RSG
Brêkfis met Derrich
'n Op en wakker Sateroggendkuier met musiek, kompetisies en alles van visvang en tuinmaak tot omgewingsake en pleisters vir jou siel.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Omgewingspraatjie 27 Mei 2023 27.05.2023 9:11
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor karnivoorplante, soos die slingerplant van Wes-Afrika, Triphyophyllum peltatum, wat, sover bekend, die enigste karnivoorplant is wat kan kies om karnivories te wees of nie.
Hengel 27 Mei 2023 27.05.2023 5:37
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 20 Mei 2023 20.05.2023 7:53
NIco Smit praat oor openbare laaiplekke vir elektriese motors.
Groenvingers 20 Mei 2023 20.05.2023 8:43
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg van Gardenworld praat oor orgideë en die maak van kompos. Die plant van die week is Escallonia Pink Elle.
Omgewingspraatjie 20 Mei 2023 20.05.2023 9:01
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor die plan om groot hoeveelhede koolsuurgas uit die lug vas te vang in plantmateriaal, en dan om die plante met sout te droog en te begrawe. Onder die voorgestelde plante is ornamentele grasse en dennespesies.
Hengel 20 Mei 2023 20.05.2023 7:47
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 13 Mei 2023 13.05.2023 4:58
Nico Smit praat oor die veiligheid van kinders in motors. Hy beantwoord ook ’n vraag van ’n luisteraar oor die ritgehalte van sy viertrekvoertuig.
Groenvingers 13 Mei 2023 13.05.2023 8:12
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg van Gardenworld praat oor die beskerming van plante teen ryp; en potplante vir Moedersdag. Hy waarsku ook teen die natmaak van tuine in die laatmiddag of aand in die volgende paar maand, want die grond en oppervlakvog moet droog word voor die aandtemperature daal. Die plant van die week is Phormium Ruby Tuesday.
Omgewingspraatjie 13 Mei 2023 13.05.2023 9:18
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor bakterieë wat plastiek kan afbreek. Sommige van hulle is vrylewend, maar ander kom in die spysverteringstelsel van inseklarwes voor.
Hengel 13 Mei 2023 13.05.2023 7:13
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 6 Mei 2023 06.05.2023 5:43
Nic Smit beantwoord 'n luisteraarsvraag oor die 4x4-funksie in sy bakkie.
Groenvingers 6 Mei 2023 06.05.2023 7:30
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg van Gardenworld praat oor grasdraer termiete en die plant van winterbolle. Die plant van die week is Nandina Dragon Flame.
Omgewingspraatjie 6 Mei 2023 06.05.2023 8:22
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor fregatvoëls wat aan die slaap raak om blitsige ruskansies te neem terwyl hulle vlieg.
Hengel 6 Mei 2023 06.05.2023 7:22
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 29 April 2023 29.04.2023 8:07
Nico Smit verduidelik wat hy doen om sy motor skoon te hou.
Groenvingers 29 April 2023 29.04.2023 5:44
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg van Gardenworld vra wanneer is dit ‘n goeie tyd om plante, meer spesifiek bome en struike, te plant. Die antwoord is nou, en nie in die lente nie. Een van die vrae wat JJ gereeld kry, is of mens professionele hulp soos ‘n landskapsargitek moet kry om jou tuin uit te lê, of kan jy dit self doen. Die plant van die week is Primula acaulis, wat as die English Primr...
Omgewingspraatjie 29 April 2023 29.04.2023 8:10
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor die verskillende aanpassings van mariene soogdiere, ondermeer die olifantrob, om in die oopsee genoeg slaap te kan kry. Sy noem ook van die ander aanpassings wat dit vir hulle moontlik maak om sulke lang duike te onderneem.
Hengel 29 April 2023 29.04.2023 5:59
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 22 April 2023 22.04.2023 6:16
Nico Smit praat oor elektriese motors.
Groenvingers 22 April 2023 22.04.2023 7:40
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg van Gardenworld sê dis nou is ‘n goeie tyd om in te spring en jou tuin ‘n goeie skoonmaak te gee. Nog ‘n tuintaak wat jy in die herfsmaande kan aanpak, is die opdeling van risome soos agapanthusse, clivias, amarylis, baardirisse, varkore en somervuurpyle. Hy praat ook oor Aardedag. Vanjaar se tema is BELÊ IN JOU PLANEET. Die plant van die week is Aloe Sunrise.
Omgewingspraatjie 22 April 2023 22.04.2023 9:55
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor kelkiewynvere, en hoe hulle geheime dalk aangewend kan word om misbanke se waterdruppels vas te vang vir droogtegeteisterde gebiede.
Hengel 22 April 2023 22.04.2023 9:02
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 15 April 2023 15.04.2023 6:16
Nico Smit praat oor dokumentêre programme oor motors en motorsport.
Groenvingers 15 April 2023 15.04.2023 6:40
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg van Gardenworld praat oor herfs wat die perfekte tyd is om hardehout-steggies van bladwisselende plante te maak; plante om jou herfstuin mee aan te vul; en die aanpassing van die hoeveelheid water en die tyd waneer jy natgooi as jy ‘n outomatiese besproeiingstelsel het. Die plant van die week is Aloe Peri Peri.
Omgewingspraatjie 15 April 2023 15.04.2023 10:20
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor intelligensie by diere, en word die vraag ondersoek of mens die soorte intelligensie kan beskryf en vasvang in 'n struktuur wat soortgelyk is aan die periodieke tabel vir elemente.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.