Doxa Deo New Zealand

Doxa Deo Auckland Afrikaans

Religion AF ↓ 156 episodes

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

Author

Doxa Deo New Zealand

Category

Religion

Podcast website

www.doxadeo.org

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ware Aanbidding Is Uit Die Hart // Jaques van Wyk // Response Deel 1 13.07.2025

Ontdek 'n dieper begrip van aanbidding. Aanbidding is 'n belangrike deel van elke gelowige se lewe, maar baie van ons is daarby betrokke op grond van persoonlike ervaring eerder as 'n ware skriftuurlike grondslag. Hierdie boodskap sal jou toerus met Bybelse insigte oor wat ware aanbidding is.

It's Inside, Not On Top // Neels Janse Van Rensburg // The Glory Within Deel 2 06.07.2025

Ons het die afgelope Sondag saam gekuier rondom die waarheid dat  God se Heerlikheid IN ons leef .  Sy Heerlikheid vereis nie perfeksie van ons nie.  Inteendeel, dit is juis sigbaar in ons menslikheid en gebrokenheid.  Want God wat gesê het, "Laat daar uit die duisternis lig skyn," dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons te verlig met  die kennis van die heerlikheid van God , in die aangesig...

It's Inside, Not On Top // Neels Janse Van Rensburg // The Glory Within Part 1 29.06.2025

As jy die Cremora advertensie, "it's not inside, it's on top" onthou gee dit dalk nou bietjie van jou ouderdom weg. 😉  Dankie tog dat dit nie so werk met die Heerlikheid ( Doxa ) van God ( Deo ) nie!   God se Heerlikheid in ons is nie afhanklik van perfektheid nie maar is juis sigbaar in ons menslikheid. Ons menslike gebrokenheid is nie n briek/blok vir sy Heerlikheid nie.

Julle Sal My Getuies Wees // Jaques van Wyk // Die Vervulling Storie Deel 3 22.06.2025

Hoe help die Helige Gees ons om getuies te wees van Christus? Die Heilige Gees is die Helper wat die Here vir ons gegee het. Hy is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.

Ek Stuur Vir Julle ń Helper // Jaques van Wyk // Storie van Vervulling Deel 2 15.06.2025

Die Heilige Gees is die Helper wat die Here vir ons gegee het. Hy is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.

Jy Is God Se Woon Adress // Jaques van Wyk // Storie Van Vervulling Deel 1 08.06.2025

Die Heilige Gees is die manier waardeur die Vader in ons woning maak. Dit is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.

Geduld. Liefde wat weet hoe om te wag // Andreas van Tonder // Wen Liefde? Deel 3 01.06.2025

Te midde van 'n wêreld wat dikwels hard, ongeduldig en selfgesentreerd is, herinner Paulus ons aan 'n ander manier van leef – een gekenmerk deur medelye, vergifnis, nederigheid en bo alles: liefde. Hierdie reeks nooi ons om selfondersoek te doen, ons harte oop te stel vir God se transformerende liefde en dit aktief uit te leef in ons daaglikse verhoudings. Kom ontdek saam hoe liefde nie net 'n gev...

Hoe kan ek Vergewe? // Jaques van Wyk // Wen Liefde? Deel 2 25.05.2025

Te midde van 'n wêreld wat dikwels hard, ongeduldig en selfgesentreerd is, herinner Paulus ons aan 'n ander manier van leef – een gekenmerk deur medelye, vergifnis, nederigheid en bo alles: liefde. Hierdie reeks nooi ons om selfondersoek te doen, ons harte oop te stel vir God se transformerende liefde en dit aktief uit te leef in ons daaglikse verhoudings. Kom ontdek saam hoe liefde nie ne...

Wen Liefde Regtig? // Week 1 // Jaques van Wyk 18.05.2025

Het jy al gekyk na die dinge wat in die wêreld om jou gebeur, of die goed wat mense doen en gewonder of liefde dan regtig wen? Die Sondag begin ons 'n nuwe reeks waar ons gaan delf in Kolossense 3:12–14 en die eerlike vraag vra:  Wen liefde regtig?  Te midde van 'n wêreld wat dikwels hard, ongeduldig en selfgesentreerd is, herinner Paulus ons aan 'n ander manier van leef – een gekenmerk deur medel...

Ingesluit // Week 3 // Die rol van die Heilige gees in ons lewens // Jaques van Wyk 11.05.2025

Die rol van die Heilige gees in ons lewens

Ingesluit // Week 2 // Ons identiteit in Christus // Neels Janse van Rensburg 04.05.2025

Jy is ingesluit in God se Koninkryk!!!  Glo jy dat dit waar is van en vir jou?  Die belangrikste openbaring wat ons as kinders van God kan hê is om te verstaan dat ons deur Jesus Christus se voltooide werk aan die kruis en Sy oorwining oor die dood, nou deel het aan 'n ewige lewe van oorwinning en genade in Jesus!

