ekerk

ekerk Boodskap | Die Podcast

Religion AF ↓ 100 episodes

Welkom by ekerk Boodskap se Podcast. By ekerk wil ons Jesus vir almal sigbaar, voelbaar en verstaanbaar maak. Luister saam en ontdek meer van wie Jesus is.www.ekerk.org

Author

ekerk

Category

Religion

Podcast website

ekerklewendig.podbean.com

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Florerende Lewe ná Jesus | Johan Beukes 08.06.2025

Wat beteken dit regtig om 'n vol en vry lewe te leef ná jy Jesus leer ken het? Kom kuier saam met Johan Beukes waar hy uit Johannes 14:23–30 oor die Florerende Lewe ná Jesus — ’n lewe wat diep gewortel is in liefde, vrede en teenwoordigheid gesels. Kom kuier saam as eKerk-familie. #FlorendeLewe #eKerkLewendig

God vra nie meer as Jesus nie | Pierre Engebrecht 02.06.2025

Voel jy soms of jy steeds iets aan God moet bewys? Asof jy meer moet doen, beter moet glo, harder moet probeer? Kom hoor die bevrydende waarheid uit Galasiërs 3: 22-26 en 4:1–7 waar Pierre Engelbrecht preek oor: “God vra nie meer as Jesus nie” Kom ontdek wat dit beteken om vry te leef as God se geliefde kind.

[ HEMELVAART ] U Woord is my wegkruipplek en rigtingwyser | Pierre Engelbrecht 29.05.2025

𝗝𝘆’𝘀 𝘂𝗶𝘁𝗴𝗲𝗻𝗼𝗼𝗶 𝗻𝗮 𝗲𝗞𝗲𝗿𝗸 𝗟𝗲𝘄𝗲𝗻𝗱𝗶𝗴 𝗣𝗶𝗻𝗸𝘀𝘁𝗲𝗿! Op Hemelvaart vier ons nie ’n afskeid nie, maar ’n nuwe teenwoordigheid. Jesus is nie meer op aarde nie, maar Hy los ons nie rigtingloos nie. Sy Woord en Gees bly ons gids en veilige skuilplek. Ons tema vir Donderdag, 29 Mei om 19:00 is: "U Woord is my wegkruipplek en rigtingwyser." Pierre Engelbrecht sluit ons Pinksterreeks af met ’n kragtige boodskap ui...

[ PINKSTER ] - Maak my oë oop: Leer my om reg te kyk | Pierre Engelbrecht 28.05.2025

𝗝𝘆’𝘀 𝘂𝗶𝘁𝗴𝗲𝗻𝗼𝗼𝗶 𝗻𝗮 𝗲𝗞𝗲𝗿𝗸 𝗟𝗲𝘄𝗲𝗻𝗱𝗶𝗴 𝗣𝗶𝗻𝗸𝘀𝘁𝗲𝗿! Soms kyk ons, maar sien nie regtig nie. Hierdie Pinkster nooi jou om jou hart en oë oop te maak vir die manier waarop God kyk — deur die Gees en die Woord. Ons tema vir Woensdag, 28 Mei om 19:00 is: "Maak my oë oop: Leer my om reg te kyk." Pierre Engelbrecht help ons ontdek hoe Psalm 119:17–24 ons leer om met nuwe oë te sien — soos God sien.

[ PINKSTER ] Vasbeslote om vas te byt. | Stephan Joubert 27.05.2025

𝗝𝘆’𝘀 𝘂𝗶𝘁𝗴𝗲𝗻𝗼𝗼𝗶 𝗻𝗮 𝗲𝗞𝗲𝗿𝗸 𝗟𝗲𝘄𝗲𝗻𝗱𝗶𝗴 𝗣𝗶𝗻𝗸𝘀𝘁𝗲𝗿! God se Woord is nie net iets om te lees nie — dis iets om vas te gryp, op te leef en aan vas te byt. Hierdie Pinksterreeks herinner ons daaraan dat die Heilige Gees ons krag gee om aan God se waarheid vas te hou, selfs wanneer dit moeilik raak. Ons tema vir Dinsdag, 27 Mei om 19:00 is: "Vasbeslote om vas te byt: Ek kan nie wag om God se Woord te doen nie....

