ekerk
ekerk Boodskap | Die Podcast
Welkom by ekerk Boodskap se Podcast. By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak. Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.www.ekerk.org
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe meet God Sy mense? | Pierre Engelbrecht 09.11.2025 24:56
Hoe meet God Sy mense? Ons het verlede Sondag gekyk hoe God se spons groter as ons skale is. Maar hoe kyk God dan na ons? Hoe meet God ons? Kuier saam met Pierre Engelbrecht waar ons kuier rondom 1 Samuel 16:1-13 en Efesiërs 2:10 wat ons nooi om na hierdie vraag te kyk. Kom kuier saam Sondag, 9 November by eKerk. #eKerk #eKerkLewendig #Preek
BYBELSKOOL Deel 1 | Die Gees begin die storie 05.11.2025 29:45
Die Gees vul waar jy leegloop: ’n Reis deur Handelinge Voel jou tenk leeg teen die einde van die jaar? Kom ontdek saam met Pierre Engelbrecht hoe die boek Handelinge wys dat God se Gees ons vul en lei. Datums: Woensdae 5, 12 & 19 November Sessie 1: Die Gees begin die storie Sessie 2: Die Gees breek grense oop Sessie 3: Die Gees stuur en lei die kerk Almal is welkom! #eKerk #eKerkLewendig #Bybe...
God se spons is groter as jou skaal | Pierre Engelbrecht 03.11.2025 24:04
God se spons is groter as jou skaal. Ons leef met soveel skale: prestasie, vergelyking, skuld en skaamte. Kom kuier saam met 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 waar ons kuier rondom Psalm 103 wat ons nooi na ’n ander beeld: God hou nie ’n skaal nie, maar ’n spons. Ontmoet die God wat nie weeg nie, maar skoonvee. #eKerk #eKerkLewendig #Preek
Jy het 'n lewensdoel: Jesus s'n | Stephan Joubert 26.10.2025 26:15
Stephan Joubert deel die Woord met die tema: “Jy het ’n lewensdoel: Jesus s’n.” Moenie hierdie geleentheid mis nie. Almal is welkom! #eKerk #ekerklewendig #preek #stephanjoubert
Skuif jou kyk, jou dink en doen: Godwaarts! | Stephan Joubert 20.10.2025 26:10
Stephan Joubert deel die Woord met die tema: “Skuif jou kyk, jou dink en doen: Godwaarts!” Moenie hierdie geleentheid mis nie! Almal is welkom! Kom ervaar saam hoe God se Woord ons lewens verander.
As valse sekerheid jou godsdiens word | Pierre Engelbrecht 12.10.2025 22:15
Wat gebeur as dit waarop jy jou sekerheid bou, jou eintlik mislei? Pierre Engelbrecht gesels met ons oor: “As valse sekerheid jou godsdiens word” Kom luister hoe God ons roep na ’n geloof wat standhoudend is – nie gebou op illusies nie, maar op Christus alleen. #eKerk #eKerkLewendig #Preek #PierreEngelbrecht
Reg onderweg tot by die wederkoms | Stephan Joubert 08.10.2025 25:33
Stephan Joubert deel God se Woord met die tema: “Reg onderweg tot by die wederkoms” #eKerk #eKerkLewendig #Preek #Stephan Joubert
Groter as jou grootste gemors | Pierre Engelbrecht 29.09.2025 25:15
Het jy ook al gevoel jou lewe is ’n gemors? Druk van werk. Finansies wat knyp. Verhoudings wat pla. Selfs jou eie gedagtes wat jou nie los nie … Die goeie nuus: jou gemors is nooit die laaste woord nie en jy word nie afgeskryf agv jou gemors nie. Kom kuier saam met Pierre Engelbrecht waar ons saam kyk hoe God se genade altyd groter is as jou grootste gemors. Jy hoef nie eers jou gemors weg te stee...
