AGS Dinamika

AGS Dinamika Preke

Religion EN ↓ 137 episodes

Preke van AGS Dinamika

Author

AGS Dinamika

Category

Religion

Podcast website

www.agsdinamika.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Noag se Wingerd 23.02.2025

Noag tree verkeerd op en Gam gooi petrol op die situasie, maar Sem en Jafet beskerm hulle pa. Ons kan petrol of water op 'n vlammetjie gooi. Jou woorde word in jou hart gebore en dit kan genade of oordeel dra! Gee die Heilige Gees toestemming om jou tong te tem!

Wysheid of Geloof 16.02.2025

Waarop basseer jy jou keuses en hoe jy praat? Kies jy menslike wysheid of kies jy om te staan op die beloftes wat God vir jou gegee het?

Hoor en Sien 09.02.2025

Twee van die Here se name is: El Shama, die God wat HOOR en El Roï, die God wat SIEN. Ons dien 'n God wat ons hoor en sien. Wat ook al in jou lewe aangaan vandag weet verseker die Here hoor elke gebed en sien in detail jou omstandighede raak. Vandag getuig ons dat die Here hoor, Hy sien en Hy antwoord!

EK MIS DIT 02.02.2025

Elke mens het ? probleem omdat ons dit ‘mis’ om te wees wie die Here ons gemaak het om te wees. Gelukkig is daar genade. Lê elke dag jou ‘brood’ voor die Here.

Un-"Hurried" Gebed 26.01.2025

Hoe kan ons in vandag se lewe nogsteeds by alles wat belangrik is uitkom? Jesus wys ons die voorbeeld... Kom ons kyk hoe Jesus se pas, ons lewens verbeter.

2025 Doel 19.01.2025

WIE is ek? HOEKOM is ek? WAT maak ek hier? Vrae wat al oor eeue gevra is en tot vandag toe in mense se lewens is. Dis die vraag na DOEL. Eintlik is dit nie so ingewikkeld nie.

Ek soek meer... 12.01.2025

In 2025 wil die Here jou nader trek en dieper vat in jou geestelike lewe. Is jy tevrede met krummeltjies of soek jy meer? Mag daar 'n nuwe desperaatheid in ons harte wees om te soek na Sy wil, Sy plan, Sy leiding en teenwoordigheid. Ons VAS, want ons soek meer...

Mag dit met jou goed gaan? 05.01.2025

Wat beteken dit wanneer ons vir mekaar sê: VOORSPOEDIGE NUWE JAAR? Mag ons voorspoed en seën toewens vir andere?

Oujaarsdiens 31.12.2024

Dit maak nie saak wat in 2024 gebeur het nie, die Here se plan vir jou verander nooit. God se plan vir jou in 2025 is goed.

'n Plekkie vir Jesus 25.12.2024

Wat is Jesus se plekkie in jou lewe? Die herbergiers het gesê: NO rooms available. Die herders het reguit en haastig stal toe gegaan om Jesus te verwelkom.

Uit die pen van 'n tollenaar 22.12.2024

Hoekom is Kersfees goeie nuus vir alle mense? Matteus kom leer ons deur sy ervaringe die rede hiervoor.

Krip Kruis Kroon 15.12.2024

Weet jy hoekom vier ons Kersfees op die 25ste Desember? Die Bybelgebeure is soos 'n legkaart met 1000de stukkies aan mekaar verbind. Daar is 'n baie duidelike verbintenis tussen die krip, die kruis en die kroon in Jesus se lewe. Ons lewens gaan ook deur krip-tye en kruis-tye en verseker wag daar ook 'n kroning vir elke kind van God. In watter seisoen bevind jy jouself vandag?

'n God wat DOEN 08.12.2024

Reg van die begin af bewys God dat Hy nie net praat nie, maar dat God DOEN wat Hy gesê het. Ons dien n God van Integriteit.

Wat is jou boodskap? 01.12.2024

Moet nooit jou toekoms noem wat jy op die oomblik in jou lewe beleef nie. Mag ons altyd weet dat God met ons is. Immanuel - God met jou.

KERSSANGDIENS 24.11.2024

Kerssangdiens saam met Chris Coetzer

Die Vrou By Die Put 17.11.2024

‘n Bekende Storie... Maar hoekom Moes Jesus deur Samaria gaan? Wat was so spesiaal oor die Vrou by die put? Dis nie ons werk om te oortuig nie, maar om te gaan getuig van Jesus se goedheid.

Checkered Flag 10.11.2024

Wanneer die "checkered flag" waai dui dit die einde van die wedren aan. Paulus skryf in 2 Tim. 4:7 dat hy die wenstreep bereik het. Een of ander tyd gaan die checkered vlag waai vir ons elkeen se lewe, is jy gereed?

Verjaarsdagdiens 03.11.2024

Dinamika vier 7 geseënde jare in ons gebou. Sewe simboliseer volmaaktheid en volheid. In Jesus het ons volheid genade vir gister, krag vir vandag en hoop vir môre. Ons eer die Here vir Sy volmaakte plan vir Dinamika en vir 'n kosbare geestelike familie. SDG.

Wat is God se wil vir my? 27.10.2024

Sal ek as gewone mens ooit kan weet wat is die Here se wil vir my lewe? Dit is nie so ingewikkeld nie. Kom en leer saam dan gaan DOEN ons dit.

Is dit REAL? 20.10.2024

Jesus vertel ‘n storie in Lukas 18 wat ons as mens en ons harte kom challenge. God soek opregte harte, nie harte wat voorgee nie, harte wat in nederigheid voor Hom kan staan.

Hoekom? 13.10.2024

Hoekom verwag die Here ons moet die regte gesindheid hê? Wat is die regte gesindheid? Ons doel en die antwoord op ons hoekoms is om Jesus te eer met ons lewens en om soos Jesus te wees. Jesus se voorbeeld was 'n gesindheid van nederigheid en gehoorsaamheid. As ons genade verstaan leef ons met dankbare gehoorsaamheid. SDG.

Jy en jou 'Jas' 06.10.2024

Jy moet nooit dink jy is alleen nie, die Here sien jou en weet van jou. Die Here wil nie hê ons moet dinge rond dra wat vir jou sê wie jy is nie. Hy bepaal jou identiteit. Hy sal sorg.

Dawid 29.09.2024

Ons kan baie by Dawid leer... Hy het baie keer eers by God gaan hoor wat om te doen... Maar soms leer ons ook by Dawid hoe om dinge NIE te doen nie. Die groot vraag is: Hoe bly jy EG aan wie God gesê het jy is?

Friends 22.09.2024

Moses en God was vriende... Maar dit was die uitsondering! Die goeie nuus is dat ons het ‘n beter, meer intieme verhouding met God as wat Moses ooit gehad het. Ons het altyd vrye TOEGANG tot God!

Hoe DOEN jy sover? 15.09.2024

Ons het soms ? idee dat ons hele bestaan is die wêreld waarin ons leef. Ons neem besluite wat vir hierdie lewe alleen is sonder om te dink dat daar ? ewigheid is wat kom. Ons lewe is baie meer en strek verder as planeet aarde.

Listen to the AGS Dinamika Preke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.