Doxa Deo New Zealand
Doxa Deo Auckland Afrikaans
Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.
Author
Doxa Deo New Zealand
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Is Die Bybel Nog Relevant // Jaques van Wyk // Die Woord Deel 1 05.07.2026 37:44
Tydens "Bible Month" in New Zealand vra ons vandag die vraag: Is die Bybel nog relevant in vandag se tyd? En hoekom is dit nog belangrik om te glo in die relevantheid en die outoriteit van die Bybel in vandag se tyd.
Rentmeesterskap // Andreas van Tonder // The Generous Life Deel 2 28.06.2026 36:17
As alles wat jy het 'n geskenk van God is, hoe lyk 'n lewe wat dit ernstig opneem? Jesus vertel 'n gelykenis oor 'n meester wat sy dienaars vertrou met sy besittings. Die oomblik waarop hy terugkeer, stel hy nie die vraag hoeveel het jy gehad nie. Hy vra wat het jy gedoen met wat jy gehad het. Dit verander alles. Sukses is nie die grootte van jou rekening of jou huis nie. Sukses is...
Alles Wat Ek Het Is Genade // Jaques van Wyk // The Generous Life Deel 1 21.06.2026 34:58
As iemand vandag vir jou sê ons gaan oor vrygewigheid praat, wat is jou eerste gedagte? Geld? Tiendes? 'n Kollektemandjie? Vergeet daarvan vir 'n oomblik. Die Bybel sê vrygewigheid is die vrug van 'n hart wat die genade van God gesien het. Die Macedoniërs in 2 Korinthiërs 8 was arm. Ernstig arm. En tog het hulle Paulus gesmeek om deel te mag wees van 'n offering. Omdat hulle genade...
Die Gawe In Jou Is Vir Iemand Anders // Jaques van Wyk // Heilige Gees Deel 4 15.06.2026 33:22
Jy het 'n gawe. Die Bybel is duidelik daaroor. 1 Korinthiërs 12:7 se dit sonder huiwering: 'n geestelike gawe is aan elkeen van ons gegee. Maar hier is die deel wat ons dikwels misloop: die gawe is nie vir jou nie. Dit is in jou, vir iemand anders. Die Heilige Gees wil nie net in jou woon nie. Hy wil deur jou werk. En die plek waar dit die meeste saak maak, is nie 'n Sondagdiens nie. D...
Lewe In Die Gees // Neels Janse van Rensburg // Heilige Gees Deel 3 07.06.2026 30:49
Ons praat baie oor die Heilige Gees. Maar hoe lyk 'n lewe wat werklik deur Hom gevul en gerig word? Paulus gee in Efesiers 5 'n verrassende antwoord. Hy vergelyk 'n lewe gevul met die Gees met dronkenskap, en die verskil is nie wat jy dink nie. Alkohol verlaag jou bewussyn en laat jou minder sien. Die Gees verhoog jou geestelike bewussyn en laat jou meer sien, meer van God se werklikhe...
Die Gees van Waarheid // Andreas van Tonder // Heilige Gees Deel 2 31.05.2026 28:37
Die meeste van ons het al probeer om die Christelike lewe te leef op 'n manier wat dit nooit bedoel was om te werk nie. Ons maak beloftes, probeer harder, skiet tekort, voel skuldig, en herhaal die siklus weer van voor af. Iets voel uit plek uit, en ons wonder stilletjies of ons dalk net nie daarvoor gemaak is nie. Hierdie is waaroor ons vandag praat: Dis nie ń “Jy-probleem” nie. Dis ń “Op-wie...
Die Helper en Advokaat // Jaques van Wyk // Heilige Gees Deel 1 24.05.2026 36:32
Ons praat baie oor God die Vader en oor Jesus. Maar die Heilige Gees bly vir baie van ons vaag, 'n gevoel, 'n krag, iets wat net in die kerk gebeur. Die Bybel gee 'n heeltemal ander prentjie. Die Heilige Gees is 'n Persoon. Hy woon in elke gelowige. En Hy is jou Voorspraak, jou regsadvokaat, wat 24 uur per dag langs jou staan en jou saak bepleit teen vrees, skuld, selfhaat en leuen...
Liefde Sonder Grense // Neels Janse van Rensburg // Verhoudings Deel 3 17.05.2026 33:26
Dit is maklik om mense lief te he wat lief is om lief te he. Maar wat van die mense buite jou kring? Die mense wat anders is, die mense met 'n ingewikkelde geskiedenis, die mense wat jou ongemaklik maak? Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan is een van die bekendste verhale in die Bybel, maar dit is ook een van die mees ongemaklike. Hierdie boodskap sal jou uitdaag om anders te kyk na d...
Hemelvaart // Jaques van Wyk 14.05.2026 39:28
Hemelvaart herinner ons aan Jesus se opstanding en Sy terugkeer na die hemel. Dis ń Kragtige bevestiging van Sy heerskappy en die hoop wat ons in Hom het.
Drie Pilare van Liefde // Jaques van Wyk // Verhoudings Deel 2 10.05.2026 36:17
Deur die verhaal van die vrou wat in owerspel betrap is in Johannes 8, wys Jesus ons dat liefde op drie onderskeibare maniere uitgedruk word: deur Genade, deur Waarheid en deur Geregtigheid. Hierdie drie pilare werk saam en roep ons op om 'n fundamentele verskuiwing te maak: van 'n ek-gefokusde ingesteldheid na 'n mekaar-gefokusde ingesteldheid, want dit is die grondhouding waaruit lie...
Hoe Lyk Ware Vriendskap? // Jaques van Wyk 03.05.2026 35:56
Ons leef in 'n tyd met meer verbindings as ooit tevore. Volgelinge, kontakte, kennisse. En tog ervaar meer mense as ooit diep eensaamheid. Vandag se boodskap vra 'n eenvoudige vraag: Hoe lyk ware vriendskap? Deur die merkwaardige verhouding van Dawid en Jonatan ontdek ons dat ware vriendskap gebou word op drie pilare: lojaliteit wat in die gaping staan, kommunikasie wat die moeilike gespre...
Wanneer Liefde Werk Deel 2 // Jaques van Wyk 27.04.2026 36:30
Ons weet almal dat ons moet liefhe. Ons lees dit in 1 Korinthiers 13. Ons hoor dit in preke. Maar hoe? Hoe leef jy dit uit wanneer die verhouding moeilik is, wanneer die gesprek seer maak, wanneer jou eie krag opgeraak het? Hierdie week ontdek ons die een ding wat Paulus aan die einde van sy brief aan die Korinthiers noem as die geheim agter alles: die gemeenskap van die Heilige Gees. Hy wil jou h...
Waneer Liefde Werk // Jaques van Wyk 19.04.2026 34:39
Almal praat oor liefde. Maar werk dit regtig in jou lewe? Nie as 'n warm gevoel nie, nie as 'n vae idee nie, maar as 'n werklike, praktiese, daaglikse werklikheid? In hierdie boodskap kyk ons na 1 Korintiers 13 nie by 'n troue nie, maar reg in die middel van werklike konflik, werklike verhoudings en werklike lewe. Ons ontdek dat liefde 'n bewese rekord het, dat dit tans aktief...
Lewendig // Jaques van Wyk 12.04.2026 38:18
Hoe het die 40 dae gelyk wat Jesus nog op aarde spandeer het na hy uit die dood uit opgestaan het en wat kan ons daaruit leer? Vandag kuier Jaques met ons oor Jesus se laaste tye op aarde voor hy opgevaar het.
Opstanding Sondag // Jaco Schutte 05.04.2026 37:48
Een oomblik in tyd, twee duisend jaar terug, het die wêreld en die mensdom op n nuwe trajek gesit. Vandag kuier Jaco Schutte saam ons rondomo die opstanding van Jesus.
Goeie Vrydag (Engels) // Jaco Schutte 03.04.2026 33:03
Jaco Schutte lei ons in vandag se Goeie Vrydag boodskap deur weer oor die storie van die kruis te gaan. Hebreërs 12:13 moedig ons aan om toe te laat dat hierdie storie ons bron van nuwe lewe word.
Nie My Will Nie, Maar U Wil // Neels Janse van Rensburg // Oomblikke Voor Die Kruis Deel 2 29.03.2026 39:04
Die meeste van ons weet wat ons moet doen -- maar weet en doen is twee verskillende dinge. In Deel 2 van Oomblikke Voor die Kruis volg ons Jesus van die Boonste Vertrek na die Tuin van Getsemane, en ons ontdek wat dit werklik beteken om die teorie van bly in lewende geloof te omskep.