[ PINKSTER ] Hoe lief het ek U wet... hoe mooi skitter U Woord in my lewe | Stephan Joubert 26.05.2025

𝗝𝘆’𝘀 𝘂𝗶𝘁𝗴𝗲𝗻𝗼𝗼𝗶 𝗻𝗮 𝗲𝗞𝗲𝗿𝗸 𝗟𝗲𝘄𝗲𝗻𝗱𝗶𝗴 𝗣𝗶𝗻𝗸𝘀𝘁𝗲𝗿! Die Gees en die Woord is nie net rigtingwysers nie — hulle is Leermeesters wat jou hart en denke nuut maak. Hierdie Pinksterreeks help jou ontdek hoe God se Woord jou daaglikse lewe kan vorm. Ons tema vir Maandag, 26 Mei om 19:00 is: "Hoe lief het ek U wet... hoe mooi skitter U Woord in my lewe." Stephan Joubert deel insigte uit Psalm 119:97–103 wat jou h...

[ PINKSTER ] My nuwe Leermeester(s) verander my hele lewe | Stephan Joubert 25.05.2025

𝗝𝘆’𝘀 𝘂𝗶𝘁𝗴𝗲𝗻𝗼𝗼𝗶 𝗻𝗮 𝗲𝗞𝗲𝗿𝗸 𝗟𝗲𝘄𝗲𝗻𝗱𝗶𝗴 𝗣𝗶𝗻𝗸𝘀𝘁𝗲𝗿! Kom ontdek saam hoe die Heilige Gees en die Bybel ons nie net leer nie, maar jou hele lewe kan transformeer. Hierdie Pinkster nooi ons jou na ’n reis met nuwe Leermeesters — die Heilige Gees en God se Woord — wat jou help leef met betekenis, rigting en geloof wat werklik werk.

Leef Teenwoordig | Pierre Engelbrecht 19.05.2025

Ons kuier saam met Pierre Engelbrecht met die tema: “Leef Teenwoordig – Wanneer God Aangevoel Word en Vorm Gee”   Ons gaan saam met Paulus ontdek hoe ’n oop verstand, ’n brandende hart en ’n gehoorsame wil ons help om God se teenwoordigheid regtig te beleef, en uit te leef.

Die Oefenpad van Geloof | Pierre Engelbrecht 11.05.2025

Hoe ervaar jy God se nabyheid deur die week? Baie van ons sukkel daarmee, asook om Sy stem te hoor. Dit is hoekom ons jou nooi om saam met ons op ’n pad van voorbereiding te stap, op pad na Pinkster. Kom kuier saam met Pierre Engelbrecht waar hy gesels oor: “Die Oefenpad van Geloof: Die Opgestane Here en die Pad van Transformasie”. Ons staan stil tydens hierdie preek by Lukas 24:13–35. Ons ontmoet...

Vanaf die kruis to by ons ewige huis | Stephan Joubert 05.05.2025

“Vanaf die kruis tot by ons ewige huis.” deur Stephan Joubert. Ons vier ook nagmaal – maak dus solank jou brood en wyn of druiwesap reg. Waar jy ook al is, nooi Jesus jou na Sy tafel toe. Kom verdiep jou geloof, beleef die liefde van Christus, en wees deel van iets groter – ’n geloofsfamilie wat saam groei.

Kom kyk wat het regtig by die Kruis gebeur | Stephan Joubert 27.04.2025

Wat het regtig by die kruis gebeur? Stephan Joubert ons help om dieper te kyk na die hart van God se liefde. Skakel in aanlyn en ontdek wat die kruis werklik beteken… vir jou lewe, jou hoop, jou toekoms. #eKerkLewendig #eKerk

[Opstandingsondag] Die krag van die leë graf | Pierre Engelbrecht 22.04.2025

𝗪𝗮𝘁 𝗺𝗮𝗮𝗸 𝗷𝘆 𝗺𝗲𝘁 ’𝗻 𝗹𝗲𝗲̈ 𝗴𝗿𝗮𝗳? Die eerste volgelinge het gebewe van verbasing en angs. Maar Paulus sê: leef jou verlossing energiek – met ontsag, nie angs nie. Want die krag wat Jesus uit die dood opgewek het, is vandag nog aan die werk… in jou!

[Palmsondag] Dra Jesus se Klere | Pierre Engelbrecht 13.04.2025

Jy’s genooi! Palmsondag by eKerk Lewendig "Dra Jesus se Klere"   Palmsondag is meer as net die begin van die Lydensweek – dit is ’n uitnodiging om stil te staan voor ’n hemelse klerekas: Dra jy koningsklere of slawekleure? ’n Kroon of ’n kruis? Gooi jy jou voorskoot neer, of trek jy dit aan? Sluit aan by ons Palmsondag-preek en ontdek wat dit beteken om nie net agter Jesus aan te stap nie, maar so...

