Doxa Deo New Zealand
Doxa Deo Auckland Afrikaans
Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.
Author
Doxa Deo New Zealand
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die Krag Van Bekering // Jaques van Wyk // Nuut en Anders Deel 3 25.01.2026 39:06
Bekering gaan nie oor skuld nie, maar oor belyning. Leer hoe nuut dink ware transformasie bring. Die Here is reeds besig met ’n goeie werk in jou. Bekering is jou uitnodiging om saam Hom te werk.
Klein Dinge Wat Groot Geloof Kweek // Andreas van Tonder // Nuut en Anders Deel 2 18.01.2026 34:24
God sê Hy maak alles nuut, maar ware verandering gebeur deur daaglikse samewerking met Hom. Hierdie boodskap wys hoe klein, getroue gewoontes vorm gee aan wie ons word en hoe God volhoubare transformasie bring deur gehoorsaamheid en getrouheid.
Die Krag Van Nuwe Ritmes // Jaques van Wyk // Nuut en Anders Deel 1 11.01.2026 42:06
Dis belangrik om die nuwe jaar te begin nie net met goeie intensies nie, maar goeie ritmes. Vandag deel Jaques oor hoe ons kan verseker dat ons alles wat die Here oor ons lewens droom ń werklikheid kan maak in ons lewens.
Die Storie Van Die Koning // Neels Janse van Rensburg 04.01.2026 40:27
Ons kyk deur Jesaja 9:6 na die name wat gegee is om Jesus te beskryf. Hierdie name dien as 4 verskillende lense waarmee ons die nuwe jaar moet in gaan.
Dankdiens 2025 // Jaques van Wyk 07.12.2025 38:49
Hierdie week kyk ons terug met dankbaarheid en vorentoe met vertroue. In n wereld vol druk en onsekerheid anker dankbaarheid ons in die genade van God en vertroue berei ons voor vir wat kom. Sluit aan soos ons ontdek hoe dankbaarheid en vertroue ons verhouding met Jesus vorm.
Diep Wortels, Groot Vrug // Neels Janse van Rensburg // Dankbaarheid Deel 2 30.11.2025 35:21
In hierdie week se boodskap kyk ons hoe dankbaarheid nie iets is wat ons probeer afdwing nie, maar ’n vrug wat natuurlik groei wanneer ons in Christus bly. Wanneer aanbidding uit verhouding vloei, verander ons hele houding teenoor God. Luister saam hoe dankbaarheid ons aanbidding én ons getuienis vorm.
Koninkryks Dankbaarheid // Jaques van Wyk // Dankbaarheid Deel 1 23.11.2025 29:54
Die Skrif wys dat ware dankbaarheid vloei uit die wete dat ons n Koninkryk ontvang het wat nooit geskud kan word nie. Wanneer ons kies om dankbaar te wees in elke omstandigheid begin ons God anders sien ons harte word voorberei vir vreugde en volwassenheid en ons leefstyl van aanbidding word gevorm deur die onveranderlike waarheid van wie Hy is. Hierdie boodskap help jou om jou hart in die ewige v...
Die daaglikse ritme van vernuwing // Jaques van Wyk // Een Lewe Deel 3 16.11.2025 37:53
Ritmes is belangrik. Dit impliseer herhaling en beweging. En dit het te doen met tydsberekening. Dit organiseer wat andersins 'n kakofonie sou wees. As ons praat oor integriteit in die proses van heiligmaking, is ritme belangrik in al sy aspekte en dinamika. In Ef 4:22-24 nooi Paulus ons uit om die nuwe ritme vir ons lewens te verstaan: "dat julle, wat julle vroeëre lewenswandel betref, die ou m...
Heiligmaking // Neels Janse van Rensburg // Een Lewe Deel 2 09.11.2025 35:40
Watter gedagtes kom by jou op as jy die woord HEILIGMAKING hoor? Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak. (Heb 10:14) As ons vir ewig volmaak gemaak is, waarom voel ons dan nie altyd volmaak nie? Wees eerlik: Voel jy altyd volmaak? Voel jy altyd heilig? Die Bybel sê jy is volmaak gemaak en jy is heilig. Maar jy voel nie altyd so nie, of hoe? Ons worstel...
Wandel Waardig van jou Roeping // Jaques van Wyk // Een Lewe Deel 1 03.11.2025 38:05
Ontdek wat dit werklik beteken om met integriteit te leef deur jou lewe in lyn te bring met God se waarheid eerder as om net te doen wat reg lyk. In hierdie boodskap van ’n Studie oor Integriteit word ons geroep om waardig te wandel en een ware lewe in Christus te leef.
'n Studie oor Integriteit // Jaques van Wyk // Een Lewe.... Deel 1 26.10.2025 40:37
Baie mense dink integriteit beteken om te doen wat REG is… maar wat as dit meer is as dit? Wat as integriteit beteken om te doen wat WAAR is — om eerlik te leef vanuit wie God sê jy is, selfs wanneer niemand kyk nie? Integriteit is nie gedrags verandering nie — dis 'n karakterhouding wat uit waarheid vloei. "Die opregtes se wandel beskerm hulle, maar die ontroues word vernietig...
Die Kerk se Rol in die Stad // Jaques van Wyk // Family On Mission Deel 3 19.10.2025 34:19
God het nie ons stad opgegee nie — Hy roep ons om deel te wees van Sy plan om dit te vernuwe. Kom ontdek hoe ons as kerk ware verandering kan bring deur nie terug te trek van die wêreld nie, maar deur met liefde, genade en Koninkryksdoel daarin te leef.”
Geloof Vir ń Stad // Jaques van Wyk // Family On Mission Deel 2 12.10.2025 38:21
“Hierdie week kuier ons oor Geloof vir ’n Stad. God se missie is meer as net redding — dit gaan oor vernuwing. Ontdek hoe die kerk die draer van Sy Koninkryk kan wees.
Ambassadeurs Van Sy Koninkryk // Andreas van Tonder // Family On Mission Deel 1 05.10.2025 37:33
Wat as sending nie gaan oor om ver te gaan nie, maar oor hoe jy leef waar jy nou is? In hierdie boodskap deel Andreas die hart van Ambassadeurs van die Koninkryk — gewone mense wat ’n buitengewone teenwoordigheid dra. Ontdek hoe jy saam met God geskape is om sy goedheid in jou huis, jou werk en jou wêreld te bring. Jy is die verteenwoordiger van die hemel op aarde — en die sending begin waar jy st...
Waneer Dit Net Te Veel Raak // Andreas van Tonder 28.09.2025 35:08
Angs is iets wat ons almal beleef—of dit nou in die druk van familie, finansies, verhoudings of die onsekerhede van môre is. Die waarheid is dat die las van die lewe nooit bedoel was om net op ons skouers te rus nie. In hierdie boodskap ontdek ons hoe God ons nooi om ons fokus opwaarts te verskuif, onsself onder Sy sorg te verneder, en elke bekommernis op Hom te werp. In plaas daarvan om onderdruk...
Lewe Vanuit Die Wingerdstok // Neels Janse Van Rensburg // Unbroken Fellowship Deel 3 21.09.2025 40:07
Wat beteken dit om werklik te floreer in die lewe? Jesus wys vir ons dat ware vrugbaarheid nie kom uit harder probeer nie, maar uit om in Sy liefde te bly. In hierdie boodskap ontdek ons hoe ongebroke gemeenskap met God ons perspektief op uitdagings verander en ons verhoudings met ander radikaal hervorm.
Ware intimiteit met God // Jaques van Wyk // Unbroken Fellowship Deel 2 14.09.2025 34:20
Het jy al ooit vir té lank uit 'n tas geleef? Jy is tegnies "in", maar dit voel nie soos huis nie. Baie mense leef só met God—hulle besoek Hom soms, maar voel onseker of hulle regtig behoort. As gevolg van wat Christus gedoen het, nader ons God nie met huiwering nie. Ons kom met vrymoedigheid nader. (Hebreërs 10:19–22). Jesus nooi ons nie net uit om Sy teenwoordigheid te besoek nie....