Bly In My Gewortel // Jaques van Wyk // Oomblikke Voor Die Kruis Deel 1 22.03.2026 34:50
Wat as die geheim van 'n vrugbare lewe niks te doen het met harder probeer nie? In hierdie boodskap uit ons 'Oomblikke Voor die Kruis'-reeks, ondersoek ons wat Jesus vir Sy dissipels gesê het net ure voor Sy arrestasie — en hoekom die woord 'bly' dalk die mees lewensveranderende woord is wat jy hierdie Paasfees sal teëkom. Luister nou en ontdek hoe om verbonde te bly aan die Br...
Gemeenskap Met Die Heilige Gees // Jaques van Wyk // Becoming Love Deel 4 15.03.2026 35:01
Hoe gebeur ware transformasie in die lewe van ’n volgeling van Jesus? Om Verander te Word , kyk ons na Paulus se woorde in 2 Korintiërs 3:18 en ontdek ons dat geestelike groei nie deur ons eie wilskrag, emosies of kennis gedryf word nie, maar deur die Heilige Gees. Wanneer ons God se heerlikheid aanskou en eerlike gemeenskap met Hom geniet, gebeur iets merkwaardig: ons word geleidelik verander na...
Die Genade van Jesus Jesus // Neels Janse van Rensburg // Becoming Love Deel 3 08.03.2026 41:04
Wat is die verskil tussen om Christelik te klink en werklik Christus-agtig te word? Vandag kyk ons na Paulus se kragtige uitdaging aan die gemeente in Korinte. Selfs met geestelike gawes, passievolle aanbidding en diep kennis, het iets noodsaaklik ontbreek. Sonder liefde was dit net geraas. Hierdie boodskap nooi ons om nie net die genade van Jesus te ontvang nie, maar om die genade van Jesus te wo...
Die Liefde Van Die Vader // Jaques van Wyk // Becoming Love Deel 2 01.03.2026 37:31
Wat as geestelike volwassenheid nie gaan oor om méér vir God te doen nie, maar om dieper deur Hom liefgehê te word? Vandag ontdek ons hoe Paulus die Korintiërs—en ons—lei na die ware oplossing vir onvolwassenheid: om God as Vader te ken. Hierdie boodskap wys hoe liefde identiteit voorafgaan, identiteit aktiwiteit voorafgaan, en hoe die liefde van die Vader ons verander van “gewone mense” na gelief...
Liefde, ń Beter Manier // Neels Janse Van Rensburg // Becoming Love Deel 1 22.02.2026 34:13
"Becoming Love" is ’n uitnodiging om God se heerlikheid te leef. Ontdek hoe geestelike volwassenheid gemeet word nie deur prestasie of kennis nie maar deur transformasie in liefde.
Geken Deur Sy Liefde // Jaques van Wyk // Becoming Love Deel 1 15.02.2026 30:35
Ons glo vas dat ons by die eindpunt begin. Jesus het dit moontlik gemaak—die kruis was 'n sukses. Die werk is klaar. Ons hoef nie die leer te klim om God te bereik nie. Hy het dit vir ons gedoen—maar meer nog, Hy het dit met ons gedoen en Hy doen dit in ons. As dit is waar ons begin, waarna mik ons? Ons streef daarna om lief te hê—om Sy liefde te wees, Sy getroue teenwoordigheid in hierdie wêr...
Nuwe Identiteit In Christus // Andreas van Tonder 09.02.2026 33:10
In Christus is jy nie meer wie jy was nie, jy is wie God sê jy is. Ontdek die 11 identiteitverskuiwings wat jou geloof en lewe herskep.
Familie Op Misie // Jaques van Wyk // 30 Jaar Van Genade 01.02.2026 32:54
n Woord van God verander alles. In hierdie boodskap ontdek ons hoe Doxa Deo op ’n Goddelike belofte gebou is, hoe deernis lei tot aksie, en hoe God gewone mense gebruik om stede te transformeer. Hierdie is jou uitnodiging om deel te wees van God se missie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.