AGS Dinamika
AGS Dinamika Preke
Preke van AGS Dinamika
Author
AGS Dinamika
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die Here DOEN! 08.09.2024 30:31
Die volk van God was in ballingskap toe Esegiël die boodskap van HOOP bring dat die Here DOEN wat Hy beloof het. Ons ballingskap is soms finansies, gesondheid, verhoudings, werksituasies of innerlike stryd. Die belofte van Eseg. 36:36-37 is JOUNE. Die Here is gereed om te DOEN en jou gebede te antwoord!
LENTE 01.09.2024 19:56
Dis heerlike Lente! Die natuur getuig van God se orde en dissipline. Ons is gemaak na God se beeld en wanneer ons in Sy wil leef is daar orde en vrede in ons lewens. Jesus is ons voorbeeld van dissipline, Hy was gehoorsaam aan God se wil tot aan die kruis.
1...2...3... 25.08.2024 26:35
As jy 3 dinge kon neerskryf waarvoor jy dankbaar is: Wat sal dit wees? Ons kan so maklik dinge en mense in ons lewens vanselfsprekend aanvaar. Mag ons mense wees wat altyd teruggaan en dankie sê.
Die GROOT storie van die Bybel... 18.08.2024 32:17
Elke mens het ? behoefte om raakgesien te word, om te voel ek word ook gekies. Die GROOT storie van die Bybel leer ons dat die Here jou en my meer liefhet as wat ons ooit sal besef. Hy kies jou!
GOD PRAAT... 11.08.2024 26:57
God Praat op baie maniere met ons... Selfs deur 'n donkie. Maar God kies om met ons te praat deur Sy Seun! Ons is geseën deur Jesus en die geskrewe woord wat ons harte nader aan God trek.
Natuurlik Bonatuurlik 04.08.2024 27:16
Die bonatuurlike is veronderstel om vir kinders van God natuurlik te wees. Ons mis ontmoetings met die Here omdat ons wag vir groot, snaakse en emosionele dinge terwyl die Here in die aandwindjie met ons wil gesels. Die Here wil elke dag deur die bonatuurlike Heilige Gees wat in jou woon en Sy Woord met jou praat.
Hoe lief is ons vir die Here? 28.07.2024 27:34
Die Bybel is baie meer as net 'n groot, swaar swart boek wat ons van kleins af ken. Die Bybel is belangriker vir ons lewens as wat ons ooit sal verstaan. Jesus meet ons liefde vir Hom op 'n ander manier as wat ons dink. Hoe lief is jy vir Jesus?
Skoon & Sterk 21.07.2024 28:54
In die Bybel is daar 22 verwysings na die kerk as Bruid van Christus. Ons is in 'n liefdesverhouding met Jesus en die Woord hou ons verhouding SKOON en STERK! Die Bybel is ons geestelike wasmasjien.
Wat is in 'n Naam? 14.07.2024 29:37
Wat is so wonderlik en so belangrik in die Naam van die Here dat jy dit nie mag misbruik nie? Hoekom is Sy Naam so groot? Wat maak dit so spesiaal?
Love Like That 07.07.2024 27:30
Die voorbeeld wat ons stel word direk bepaal deur die voorbeeld wat ons volg, kom ons as God se kinders maak seker ons volg Jesus se Perfekte voorbeeld. Kom ons wees lief soos Jesus ons gewys het!
Verteenwoordigers van God 30.06.2024 20:13
Ons is God se kinders, daarom is ons Sy VERTEENWOORDIGER's. Kom ons verteenwoordig God orals waar ons teenwoordig is en deel Sy WOORD met ander.
Learning the Ropes 23.06.2024 23:28
Waar kry jy jou antwoorde? Soms het die lewe meer vrae as antwoorde. Hoe leef ons met wysheid as daar soveel onsekerheid is? Wat is wysheid? Jesus het ons God se wysheid kom wys. "Learning the ropes of life" vir 'n kind van God beteken dat ons met die wysheid van oorgawe leef. Ons vertrou die Here al verstaan ons nie alles nie!
