GROOTfm 90.5
Ander programme
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Author
GROOTfm 90.5
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 28, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Jennifer gesels met Francois Nortje 14.04.2019 25:08
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
Goeie Nuus Vrydag- Cathy van Rensburg 12.04.2019 6:39
Cathy van Rensburg het 13 jaar gelede haar projek in Elandspoort begin. Kefilwe Thusano het o.a. 'n kleuterskool, naskoolsentrum en vrouegroep, help minstens 50 gesinne met kospakkies en gee elke dag vir ongeveer 150 mense 'n bord gekookte kos. Toe ons laas week vir Cathy gaan kuier, het Annemarie Pretorius van ons Bloudruk Mediaspan wat self 'n mamma en boonop 36 weke swanger is, gesien dat die k...
Intiem onderhoud 9 April 11.04.2019 16:07
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
#JouMenseMyMense saam met SPAR – Drika en Melt se seuntjie 09.04.2019 6:22
Drika is 34 jaar oud en werk in die beheerkamer van ‘n sekuriteitsfirma in Pretoria-Noord. Haar man, Melt het vier maande gelede sy werk verloor. Hulle het nie ‘n kar nie, so waar hulle ook al moet wees, stap hulle – ook nou terwyl Melt elke dag werk soek. Melt kan bestuur, maar hy’t nie ‘n lisensie nie. Daar is nie geld om nou vir ‘n lisensie te gaan nie, maar dis ook ‘n groot rede hoekom hy sukk...
Chantal Viljoen onderhoud met Jennifer 07.04.2019 40:20
Chantal Viljoen het haar getuienis met ons kom deel, Sondagaand, 7 April 2019. Sy het haar babadogtertjie Katryn, 'n paar jaar gelede aan die dood afgestaan. Sy is 'n voorbeeld van hoe om in Hoop te leef en oor te gee aan Christus, ten spyte van moeilike omstandighede
#JouMenseMyMense saam met SPAR – 2 April 2019 - Die Engel van Elandspoort 02.04.2019 6:35
“Ek begin sommer al ses uur in die oggend”, sê Annamarie by die groot potte op die gasstoof waar die geure van rys, vleis en groente so saam met die stoom uitglip. Sy is een van die ses permanente vrywilligers, vrouens uit die Elandspoort gemeenskap, wat deur haar diensbaarheid aan ander ook haar eie ‘n selfwaarde hier ontdek het. Tussen 140 en 150 mense sal vanmiddag vier uur van haar gekookte ko...
#JouMenseMyMense saam met SPAR – Tannie Triena 26.03.2019 6:50
Toe ons om die hoek kom met die bos blomme en geskenksakkie vol bederf om vir 79-jarige Tannie Triena by haar huis te verras, is sy aan die werk in die kombuis - presies soos haar dogter Cornel se briefie vertel het. Sy doen steeds alles self, maar dié wat haar goed ken sal weet, die laaste 7 jaar het aan haar lyf gevat… Dit het begin by haar man wat sy tot die dag van sy dood in September 2012 tu...
#JouMenseMyMense - 19 Maart 2019 - Giovanni Hendriks 19.03.2019 7:05
Op die 25ste Februarie het Giovanni Hendriks die middag by die huis gekom en vir sy ma gesê daar is ‘n krapperigheid in sy keel. Later die aand kon hy nie meer praat of sluk nie. Giovanni het 8 jaar gelede aan Guillain-Barré-sindroom gely en was bang die siekte het teruggekom. Destyds was hy vir 11 dae in die hospitaal, maar het volkome herstel. Sy ouers het hom na Pretoria-Wes hospitaal geneem. D...
Berlise Louwrens gesels met Jennifer 18.03.2019 17:25
Onderhoud met Berlise Louwrens: CLF se eie gratis pamflet bediening Dit is amper CLF se bestaansreg aangesien die organisasie 61 jaar gelede gestig is deur sendelinge om die Boodskap van die Bybel na almal te neem, in hulle eie taal. Ons het pamflette in verskeie kategoriee wat onder andere aktuele maatskaplike kwessies aanspreek bv. mishandeling, selfdood, depressie, boelie gedrag, mensehandel en...
