AGS Dinamika

AGS Dinamika Preke

Preke van AGS Dinamika

Auteur

AGS Dinamika

Catégorie

Religion

Site du podcast

www.agsdinamika.co.za

Dernier épisode

5 juil. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android 5 M+ de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

Groei koringkorreltjie groei! 25.01.2026

Groei beteken soms wag! Hou net aan om die regte ding te doen en vertrou die Here om die oes te gee. Geleidelik groei ons en skielik antwoord Hy! Wees wakker om nie onkruid in jou lewe toe te laat nie. Groei koringkorreltjie groei!

Groei 18.01.2026

Ons sal nooit iets kan laat groei nie, dit is altyd die Here se werk. Ons verantwoordelikheid is om die Here iets te gee om mee te werk. 2026 is die jaar van ongekende GROEI!

Duine & Sand 2026 11.01.2026

Ons gaan in 2026 kom waar die Here wil hê ons moet wees. Ons verantwoordelikheid is om tree vir tree agter Hom aan te stap en ons lewens op Hom te bou.

Wees Anders in 2026 04.01.2026

Daar is baie maniere om Anders te wees in 2026... Hier is 'n paar voorstelle uit Hiskia se storie:

Oujaar Perspektief 31.12.2025

Ons kan vashou aan God se getrouheid in 2026, want ons weet God verander nie.

Die Kersfees Geskenk 25.12.2025

Kersfees 2025. Jesus is die grooste Geskenk wat ons ooit sal ontvang.

Dis amper Kersfees 21.12.2025

Die Herders het met die eerste Kersfees iets beleef en gesien toe hulle Jesus vind in die krip. Vir altyd is hulle lewens verander en nuut agv Jesus. Mag ons lewens ook anders wees en die genade wat Jesus gebring het deel met mense.

Die Herder & Die Lam 14.12.2025

Ons God het 'n Herdershart. Hy was Abraham, Isak, Jakob, Josef en Dawid se Herder. Jesus is ons Goeie Herder wat ook die Lam van God geword het. Ons kan 'n Geseënde Kersfees gevul met vrede geniet, want ons sonde is vergewe en ons Herder is ons Leidsman.

Ons het Kersfees nodig 07.12.2025

Wat sal God wil hê vir Kersfees? Miskien is dit 'n belangriker vraag as wat ons ooit sal besef. Jou en my hart is vir die Here kosbaar, maak nie saak hoe hy lyk nie.

Die Volheid van Die Tyd 30.11.2025

Ons lees in Gal. 4:4 dat God vir Jesus gestuur het in die volheid van die tyd. Daar was sekere dinge wat in plek moes wees voor Jesus aarde toe gekom het, maar toe die tyd presies reg was is Jesus gebore in Betlehem. Op presies die regte tyd sal God ook jou gebede beantwoord. God werk terwyl ons wag! Mag jy Sy vrede beleef in die wagtye.

Altyd daar 16.11.2025

In ? lewe waar jy so gou teleurgestel word deur mense en omstandighede en soms voel dit of alles so onbetroubaar is kan jy verseker weet: Die Here is ALTYD getrou en ALTYD daar.

Vis op die Vloer 09.11.2025

Voel jy soos ‘n Vis op die Vloer? Probeer jy buite die water swem? God hoor jou... & JY HOOR GOD!

Die pad na jou DOEL 02.11.2025

Elkeen van ons het ? doel in die lewe. Josef se lewe leer ons dat daar wel ? verskil tussen ? mylpaal, jou droom en jou doel is.

Waarde van Dankbaarheid 26.10.2025

Ons is in die lewe meer bevoorreg as wat ons besef. Ons kan so maklik onvergenoegd en ontevrede deur die lewe gaan. Daar is soveel waarde in ? lewe van dankbaarheid. Kies wie jy gaan wees!

Hanteer die seer 19.10.2025

Een van die Here se name is Jehovah Rapha, die Here wat my gesond maak. Die Here genees ons fisiese, geestelike en emosionele seer. Daar is geen pyn op aarde wat Jesus nie gesond kan maak nie. Na die bitter water van Mara kom die fonteine en palmbome van Elim. Daar is altyd hoop in Jesus.

Perspektief 12.10.2025

Elkeen van ons kyk op ? ander manier na dinge en situasies in die lewe. Dis is perspektief. Hoe lyk jou perspektief? Die Here se wil is dat ons die regte perspektief in die lewe moet hê.

VASHOUPLEK 05.10.2025

Waaraan hou jy vas wanneer die lewe gebeur? Ons kan aan God vashou want HY is ons ROTS.

Woorde van Waardering 28.09.2025

Die Here praat al vyf die liefdestale met ons. Hoe bewys jy jou liefde aan Hom? Praat jy woorde van waardering of woorde van kritiek? Selfs in die tye wat ons wag vir antwoorde en nie alles verstaan nie kan ons woorde gebruik om Jesus lief te hê. Weet Jesus jy het Hom lief as Hy luister na jou woorde?

God bly getrou 21.09.2025

God bly getrou ten spyte van ons. God se karakter hang nie van jou af nie.

Wie is God - Regtig? 14.09.2025

Wie is God vir jou? Kwaai, eenkant, ver, onbereikbaar? God is beter as wat jy dink- God is GOED. Verwag dat iets goed met jou vandag gaan gebeur.

QR Codes 07.09.2025

Ons lewe in 'n tydperk van QUICK RESPONSE. Hoe vinnig is jy om te reageer op die Stem van die Heilige Gees? Is jy 'n "Quick Responder"? God het al 2000 jaar gelede gereageer op ons sonde en Jesus gestuur om te sterf aan die kruis.

Jesus IS 31.08.2025

Dis moeilik om by die waarheid te hou as ons nie gefokus is op Jesus en Hy as die middelpunt van ons lewens nie. Filter alles deur Jesus se werke want net Jesus is ons fondasie... die Rots waarop ons bou.

Verander JOU wêreld 24.08.2025

Is dit so moeilik om jou wereld te verander? Dit is meer eenvoudig as wat ons mag dink, maar dit gaan jou iets kos. Jy en ek gaan moet ‘brand’.

Jy raak God se hart 17.08.2025

Ek en jy het die vermoë om ons hemelse Vader se hart hartseer te maak of bly te maak. Die Vader, Jesus en die Heilige Gees het al drie diep emosies en beleef hartseer en vreugde. Hoe raak JY God se hart? Sy liefde brand te sterk vir jou om ooit op te gee op jou.

Weerkaats Jesus 10.08.2025

Alles kos iets... Is ons bereid om ons lewens as ‘n ‘Sacrifice’ neer te lê, en God te Worship in Surrender? “Jy word soos dit/die een wat jy aanbid.” Kom ons word meer soos Jesus.

Écoute le podcast AGS Dinamika Preke sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics