Deon Loots

Gedagtes oor dissipelskap

Religion AF ↓ 196 episodes

Ek wissel hier gedagtes oor my verstaan van waaroor dit werklik gaan in Bybelse dissipelskap. Ongelukkig is daar baie verskillende en soms verwarrende gedagtes daaroor. Daarom probeer ek meer klaarheid gee waaroor dit in werklikheid na my mening gaan.

Author

Deon Loots

Category

Religion

Podcast website

podcasters.spotify.com

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

S2 Episode 7 - Wat doen woede in jou hart aan jou? 12.02.2023

In die episode gesels ek oor Jesus se ernstige waarskuwing teen woede in jou hart teenoor jou broer/suster. 

S2 Episode 6 - Word gesond tot in jou diepste wese. 05.02.2023

In die episode gesels ek oor hoe God in ons gees met ons iets van die dieptes van God se Gees deel. Dit is wat weer van ons heel mense maak. 

S2 Episode 5 - Om met wysheid te leef 29.01.2023

In die episode gesels ek oor wat dit beteken om met die wysheid van Christus te leef. 

S2 Episode 4 - Is jy tuis in jouself? 22.01.2023

In die episode gesels ek oor die feit dat God in ons kom woning maak en dan die woning so verander en vernuwe, totdat Hy in ons tuis kan wees; ons in Hom tuis kan wees en ook in onsself tuis kan wees. 

S2 Episode 3 - Hoe gaan dit? 15.01.2023

In die episode gesels ek oor wanneer dit regtig goed gaan met jou. Wat bring mee dat jy kan sê dat dit goed gaan?

S2 Episode 2 - Bestem om 'n lig vir die nasies te wees. 08.01.2023

In hierdie episode gesels ek daaroor dat die lewe moeilik en moeisaam sal wees en bly solank as wat dit primêr oor jouself en jou eie begeertes gaan. Wanneer jy aanvaar dat God jou vir iets anders bestem het, as 'n ligdraer in die wêreld wat sy lig weerkaats, dan kan jy rus vind oor jou lewe. 

S2 Episode 2 - Waarom sien ek kans vir 2023? (Oggenddiens, Steytlerville 1 Jan 2023). 01.01.2023

Hierdie is tydends die oggenddiens by Steytlerville gemeente opgeneem (klank dus nie so goed). Ek gesels oor wat die redes is waarom ek kans sien vir 2023. 

S2 Episode 1 - Om die wêreld te verander 01.01.2023

In die episode gesels ek oor wat ek kan doen om te verseker dat die wêreld sal verander. 

Episode 63 - Kersdag 2022. Wat beteken dit om geseënd te wees? 25.12.2022

In die episode praat ek hoor hoe God ons met Homself seën, as Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader en Vredevors.  

Episode 62 - God laat sy aangesig oor jou skyn 18.12.2022

In die episode gesels ek oor hoe bevrydend is as God sy aangesig oor jou laat skyn. Jy moet net leer om in die lig van sy aangesig te lewe. 

Episode 61 - Om bewus te bly van God se teenwoordigheid in jou lewe. 11.12.2022

In die episode gesels ek oor hoe prakties God se teenwoordigheid in jou lewe kan wees, mits jy bewus bly daarvan en aan Hom aandag gee. 

Episode 60 - God as ons Bron van hoop 04.12.2022

In die episode gesels ek oor wat dit beteken as ons sê dat God ons Bron van hoop is. 

Episode 59 - Om beklee te word met Christus 27.11.2022

In die episode gesels ek oor wat dit vir die praktyk van ons lewe en verhoudinge beteken as ons met Christus beklee word. 

Episode 58 - Waar kom blydskap vandaan? 20.11.2022

In die episode verduidelik hoe maklik blydskap wat onsself probeer skep en in stand hou, van ons weggeneem kan word. Daarenteen is die blydskap wat veroorsaak word deur dit wat God doen, deur niks geskud of weggeneem kan word nie. 

