fr

AGS Dinamika

AGS Dinamika Preke

Preke van AGS Dinamika

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.agsdinamika.co.za

Auteur

AGS Dinamika

Catégorie

Religion

Site du podcast

www.agsdinamika.co.za

Dernier épisode

4 oct. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

Dun gesmeer 04.10.2026

God is sigbaar deur Jesus... En die Volheid van God is vir ons gegee! Kom ons leef vanuit Sy Volheid.

Agter jou skild 27.09.2026

Almal van ons kruip weg agter ons Skild... Maar is dit so effektief soos wat jy dink? Die aanvalle kan gekeer word, kom ons staan in geloof op Sy Woord!

Het jy nog.....adrenalien? 20.09.2026

Ons mag nooit gewoond raak aan dit wat ons het as kinders van die Here nie. Daar is christenne in lande wat vervolg word wat enigiets sal wil gee om te kan hê wat ons het. Kom ons leef op so manier dat die volgende generasie op ons skouers kan staan.

a.g.v. of t.s.v. 13.09.2026

Is jy 'n agv-mens of 'n tsv-mens? As ons nie ons gedagtes gevange neem nie word ons gevangenes van ons gedagtes. Neem 'n vooruitgedateerde besluit dat Jesus altyd eerste kom in jou lewe. Tsv hoe jy voel, wat mense sê of jou omstandighede kies om te fokus op Jesus.

Die Leeu en die Reus 06.09.2026

Hierdie lewe is nie aldag maklik om te leef nie. Jesus het dit baie duidelik vir ons geleer. Selfs in moeilike en uitdagende tye waarin ons leef met leeus en reuse wat ons wil bang maak - kan ons dapper en vol moed wees. Dawid en Benaja leer ons dit.

Wie het jou vertel? 30.08.2026

God vra die mens 3 vrae in Genesis 3. Mag ons groei soos ons Sy vrae in ons lewens ook antwoord.

Hoe verf jy? 23.08.2026

Ons mag nooit toelaat dat ons verhouding met die Here stagneer nie. Die Here het ons geroep om Hom met passie en energie te dien. Daar moet altyd vordering en groei wees.

Skryf jou toets 16.08.2026

Ons het 'n keuse: wees tevrede met 'n gemiddelde lewe of kies die lewe in oorvloed. Die Here berei ons voor en dan kom die toets en daarna die deurbraak en die groei. Skryf jou toets en moenie dat vrees jou ontneem van jou volle potensiaal nie. Daar is meer, die Here beplan vir jou 'n A in hierdie lewe!

Waar God my ontmoet 09.08.2026

Waar God MY Ontmoet… Dis soms nie waar ons verwag nie, maar die Here sien ons en Hy ontmoet ons net daar waar ons is.

Waar's my groei? 02.08.2026

Ons beleef soveel kere in die lewe dat ons al verder moes gewees het, meer gegroei het. Soms voel dit of dit die een ding na die ander gebeur, soos ? muur waar deur jy nie kan kom nie. Ons dien ? God wat mure kan breek en ons help om te groei en te word waarvoor Hy ons gemaak het.

Wees sterk en doen die werk 26.07.2026

Jy het werk op aarde wat net jy vir die Here kan doen. Dawid moes oorlog maak, Salomo moes tempel bou en jy? Ons word soms moeg, ons verstaan nie altyd die Here se plan nie, maar Dawid se boodskap aan sy seun Salomo is vandag ook die Here se boodskap aan Sy seuns en dogters: Wees sterk en doen die werk! Dis altyd die moeite werd om vir Jesus JA te sê!

Krywastoot maak jou dood. 19.07.2026

Ons as mens is so goed met verskonings, hoekom ons sekere dinge NIE kan doen nie. Ons gaan moet leer om die regte goed te glo oor wie die Here vir ons sê ons is.

Wat wil jy hê ? 12.07.2026

Die Here vra jou ‘n vraag... Hy nooi jou na ‘n beter toekoms!

Gawe van Droogmaak 05.07.2026

Ons almal maak droog, sommige meer as ander. Alle mense misluk en stel andere teleur. Maar wat as ons God teleurstel? Sy genade is groter as wat ons dink!

MAAR... 28.06.2026

Van buite af kan alles so mooi en goed lyk, tog het ons almal se lewens 'n MAAR. Daardie een dink wat jy nie vir jouself kan doen nie en waarvoor jy die Here nodig het. Ons soek uiterlike wonderwerke, maar die grootste wonderwerk is wat in ons harte gebeur. Die Here soek nederige en gehoorsame harte.

Vadersdag 21.06.2026

Waarvoor gaan jy onthou word? Wat gaan ons nalaat in mense om ons se lewens? Dit is nie so moeilik as wat ons dink nie.

Jy's 'n instrument 14.06.2026

Die Here wil jou gebruik! Hoe? Hoekom? Kom ons word meer in gestem sodat ons lewens eer aan God kan bring

Die lewe in ‘n kunsmatige wêreld 07.06.2026

Ons lewe in ? wêreld waar ons sukkel om alles te glo. Wat is die waarheid? Wat is kunsmatig? Is daar ooit nog iets wat eg is? Ons het ? verantwoordelikheid as kinders van die Here in hierdie tyd.

Die Effek van die Heilige Gees. 31.05.2026

Die Heilige Gees is ons Trooster en Helper, maar wat beteken dit? Wat was die effek van die Heilige Gees op die vroeë kerk in Handelinge en watter effek het die Heilige Gees op jou lewe in 2026? Laat Hom toe om jou knikkende knieë weer sterk te maak

Hoekom voel ons soms leeg ? 24.05.2026

LEEG is soms ? gevoel wat elke mens beleef. Daar is ? rede hoekom en die Heilige Gees se koms het ons kom leer HOE om weer vol te voel

Wat van WAG 17.05.2026

Almal van ons gaan deur tye waar ons moet WAG… Wat gebeur met ons in die WAG tye? Mag ons nie mis wat God vir ons mis opdat ons te gou ophou soek nie

Hemelvaart 14.05.2026

Soms onderskat ons die belangrikheid van Hemelvaart. Hierdie gebeurtenis leer ons om meer rustig te lewe

Soet Suur Woorde 10.05.2026

Jou woorde en jou invloed op mense se lewens kan soet wees soos heuning of suur soos asyn. Jou invloed kan generasies raak. Ons almal sukkel soms met hierdie tong wat vloek en seën. Kies die lewe!

Jy pas êrens in 03.05.2026

Ons as mens is geskep om in verhouding met mense te staan. Elke mens pas êrens in, maar ons het ook ? verantwoordelikheid teenoor andere soos Jesus ons kom leer het.

Mense en hulle dinge 26.04.2026

Waar daar mense is, is daar konflik. Hoe hanteer 'n kind van God konflik? Ons vrede begin by Jesus. Moenie toelaat dat mense en hulle dinge jou vrede steel nie. Die lewe is te kort om tyd te mors met konflik en baklei. Jaag die vrede na met God, in jouself en ook met die mense om jou.

Écoute le podcast AGS Dinamika Preke sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics