ekerk

ekerk Boodskap | Die Podcast

Religion AF ↓ 100 episodes

Welkom by ekerk Boodskap se Podcast. By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak. Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.www.ekerk.org

Author

ekerk

Category

Religion

Podcast website

ekerklewendig.podbean.com

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die gevaarlikste woorde in die Bybel: “Ons weet” 16.03.2026

Soms dink ons ons verstaan alles klaar. Ons weet mos. Maar juis daar kan geloof begin stagneer. Wat gebeur wanneer God ons uitnooi om weer met oop oë, nederigheid en nuuskierigheid na Hom te luister? 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe die woorde “ons weet” soms ons harte kan sluit vir wat God nog vir ons wil wys.

Ek leef 'dankvinderig' voor God 09.03.2026

Dankbaarheid is meer as net ’n gevoel, dit is ’n manier van leef. Wat gebeur wanneer ons nie net dankbaar voel nie, maar doelbewus begin leef as mense wat God se goedheid raaksien en vier? 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe ’n “dankvinderige” hart ons perspektief verander en ons nader aan God se vreugde bring. Kom kuier saam by ons eKerk Boodskap.

Waag dit al die pad tot in God se hart 03.03.2026

God nooi ons nie om op ’n afstand te bly nie, maar om nader te kom. Om te waag om diep in Sy teenwoordigheid in te stap. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 lei ons om weer te ontdek hoe gebed, oorgawe en vertroue ons al die pad tot in God se hart bring.

Die maklike pad… en hoekom Jesus dit nie vat nie 22.02.2026

Ons leef in ’n wêreld wat die vinnigste, maklikste uitweg soek. Maar Jesus kies dikwels ’n ander pad. Een wat dieper gaan, meer vra en ware lewe bring.   Kom kuier saam met 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 by eKerk Lewendig, waar ons ontdek hoekom Jesus nie die maklike pad vat nie… en wat dit vir ons eie geloofsreis beteken.

Loop, val en klim na Jesus toe 16.02.2026

Ons geloofspad is nie altyd reguit nie. Soms stap ons sterk, soms struikel ons, en soms moet ons weer opstaan. Maar Jesus bly die Een na wie ons kan terugkeer, elke keer weer. Kom kuier saam met 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 by eKerk, waar ons ontdek hoe God ons dra deur elke stap, elke val en elke nuwe begin op pad na Jesus toe.

Kan mense God proe as hulle jou ontmoet? 09.02.2026

Wat bly by mense agter wanneer hulle by jou wegstap? Nie net wat jy sê of glo nie, maar wat hulle ervaar.   𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe ’n lewe naby aan God ’n geur, ’n smaak, ’n lig word wat ander kan aanvoel en beleef. Ons staan stil by Psalm 15 en Matteus 5:13–17 en ontdek hoe God se teenwoordigheid deur gewone mense sigbaar en tasbaar word. Kom kuier saam as eKerk-familie.

As ek vir God net een ding kan vra 02.02.2026

As jy net een versoek voor God kon bring, wat sou dit wees?   𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om stil te raak by hierdie eerlike vraag en te ontdek wat dit openbaar oor ons harte, ons begeertes en ons verhouding met God. Soms lê die diepte van gebed nie in baie woorde nie, maar in een egte verlange. Kom kuier saam by eKerk en laat God jou hart vorm in hierdie eenvoudige, maar diep boodskap.

[ WEEK VAN GEBED ] Bid totdat ek voel soos Jesus | Stephan Joubert 28.01.2026

Hoe voel Jesus? Hy is vol medelye, vreugde en hoop wanneer mense tuiskom.   𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om eerlik te kyk na ons emosies in gebed, en hoe gebed ons harte stadig maar seker gelyk laat klop met Jesus s’n.

[ WEEK VAN GEBED ] Wanneer gebed begin loop | Pierre Engelbrecht 27.01.2026

Ware gebed bly nie by woorde nie, dit begin beweeg. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 wys ons hoe gebed ’n lewe vorm wat optree, omgee en doen. Gebed eindig nie by “Amen” nie; dit begin daar.