Hoop loop – reg of weg. Maak jou keuse! | Stephan Joubert 22.09.2025 28:16
Ons nooi jou as deel van die eKerk familie na ons eKerk Lewendig Preek – want God leef en Sy Woord bring lewe! Ons saam met Stephan Joubert oor sy tema: “Hoop loop – reg of weg. Maak jou keuse!” Almal is welkom – sien jou aanlyn!
God lei jou nie uit die wêreld nie, maar in die wêreld | Pierre Engelbrecht 14.09.2025 23:51
Ons dink soms God se leiding beteken Hy haal ons uit ons uitdagings uit. In Handelinge 16 wys Lukas vir ons dat God ons lei in ons wêreld – in ons werk, gesin, ekonomie en konteks – en gebruik ons juis daar vir verandering. Vir Sy verandering! Kom ontdek hoe die Gees jou lewe kan lei in die wêreld waar jy elke dag leef. #EkerkLewendig #Preek #GodLeiInJouWêreld
Doen wat G.O.A.T. doen - Fokus op Jesus | Stephan Joubert 08.09.2025 24:44
Ons kuier saam met Stephan Joubert rondom sy tema: "Doen wat G.O.A.T. doen - Fokus op Jesus" eKerk Lewendig, omdat Jesus lewendig is en die Bybel lewe bring. Tydens hierdie geleentheid gesels ons saam oor hoe ons hierdie waarheid uitleef vanuit die Bybel. #eKerk #eKerkLewendig #Preek
God se “pin drops” vir jou geloofslewe | Pierre Engelbrecht 01.09.2025 26:16
Het jy al gevoel jou lewe is ’n bietjie van die pad af? Kom ontdek hoe God se “pin drops” in Jakobus 1 jou geloofslewe weer op koers kan bring. Pierre Engelbrecht deel ’n praktiese boodskap wat jy nie wil mis nie. Kom kuier saam en kry nuwe rigting vir jou geloofspad. #eKerkLewendig #PinDrops #Jakobus1
Bekommernis is lewensgevaarlik | Stephan Joubert 25.08.2025 25:27
Luister saam na Stephan Joubert en ontdek uit die Bybel hoe God ons roep na ’n ander manier van leef. 'n Lewe met minder vrees en meer rus. #eKerk #eKerkLewendig #bekommernis
[ BYBELSKOOL ] Vergeet of nie - jou geheue of jou geloof? Deel 2 | Stephan Joubert 20.08.2025 29:43
Hoe speel jou geheue in op jou geloof? Wat moet ons onthou – en wat moet ons dalk leer om te vergeet? Sluit aan by twee diep en eerlike aande saam met Stephan Joubert by eKerk Lewendig se Bybelskool. #eKerkLewendig #Bybelskool #StephanJoubert #GeloofEnGeheue
Die ryk dwaas | Johan Beukes 17.08.2025 26:21
Welkom! Vandag kyk ons na die bekende verhaal van die ryk boer uit Lukas 12. Hy was 'n man wat in die wêreld se oë suksesvol en finansieel slim was. Maar Jesus se oordeel skok: Hy noem hom 'n dwaas! Hoekom? Die antwoord is nie wat jy dink nie. Dit is baie dieper as dit. Luister en ontdek die dieper betekenis van hierdie verhaal vir jou eie lewe!
[ BYBELSKOOL ] Vergeet of nie - jou geheue of jou geloof? Deel 1 | Stephan Joubert 13.08.2025 28:09
Hoe speel jou geheue in op jou geloof? Wat moet ons onthou en wat moet ons dalk leer om te vergeet? Sluit aan by twee diep en eerlike aande saam met Stephan Joubert by eKerk Lewendig se Bybelskool. #eKerkLewendig #Bybelskool #StephanJoubert #GeloofEnGeheue
Impuls of Intensie: Wysheid bo die kortpad | Pierre Engelbrecht 11.08.2025 22:07
In ’n wêreld van onmiddellike bevrediging en vinnige kortpaaie, roep Jakobus ons terug na wysheid, karakter en ’n stadiger, dieper geloofsreis. Moet ek net doen wat ek voel? Of is daar ’n ander pad — een van intensie en volharding? Wat doen jy met daardie impuls ná ’n lang dag? Of daardie lus vir beheer, vir beter voel, vir erkenning? Kom kuier saam rondom die Bybel waar Pierre Engelbrecht vir ons...
