ekerk
ekerk Boodskap | Die Podcast
Welkom by ekerk Boodskap se Podcast. By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak. Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.www.ekerk.org
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Daar is lewe anderkant jou 'sell by date' 05.07.2026 24:34
Partykeer voel dit asof ons beste dae agter ons lê. Drome raak oud, energie raak minder en die lewe voel beperk deur ons eie "sell by date". Maar God werk nie volgens ons tydlyne of etikette nie. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe God nuwe moontlikhede, nuwe hoop en nuwe lewe bring, selfs wanneer ons dink ons tyd het verbygegaan. #eKerk #Boodskap
DIE STORIES | Gesprek met Jacqueline de Lange | #GoodMoodClub 01.07.2026 32:04
Hierdie maand kuier ons saam met die uiterse inspirende Jacqueline de Lange van die #GoodMoodClub in Pretoria. Jacqueline is as oudiometris, maak sy so groot verskil in verskeie aftree-oorde en ouetehuise in Pretoria. Vandag kuier ons saam oor die stories van die senior volwassenes en die wonderwerke wat sy en haar span elke dag sien. Indien jy wil betrokke raak, kan jy Jacqueline direk skake...
God doen goed in die gewone: leef vandag met oop hande 29.06.2026 30:05
Ons wag dikwels vir die groot oomblikke van die lewe. Tog ontmoet God ons dikwels in die gewone, die alledaagse en die eenvoudige gawes van elke dag. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek hoe God se goedheid sigbaar word in die gewone ritmes van die lewe, en hoe ons met oop hande kan leef vir die gawes wat Hy vandag gee. #eKerk #Boodskap
Weeg jou woorde, jou geld en genot voor God 22.06.2026 24:13
Ons woorde het gewig. Ons geld vorm ons keuses. Ons soeke na genot verklap dikwels wat vir ons die belangrikste is. Prediker nooi ons om eerlik na hierdie dinge te kyk in die lig van God se teenwoordigheid. In die derde week van ons reis deur Prediker help 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 ons ontdek hoe wysheid groei wanneer ons ons woorde, ons besittings en ons begeertes voor God leer weeg. #eKerk #Boodskap
Prediker 3: Ken God beter, lees die lewe beter 15.06.2026 27:06
Die lewe bestaan uit seisoene. Tye van vreugde en tye van verlies. Tye van bou en tye van afbreek. Prediker herinner ons daaraan dat wysheid nie begin wanneer ons alles verstaan nie, maar wanneer ons God leer ken te midde van die wisselvalligheid van die lewe. In die tweede week van ons reis deur Prediker help 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 ons ontdek hoe 'n dieper kennis van God ons leer om die lewe met groter...
God doen goed, al is die lewe sinloos 08.06.2026 25:02
Daar is dae wanneer die lewe deurmekaar voel. Vrae bly onbeantwoord, planne val uitmekaar en sin is moeilik om te vind. Tog bly God goed, selfs wanneer ons nie alles verstaan nie. Ons begin hierdie Sondag 'n reis van 7 weke deur die boek Prediker. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 ontdek saam met ons hoe God se goedheid nie verdwyn wanneer die lewe ingewikkeld raak nie, maar juis daar sigbaar word tussen die vrae,...
Hoop is moeiliker as geduld 01.06.2026 28:18
Geduld wag vir iets om te verander. Hoop hou aan glo, selfs wanneer niks nog verander het nie. Daarom is hoop soms moeiliker as geduld. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe God ons leer om nie net te wag nie, maar om met hoop te leef in die middel van onsekerheid, wagtyd en vrae. #eKerk #Boodskap
DIE STORIES | Gesprek met Helen Lotz | Môrester Kinderhuis 01.06.2026 29:13
Welkom by 𝗲𝗞𝗲𝗿𝗸 𝗡𝗼𝗼𝗱 - 𝗗𝗶𝗲 𝗦𝘁𝗼𝗿𝗶𝗲𝘀 In hierdie episode gesels ons met 𝗛𝗲𝗹𝗲𝗻 𝗟𝗼𝘁𝘇 van 𝗠ô𝗿𝗲𝘀𝘁𝗲𝗿 𝗞𝗶𝗻𝗱𝗲𝗿𝗵𝘂𝗶𝘀 in Rustenburg. Helen is al 24 jaar aan stuur van sake by die kinderhuis. Op die oomblik ontvang die kinderhuis geen subsidies vanaf die staat nie. Helen kyk na 12 kinders vanuit haar eie sak. Luister saam na die stories van hoop wat Helen in haar leefwêreld ten spyte van soveel uitdagings be...
