RSG
Brêkfis met Derrich
'n Op en wakker Sateroggendkuier met musiek, kompetisies en alles van visvang en tuinmaak tot omgewingsake en pleisters vir jou siel.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wiele 10 Februarie 2024 10.02.2024 7:33
Nico Smit oor motorvervaardigers wat "black box"-opnemers in motors wil inbou.
Groenvingers 10 Februarie 2024 10.02.2024 7:39
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg praat oor hoeveel water jou tuin nodig het, en hoe gereeld jy moet natmaak. Hy verduidelik ook watter aandag avokadobome en grenadillas nou moet kry. Die plant van die week is Hydrangea Endless Summer Blue.
Omgewingspraatjie 10 Februarie 2024 10.02.2024 8:18
Die ontdekking van penisillien word dikwels voorgehou as 'n voorbeeld van 'n toevallige (serendipitous) wetenskaplike ontdekking. Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit vertel wat sy dink die werklike toevallighede was, want sy is van mening dat toevallige ontdekkings met mense gebeur wat daagliks met die sleurwerk van wetenskaplike navorsing besig is, en wat nougeset oplet na nuwe ver...
Hengel 10 Februarie 2024 10.02.2024 5:35
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 3 Februarie 2024 03.02.2024 7:58
Nico Smit bespreek luisteraarsbriewe oor 'n Jimny, en motorbande.
Groenvingers 3 Februarie 2024 03.02.2024 8:05
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg praat oor Sunpatiens en grasperkversorging. Die plant van die week is ‘n blou-pers Salie, Salvia Mystic Spires Everblooming, wat van vroeg somer tot die eerste ryp blom.
Omgewingspraatjie 3 Februarie 2024 03.02.2024 8:08
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor pogings om die drywende eilande van hoofsaaklik plastiek in die oseane op te ruim, en of dit noodwendig die gewenste uitwerking sou hê.
Hengel 3 Februarie 2024 03.02.2024 7:59
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 27 Januarie 2024 27.01.2024 8:53
Nico Smit oor die dieselbrandstof wat by sekere vulstasies met paraffien gemeng word.
Groenvingers 27 Januarie 2024 27.01.2024 8:26
Tuinboukundige JJ Janse van Rensburg praat oor die verskillende soorte kunsmisse, watter kunsmis om waar te gebruik, en of vloeibare plantvoedsel beter as korrelkunsmis is. Die plant van die week is Agapanthus Midnight Sky.
Omgewingspraatjie 27 Januarie 2024 27.01.2024 8:26
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit praat oor die dalende spermtelling en -kwaliteit van die mens. Sy kyk na die bewyse wat aangevoer word, vra of dit werklik nadelig is vir die mens se voortbestaan, en raak aan so paar moontlike oorsake vir hierdie afname.
Hengel 27 Januarie 2024 27.01.2024 7:11
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 20 Januarie 2024 20.01.2024 8:03
Nico Smit gesels oor die laai van Elektriese of battery-aangedrewe motors in koue weer.
Groenvingers 20 Januarie 2024 20.01.2024 5:42
Tuinboukundige JJ van Rensburg gesels oor Januarie wat natuurlik 'n fantastiese maand is om jou rose reg te kry vir die res van die somer. Nou is die tyd vir 'n somer snoei maar nie so laag soos in die winter nie.
Omgewingspraaitjie 20 Januarie 2024 20.01.2024 7:20
Ververing by voëls is 'n komplekse saak! Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit probeer die sluier ietwat lig.
Hengel 20 Januarie 2024 20.01.2024 8:15
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 13 Januarie 2024 13.01.2024 7:17
Nico Smit gesels oor China wat meer motors uitvoer as Japan.
Groenvingers 13 Januarie 2024 13.01.2024 5:42
Tuinboukundige JJ van Rensburg gesels oor die Malanseuns plant van die week: Salvia Heatwave.
Omgewingspraatjie 13 Januarie 2024 13.01.2024 7:31
Al ooit gewonder waar kom die kleure van voëlvere vandaan? Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit beantwoord dié vraag.
Hengel 13 Januarie 2024 13.01.2024 6:38
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 6 Januarie 2024 06.01.2024 8:11
Nico Smit beantwoord luisteraarsvrae.
Groenvingers 6 Januarie 2024 06.01.2024 8:32
Tuinboukundige JJ van Rensburg gesels oor die plant van die week: Abelia Lemon and Lime.
Omgewingspraatjie 6 Januarie 2024 06.01.2024 8:01
Prof. Rialet Pieters van die Noordwes-Universiteit gesels oor 3 ontdekkings in diere wat die potensiaal het om 'n verskil in die mediese wetenskap te maak.
Hengel 6 Januarie 2024 06.01.2024 5:55
Andries Maree het die jongste hengelnuus.
Wiele 30 Desember 2023 30.12.2023 6:07
Nico Smit gesels oor hoe om beter te bestuur rondom slaggate.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.