Wanneer die lewe jou das trek. 16.06.2024 21:53
Hierdie lewe het ? manier om jou lewe in een oomblik skeef te trek. Onverwags en vanuit nerens kan ons lewens verander. In sulke tye het ons die wete dat ons ? Hemelse Vader het wat altyd daar is vir ons.
Verskoning koning 09.06.2024 24:38
Wanneer ons verskonings maak is ons fokus net op onsself, op ons eie vermoë, MAAR mag ons die fokus skuif na God toe want HY IS BY ONS! Dit is SY KRAG nie ons krag nie. Ons kyk na die storie van Moses die "Verskoning Koning" en hoe al sy verskonings hom sy geneesing gekos het.
Wat is jou 'BERG'? 02.06.2024 23:45
Wat is jou verwagting vir die lewe of die toekoms? Het jy nog ? verwagting of kyk jy maar wat gebeur? Ons verwagting moet in die Here wees. Daar is ALTYD hoop!
Eendag lank, lank gelede... in die jaar 2024 26.05.2024 34:56
Wanneer mense aan jou en my dink: Is ons die weerspieëling van wat Jesus gedroom het Sy volgelinge moet wees? Kom ons leef met waagmoed soos Hy wil hê.
Pinkster 19.05.2024 27:49
Die Here het vir ons die Heilige Gees gegee met Pinkster sodat ons as mens deur Hom 'beheer/gelei' kan word. Die natuurlike uitvloeisel en gevolg van die Heilige Gees in ons lewens is ALTYD liefde!
Ek ken jou storie 12.05.2024 22:10
Al voel jy niemand sien die dinge wat jy doen, jou opofferings, jou struggle raak nie, deur Rut se storie vind ons uit dat God ken jou Storie! God sien jou raak & Jy maak saak vir Hom!
Wie is ONS? 05.05.2024 31:22
Die Here het ‘n baie spesifieke plan en droom oor elke mens so ook oor Dinamika. Die belangrikste is om dit te doen en wees wie die Here ons geroep het. Dit gaan ALTYD oor die Here se eer.
In die pad 28.04.2024 27:07
Die Here wil dit wat IN jou pad is UIT jou pad sleep sodat jy OP die pad na Sy wil kan kom. Die lewe is te kort om te talm of langs die pad te gaan stil staan, daar is werk om te doen vir ons Koning.
Groet die grot 21.04.2024 30:26
Ons almal beleef sekere dinge in ons lewens wat maak dat ons net erens wil wegkruip, wegkom en dan maar hoop dinge sal verander. Dis amper soos om in ? grot weg te kruip. Dis nie waar die Here jou wil hê nie. Daar is altyd hoop!
'n Ontmoeting met Jesus 14.04.2024 27:49
Daar is baie dinge wat ons lewens verander, maar ‘n Ontmoeting met Jesus los jou nooit weer dieselfde nie. Saulus se ontmoeting met Jesus het sy hele lewe verander, alles wie hy was, is deur ‘n nuwe filter gesit.
Wat is op jou skouers? 07.04.2024 28:15
Wat is op jou skouers? Ons dra swaar pakkies op ons skouers en dit maak ons moeg. Laste en jukke was nooit bedoel vir jou skouers nie, Jesus se skouers het reeds al jou pakkies gedra! Jou skouers is gemaak om God se troon te wees!
Hy leef 31.03.2024 27:58
Jesus se Opstanding is die fondasie van ons geloof... En sonder dit, beteken Christenskap niks! Ons kan so dankbaar wees vir dit wat Jesus kom doen het, en dat HY LEEF!
Goeie Vrydag 29.03.2024 27:04
Ons geestelike "lockdown" is verby! Jesus het die deur oopgesluit na die troonkamer van ons Vader. Die voorhangsel is van bo na onder geskeur toe Jesus Sy laaste asem uitblaas! Dit is volbring! Die prys is betaal vir ons vryheid, vergifnis en vrede met God.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.