Wat les jou dors? 25.05.2026 26:47
Ons almal dors na iets. Betekenis. Rus. Aanvaarding. Hoop. Maar baie dinge belowe vervulling sonder om ons werklik te versadig. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor die diep dors van die menslike hart, en hoe Jesus ons nooi na die enigste water wat werklik lewe gee.
[ PINKSTER ] Leef naby en leef anders 20.05.2026 22:56
Hierdie Pinkster nooi ons jou om saam stil te word, te bid en opnuut te ontdek hoe die Heilige Gees gewone mense verander, dra en stuur. Wanneer ons bid binne die kragveld van die Gees, begin God ons harte, ons ritmes en ons lewens nuut vorm. Kom reis saam deur vier byeenkomste waar ons nadink oor geloof, gebed en ’n lewe naby aan God: Woensdag 20 Mei | 19:00. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 "Leef naby en leef...
[ PINKSTER ] Bid kragvol en dankvol 19.05.2026 20:03
Hierdie Pinkster nooi ons jou om saam stil te word, te bid en opnuut te ontdek hoe die Heilige Gees gewone mense verander, dra en stuur. Wanneer ons bid binne die kragveld van die Gees, begin God ons harte, ons ritmes en ons lewens nuut vorm. Kom reis saam deur vier byeenkomste waar ons nadink oor geloof, gebed en ’n lewe naby aan God: Dinsdag 19 Mei | 19:00. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 "Bid kragvol en dankvo...
[ PINKSTER ] Hou aan klop en hou aan glo 18.05.2026 20:57
Hierdie Pinkster nooi ons jou om saam stil te word, te bid en opnuut te ontdek hoe die Heilige Gees gewone mense verander, dra en stuur. Wanneer ons bid binne die kragveld van die Gees, begin God ons harte, ons ritmes en ons lewens nuut vorm. Kom reis saam deur vier byeenkomste waar ons nadink oor geloof, gebed en ’n lewe naby aan God: Maandag 18 Mei | 19:00. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 "Hou aan klop en ho...
[ PINKSTER ] Van geestelike dreiger tot geestelike kryger 18.05.2026 24:06
Hierdie Pinkster nooi ons jou om saam stil te word, te bid en opnuut te ontdek hoe die Heilige Gees gewone mense verander, dra en stuur. Wanneer ons bid binne die kragveld van die Gees, begin God ons harte, ons ritmes en ons lewens nuut vorm. Kom reis saam deur vier byeenkomste waar ons nadink oor geloof, gebed en ’n lewe naby aan God: Sondag 17 Mei | 09:00. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 "Van geestelike dreiger...
[ HEMELVAART ] Wanneer alles begin sin maak 14.05.2026 21:10
Partykeer voel die lewe gefragmenteerd. Gebeure, vrae en pyn maak nie altyd onmiddellik sin nie. Maar met 𝗛𝗲𝗺𝗲𝗹𝘃𝗮𝗮𝗿𝘁 kyk ons opnuut na Jesus se verhoging en ontdek hoe God besig is om alles saam te trek in Sy groter verhaal. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons nadink oor hoe Jesus se Hemelvaart nuwe perspektief, hoop en betekenis bring.
Hoe lyk geloof wat dieper gaan? 11.05.2026 26:42
Partykeer reageer ons vinnig op Jesus. Ons raak opgewonde, emosioneel of geïnspireer. Maar Johannes wys vir ons dat geloof dieper gaan as ’n oomblik se reaksie. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek wat dit beteken om nie net in Jesus geïnteresseerd te wees nie, maar om Hom werklik te vertrou en deur Hom gevorm te word. #eKerk #Boodskap
Jesus onderbreek Sy dagboek vir my ook 04.05.2026 28:00
Ons dink soms ons is net nog ’n inskrywing in die dag. Maar Jesus sien anders. Hy stop, Hy luister, Hy gee aandag. Wat beteken dit dat Jesus sy pad onderbreek, ook vir jou? 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe Jesus ons raaksien in die middel van die gewone, en hoe Hy ons ontmoet op maniere wat ons nie verwag nie. Ons vier ook saam 𝗻𝗮𝗴𝗺𝗮𝗮𝗹. Dit is ’n heilige oomblik waar ons onthou, ontvang en weer...