Bekeer baie keer, want God is genadig | Stephan Joubert 03.08.2025 28:05
Kuier saam as eKerk-familie vir 'n preek deur Stephan Joubert! Sy tema, "Bekeer baie keer, want God is genadig", herinner ons aan die onmeetlike genade van God! #eKerk #genade #Preek
Kyk soos Jesus. Leef soos Jesus in die regte lewe | Stephan Joubert 28.07.2025 22:54
Hoe kyk jy na jou wêreld? Kom ontdek wat dit beteken om te kyk soos Jesus en te leef soos Hy — in die regte lewe, met al sy uitdagings. Stephan Joubert is aan die woord met die tema: "Kyk soos Jesus. Leef soos Jesus in die regte lewe." Jy’s welkom soos jy is — ons reis saam. #eKerkLewendig #LeefSoosJesus
God se goedheid vloei deur ons | Pierre Engelbrecht 21.07.2025 19:29
Jy het al genoeg gesien van 'n wêreld wat rou is. Wat as God se goedheid regtig deur mense soos ek en jy wil vloei? Kom kuier saam met Pierre Engelbrecht tydens ons eKerk Lewendig Preek en kom hoor hoe God jou nie net verander nie, maar jou ’n draer van Sy goedheid maak – in jou werk, vriende, gesin en elke gewone dag.
Moenie klets en “kwebbel” nie. Bid reg! | Stephan Joubert 14.07.2025 24:59
Is jou gebede net nog een item op jou to-dolys? Of raak jy regtig stil genoeg om met God te praat – en Hom te hoor? Kuier saam met Stephan Joubert en hoor hoe gebed méér as woorde is. Dis nie kletsery met God nie.
Kruis bo kultuur – want relevansie red nie | Pierre Engelbrecht 06.07.2025 22:39
Kruis bo kultuur: Relevansie mag aanpas… maar net Christus red. In ’n wêreld waar almal jou vertel hoe om te lyk, praat, leef en glo – wys Paulus vir ons iets radikaal anders: Die kruis van Christus is nie ’n byvoeging tot jou styl nie, dit’s die begin van ’n nuwe skepping. Pierre Engelbrecht preek by eKerk Lewendig en nooi jou uit om saam te ontdek wat dit beteken om as gelowige nie net kultu...
Die kruis - daar is my huis. Daar is my nuwe volk | Stephan Joubert 30.06.2025 27:53
Die kruis – daar is my huis. Daar is my nuwe volk. Stephan Joubert neem ons op ’n reis na die hart van ons geloof: die kruis. Dis nie net ’n simbool van lyding nie – dis die plek waar ons nuwe identiteit begin. Waar ’n nuwe volk gevorm word. #eKerkLewendig #KruisIsMyHuis #NuweVolk
Geloof se lig is nie 'n las nie | Pierre Engelbrecht 23.06.2025 25:11
Dalk is jy moeg, want jy dra dinge wat nie joune is nie. In Galasiërs 6 wys Paulus ons die pad na ware geestelike lig: Help die wat val — maar met sagtheid. Dra mekaar se seerkry — nie mekaar se verantwoordelikhede nie. Leef die liefde — maar moenie iemand anders se geloofslewe oorvat nie. Ons kuier saam met Pierre Engelbrecht vanuit Galasiërs 6:1-10 en ontdek ons hoe om lig te wees vir die wêre...
Verander jou binnepraat voor God… dan verander jy | Stephan Joubert 17.06.2025 25:30
Wat sê jy vir jouself… en wat sê God? Jy praat elke dag met jouself. Maar is daardie binnepraat waar, liefdevol… of vernietigend? Kom kuier saam met Stephan Joubert rondom die Bybel waar hy praat die oggend oor: "Verander jou binnepraat voor God… dan verander jy" Kom ontdek hoe jou innerlike gesprekke jou uiterlike lewe vorm…
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.