Deon Loots

Gedagtes oor dissipelskap

Religion AF ↓ 196 episodes

Ek wissel hier gedagtes oor my verstaan van waaroor dit werklik gaan in Bybelse dissipelskap. Ongelukkig is daar baie verskillende en soms verwarrende gedagtes daaroor. Daarom probeer ek meer klaarheid gee waaroor dit in werklikheid na my mening gaan.

Author

Deon Loots

Category

Religion

Podcast website

podcasters.spotify.com

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Episode 21 - Die optimum manier van lewe, is om as dissipel van God te leef. 06.03.2022

In die episode verduidelik ek dat die lewe as God se dissipel, sy leerling, die optimum manier van lewe hier op aarde is. God kan jou nooit van iets wat die moeite werd is ontneem of beroof nie; Hy kan jou nooit verarm of bedreig nie. Sy teenwoordigheid voeg net baie rykdom en waarde tot jou lewe toe, egte lewenskwaliteit en lewensvreugde. 

Episode 20 - Is daar enige verskille tuseen Christen-wees en Dissipel-wees? 27.02.2022

In die episode verduidelik ek dat daar volgens die Bybel in werklikheid geen verskil tussen die twee begrippe is nie. Dit het ongelukkig wel deur die loop van die tyd so geword dat mense verskillende betekenisse daaraan gegee het. In werklikheid is daar geen keuse of opsie om of vir die een of die ander te kies nie. Die wat Christus wil volg, kan Hom net op een manier volg en dit is deur dit heelh...

Episode 19 - Dissipels maak tyd om die Vader te leer ken 20.02.2022

In die episode verwys ek na Jesus se gewoonte om tyd met die Vader te spandeer om sodoende te hoor wat op die Vader se hart is (Mark. 1:35). In die boodskap het ek per ongeluk verwys na Joh. 1:35, dit moet Markus wees. As dit vir Jesus so belangrik was, dan is dit vir ons nog meer belangrik. Dit is hoe ons verander word deur God se teenwoordigheid en werking in ons, sodat meer van sy karakter en n...

Episode 18 - Dissipels verheerlik die Vader deur die werk te doen wat Hy vir hulle gee. 13.02.2022

In die episode verduidelik ek hoe God ons betrek by dit wat Hy doen op die aarde. Daarom gee Hy vir ons werk waardeur sy Naam verheerlik word. Dit gaan dus nooit in die lewe van 'n dissipel daaroor om 'n "naam te maak" vir jouself nie. 

Episode 17 - Dissipels is mense in wie die Vader woon en werk. 06.02.2022

In die episode gesels ek oor die feit dat dit nog altyd op die Vader se hart was en is om BINNE sy kinders te kom woning maak; om ons so volledig deel te gee aan Hom en ons te betrek by dit wat Hy doen. Dit is wat dissipels se lewens kenmerk. 

Episode 16 - Dissipels soek nie eer vir hulleself nie. 30.01.2022

In die episode verduidelik ek dat iemand wat te haastig praat, maklik net praat vanuit die ego en die self; om eie eer te soek. Mense wat nie uit hulle eie praat nie, maar leer om te deel wat hulle van die Vader hoor, soek nie hulle eie eer nie, maar die van die Vader. Dit is waaroor dit vir dissipels gaan. 

Episode 15 - Dissipels se voedsel is om die wil van die Vader te doen. 23.01.2022

In die episode gesels ek oor die feit dat dissipels energeer word deur die wil van God te doen. Hulle grootste motivering in die lewe is om die werk te voltooi wat Hy vir hulle gegee het om te doen en om só sy Naam te verheerlik. 

Episode 14 - Dissipels doen niks uit hulle eie nie. 16.01.2022

In die episode gesels ek oor die basiese ingesteldheid van 'n dissipel, naamlik om NIKS uit jou eie te doen nie; maar eerder net te doen wat jy die Vader sien doen. 

Episode 13 - Om God en self te leer ken. 09.01.2022

In die episode praat ek daaroor dat ware kennis van God, lei daartoe dat ons al hoe liewer vir Hom raak, opgewonde oor Hom raak. Dit lei ook tot groter selfkennis en daarom dra dit by tot die verlossing van die self en die ego wat alles oor jouself wil laat gaan. 