DIE STORIES | Gesprek met Marina Brink | Feed the Future 04.05.2026 24:14
Welkom by 𝗲𝗞𝗲𝗿𝗸 𝗡𝗼𝗼𝗱 - 𝗗𝗶𝗲 𝗦𝘁𝗼𝗿𝗶𝗲𝘀 In hierdie episode gesels ons met 𝗠𝗮𝗿𝗶𝗻𝗮 𝗕𝗿𝗶𝗻𝗸 van 𝗙𝗲𝗲𝗱 𝗧𝗵𝗲 𝗙𝘂𝘁𝘂𝗿𝗲, 'n organisasie wat dit op die hart dra dat geen kind honger gaan slaap nie. Marina deel openhartig oor Feed Our Future se werk in gemeenskappe, hul volhoubare voedselprojekte en vertel die stories wat elke dag in haar leefwêreld afspeel. Luister, leer, en word geïnspireer. Besoek www.feedthef...
Wat soek jy eintlik by Jesus? 28.04.2026 26:26
Ons kom almal na Jesus toe met iets in ons harte: vrae, behoeftes, verwagtinge. Maar wat soek ons regtig by Hom? 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons om eerlik te kyk na ons diepste soeke en te ontdek hoe Jesus ons ontmoet, vorm en uitnooi na iets groter as wat ons self verwag. Kom kuier saam. #eKerk #Boodskap
Van verkeerd val tot regopstaan in God 20.04.2026 23:13
Ons almal struikel soms, maak foute, val verkeerd en verloor rigting. Maar God los ons nie daar nie. Hy tel op, herstel en help ons om weer regop te staan. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoe God ons dra deur ons val en ons vorm tot mense wat weer kan opstaan en vorentoe leef. Kom kuier saam.
Agter geslote deure 13.04.2026 23:42
Soms leef ons agter geslote deure. Vasgevang in vrees, onsekerheid of twyfel. Tog is dit juis dáár waar Jesus inkom… nie afgeskrik deur ons grense nie, maar naby, teenwoordig en vol vrede. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek hoe Jesus ons ontmoet agter ons geslote deure en nuwe lewe en hoop bring. Kom kuier saam.
DIE STORIES | Gesprek met Jaco Strydom | Echo Youth 08.04.2026 38:58
Welkom by eKerk Nood - Die Stories. In hierdie episode gesels ons met Jaco Strydom van Echo Youth, 'n organisasie wat al 25 jaar met moeilikheid besig is. Moeilikheid is hul besigheid, en besigheid is booming. Jaco deel eerlik oor Echo Youth se unieke gemeenskapsmodel, hul plaasprojek en die kinders wie se lewens verander het toe iemand besluit het om te bly. Want elke kind het iemand nodig, nie n...
Opstanding: Ons sien vir Jesus! 05.04.2026 24:03
Op Opstandingsondag kyk ons weer, en hierdie keer sien ons nie net die kruis nie, maar die leë graf. Ons sien Jesus… lewendig, oorwinnaar, en naby aan ons. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om die vreugde, hoop en nuwe lewe van die opstanding opnuut te ontdek. Kom kuier saam en vier die lewe wat Jesus bring!
Goeie Vrydag: Ons sien vir Jesus... 03.04.2026 22:36
Op Goeie Vrydag staan ons stil by die kruis, en ons kyk weer. Nie net na wat gebeur het nie, maar na Wie daar hang. Ons sien Jesus… Sy liefde, Sy lyding, Sy oorgawe vir ons. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 nooi ons om stadiger te kyk, dieper te sien en die betekenis van die kruis opnuut te ontdek. Kom kuier saam en laat God jou hart aanraak in hierdie heilige oomblik.
Moenie die kortpad vat nie 30.03.2026 23:33
Ons leef in ’n wêreld wat vinnige oplossings en maklike uitweë soek. Maar God se pad is dikwels nie die kortpad nie. Dit is die pad wat vorm, verdiep en ware lewe bring. 𝙎𝙩𝙚𝙥𝙝𝙖𝙣 𝙅𝙤𝙪𝙗𝙚𝙧𝙩 help ons ontdek hoekom die pad saam met Jesus nie altyd die maklikste is nie, maar altyd die regte een. #eKerk #Boodskap
Vier dae te laat 23.03.2026 25:24
Soms voel dit asof God te laat opdaag. Asof die deur al toegemaak het en hoop al verdwyn het. Maar juis daar wys die evangelie vir ons dat God se tyd anders werk as ons s’n. 𝙋𝙞𝙚𝙧𝙧𝙚 𝙀𝙣𝙜𝙚𝙡𝙗𝙧𝙚𝙘𝙝𝙩 help ons ontdek hoe God selfs in oomblikke wat vir ons te laat voel, nuwe lewe en hoop bring. #eKerk #Boodskap
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.