Deon Loots

Gedagtes oor dissipelskap

Religion AF ↓ 196 episodes

Ek wissel hier gedagtes oor my verstaan van waaroor dit werklik gaan in Bybelse dissipelskap. Ongelukkig is daar baie verskillende en soms verwarrende gedagtes daaroor. Daarom probeer ek meer klaarheid gee waaroor dit in werklikheid na my mening gaan.

Author

Deon Loots

Category

Religion

Podcast website

podcasters.spotify.com

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Episode 46 - God belowe dat Hy jou nie in die steek sal laat nie. 28.08.2022

In die episode gesels ek oor wat vertroue werklik is. Wat beteken dit as ek sê dat ek in God vertrou? Dit beteken nie dat alles sal uitwerk soos ek hoop nie. Dit beteken dat ek glo dat God my, kom wat wil, nie alleen sal laat nie. 

Episode 45 - God was al in die moederskoot by jou betrokke 21.08.2022

In die episode gesels ek oor wat dit beteken dat God al van voor geboorte af by jou betrokke is. 

Episode 44 - Wat beteken dit om jou oë op Christus gerig te hou. 14.08.2022

In die episode verduidelik ek watter ontsaglike verskil dit in jou lewe kan maak as jou oë nie primêr op jouself en jou eie belange gerig is nie, maar op Christus. 

Episode 43 - Geloof beteken dat ek glo dat ek geroep word om betrek te word by dit wat God doen 07.08.2022

In die episode gesels ek oor die implikasies daarvan as ons sê dat ons glo. Dit hou baie meer in as om ''n paar waarhede oor Christus te bely. Dit gaan oor 'n lewe onder die totale heerskappy van God, ''n lewe van navolging en dissipelskap. 

Episode 42 - Dissipels rig hulle gedagtes op dit wat God doen 31.07.2022

In die episode gesels ek daaroor dat ons nie onder gesag van die Bybel staan nie, maar onder die gesag van die inwonende Christus. Ons word deur Hom beklee en leef onder sy heerskappy. 

Episode 41 - God woon in sy VOLHEID in sy kinders 24.07.2022

In die episode gesels ek oor wat dit inhou as die Bybel sê dat God in sy VOLHEID in ons kom woon. Dit sal meer as 'n leeftyd neem om die omvang daarvan net te begin verstaan. 

Episode 40 - Die ware God kan nooit enigiemand teleurstel nie. 17.07.2022

In die episode probeer ek aandui hoe mense wat teleurgesteld is in God, in werklikheid net met hulle eie prentjie van wie God is, of veronderstel is om te wees volgens hulle, teleurgesteld is. Die wat God self leer ken vir wie Hy werklik is, sal nooit in Hom teleurgestel word nie; daar sal eerder altyd nuwe verrassings en ontdekkings van sy goedheid, grootsheid en liefde wees. 

Episode 39 - Hoe getuig 'n dissipel van Christus? 10.07.2022

In die episode gesels ek oor wat dit werklik beteken om van Christus te getuig. Dit is nie iets wat aangeleer kan word; of net die deel van kennis oor God en die Bybel nie. Dit gaan oor 'n lewe wat getuig van Christus en sy aanvaarding, liefde, omgee en insluiting van ander mense. 

Episode 38 - Hoe saai ons uit die Gees? 03.07.2022

In die episode gesels ek oor wat dit beteken om uit die Gees te saai. Die wat in die Gees saai, sal ervaar hoe lewe in en deur hulle na ander vloei. 

Episode 37 - Dissipels se gedrag word deur die Gees bepaal 26.06.2022

In die episode gesels ek oor hoe ons kan leer om toe te laat dat die Gees werklik ons gedrag bepaal, ook in moeilike situasies. As ons dit nie leer nie, sal die vlees altyd maar weer oorneem en sal die ego voorskryf hoe ons moet optree. 

Episode 36 - Dissipels het die grootste erfenis ooit ontvang 19.06.2022

In die episode praat ek oor die wonderlike voorreg wat dissipels het om vanuit die grootste erfenis ooit te leef. Ons Erfenis is immers die volheid van God wat in ons kom woning maak het. 

Episode 35 - Ongemak in die lewe ontbloot dit waarvan ons nog verlos moet word. 12.06.2022

in die episode gesels ek oor die feit dat die ongemak wat ons in die lewe ervaar, nie net 'n bron van irritasie hoef te wees nie. Ons kan dit eerder sien as 'n aanduiding en ontbloting van dit waarvan ons nog verlos moet word. 