Ingesluit // Week 1 // Christus ons nuwe verwysing // Jaques van Wyk 27.04.2025

Ingesluit // Week 1 // Christus ons nuwe verwysing

Opstanding Sondag // Jaques van Wyk 20.04.2025

Vier saam ons die belangrikste gebeurtenis van ons geloof, die opstanding van Jesus

Hoekom? En Hoe Nou? // Neels Janse van Rensburg 13.04.2025

In hierdie lewe is ons soms gelos met moeilike vrae. "Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense?", "Waarom is daar siekte en lyding in die wêreld?". Vandag gesels Neels ons deur n paar belangrike gedagtes om onsself van te herhinner waneer ons met hierdie vrae sit.

Here, Hoekom Gebeur al Hierdie Slegte dinge? // Jaques van Wyk 06.04.2025

In hierdie lewe is ons soms gelos met moeilike vrae. "Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense?", "Waarom is daar siekte en lyding in die wêreld?". Vandag gesels Jaques ons deur n paar belangrike gedagtes om onsself van te herhinner waneer ons met hierdie vrae sit.

Helde Van Geloof // Jaques van Wyk // His Glory My Story Deel 4 30.03.2025

Ons kyk vandag nie net na n paar helde van die geloof in die Bybel nie, maar ontdek ook die roeping op ons eie lewens om draers van Sy heerlikheid te wees. Sodat ander se geloof sal baat uit ons storie uit.

God Se Uitspraak Oor Jou Lewe // Andreas van Tonder // His Glory My Story Deel 3 23.03.2025

Die Here het sekere uitsprake oor ons lewens gemaak, maar dit vat ons soms n tydjie om die volheid daarvan te ontdek en om ons lewens te belyn met die waarheid.

Wie Kan Sy Teenwoordigheid Binne Gaan? // Andreas van Tonder // His Glory My Story Deel 2 16.03.2025

Wat kom in jou gedagtes op wanneer jy dink aan die heerlikheid van God? Vir geslagte lank is Sy teenwoordigheid gesimboliseer deur vuur, wolk en die heilige ruimte van die tempel se Allerheiligste—verberg, ver, en slegs vir die hoëpriester gereserveer. Maar alles het verander toe Jesus aan die kruis gesterf het. Die dik gordyn wat die mensdom van God se teenwoordigheid geskei het, is van bo tot on...

Jesus As Koning // Jaques van Wyk // His Glory My Story // Deel 1 09.03.2025

Wat is die prentjie in jou gedagtes, wanneer ek die woord Jesus sou sê? Die meeste van ons sal dink aan Hom, gebore in die krip, Hy het op aarde gewandel. Hy is gekruisig. Hy het uit die graf opgestaan. Opgevaar na die hemel. En ons wag op Sy wederkoms. Wel, dit is absoluut waar. Maar vandag wil ons u 'n ander perspektief bied. En ons wil dit uit die boek Hebreërs neem. Hierdie perspektief is...

Die Jesus Manier Is Beter // Jaques van Wyk 02.03.2025

Hoe verskillend sal mense se lewens wees waneer hulle besef die "Jesus Manier" is werklik beter. Hoe Verskillend sal jou lewe lyk as jy werklik die "Jesus manier" kies waneer jy voor keuses staan elke dag?

Joint and Knitted // Deel 2 - Diensbaarheid // Neels Janse van Rensburg 23.02.2025

Die kerk is nie net 'n Sondag byeenkoms nie, dit is 'n familie, 'n liggaam waar elke lidmaat 'n belangrike rol speel. Wanneer ons diep, betekenisvolle verhoudings kweek, skep ons 'n gemeenskap wat mekaar versterk en ophef. Sluit by ons aan terwyl ons verken hoe ons dit vandag in ons kerk kan uitleef!

Joined and Knitted // Deel 1 // Jaques van Wyk 16.02.2025

Die kerk is nie net 'n Sondag byeenkoms nie, dit is 'n familie, 'n liggaam waar elke lidmaat 'n belangrike rol speel. Wanneer ons diep, betekenisvolle verhoudings kweek, skep ons 'n gemeenskap wat mekaar versterk en ophef. Sluit by ons aan terwyl ons verken hoe ons dit vandag in ons kerk kan uitleef!

God In Die Eerste Plek // Deel 2 // Jaques van Wyk 09.02.2025

Hoe hanteer ons dit waneer gebede nie beantwoord word nie, of waneer dinge nie uitdraai volgens ons wil nie? Vandag deel Jaques met ons oor die belangrikheid van om Die Here se rol in ons lewens reg te verstaan.

God In Die Eerste Plek // Jaques van Wyk 02.02.2025

As Christene is dit belangrik dat die Here eerste prioriteit in ons lewens het. Reflekteer ons lewens dit ten volle? Wat is die dinge wat soms veroorsaak dat God n agtersitplek inneem in ons lewens en hoe kan ons dit voorkom?

Watter Rol Speel Jesus In Jou Lewe? // Jaques van Wyk // Holy Habits Deel 4 26.01.2025

Ons sien in Hebreërs 12 dat God die een is wat ons aanmoedig, disiplineer en aanspreek. Hoe ontvang ons hierdie van die Here af en wat kan dit vir ons beteken?

Listen to the Doxa Deo Auckland Afrikaans podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.