Episode 57 - Hoe verander God die wêreld? 13.11.2022

In die episode gesels ek oor hoe God verandering in die wêreld bewerk en dat dit altyd begin by jou eie verlossing. 

Episode 56 - Om met ontsag voor God te lewe. 06.11.2022

In die episode gesels ek daaroor dat mense wat vir God leer ken en ontsag vir Hom het, nie meer probeer om vir God te oortuig om te doen wat hulle graag gedoen wil hê nie. Hulle aanvaar dat dit wat God vra en doen, ook vir en van my, die beste vir my is. 

Episode 55 - Hoe sterk is jou geloof? 30.10.2022

In die episode gesels ek daaroor dat "sterk geloof" niks met jou eie vermoë om te kan glo, te doen het nie. Dit gaan eerder oor 'n ontdekking van wie God regtig is. As jy Hom deur ervaring leer ken, soos Hy, dan is dit nie moeilik om te glo nie. Dan weet jy dat Hy tot alles in staat is en is dit glad nie moeilik om dit te glo nie. 

Episode 53 - God wil vir jou 'n God wees 23.10.2022

In die episode gesels ek daaroor dat heel belangrikste in God se hart vir jou lewe, is om vir jou 'n God te wees en dat jy vir Hom 'n gehoorsame kind sal wees.  Dit maak jou lewe vry van alle ambisies en strewes war oor jouself gaan, sodat jy weer volledig deel kan word van dit wat God doen.

Episode 54 - Wat oorheers in jou lewe? 23.10.2022

In die episode gesels ek oor dit wat jy toelaat om in jou lewe te oorheers. Is dit die seer, die pyn en die onreg van die wêreld, of die oorvloed van God se teenwoordigheid? 

Episode 52 - Dissipels bly bewus van God se teenwoordigheid 09.10.2022

In die episode gesels ek oor hoe belangrik dit is om bewus te bly van God en van dit wat Hy doen; om Hom toe te laat om in my te leef en te heers. Dit is hoe God die wêreld verander, deur in en deur mense te regeer en te heers. 

Episode 51 - Dissipels hou hulle oë op God, nie op omstandighede nie. 02.10.2022

In die episode gesels ek oor hoe belangrik dit is om altyd bewus te bly en aandag te gee aan dit wat God doen. As 'n mens vasgevang word deur dit wat in die wêreld gebeur, kan jy maklik moedeloos raak. 

Episode 50 - Die waardes wat 'n dissipel nastreef. 25.09.2022

In die episode gesels ek oor die gemak waarmee ons dikwels die waardes van die samelewing najaag - en dit ten koste van onsself en ons kinders. Daarteenoor kan die waardes van die koninkryk van God, van ons vervulde en rustiger mense maak wat tevrede is met wie ons is en met wat ons het. 

Episode 49 - Wanneer ons vir ander bid, word ons eie harte verander. 18.09.2022

In die episode gesels ek oor die belangrikheid daarvan om vir ander, ook vir sogenaamde moeilike en korrupte mense, te bid. Dit is wanneer ons vir ander bid, wat ons eie harte en gesindheid teenoor hulle ook verander word. 

Episode 48 - Dissipels is nie kieskeurig met hulle geselskap nie. 11.09.2022

In die episode gesels ek oor die feit dat Jesus die vriend van tollenaars en sondaars was. Hy het nie mense wat negatief, stukkend, seer, selfsugtig en sondig was, vermy nie. Dit is vir hulle wat Hy gekom het. Daarom kan sy volelinge ook nie kieskeurig wees met die geselskap wat hulle opsoek nie. 

Episode 47 - Dissipels leef in 'n dinamiese interaktiewe verhouding met God. 04.09.2022

In die episode praat ek oor wat dit beteken dat ons klei in die hande van die Pottebakker is. 

Listen to the Gedagtes oor dissipelskap podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.