Episode 12 - Waarvan is jy 'n dissipel? 02.01.2022

In die episode praat ek daaroor dat ons almal eintlik dissipels van verskillende dinge is. Dit waarvan ons baie hou, waarvan ons baie leer, waaraan ons baie tyd gee, wat ons opgewonde maak. Dit is ook wat met iemand gebeur wat werklik 'n dissipel van Christus is. Hy word dan die Een waaroor ons opgewonde raak en van wie ons baie leer. 

Episode 11 - Beklee jou met Christus sodat Hy in en deur jou kan werk. 26.12.2021

In die episode gesels ek oor hoe ons as dissipels die voorreg het om ons met Christus te beklee, sodat Hy in en deur ons kan leef. 

Episode 10 - Hoe kyk God na jou? 19.12.2021

In die episode gesels ek oor hoe God na ons kyk en waarop sy liefde vir ons berus. 

Episode 9 - Wat is God se doel met die Bybel? 12.12.2021

In die episode verduidelik ek wat God se doel met die Bybel is en was. As enige mens met verkeerde verwagtinge na die Bybel gaan, sal dit altyd verwarring, verdeeldheid en onmin veroorsaak. 

Episode 8 - As die lewe oor jouself gaan, bly dit moeilik. 05.12.2021

In die episode gesels ek daaroor dat so baie mense se ongelukkigheid met hulleself en ander, die gevolg is van 'n lewe waar die self nog te ernstig opgeneem word. Die oomblik as jy aanvaar dat die lewe nie oor jou gaan nie, maar oor God, dan word alles makliker. 

Episode 7 - Hoe getuig ek as dissipel van Christus? 28.11.2021

In die episode dui ek aan dat getuienis in die lewe van 'n dissipel nie daaroor gaan om ander mense te probeer help om "in die hemel" te kom nie. Dit gaan eerder daaroor dat ek sal leer hoe om volledig onder die heerskappy van God as dissipel te leef. As ek dit leer doen, SAL my lewe ook getuig van God se goedheid, liefde, genade, omgee en sorg vir alle mense. 

Episode 6 - Om vanuit God as Bron te leef. 21.11.2021

In die episode probeer ek verduidelik dat ons nie vir God 'n guns doen as ons tyd met Hom spandeer nie. God het nie gunste van enigiemand nodig nie. Hy doen ons 'n baie groot guns om ons uit te nooi om vanuit Hom as Bron te leef as sy dissipels. Dit verseker die optimale manier van leef vir enige mens. 

Episode 5 - Wat hou God se seën vir ons in? 14.11.2021

In die episode dui ek aan hoe God se bedoeling om die mens te seën en te betrek by dit wat Hy doen, nooit verander het nie. Die Bybel is juis geskryf om vir ons te vertel hoe God dit doen, sodat ons kan leer hoe om weer onder sy heerskappy te leef. 

Episode 4 - Mense vat beheer oor. 07.11.2021

In die episode gesels ek oor die wanopvatting dat God in beheer van ALLES is. Ek toon aan dat dit juis is as gevolg van die feit dat mense gekies het om nie onder God se beheer te leef (as sy dissipels) nie, dat die wêreld so verwoes word. Juis daarom het dit nodig geword om weer op 'n radikale manier in te gryp op aarde. 

Episode 3 - Versoeking om "soos God" te wees. 31.10.2021

In hierdie episode verduidelik ek hoe die versoeking wat na die mens gekom het, meegebring het dat die mens weier om as dissipel of as leerling van God te leef. Hulle het gekies om eerder te probeer om "soos God" te wees, daarom 'n strewe daarna om vir hulleself 'n naam te maak, hulle eie koninkryke te bou en hulle eie wil te doen. 

Episode 2. Geskep om betrek te word by dit wat God op aarde doen. 24.10.2021

Hier verduidelik ek in kort waarom God ons geskep het. ''n Doel wat aan ons as sy dissipels of leerlinge, ''n baie betekenisvolle rede vir ons bestaan gee! Daarom kry die lewe sin en betekenis vir die wat dit verstaan. 

Episode 1 - Verteenwoordigers van God. 17.10.2021

Ons almal is geskep as verteenwoordigers van God. In die lewe van ''n verteenwoordiger gaan dit oor die Naam van die een wat jy verteenwoordig; oor die belange van die een wat jy verteenwoordig en die wil van die een wat jy verteenwoordig. 

Listen to the Gedagtes oor dissipelskap podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.