Leer loop soos Jesus | Stephan Joubert 07.04.2025

Stephan Joubert bring die boodskap: "𝗟𝗲𝗲𝗿 𝗹𝗼𝗼𝗽 𝘀𝗼𝗼𝘀 𝗝𝗲𝘀𝘂𝘀" — ’n uitnodiging om die Geespad saam met Hom te stap. Kom beleef Jesus saam met ons! #EkerkLewendig #LeerLoopSoosJesus

Die Heilige Eggo | Pierre Engelbrecht 30.03.2025

Hoor jy God se stem in jou lewe? Soms praat Hy deur herhaling—‘n heilige eggo wat ons nie moet miskyk nie. Pierre Engelbrecht preek oor "𝗗𝗶𝗲 𝗛𝗲𝗶𝗹𝗶𝗴𝗲 𝗘𝗴𝗴𝗼: 𝗛𝗼𝗲 𝗚𝗼𝗱 𝘀𝗲 𝘀𝘁𝗲𝗺 𝗱𝗲𝘂𝗿 𝗵𝗲𝗿𝗵𝗮𝗹𝗶𝗻𝗴 𝗶𝗻 𝗼𝗻𝘀 𝗹𝗲𝘄𝗲 𝘄𝗲𝗿𝗸." Ontdek hoe God deur herhaalde waarhede en momente met ons kommunikeer.

Hoekom God praat | Pierre Engelbrecht 24.03.2025

𝗛𝗼𝗲𝗸𝗼𝗺 𝗽𝗿𝗮𝗮𝘁 𝗚𝗼𝗱? 𝗘𝗻 𝗵𝗼𝗲 𝗸𝗮𝗻 𝗼𝗻𝘀 𝘀𝘆 𝘀𝘁𝗲𝗺 𝗵𝗼𝗼𝗿?  Pierre Engelbrecht verken hierdie belangrike vraag in sy boodskap: "Hoekom God praat."   God is nie stil nie—Hy praat steeds met ons! 

Vanaf keelvol tot vreugdevol | Stephan Joubert 17.03.2025

Hoe beweeg ons van moeg en moedeloos na 'n lewe gevul met vreugde? Ontdek saam hoe God ons uitnooi om ‘n nuwe manier van leef te omhels. Stephan Joubert gesels met ons.

Gewortel in-Christus | Johan Beukes 09.03.2025

Welkom by eKerk Lewendig - Die Podcast.  Ons kuier vandag saam met Johan Beukes - ons kuier saam rondom wat dit beteken om gewortel te wees in Christus.

Ek is deel van Jesus se Triomftog | Stephan Joubert 02.03.2025

Kom reis saam met Stephan Joubert.  Die opname is in Rome Italië opgeneem in Julie 2024.  Geniet die boodskap.

God se wese: Die dienende God | Pierre Engelbrecht 23.02.2025

In ‘n wêreld waar invloed dikwels met mag en status geassosieer word, wys Jesus ‘n ander pad—dié van diensbaarheid. Sy woorde en dade kommunikeer nie net ‘n boodskap nie, maar bring genesing, roep ons tot aksie, motiveer en onderrig ons.   Pierre Engelbrecht neem ons op ‘n reis deur sewe maniere waarop Jesus kommunikeer, en hoe Sy stem vandag nog ons lewens vorm.    

God se wese: Die pratende God | Pierre Engelbrecht 17.02.2025

God se stem bring lewe, skep orde, roep ons nader en wys die pad vorentoe. Tydens hierdie preek kuier ons saam met Pierre Engelbrecht rondom die Bybel om te sien hoe God steeds praat—en hoe ons kan leer om Sy stem te hoor en daarop te reageer.

Vra God om jou reg te onthou.... nou reeds! | Stephan Joubert 09.02.2025

Waar jy ook al is, skakel in by eKerk Lewendig! Vandag kuier ons saam met Stephan Joubert vanuit Psalm 25 waar hy gesels oor die tema: "𝘝𝘳𝘢 𝘎𝘰𝘥 𝘰𝘮 𝘫𝘰𝘶 𝘳𝘦𝘨 𝘵𝘦 𝘰𝘯𝘵𝘩𝘰𝘶... 𝘯𝘰𝘶 𝘳𝘦𝘦𝘥𝘴!"

Die kortste pad na God se hart | Stephan Joubert 03.02.2025

Kom ervaar die betekenis en dieper verbintenis van Nagmaal as ons saam nadink oor God se liefde en genade.

Herlewing: Hier's die geheim! | Stephan Joubert 27.01.2025

Voel jy vasgeval? Is dit tyd vir verandering in jou lewe? Kom ontdek die geheim van herlewing! Stephan Joubert is vandag aan die woord. Ontdek hoe ware transformasie begin – jy wil dit nie misloop nie!

Konings wat buig en dien en heers: almal van ons! | Stephan Joubert 20.01.2025

Stephan Joubert is vanoggend aan die Woord. Kuier saam!

Listen to the ekerk Boodskap | Die Podcast podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.