#JouMenseMyMense saam met SPAR – 12 Maart – Huis Gideon 15.03.2019 7:16
Huis Gideon se hoofdoel is die skep van ‘n liefdevolle en veilige omgewing waar getraumatiseerde kinders wat slagoffers van erge mishandeling en verwaarlosing was, geborgenheid en stabiliteit kan vind en sodoende weer kan leer om te vertrou. Die 6 kinders wat hier woon, het almal ouers, maar is weens hulle haglike omstandighede verwyder. Een van die 10-jarige dogtertjies was al in 4 verskillende k...
#JouMenseMyMense - 5 Maart 2019 - David Modiba, die afrigter 05.03.2019 8:18
GROOTfm 90.5 is die afgelope jaar betrokke by David Modiba se Atletiekklub in Olievenhoutbosch. Dit het begin by 9-jarige Annerike Heyneke wat tydens een van die landloopwedlope gesien het dat van die atlete nie tekkies het nie en tussen items die gehawende sportklere uitruil. Sy het begin tekkies insamel en het later gehelp met van inskrywingsfooie tot kospakkies vir wedlope. Met ons “Blikkies en...
HOOPstoot vir Flippie op GoeieNuusVrydag 01.03.2019 15:21
#GoeieNuusVrydag - Flippie se oogoperasie Flippie en Cornelia se storie en die dringende oogoperasie wat nodig is, het soveel harte aangeraak dat verskillende mense na ons #JouMenseMyMense projek een vir een 'n bydrae wou maak... Mense van sover as Mosselbaai en iemand wat self op R50 'n dag leef wou almal help om die laaste R26 348 wat nodig was na die aanvanklike R100 000 doelwit, bymekaar te kr...
#JouMenseMyMense saam met SPAR 28.02.2019 6:36
Flippie se oogoperasie 54 jarige Flippie Maré en sy vrou, Cornelia woon in Mountain View, Pretoria. Beide is werkloos en kry net die maandelikse R1700 SASSA ongeskiktheidstoelaag. Cornelia was in ‘n motorongeluk. Haar brein is besig om te verkalk en sy kry epileptiese aanvalle. Sy het ‘n vergrote hart en is in en uit die hospitaal. “Maar Flippie het my so nodig,” gesels sy terwyl ons span van GROO...
#JouMenseMyMense – 19 Februarie 2019 – Ons verras Naomi vir haar 21ste verjaarsdag! 19.02.2019 7:05
Naomi, Ruben en Zoey se ma is 4 jaar gelede, op 4 Februarie 2015 oorlede aan ‘n beroerte. Die drie kinders is toe in pleegsorg geplaas waar hulle vir die laaste 4 jaar gebly het. Naomi was maar 16 jaar oud en alhoewel sy self baie swaar gekry het, het sy dadelik die rol van ma en versorger ingeneem met ‘n jonger boetie en sussie wat opkyk na haar vir raad en antwoorde wat sy nie altyd het nie… “Na...
#JouMensEMyMense- Opleiding vir Juffrouens in Plastic City 12.02.2019 6:26
Met die tot standkoming van Plastic City/Plastic View of Woodlane Villiage op die 8 hektaar stuk grond agter Moreleta Gemeente in 2009, was daar 3000 geregistreerde inwoners en 865 shacks. Maar terwyl hofsake oor wat om met hierdie mense te doen 10 jaar later steeds voortsleep, het die getal inwoners tot 7000 gegroei. Daar is slegs 4 water tenks en 1 toilet vir elkeen van die 33 “strate” – 212 men...
