter skilpadspesie in Suid-Afrika is die kleinste? Hoe sal die kleintjies van ‘n Albino-ystervark en ‘n gewone ystervark lyk? En LED-ligte is daarvoor bekend dit baie min krag gebruik. Hoekom word dit dan nie meer algemeen in Suid-Afrika gebruik nie?

7 Apr 2013 07.04.2013

Is dit waar dat kamele die enigste soogdiere is waarvan die rooibloedselle oor selkerne beskik? Hoe veilig is Suid-Afrika se waterbronne vir stappers? En wat is die verskil tussen die weerverskynsels El Niño en La Niña?

31 Mar 2013 31.03.2013

Wat veroorsaak stroke seewater van verskillende kleure, wat klaarblyklik nie meng nie? Is die pas afgelope warm, droë somer in die suidweste van Namibië die gevolg van El Niño? En is die Amerikaanse vlag wat in 1969 op die maan geplant is steeds daar?

24 Mar 2013 24.03.2013

As dit waar is dat die mens eeue gelede ‘n harige pels gehad het, hoekom het hy dit verloor? Watter gevare hou die voer van wilde diere, waaronder ‘n dassie-kolonie op Mosselbaai, vir mens en dier in? En wat vreet ‘n baba-bidsprinkaan?

17 Mar 2013 17.03.2013

Hoekom het olifante vandag so min hare, terwyl mammoete se lywe met hare bedek was? Het nuwe navorsing oor miere intussen nuwe lig gewerp op Eugéne Marais se bevindings in sy veel geroemde Die siel van die mier. En waaruit bestaan die dieet van berg-gorillas?

10 Mar 2013 10.03.2013

As die afstand tussen die aarde en die son die hele dag dieselfde is, hoekom word dit dan koeler teen sononder? Hoe oorleef verkleurmannetjies in uiterste koue op plekke soos Sutherland? En watter bestanddeel in aspersies veroorsaak die kenmerkende skerp reuk in urine?

3 Mar 2013 03.03.2013

Hoekom verander die toonhoogte van die geluid wat ‘n metaallepel maak wanneer jy suiker in ‘n glashouer met warm water inroer? Kan ‘n skilpad vanself weer op sy voete kom as hy op sy dop beland het? Dit gebeur gereeld dat wolkmassas uit Botswana oor die Noord-Kaap inbeweeg, maar dan swaai dit Ooswaarts weg sonder om te reën. Hoekom?

24 Feb 2013 24.02.2013

Hoe ontstaan fossielbrandstof? En is daar werklik olie in Suid-Afrika of slegs aardgas? Waar kom al die mites oor veral roofvoëls vandaan? En hoekom verskil die klimaat tussen ‘n dorp aan die Suid-Afrikaanse weskus so drasties van ‘n dorp aan die ooskus, hoewel albei op dieselfde breedtegraad lê?

3 Jun 2012 03.06.2012

Maak die lang paringsproses van sekere soogdiere, soos wildehonde, hulle nie kwesbaar teen aanvalle van ander roofdiere nie? Hoekom krimp sekere materiale wanneer dit verhit word? Kan die reikwydte van afstandbeheer-toestelle verhoog word deur dit teen jou kop te hou? En waarom word sekere oorgangsfossiele steeds vermis? Dié vrae word beantwoord deur prof. Hendrik Geyer en dr Jurie van den Heever.

27 May 2012 27.05.2012

Wat is volhoubaarheid uit ‘n bewaringsoogpunt? Kan ‘n mens ‘n ligstraal deur ‘n geitjie se ore waarneem? Wat is ‘n sweepspinnekop?

20 May 2012 20.05.2012

Is die Chinese die talrykste en mees verspreide bevolkingsgroep in die wêreld en het hulle dieet iets daarmee te doen? Hoe kry die tingerige huiskriek dit reg om so hard te raas? Wat veroorsaak 'n verharding in papino's? En dan word daar ook gesels oor luisteraarsreaksie op die versoek dat hulle moet laat weet of hulle al gesien het dat kraaie lammers se oë uitpik.

13 May 2012 13.05.2012

Watter nut hou duur navorsing oor versonke stede en lewe in die ruimte vir die mensdom in? Hoe rym die koue winters in die noordelike halfrond met aardverwarming? Is die maan ‘n primêre of sekondêre ligbron? En hoekom voel 15º Celsius in die dag kouer as 15º in die nag?

6 May 2012 06.05.2012

Kan mense, veral vissermanne, uit seevoëls se gedrag agterkom of daar ‘n weersverandering aan die kom is? Is die jarraboom ‘n bloekomsoort? Watter harde houtsoorte word in Suider-Afrika aangetref?

29 Apr 2012 29.04.2012

Is daar paddas wat teen ‘n muur kan uit klouter? Hoe lank kan brulpaddas tydens droogtes onder die grond oorleef? Kan diere oor ‘n gestorwe maat rou?

22 Apr 2012 22.04.2012

Watter gevaar hou windturbines vir voëls in? En wat van vlêrmuise wat oor eggo-lokasie beskik? Sal voëls verkleurmannetjies se oë uitpik? En is daar tasbare bewyse dat kraaie lammers se oë uitpik?

15 Apr 2012 15.04.2012

Kan ‘n mens omlope kry deur te veel te was? Is mense met blou oë se sig swakker as dié met bruin oë? Kan ‘n mens lig met behulp van spieëls versterk? Kan die magneetvelde by die pole verantwoordelik wees vir ‘n verhoogde voorkoms van kanker?

8 Apr 2012 08.04.2012

Hoekom bly boomstamme vir jare behoue nadat daar ‘n groot opgaardam om hulle gebou is? Is die feit dat bloekombome al hulle bas in die herfs verloor ‘n teken van ‘n goeie reënjaar? En watter tekens is daar in die natuur dat daar ‘n weer- of klimaatsverandering in aantog is?

1 Apr 2012 01.04.2012

Indien twee giftige slange baklei en mekaar raak pik, sal hulle vrek van die gif? Waar kom die uitheemse perdebye vandaan wat tans so ‘n groot bedreiging vir ons inheemse heuningbye inhou? En hoekom is Australië se inheemse diere so uniek?

25 Mar 2012 25.03.2012

Kan voëls agteruit beweeg? Hoekom sing kanaries nie wanneer hulle verveer nie? Kwaak paddas dwarsdeur die jaar? Hoekom trek die witgatskoenlapper tydens die somer altyd ooswaarts?

Listen to the Hoe verklaar jy dit? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.