Gemaak Om Hom Te Ken // Neels Janse Van Rensburg // Unbroken Fellowship Deel 1 07.09.2025 34:36
Voordat die skepping begin het, het God al in volmaakte verhouding en intimiteit bestaan—en Hy nooi ons in daardie lewe in. In hierdie week se boodskap ontdek ons hoe ongebroke verhouding met God nie net moontlik is nie, maar die rede waarom jy geskape is.
Wat Gebeur Waneer Ek God Vertrou? // Neels Janse van Rensburg // In God We Trust Deel 3 31.08.2025 31:10
Wat gebeur wanneer ons regtig God vertrou met ons lewens? In hierdie week se boodskap ontdek ons hoe vertroue stabiliteit, vrede en vrugbaarheid voortbring. Kom leer hoe God se storie van oorvloed nie net jou hart verander nie, maar ook die wêreld rondom jou kan raak.
Hoe Weet Ek Ek Vertrou Werklik Die Here? // Andreas van Tonder // In God We Trust Deel 2 24.08.2025 1:14:34
Die lewe trek ons dikwels na bekommernis, vergelyking en die konstante soeke na meer. Maar God nooi ons in ’n ander pad—’n lewe gekenmerk deur vertroue, vryheid en vrede. In hierdie boodskap ontdek ons wat dit beteken om die vreugde van vergenoegdheid en die vryheid wat kom as ons ons lewens werklik in Hom anker.
Op God Vertrou Ons // Week 1 // Jaques van Wyk // Plant die saad 17.08.2025 36:27
Die lewe het sy seisoene van hitte, droogte en onsekerheid — maar God se Woord belowe dat dié wat op Hom vertrou, nie sal verdor nie. In ons nuwe preekreeks, Op God Vertrou Ons , gaan ons ontdek hoe om ons harte in Sy trou te anker, diep geestelike wortels te groei en met onwankelbare sekerheid te leef, maak nie saak wat kom nie. Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die me...
Die Geregtigheid van God // Jaques van Wyk 10.08.2025 26:36
Baie van ons leef ons lewens vasgekyk in die truspieël — gedefinieer deur ons foute, vasgevang in ou opinies, en vas in wat agter ons lê. Maar God se waarheid roep ons na iets baie groter. In Christus is jy ’n nuwe skepping en die geregtigheid van God self. In hierdie boodskap ontdek jy hoe om los te breek van die greep van jou verlede, duidelik te sien wat God voor jou geplaas het, en met die ver...
Jy Moet Weer Gebore Word // Andreas van Tonder 03.08.2025 34:43
In hierdie boodskap breek Andreas een van Jesus se mees uitdagende uitsprake oop: “Jy moet weer gebore word.” Dit gaan oor om ’n totale nuwe identiteit te ontvang—een wat nie gegrond is op jou pogings, moraliteit of selfwaarde nie, maar op die transformerende krag van God se Gees.
Eenheid Met Die Vader // Alan Platt 27.07.2025 36:12
Intimiteit met Die Vader was die eienskap wat Jesus so aantreklik gemaak het vir al die mense wat hy in aanraking mee gekom het en spesifiek die sondaars. Dit is presies hierdie intimiteit met Die Vader wat Jesus vir ons ook kom bewerkstellig het. Die stigter en vader van Doxa Deo, Alan Platt, deel n boodskap rondom eenheid en intimiteit met Die Vader.
Is my aanbidding aanneemlik vir God? // Jaques van Wyk // Response Deel 2 20.07.2025 31:51
In 'n tyd waar aanbidding dikwels gekoppel word aan styl, atmosfeer of persoonlike voorkeur, moet ons onsself eerlik afvra: Is dit wat ek aan God bring, werklik wat Hý vra? Aanbidding is nie net 'n emosionele oomblik of 'n mooi lied nie. Dit is 'n lewe wat oorgegee is, geanker in waarheid – in gehoorsaamheid aan God se Woord. God is nie beïndruk deur uiterlike vorm sonder innerlike waarheid ni...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.