Maretha Maartens - Sara 10.02.2019 1:42
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
PC Pretorius, jeug leraar by Moreleta Park gemeente 29.01.2019 21:07
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
#JouMenseMyMense saam met SPAR - #16days by Lyttleton Polisiestasie 27.11.2018 6:49
Die wêreldwye 16dae van aktivisme teen geweld, teen eintlik maar alle en enige mense, is jaarliks tussen 25 November en 10 Desember. Dis in hierdie tyd wat ons vanoggend by die polisiemanne en -vroue van Lyttleton Polisiestasie gaan kuier het. Hulle kry soveel keer eerstehands te doen met presies dit waarteen ons opstaan. En hulle raak ook moedeloos omdat daar so baie slagoffers is en die persone...
#JouMenseMyMense saam met SPAR 20 November 2018 – Ilse-marie van Huyssteen 20.11.2018 8:52
Vanoggend het Ilse-marie drie van haar vriendinne by Caffe Frescatti in Brooklyn Mall ontmoet. ‘n Span van 16 mense het skelm by die tafeltjies om hulle posisie ingeneem en gewag dat Su-an uit die ateljee bel. Ons wou simboliese vir Ilse-marie wys hoe vreemde mense wat van haar gehoor het, uit alle rigtings kom om te probeer help... Een vir een het hulle opgestaan en nadergestap met ‘n koevertjie...
LINDIE SLAT DIE PAD INSPIRASIE 14.11.2018 4:15
Enige ander lekker GROOT onderhoude oor spesiale geleenthede wat buite ons normale program-formaat val.
#JouMenseMyMense – 13 November 2018 – Die Feldman-gesin 13.11.2018 13:17
Baie van ons se blootstelling aan die oorweldigende hoeveelheid plaasaanvalle, is dit wat ons lees op die lamppale of die swart en wit skokkende feite van ‘n koue kliniese nuusberig of bulletin. Feite soos Robbie (56), sy vrou Hester (52) en hulle 16 jarige seun, Frikkie wat geslaap het toe vier gewapende aanvallers hulle 2 uur op die oggend van 11 Oktober 2018 oorval het. Robbie kan nie onthou wa...
#JouMenseMyMense - 6 November 2018 - Die karwagte van Monumentpark SuperSPAR 06.11.2018 7:02
Elke week koop Lindie by Monumentpark SuperSPAR die blommetjie, geskenk of sakkie kruideniersware waarmee sy iemand gaan verras as deel van ons #JouMenseMyMense projek in samewerking met SPAR. Sy het eintlik al ‘n nie-amptelike staande afspraak met die vriendelike karwagte in die parkeerarea wat weet dat sy iewers deur die loop van ‘n Dinsdagoggend die inkopies sal kom doen. Hulle luister self get...
#JouMenseMyMense – 30 Okt 2018 30.10.2018 6:38
Rachel is een van die oudste lede van @Eleos – ‘n niewinsgewende organisasie wat reeds die afgelope 20 jaar minderbevoorregte kinders en gesinne in Pretoria-Wes help. Eleos naam beteken “genade in aksie” en hulle bring genade in aksie deur verhouding te bou met mense sodat mense uiteindelik hulle self kan help. Rachel se reputasie as “nederige, diensbare, lojale planmaker” loop haar vooruit in die...
#JouMenseMyMense – 23 Oktober 2018 – “Our Home” 23.10.2018 8:22
Vilna Badi stap al 13 jaar lank die strate van Sunnyside om een vrou op ‘n slag te red uit die kloue van human trafficking. Deur haar bediening, “Jesus4Real Ministries” het sy aanvanklik begin as ‘n evangelis wat uitreik na mense op straat met die eenvoudige begeerte om mense lief te hê soos Jesus het. Vandag deel sy haar lewe en ‘n huis met slagoffers en leef hierdie Mama V ‘n “jou mense is my me...
#JouMenseMyMense 16 Okt 2018 16.10.2018 6:42
Elke week het Lindie die voorreg om saam met ons vriendin en kollega, Christine Henrico ons #JouMenseMyMense projek aan te pak... “Ek probeer die stories van mense met woorde vertel, maar Christine vertel boeke vol met haar prentjies. Sy het net ‘n manier om 'n oomblik vas te vang deur haar kamera se lens. Oomblikke wat eintlik maar net raakpunte van liefde is, want ons het hierdie projek geskep o...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.