[ WEEK VAN GEBED ] Een ding wat nodig is oor gebed | Stephan Joubert 26.01.2026

In ’n wêreld vol afleiding vra Jesus ’n eenvoudige, maar radikale vraag: Wat is regtig nodig?   𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe gebed begin by die regte postuur. Om by Jesus se voete tot rus te kom en betekenis by Hom te vind.

[ WEEK VAN GEBED ] Kom soos jy is | Pierre Engelbrecht 26.01.2026

Gebed begin nie by wat ons doen of regkry nie, maar by Jesus se uitnodiging: “Kom na My toe.” 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 herinner ons dat gebed nie die plek is waar ons onsself reg bid nie, maar waar ons tot rus kom by God, onsself laat vind en leef uit Sy genade en teenwoordigheid.

Ken God se plan met jou, eerder as jou eie planne | Stephan Joubert 19.01.2026

Ons begin dikwels ’n nuwe seisoen met hope, drome en netjiese planne. Maar wat gebeur wanneer God ons nooi om eers Sy plan te leer ken? Selfs wanneer dit ons eie planne uitdaag? 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons nadink oor vertroue, oorgawe en die vryheid wat kom wanneer ons God se plan vir ons lewe leer ken bo ons eie. #eKerk #Boodskap

Waarmee is jy besig? Jesus se rigting vir 2026 | Pierre Engelbrecht 14.01.2026

Aan die begin van ’n nuwe jaar vra Jesus ’n eenvoudige, maar diep vraag: Waarmee is jy besig? Wat rig jou tyd, jou energie, jou aandag? Kom kuier saam met 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩, waar ons saam ontdek hoe Jesus ons nooi om 2026 te leef met duidelike rigting, goddelike dringendheid en ’n fokus wat regtig saak maak.   #eKerk #eKerkLewendig #Boodskap

Nie my pad nie, maar God S’n gaan wen in 2026 | Stephan Joubert 05.01.2026

Aan die begin van ’n nuwe jaar staan ons almal voor keuses, planne en verwagtinge. Maar wat gebeur wanneer ons ons eie paaie oopmaak vir God se pad? Selfs wanneer dit anders lyk as wat ons beplan het? Stephan Joubert ons help nadink oor oorgawe, vertroue en hoop vir 2026, en hoe God se pad uiteindelik altyd die pad van lewe is. #eKerk #eKerkLewendig #Boodskap

Wegwysers vir 2026 | Stephan Joubert 31.12.2025

Op die drumpel van ’n nuwe jaar het ons almal iets nodig om ons te help rigting kry: God se wysheid, God se stem, God se wegwysers. #eKerk #eKerkLewendig #Preek #Nuwejaar

Hierdie preek is nie vir jou bedoel nie | Stephan Joubert 28.12.2025

Soms verras Jesus ons juis wanneer ons dink ’n boodskap is vir “ander mense” bedoel. Wat as God jou juis in dié oomblik wil aanraak, uitdaag of bemoedig? In die boodskap neem Stephan Joubert ons op ’n reis om te ontdek hoe God se Woord ons op onverwagte maniere vind. Selfs wanneer ons dink dit gaan nie oor ons nie. #eKerk #eKerkLewendig #Preek

As God self Sy hande vuil maak | Pierre Engelbrecht 25.12.2025

Met Kersfees vier ons die ondenkbare: die God van die hemel klim in ons wereld in. Nie op afstand nie, maar met Sy hande vuil, daar waar mense leef, huil, hoop en sukkel. Hierdie Kersdag ontdek ons saam hoe God se koms na die krip wys dat Hy naby is… nie bang vir ons gebrokenheid nie… en aktief betrokke in ons wêreld. Kuier saam met Pierre Engelbrecht, waar ons die diep betekenis van Jesus se mens...