Episode 34 - Dissipels word gelei en geleer deur die Gees wat in hulle woon. 05.06.2022

In die episode gesels ek oor die belangrikheid daarvan om te leer luister en aandag gee aan die Gees wat ons elke dag lei en leer. Hy is altyd daarmee besig. Die wat dit nie ervaar en van Hom leer nie, het net nog nooit geleer om aan Hom aandag te gee nie. 

Episode 33 - Dissipels is met die heerlikheid van God beklee 29.05.2022

In die episode gesels ek oor die geweldige groot voorreg wat ons het om met die heerlikheid van God beklee te word; ook hoe dit liefde onder mekaar skep sodat die wêreld kan glo dat Hy die Christus is. 

Episode 32 - Dissipels word toegerus deur God se inwoning. 22.05.2022

In die episode verduidelik ek hoe die heel belangrikste saak wat die lewe van 'n dissipel kenmerk, die feit is dat God binne ons kom woning maak het. So rus Hy ons toe met Homself sodat ons enige omstandighede in die lewe kan hanteer. 

Episode 31 - Dissipels word geken aan liefde. 15.05.2022

In die episode verduidelik ek hoe dit vir ons moontlik word om werklik te kan liefhê en waarom dit so belangrik is in God se koninkryk.

Episode 30 - Dissipels leef in die Naam van die Vader 07.05.2022

In die episode verduidelik ek die groot verskil in die ervaring van die lewe en mense wanneer jy in jou eie naam leef en wanneer jy werklik in God se Naam leef. 

Episode 29 - Verlossing van eersug 30.04.2022

In die episode dui ek aan dat ons slegs verlos kan word van eersug as ons werklik onder die indruk gekom het van God se grootsheid en diep in onsself tot die ontdekking kom dat: ALLE lof, eer, aanbidding en heerlikheid, NET vir Hom toekom. 

Episode 28 - Dissipels het geen ander belange as God se belange nie. 24.04.2022

In die episode verduidelik ek hoekom enige ander belange wat mense najaag, behalwe die van God, sal altyd konflik veroorsaak. Die vrede wat God kom bewerk het, gaan saam daarmee dat Hy mense weer wil verenig om eendragtig sy belang en koninkryk te soek. As al God se kinders dit doen, kan daar mos niks wees wat konflik veroorsaak nie. 

Episode 27 - Die goeie nuus is "God is Koning!" 17.04.2022

In die episode deel ek dat die klem van die goeie nuus wat ons deel, nie is om vir mense te vertel hoe om "in die hemel te kom nie", maar dat God die Koning van die heelal is wat in alle mense wil woon en heers. Die goeie nuus is dat ons nou al kan leer om onder sy heerskappy te leef en sodoende, kan ons volledig deel word van sy koninkryk wat besig is om te kom. 

Episode 26 - Dissipels leef met die gesindheid van Christus 10.04.2022

In die episode praat ek oor wat dit beteken om met die gesindheid van Christus te leef. Dissipels is immers mens in wie God kom woning maak het en daarom sal die gesindheid van Christus al hoe meer in hulle lewens sigbaar word. 

Episode 25 - Om Christus te ken oortref alles in waarde 03.04.2022

In die episode gesels ek oor die uitnemendheid daarvan om Christus te leer ken; ook dat dit 'n proses is wat nooit sal ophou nie, want daar is net te veel om te leer ken en in te neem. Die wat dit ontdek, sien dit as die mees waardevolle aspek van hulle lewens. 

Episode 24 - ALLES het nuut geword. 27.03.2022

In die episode gesels ek oor presies wat dit is wat alles nuut word. Baie mense ervaar dat dinge nie regtig nuut word nie, omdat hulle die nuutheid op verkeerde plekke soek. 

Episode 23 - Luister en julle sal lewe. 20.03.2022

In die episode praat ek oor die belangrikheid van luister na God. Gebed gaan nie in die eerste plek daaroor om vir God te vertel wat op jou hart is en in te lig oor jou lewe nie. Hy weet alreeds alles wat aangaan. Dit is baie belangriker om te leer luister na wat op sy hart is. 

Episode 22 - Om God as 'n Gids vir jou pad te hê, is die grootste voorreg ooit. 13.03.2022

In die episode dui ek aan watter verskil dit kan maak as jy leer om as dissipel in God se teenwoordigheid te leef. Dit is juis so omdat hierdie wêreld nie maklik is nie en baie uitdagings aan mense stel. Dit sou net eenvoudig dom wees om alles op jou eie te probeer aanpak. 

Listen to the Gedagtes oor dissipelskap podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.