Kersfees is ’n interessante tyd | Johan Beukes 21.12.2025

Kersfees bring elke jaar ’n unieke mengsel van vreugde, herinneringe, verwagting en soms ook spanning. Dit is inderdaad ’n interessante tyd. En juis dáár ontmoet God ons. Kom kuier saam met Johan Beukes, waar ons ontdek hoe God in hierdie seisoen werk op maniere wat ons dikwels miskyk. #eKerk #eKerkLewendig #Preek

Lewe tussen die reeds en nog nie | Pierre Engelbrecht 14.12.2025

Ons leef elke dag in daardie heilige spanning: God het reeds begin werk in ons, maar Sy volmaakte nuwe wêreld is nog nie ten volle hier nie. Hoe leef ons getrou, hoopvol en vol geloof in hierdie tussenruimte? Kuier saam met Pierre Engelbrecht, waar ons saam ontdek hoe God ons vorm in die “reeds” en ons dra in die “nog nie.” #eKerk #eKerkLewendig #Preek

Jesus, meer as net my Verlosser | Stephan Joubert 08.12.2025

Ons het verlede Sondag saam gekyk hoe om goed te doen soos God. Maar wie is die Een wat ons verander, lei en dra? Hierdie week ontdek ons dat Jesus meer as net ons Verlosser is.  Kuier saam met Stephan Joubert, waar ons saam nadink oor wat dit beteken wanneer Jesus nie net verlos nie, maar alles in ons lewe word. #eKerk #eKerkLewendig #Preek

Doen soos God, doen goed! | Stephan Joubert 01.12.2025

God roep ons nie net om te glo nie, maar om goed te doen. Om Sy hart vir mense sigbaar te maak in elke dag se keuses en klein gebare. Kuier saam met Stephan Joubert by eKerk, waar ons ontdek hoe om God se karakter na te leef in ’n wêreld wat honger is vir ware goedheid.

Vannag of vandag: kies reg! | Stephan Joubert 24.11.2025

Ons almal ken daardie oomblikke waar ons uitstel, twyfel, of wag vir “môre.” Maar wat as God ons nooi om vandag te kies, te leef, te gehoorsaam? Kom kuier saam met 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩, waar hy ons help ontdek hoe God ons roep om nie eendag nie, maar nou reg te kies! Reg te kies in geloof, in liefde, in gehoorsaamheid. #eKerk #eKerkLewendig #Preek

BYBELSKOOL Deel 3 | Die Gees stuur en lei die kerk 19.11.2025

Die Gees vul waar jy leegloop: ’n Reis deur Handelinge Voel jou tenk leeg teen die einde van die jaar? Kom ontdek saam met Pierre Engelbrecht hoe die boek Handelinge wys dat God se Gees ons vul en lei. Datums: Woensdae 5, 12 & 19 November Sessie 1: Die Gees begin die storie Sessie 2: Die Gees breek grense oop Sessie 3: Die Gees stuur en lei die kerk Almal is welkom! #eKerk #eKerkLewendig #Bybe...

Neem my lewe, Heer | Stephan Joubert 16.11.2025

Kom kuier saam met Stephan Joubert Sondag oggend by eKerk, waar ons ontdek hoe hierdie eenvoudige gebed ons hele lewe kan verander. #eKerk #eKerkLewendig #Preek

BYBELSKOOL Deel 2 | Die Gees breek grense oop 12.11.2025

Die Gees vul waar jy leegloop: ’n Reis deur Handelinge Voel jou tenk leeg teen die einde van die jaar? Kom ontdek saam met Pierre Engelbrecht hoe die boek Handelinge wys dat God se Gees ons vul en lei. Datums: Woensdae 5, 12 & 19 November Sessie 1: Die Gees begin die storie Sessie 2: Die Gees breek grense oop Sessie 3: Die Gees stuur en lei die kerk Almal is welkom! #eKerk #eKerkLewendig #Bybe...

Listen to the ekerk Boodskap | Die Podcast podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.